Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Indringend

Johannes Grusaam

Erotika agtervolg my. Ek agtervolg erotika. Ons het baie gemeen. Ons hou van mekaar. Ons is boesem- en bekkenvriende. Ons is baie intiem. Ons kan mekaar nie uitlos nie. Ons is vir mekaar bedoel. Die een kan nie sonder die ander. Ons is een.

Ek drentel op hierdie warm somers Saterdagmiddag in my tuin rond. ’n Redelike upper-class tuin met nice plante en hoë mure. Op ’n hoogtetjie aan my kant van die aarde vang my oog ’n beweging aan die anderkant van die grensmuur. Die kolletjie gesigsveld wat ek het deur die struike oor die muur het ’n teleskoopeffek.

Die buurman en sy aanvallige vrou is besig om luilekker te ontspan by die lapa in die onderste hoek van hul tuin. Die buurvrou trek en hou my aandag. Sy is geklee in ’n geel bikini en lê met haar mooi lyf in die son en blondekop in die skadu. Die geel oorlappies wys net ’n bietjie nie, en die donker slaan op strategiese plekke deur. Sy verwyder terstond die bo-stuk en lê op haar rug. My oë neem die vorm aan van dit wat ek sien. Sy is duidelik nie bang vir sonsteek nie.

Die een deel van my brein sê ek moet ophou staar want dit is plein afloerdery en onaanvaarbaar. Die ander deel sê: “Nee, kyk, dit is jou reg. Jy is in jou tuin en jy hoef nie eers op jou tone te staan om te sien nie.” Die ander deel sê: “Jou tone krul in elk geval so daar is geen manier dat jy op hulle sou kon staan nie!” My Hippo Telamus neem oor en sê: “Bly kyk, want ek geniet wat ek sien.” Ek bly kyk.

Hulle suig elke nou en dan genoeglik aan ’n verfrissende lang glas bittergeit en die rustigheid is aanvoelbaar oor die heining. Die voëls kletter in die bome en is onbewus van die menslike mooiheid wat hier ontvou. Die man lê in die skadu en dit smaak my sy oë is ook net vasgenael op een plek. Ek steur my egter min aan hom, want sy ander helfte het bates wat syne ver te bowe gaan.

Goeie buurmanskap is nou in gedrang. Ek ken hulle glad nie en is seker hulle sal my nie wil ken as hulle weet wat ek nou weet en doen nie. Daar word mos altoos gesê bure is so goed soos wat die hoogte van die heining tussen hulle is. In dié geval is die heining nie hoog genoeg nie en die bure so goed as kan kom. Ek kan nie glo wat ek sien nie. Ek hou aan kyk om te sien of ek nie maar kan begin glo wat ek sien nie.

Mooi was nog nooit lelik nie. Aantreklik was nog nooit afstootlik nie. Verleidelik het ’n krag van sy eie. Goedgevormde weefsel het sy oorsprong duisende jare terug. Borsvoed is maar een van die kortstondige deugde van die boesemweefsel, waarna dit andersins altyd ’n voedingsbron van genot is. Slanke bruin gebrande bene wat vir myle aanhou kan ’n man vir ’n leeftyd besig hou. Geel is ’n sexy kleur in en op die regte plekke. Enige kleur sou seker doen, maar hier en nou smaak dit my daar is nie ’n mooier kleur as geel nie. My prikkelnerwe is in beroering en afloer is so remote in my gedagtes soos vigs vir ’n vis. My oë drink genoeglik aan wat ek sien en ek sluk dit behaaglik af tot binne in my Hippo Telamus.

Die buurman se hand beweeg in die rigting waar ek staar en hy begin van die bates streel. Die dame glimlag effe en hy druk en vryf asof hy hulle vorm wil verander. “Stress balls is ’n powere plaasvervanger,” dink ek. Sy geniet en hy hou aan. Hy leun oor en hulle soen. Oopmond en intens. Hy begin die gevryf en druk afwissel met liggies byt en suig. Hy skuif teen haar in die son in en dinge word warmer. Die gestreel en druk word wedersyds. Die laaste geel lappie waai. Sy Billabonkie word half hygend van hom gestroop. Dit is maklik om te praat van “The Full Monty”, maar as dit jou direk in die gesig staar, deins jy amper terug en jy besef klere is nie so slegte idee nie ten spyte van wat Beau en sy Brummels daaroor te sê het.

Netnou se rustigheid het plek gemaak vir ’n eienaardige ander energie. Ek het dit nog nooit gade geslaan nie. Ek begin dit nou sterk oorweeg om pad te gee. Ek voel oorbodig. “It takes two to tango”, maar hulle sê nie hoeveel mag kyk nie. Ek bly. Vasgenael op een plek. Ek sluk swaar aan ’n knop in my keel. Hippo is onrustig. Hy begin styg soos ’n reuse duikboot na die oppervlak. Ek gryp hom sommer so deur die klere agter die kop en begin hom wurg.

Die momentum bou op en ek is naby genoeg om geluide te hoor. Geluide van genot en kreune van plesier. Die voëlgeluide het nou heeltemal in die agtergrond geskuif (as jy verstaan wat ek bedoel). Inteendeel, ek hoor geen ander geluid buiten die liefdesklanke nie. My ore is op net een frekwensie ingestel. Ek is so attentief soos ’n luiperd wat sy prooi enige oomblik gaan bespring. Net my stert gee die game weg. Ek kan hom nie stilhou nie. Nes ’n luiperd.

Die bure is duidelik in ’n ander wêreld. ’n Asemrowende ander wêreld met lekkerte en genot as leuse. ’n Roller-coaster-wipwaentjie op-en-af-baan wat hulle vinnig sonder brieke by die eindpunt gaan uitbring. Die ritme oor die muur bou op en rûe word krom getrek. Hulle beur en boor om soveel as moontlik daarvan te kry.

Groot is my verligting toe hul verligting aanbreek.

Erotika het my weer eens ingehaal. My verby gegaan. My bekoor.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.