Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die mooi “gesig”

George

Nie so lank terug nie, tydens ’n sporttoernooi, het ek ’n visie gesien en die ervarings beleef wat net in flieks plaasvind. Mens sien altyd in die flieks die ou sien ’n meisie, sy kyk na hom en woeps waps in die bed en hulle maak liefde dat die aarde bewe.

Dit was die dag voor die toernooi sou klaarmaak en ek en die meisie van ’n ander span het mekaar al goed aangegluur en soms het ek net dom dinge aangevang deur my koffie, wat vrek warm was, oor my hand uit te gooi of bo-oor ’n stoel te val. Ek het die moed toe bymekaar geskraap en haar gevra of sy my sal vergesel vir aandete by die gastehuis waar ek tuisgegaan het. Sy het dadelik ingestem en ons het na afloop van die dag se wedstryde saam vertrek.

By die gastehuis aangekom het ek gou die “koshuismoeder” vir die menu gevra. My gas het gevra of sy gou die dag se sweet kan gaan afspoel en ek moet solank die kos bestel. So gemaak en so gedaan. Intussen het die “brein” allerhande snaakse bewegings begin doen. Die feit dat daar ’n godin in die badkamer besig was om haarself af te spoel, het die ding vreeslik laat beweeg. Die kos is gou by die deur kom aflewer en toe was ons alleen, geen verdere steurings sou plaasvind nie.

Ek kon hoor hoe die stort oopgaan en dit het my sterk laat word. ’n Nakende vrou hier by my. ’n Sagte roep vanuit die badkamer bring my terug hede toe. Met my beste maniere en voorgee dat ek geen alternatiewe gedagtes het nie, antwoord ek by die deur. Geen antwoord nie. Ek antwoord weer en toe eers kom die antwoord dat ek moet binnekom, want sy kan nie die seep kry nie. Steeds half skaam en met die gesig half na onder stap ek binne en bied haar die seep so met ’n uitgestrekte hand aan. Haar sagte hand streel oor my hand toe sy die seep vat en dit stuur sewe soorte trillings deur my. Die brein is stadig maar seker besig om styf teen my sweetpakbroek te druk. Ek bied so ewe aan om haar rug te was en tot my verbasing steek sy haar hand uit en wink my na binne. Soos blits is ek uit my klere, seker ’n rekord, en daar staan ek, poedelnakend en reg om haar te help. Sy staan met haar rug na my toe, en wat ’n gesig. Ek is ’n sucker vir ’n vrou se rug. Ek smeer my hande met seep en begin stadig haar rug te was. Maak sulke klein kringetjies op haar rug. Ek kan nie te naby staan nie, want die brein het nou so geswel en ek wil nie hê sy moet dink ek is jags nie. Maar mens, ek is so jags ek kan myself bewusteloos tos.

Skielik draai sy om, so met my hande nog aan die was op haar rug en daar staan ek met my hande bak om die mooiste paar boesems wat ek nog gevoel – oeps – gesien het. Sy giggel skelmpies en ek besef dat sy weet dat ek vreeslik lus is vir haar. Sy neem die seep en begin my stadig vol seep te smeer, van kop tot waar die brein stewig staan. Die element word behoorlik gewas. Ek het skoon vergeet dat ek nog haar pragtige tieties in my hande het. Maar blameer julle my dat ek half versteen staan met die godin hier by my wat my brein stewig bewerk. Ek het intussen weer begin om haar te was en kort voor lank bak my hand om die heuwel van plesier. Ek het nie eers agtergekom dat daar nie ’n enkelte bossie op die heuwel is nie. So glad, en o so hoog. My vingers dwaal tot tussen haar nou oopgespreide bene en ek voel ’n ander soort nattigheid by die lippies, wat nou mooi geswel is.

Dit is beslis gladder as seep en dit plaas nog meer druk op die brein, wat intussen ferm in haar hand is. Die seep is al lankal van my lyf af en die glykonfyt wat uit my brein vloei, word baie sensitief oor my voëlkop gevryf. My vingers het die ingang tot die heuwel gevind en ek vryf stadig oor die wag wat voor die ingang staan. Dit laat haar skielik ruk, en ’n geluid wat net vreugde voorspel, kom uit haar mond. Sy byt haar onderlip vas en haar heupe beweeg nader na my toe en met haar los hand druk sy my hand styf teen haar heuwel vas en lei my vinger nader na die ingang. Ek hou aan vryf en daar staan sy, bene wyd oop en my vinger so diep as moontlik in haar dosie ingedruk. Die kreune word al hoe intenser en skielik bars die wal. Sy het gekom en gekom en weer gekom. Sy het my brein uitgelos en albei haar hande om my nek gesit en my gesoen soos ek nog nooit gesoen was nie.

Sy was klaar gestort en met die uitklim stel sy voor dat ek gou moet maak, want sy is honger en sy wil nie hê dat die kos moet koud word nie. Ek stel voor dat sy maar solank eet terwyl ek gou klaar stort. Sy is daar uit, sonder om haar klere saam te vat. Wat ’n gesig, ’n godin, ’n beeldskone godin, en sy is hier by my.

Klaar gestort en ook so sonder klere deurgestap kamer toe, en wat sien ek daar. Die mooiste rooiste blom reg om gepluk te word. Sy sit terug teen die bed se kopstuk teen al die kussings wat sy kon kry, haar bene wawyd oopgesper en sy speel te lekker met haarself. Sy het ’n lepel gevat en is besig om dié so op en af te vryf teen daardie pragtige dosie van haar. “Ek het mos gesê ek hou nie van koue kos nie; kom hier, jou dier, sodat ek kan eet.”

Dit het nie baie van my gevat nie en daar is ek met my gesig tussen haar oop bene in besig om seker die lekkerste maal van my lewe te nuttig. Die stroop wat uit haar drup, smaak soos geen ander sous wat ek al geproe het nie. Haar lippies wat so mooi geswel is, word behoorlik uitgeëet, vanuit elke windrigting. Die gedagte dat ek hierdie fees voor my het, dryf my tot raserny en sy het dit agtergekom. Sy draai my op my rug en so in die omdraai gryp sy my behoorlik vas en voor jy kon sê poeding het sy my in haar mond en begin my met haar tong te vertroetel. Dit is genoeg om enige mens te laat kom. Ek hou moed en beheer myself. Ek kan nie nou meer wag nie. Ek wil die godin behoorlik van alle kante af naai. Daar is nie nou meer goeie maniere nie.

Ek druk haar terug op haar rug en neem haar bene in my arms en druk dit tot amper agter haar kop. Dit maak haar so mooi en groot oop. Ek sak stadig af tot ek die gladde opening voel en met een soliede beweging stoot ek myself in haar in. Sy ruk toe ek haar binneste tref en met dié gryp sy haar enkels vas wat baie naby haar kop is en kreun dat ek haar hard en aanhoudend moet stamp. Sy wil my diep binne haar voel. So gevra, so gedaan. Ek het soos ’n besetene al hoe harder gestamp, en met elke stamp het sy my laat weet dat sy my voel. My balsak het met elke stamp teen haar vasgeslaan en dit het haar nog meer opgewonde gemaak. Toe kom sy, sy gooi haar bene om my rug en hou my diep binne haar vas. Ek voel hoe haar binneste saamtrek en laat gaan en weer saamtrek. Dit dryf my en ek voel hoe die lont vinnig korter word en dan met een laaste harde stamp ontplof ek diep binne haar. Die golwe van ekstase vloei oor my en die hitte van my ontploffing laat haar hele liggaam ruk en weer kom sy. Hierdie keer met ’n gil wat ek glo amper drie huise ver gehoor kon word. Toe ek my uit haar uit trek, en weer die pragtige rosie sien, is ek van vooraf weer lus. My stroop wat ek in haar ingespuit het, het nou so blinkheid gelaat. Sy lê so rustig nog steeds met haar bene mooi oop en die rosie wat elke sekonde net mooier word. Ek druk my vinger stadig in hierdie pragtige rosie in en speel met haar diepe fluweel. Vir die eerste keer in my lewe het die brein vinnig herstel en is weer reg vir aksie. Weer druk ek haar voete na agter en penetreer haar weer met ’n harde stamp. Sy ruk aanhoudend en sy kan nie meer haar kreune beteuel nie. Elke stamp veroorsaak dat sy onbeheerst ruk en kreun. Skielik gryp sy my vas en vra dat ek moet stop sodat sy kan omdraai. Ek moet haar van agter stamp. Sy stoot haar heupe so hoog moontlik in die lug sodat haar sopnat dosie mooi beskikbaar is vir die volgende sarsie stampe. Sy geniet die harde stampe en haar hele liggaam ruk met elke stamp. Weer kom sy. Dit is ’n ongelooflike ervaring, kreun sy.

Sy het my gebied om haar hard te naai, te stamp en te stoot. Ek het sonder enige teëstribbeling gedoen soos sy gevra het. Dit het so vir die grootste gedeelte van die nag gegaan.

Die volgende dag se wedstryde het maar traag verloop. Ons het die res van die tyd by mekaar gespandeer, en ek doen nou nog wat sy vra, na elke wedstryd. Dit laat mens met ander oë na sport kyk.


LitNet: 6 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.