Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Blou Dot Kom

Katryntjie Katools

Midweek is geen ordentlike tyd om dronk te word nie. Maar ordentlikheid is lank reeds nie meer in jou repertoire nie, van die laaste keer dat jy jou man verneuk het tot verlede Woensdagaand toe jy wydsbeen gelag het in ’n donker kroeg en die omgestampte rooiwyn van ’n kollega se lang, gladde been afgelek het. Haar nuwe San Tropez-tan het op jou tong agtergebly.

Korporatiewe geleenthede is ’n ongesonde teelgrond vir onbeteueldheid en onaandoenlikhede wat nie maklik versoen word met die babelaas betragting van neon-kantoorligte en die geraas van lugversorging en komies-dringende selfoonmelodieë nie. Sommige maatskappye moedig selfs kantoorromanses aan om produktiwiteit — en aanwesigheid — te bevorder, en sodoende is dit ook makliker om werknemers deur die ore te naai en ’n grootheidswaansinnige god-kompleks in hulle te bewerkstellig.

Maar jy wil nie nou al bitter raak nie, so laat ons eerder van baie spesifieke en prikkelende hardebaard-besigheidstaktieke praat, van die tipe wat soms so anoniem en diskreet is soos ’n manspak met ’n neutrale kleur of ’n velkleur stuk pantihose wat onder ’n kuitlengte regaf rok uitsteek, en ander kere so blatant is soos ’n T-hemp wat styfpassend “Porn Star” of “Bitch” skitter, of jeans wat los om mansheupe hang. Want dit was die tyd gewees toe mense met mag en geld geflirt het sonder om askies te sê maar ook sonder om voor die hand liggend te wees.

In die jare toe dotkoms kleindode gesterf het in die wilde weste van die aandelemarkte het ten minste een maatskappy nog asem gehaal en in ’n buitepos in sentraal-Londen goeie besigheid gemaak.

Selfs al het dit beteken dat werknemers elke oggend in alle soberheid deur die rooiligstrate van Soho moes stap om op kantoor te kom, was hierdie vanselfsprekend ’n respektabele dotkom wat met ’n slim kode in die sagteware noodgedwonge die meerderheid skerms in die wêreld vul. Selfs al skemer wilde pisreuke vulgêr deur ontsmettingsmiddels as teaterskoonmakers voor hulle eie deure skrop en huisloses soos dooies lê en vrot terwyl hulle hulle trips op gisteraand se sypaadjies afslaap, was hierdie ’n standvastige, familiegerigte dotkom. En selfs al stap werknemers verby die babelaas O Bar en die rooigenaaide The Privates Shop met wilde videotitels ekshibisionisties in die winkelvensters uitgestal en ’n deur en ’n trap wat na donker holtes lei, het hierdie dotkom pornografie kuis gefilter en weggestuur na die rooiligdistrikte van die internet.

En so, met die geur van Soho se stink oggendasem in jou verhemelte, skakel jy elke oggend jou rekenaar aan. Op pad na jou lessenaar knipoog jy eers vir die blosende jong intern met sy engeltjiepiepie wat jou duiwelhorings skeef laat flikker het tydens verlede jaar se krismispaartie met die geykte tema. In die kombuis loop jy jou vas teen die besigheidsbestuurder met die oulike boude wat jou gelowige bierbesope self een aand met ’n werksgeleentheid in Cardiff na sy hotelkamer gelok het met die valse belofte van ’n minibar in sy kamer. Dit pla jou as jy klokslag elke oggend die onwillekeurige natheid teen jou broekie voel uitslaan as hy vir jou glimlag en jy weer aan sy stywe manlikheid dink.

Jy’s gewoonlik laat, maar gelukkig nie so laat soos jou gay kollega wat elke oggend met ’n alkohol-asem die dag in sug nie. Vanoggend is egter ’n uitsondering, en “onhebbelik” laat sou die regte woord gewees het as Jez met die tongstrepe op haar San Tropez-bene nie siek ingebel het of die maatskappy se poligame direkteur (getroud met ’n vrou, vier kinders, en ’n beroep) nie nog in die hotelbed gelê en snork het nie.

Jeffrey met sy verskrikte Essex boy uitdrukking het nog nooit gemaklik in sy uitvoerende-direkteur-stoel gesit nie, en sy gewoonte was om vroue toe te laat om hulle pad oop en op te slaap. Vroue was gelukkig gewillig, nie net omdat Jeff ’n magtige man was nie, maar die uitdrukking in sy seunsoë was een van dié wat ’n mens graag aan jou naakte dubbel-D-borste wil nestel, en boonop het sy reputasie selfs verder gestrek as sy behendige geslagsdele.

Gisteraand het jou en Jez se eer hom te beurt geval. Teen die tyd dat jy haar been gelek het, was daar net vier van julle oor na ’n uitermatig goeie spanbousessie in die kroeg, en die vierde een het so pas opgestaan om in die toilette te kots. En dis toe dat jou wyn omval op Jez se skoot en soos rooi piepie teen haar been afloop. “Lek,” lag die baas en met ’n uitdagende blik in sy rigting staan jy op en hurk voor Jez, wat gemaak-geskok na servette gryp. Die kroeg is een van daai trendy plekke met klein ronde, knieghoogte-tafeltjies met effens ongemaklike sitplekke daarrondom gerangskik en dus, om by Jez se bene uit te kom was maklik — jy moes net op jou knieë voor haar sit, wetend dat jou agterent in deurtrekker en stywerige swart broek goed vertoon in die baas se rigting. Liggies vat jy aan Jez se knieë, maak dit effens oop om by die wynstraaltjie uit te kom, kyk op in haar gewillige oë, en lek, eers net haar kuite, dan boontoe, tot by haar knieë, en dan, versigtig, haar bobene. Jy is verbaas om uit te vind dat haar lang bene vir ewig aanhou, van haar rooigeverfde groottoonnaels af tot bo, waar hulle aan haar lekker sweeplyf vasgeheg is en pienk geheime wegsteek tussen nie-so-skaam lippies.

Met die seksuele intuïsie van ’n dronke weet jy dat die baas se mond oophang en sy piel stokstyf is, en dat sy geprikkeldheid hom laat sit asof aan die stoel vasgenael. En jy weet dat Jez dit ook weet. Dis sy wat die voorstel maak: “Kom ons gaan check die hotel op die hoek uit.” Die Miller Hotel was ’n goedkoop maar funksionele plek met kamers wat skaars groot genoeg is om ’n dubbelbed te akkommodeer, en wat uitkyk op die rioolpype van die gebou langsaan. Jy en Jez soen mekaar oopmond terwyl die baas ’n sleutel by die apatiese hotelontvangs optel.

In die hyser op na die sewende vloer toe daal jou hande laer af tot by Jez se boude, terwyl haar vingers al om jou borste draai. Die lekkerte skiet af tot by die driehoek-skaamheuwel tussen jou bene, en jy vryf jou onderlyf saggies teen hare terwyl haar asem in jou ore snak.

Dis nie die eerste keer dat jy ’n vrou soen nie. As student het jy en ’n paar feministiese vriendinne gereeld skelmpies uit partytjies geglip om boom te rook en in donker hoekies giggelend soentegnieke te vergelyk, maar verder as hierdie tong-orgies het dit selde gegaan.

Behalwe vir haar tienergrootte-tieties — twee perskesagte swelsels — is Jez se lyf verbasend hard en benerig, soos ’n jong man s’n, maar haar soene smaak soos lipstiek, en haar tong is sag en indringend. Deur dit alles behou Jeff outoritêr sy afstand, en pas julle op soos ’n jaloerse vader (hy’s tien jaar ouer).

In die kamer verander hy skielik, en neem beheer van die situasie: “Oukei, girls, ek’s baas hier, so julle gaan nou maak soos ek sê. Trek uit!” Jy en Jez huiwer ’n bietjie voor julle mekaar se klere uittrek en bra’s losmaak, totdat julle net in deurtrekkertjies voor die man staan, joune swart en hare wit met valletjies. Jeff het gaan sit op ’n stoel langs die bed, en behalwe vir die baadjie wat hy uitgetrek het, was hy nog ten volle geklee.

“Toe, lek haar, sugar,” pleit hy stroperig in jou rigting. Jy lê Jez op die bed neer en begin gehoorsaam lek waar jy in die kroeg gestop het, stadig teen haar binnebeen op. Die smaak van haar tan meng met die driftige geur van vroulike seks. As jy haar broekie eenkant toe trek en haar netjiese lippies versigtig met jou tong oopvlek voel jy hoe die begeerte jou vrouedele vul, ryp en reg en warm. Jy kan haar gespanne styfheid onder die sag van haar elastiese pienk lippies proe. Klein kermgeluidjies ontsnap uit haar keel as jy vorentoe leun en haar stywe klitoris kielie met jou nippel, voordat jy dit saggies met die punt van jou tong piets en dan suig. Haar sagte haartjies kielie jou lippe; dan het sy die waarheid gepraat toe sy gesê het ’n Brazilian wax is een te veel vir haar!

Jeff het intussen sy gulp oopgemaak en agter jou kom staan, en met sy lang grootmajoor op aandag raps hy jou oor jou agterent, voor hy jou broekie ook eenkant toe trek en jou beloon met ’n paar deeglike pompe. Dan manipuleer hy jou só dat jy wydsbeen bo-oor Jez se gesig sit, en die aksie reg bo haar gesig gebeur. Sy kan nie anders as om met haar tong te reageer nie.

Jeff verander dan van posisie, en gee vir Jez — wat wydsbeen op haar rug lê — ’n skoot streepsuiker, terwyl jy haar soen en julle mekaar se sappe op julle lippe proe. So hou dit vir ’n rukkie aan totdat Jeff slordig op Jez se maag kom en aan die slaap raak. Toe begin die pret eers vir jou en Jez — julle gaan in die badkamer in om haar maag te was onder die stort, en gladweg skuur julle teen mekaar, opgewonde oor julle lywe wat mekaar seperig herhaal, julle heupe wat saam wieg, en ronde borste wat mekaar platdruk, joune effens voller as hare.

Julle klim nat uit die stort uit en gaan sit op die badkamermatjie in ’n skêrposisie, en vryf teen mekaar totdat die brandende lus tussen julle bene bevredig is. Stilletjies droog julle af en trek aan, en sluip die kamer uit om taxi’s huis toe te vang.

Die volgende oggend laat het die skoonmaker vir Jeff op die hotelbed gekry, uitgestrek in sy pak en met sy hand in sy gulp. Sy babelaas het hom nie vriendeliker gemaak nie, veral nie toe hy besef het dat hy ’n belangrike vergadering en drie oproepe van sy vrou gemis het nie. Jou en Jez se werkskontrakte was daardie jaar nie weer hernu nie, maar julle het ’n stewige bonus gekry en ’n ooreenkoms met die direkteur onderteken.

Met die afbetaling, julle nuutgevonde talente en die besigheidsooreenkoms het jy en Jez oor die blou vlaktes weggegalop en in die wildeweste-wêreld van dotkoms al die verlore siele van Jeff se respektabele webwerf in julle matriargale dubbel-D-boesems gekoester.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.