Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Cheers op 'n lang vriendskap

Localguy

Altyd gewonder of ek weer iemand na my egskeiding gaan kry. Sien, ek was tien jaar getroud met (kom ek noem haar) 'n yskas. Hulle sê mos 'n man staak om te masturbeer sodra hy geskei is, en dit was so, daarvan kan ek getuig. In my tien jaar as getroude man het ek min met my wettige vrou reggekry; ek het later agtergekom sy het net vir finansiële sekuriteit getrou, en natuurlik was seks uit, met die uitsondering as die bitch geld wou hê vir een of ander shopping spree wat gedoen moet word, dan was die dinge nat en het ek weer hoop gekry. Kom ons los die skeisaak net hier, want dit was lank, uitgerek en duur.

So gebeur dit dat die gode so 'n slag na my seksuele, sosiale en emosionele geluk kyk en stuur 'n engel, so lang, skraal donkerkop met 'n blas vel, die regte kurwes, oor my pad. Dit het so begin.

"Groet jy nie?" roep iemand in my rigting toe ek die warm middag van my kantoor na my motor aanstrompel, mismoedig en glad nie lus vir nog 'n alleen aand by die woonstelletjie nie. Ek steek vas en kyk rond, want die parkeerplek is vol motors - klante wat inkopies doen, personeel wat huis toe gaan … die uitnodiging kan vir enige iemand wees, dink ek en strompel voort, en buitendien verwag ek nie iemand met so mooi stem om met my te praat nie.

"Haai jy! Ja jy! Het jy my vergeet, of wil jy my nie meer ken nie? Onthou jy ek het my meubels nog by jou kom koop en jy het my so mooi gehelp?"

Ek kyk rond en sien 'n lang skraal arm met so paar stukkies juwele by die Italiaanse motortjie se ruit uitsteek wat so entjie van my Duitse sierwa staan. Die arm beduie na my en wink my nader.

"Haai, gaan dit goed, of het jy vergeet wie ek is? Onthou jy my?"

Ek kon die donker van haar tepels deur die ligte bloesie sien skyn terwyl sy in haar ekonomiese Italiaanse motor sit. Ons het eers gesels oor reën, die hitte, die rand wat besig is om sy gat te sien, en sommer so oor koeitjies en kalfies. Ek het het maar gesukkel om 'n decent aanknopingspunt te kry en te hou want sy het 'n afspraak en het reeds verskeie kere beleefd verskoning gemaak dat sy haar ry moet kry. Later in die kort gesprekkie het ek agtergekom sy is onlangs van haar man geskei.

Ek was teleurgesteld toe haar selfoon, wat op die vloer aan die passasierskant gelê het, begin lui het, maar die teleurstelling het onmiddellik verdwyn toe sy vooroor na die vloer strek om die verdomde ding op te tel en haar G-string sy verskyning maak toe haar wit kniebroek oor die perfek-gevormde boude span. Ek kon onmiddellik voel dat my hormone besig is om te pla, en die knop in my broek stadig begin voel opswel. Ek was redelik verleë nadat sy die persoon aan die ander kant laat verstaan het sy is op pad en na my gekyk het met oë wat nie kon glo dat ek so na haar staar nie. Sy moes iets agtergekom het, want skielik is haar tepels besig om groter te raak onder haar ligte bloesie.

"Ek is op pad," sê sy, maar dit is asof haar motortjie nie kan wegkom nie. "Bye," sê ek, "geniet jou aand en … uhh … ek hoop ons sien mekaar weer." Ek staan weg van die motortjie af sodat sy in vrede na haar date kan ry.

"Verskoon my," sê sy, "jou sel."

"My wat?" vra ek.

"Jou sel - ek het nie jou selnommer nie."

O, donner! Daar is dit nou. Ek het nie eens so 'n ding op my naam nie, dink ek by myself. Maar dit is nie die armoede aan die selfoon wat my breinselle deurmekaar gemaak het nie, dit was die G-string, daai ronde boude, die smeulende lippe en baie beslis daai tepels wat lewe. My ou eks het net sulke mooi groot volronde borste gehad, maar die tepels was so plat en pienkswart dat ek nie eens geweet het daar bestaan sulke verleidelike tepels nie, en hier is 'n girl wat die rondings het met 'n G-string wat uitroep "ek wil!" Ek het van kleintyd af 'n crush op vroue met mooi groot ronde vol borste

Ek kon vir 'n oomblik nie nugter dink nie en stotter eers amper soos 'n gewoontehakkelaar net om te sê "Kom kuier môre, dan ruil ons nommers uit", maar dit is nie wat sy wou hoor nie en laat my duidelik verstaan dat as die date boring is, bel sy my, dan gaan eet ons iets in die stad.

"Ek het nog nie 'n sel nie, glo nie juis in die goeters nie," lieg ek.

"Dis okay, waar bly jy dan?"

Phew, dis nie waar nie, dink ek; ek ken die girltjie net van sien as sy in die winkelkompleks waar ek werk, haar inkopies doen.

"Dis so effe moeilik om die plek te kry, dit is anderkant die rivier in 'n doodloopstraat en daar is nog padwerke en jy sal nie met jou tjorrie …" lieg ek; ek wil nie my adres gee nie, ek is nog half teleurgesteld oor my pas afgelope egskeiding, en my plekkie wat ek agter in 'n ou Duitse egpaar se erf huur is beskeie, en die omie sal my sien, dink ek.

"Man, sê net, of is jy skaam?" vra sy.

"Skaam vir wat?" kap ek terug.

"Hoe sal ek weet?" vra sy ewe sarkasties terug.

"My adres … kom ek verduidelik," sê ek. "Jy ry aan die westekant van die begraafplaas verby, eerste straat op jou linkerkant sit 'n kerk en net daarna draai jy links af, en die tweede huis op linkerkant is die huis van raadslid so en so, net langs dit is 'n dubbelverdieping; nou as jy voor die huis kom, is daar so huis met 'n tienvoet-draadheining, dis net daar. Ek sluit die hekke, maar …"

"Maar," val sy my in die rede, "ek wil net weet, in case."

In case … in case vir wat? wonder ek terwyl sy wegry na haar date. Ek stap na my motor, sluit oop, sit my aktetas op die agtersitplek. Ek kan nie die beeld wat ek so pas ervaar en gesien het, uit my gedagtes kry nie. Daai tepels, die G-string, en die gleuf van haar boude.

Ek het eers so draai deur die stad gery om my gedagtes van die prentjie te probeer af kry - dit sukkel maar vir 'n man in sy middel dertigs om homself terug te hou as sulke wulpse goedjies oor jou pad kom.

Ek het nadat ek by die huis gekom het, in my viervertrek-woonstelletjie gaan sit. Sjoe, dink ek, het ek die regte ding gedoen om my adres net so weg te gee? Sê nou die girl kom met al haar pelle hier aan, of erger, sy kom hier aan terwyl ek ander gaste het. Sê nou … sê nou … Ag sê nou se moer, dink ek, laat sy kom. Maar die wete dat dit darem 'n armsalige plekkie is om 'n vreemde girl te nooi laat my begin worry.

Teen tienuur die aand, nadat ek my trommeldik aan twee dae terug se oorskietkos geëet het, het ek gaan stort en gaan inkruip. Lank na middernag kon ek nie geslaap kry nie - die tepels, die G-string, die boudgleuwe, die stem, die reuk van haar parfuum … alles is besig om my hele hormoonstruktuur omver te werp; selfs ou klaasvakie wil nie met sy emmer sand inkom nie.

Kort na twee skrik ek myself in 'n ander bloedgroep in toe die honde begin blaf en die hekke bestorm.

Ag nee, dink ek, weer sulke tyd. Die bliksems wag net totdat ons slaap, dan breek hulle in en steel alles wat hulle sien. Ek loer versigtig met slaapbenewelde oë deur die ruit om te sien waarmee is die donners nou besig, en hier staan die doedie se motortjie voor my hek. Half knorrig en deur die slaap stap ek na die hek toe.

Ek huiwer om oop te maak, want twee-uur is twee-uur en ek het nog weinig geslaap, en as die wekker oor so paar ure sy werk doen om my wakker te maak, dan is ek nie uitgerus nie.

"Kom, maak oop, ek het lank na jou plekkie gesoek," kom dit uit die motortjie uit, "en die wyn is al warm," sê sy.

Dit is op my tong om te sê "so bloody what?". Ek het nog die seer van my eks se seks vir geld vir inkopieprogram in my kop, en hier staan die doedie dié tyd van die oggend voor my hek, duidelik lus vir geselskap.

Toe die girltjie uitklim, kon ek my eie oë nie glo nie: net 'n sagte groen tweestuk-rokkie wat los oor haar hang, die hare netjies gedoen, die grimering asof sy so pas vir 'n modetydskrif gemodelleer het, en die soet reuk van parfuum hang om haar. Hier staan ek net in my pajamabroek sonder 'n jokkie, en sonder woorde.

"Nooi jy my nie in nie?" en in dieselfde asem: "Waar is jou wynglase?"

"Wynglase? Watter wynglase? My bliks … uh … ekskuus, my eks het die verdomde goed, maar ek het kombuisglase en blikbekers, die erd is darem nog aan," sê ek verleë.

So net na twee in die oggend en ek word gevra waar is my wynglase terwyl sy die dooswyn vashou. Ek begin om so in die buitelig haar liggaam te bewonder en te kyk of ek nie daai G-string se lyne teen haar kurwes sien nie, en die brastreppie ets duidelik teen die liggroen somersrokkie af.

"Verskoon my nederige plekkie," begin ek stotter.

"Dis okay," sê sy. "Ons almal … ek moes ook weer onder begin." Toe sy omdraai, kon ek die verleentheid weer eens nie wegsteek toe sien sy sien hoe ek na haar volronde boude staar en my manlikheid so effe begin lewe kry nie.

Ek het maar die glase uitgehaal, wyn geskink en by die kombuistafel gesit en oor alles wat geselswaardig is gepraat.

"Is jy nie moeg nie?" vra ek, "dis laatnag …" (of is dit vroegoggend? wonder ek).

"Nee wat," sê sy, "ek is vol energie."

Great, dink ek, dan kan jy maar as jy klaar is, die ligte afsit en die hekke op jou pad uit toesluit.

Ek slurp weer aan die wyn - nogals lekker, so effe soeterig, maar om my slaap in te haal gaan lekkerder wees. Het jy nie 'n huis nie? dink ek saggies by myself.

"Nog wyn?" sê-vra sy, en buk vooroor om my glas te vat, en ek kon dit nie verhelp om by haar buustelyfie in te loer op soek na daai tepels wat my vroeër so deurmekaar gemaak het nie. Weer eens het sy agtergekom my gedagtes is onder haar rok en maak geen aanstaltes om haar bloesie toe te maak nie. "Cheers, kom ons klink op 'n laaaang vriendskap," sê sy.

"Cheers," sê ek, en ons klink op ons laaaang vriendskap, soos sy dit gestel het.

"Ek is moeg," sê ek, "en môre is 'n lang dag wat voorlê en ek moet vars wees, want …"

"Want wat?" val sy my in die rede. "Ek het in elk geval vir die wis en die onwis 'n uitslaaptassie gepak," gaan sy voort.

Nou sit ek sonder woorde, en met een moerse vraagteken in my kop: Nou wat nou?

"Ek het net 'n enkelbed en die kamer is …" begin ek met verskonings.

"Dis okay, ek gee nie om nie; ek sal my gedra, en jy wil ook sekerlik nie 'n dame dié tyd van die nag alleen laat huis toe ry nie?" sê sy.

My lyftaal het seker alles gesê dat ek dit nie heeltemal goedkeur nie, maar wie kan daai lyf wat onder daai rokkie versteek is, weerstaan, en buitendien, man bly man. En die tepels wat vroeër vanaand by die winkelkompleks my koerasies opgejaag het, is ook nog vars in die geheue.

"Kan ek jou badkamer gebruik?" vra sy, en sonder om vir 'n antwoord te wag is sy na die vertrekkie en dis nie lank nie of die stort se water word oopgedraai en ek kan hoor hoe die stortgordyn oop en toe getrek word. Ek is intussen kamer toe om solank die bed, die enkelbed, te gaan oortrek.

"Jammer om te pla!" hoor ek haar uit die badkamer roep, "maar my uitslaaptassie is nog in die motor; wil jy dit nie gaan haal nie, toe 'seblief?" koer sy dié keer met so verleidelike stemmetjie.

Blerrie vroumens, vervies ek myself, dis verdomp amper opstaantyd en nou dit ook.

Ek klop saggies aan die badkamerdeur met haar tassie in die een hand. "Kom in en sit dit 'seblief op die kassie neer," hoor ek weer. Nou raak ek heel kaltoos - sy is immers agter die stortgordyn en ek gaan nie pla nie. Toe ek instap, kon ek nie anders as om daai fyn onderkleertjies wat op die grond in 'n bondeltjie lê te bewonder nie. En daar is die real McCoy, daai G-string wat my so deurmekaar maak.

"Jou tassie is op die kas, ek gaan inkruip, sien jou later," sê ek met die uitstap.

Dié keer kan ek voel dat ek selwers begin nat raak nog lank voor ek haar gesien of aan haar geraak het. Net die vroulikhied van haar onderklere het my meer woema as 'n dosis viagrapille gegee.

Ek het gaan lê, terwyl ek saggies luister na haar bewegings in die badkamer, en in my geestesoog sien ek hoe sy haar lang hare uitborsel, haar sagte onderklere aantrek en dan haar sagte satynpajamas los bo-oor gooi. Ek verbeel my hoe sy haarself met sagte room invryf en met parfuum spuit. Ek weet nie hoe lank ek gelê en dink het voor ek ingesluimer het nie.

Toe ek weer wakker word, staan die girltjie langs my bed, met die bottel lyfroom in haar hand, en hier in my eie lewe - iets wat ek nie geken het nie - staan sy in haar Evasgewaad. Ek kon my oë nie van haar af hou nie, al het ek hoe hard probeer. Hier staan sy voor my kooi.

Ek het vir 'n oomblik gedink ek droom, maar haar parfuum het my laat besef dit is allesbehalwe 'n droom.

"Jy gaan seker so bietjie die stres uitvryf voor ons gaan slaap."

Ek het so oomblik gestaar na dele wat ek nog net in boeke gesien het en hier is dit voor my. Van haar tone tot haar kroontjie met net 'n enkelketting , die ringe aan haar verkeerde hand, haar haarknipppies aan, en in haar hand hou sy die lyfroom vas.

Haar bene laat die enkelketting duursaam vertoon en die sensualiteit van haar kuite tot by haar heupe is genoeg om die liefdesvog op die regte plekke te laat uitloop. Haar boude perfek gevorm … Hel, dink ek, sy moet gereeld in die gym oefen om die boudspiere so perfek te hou. Die gedeelte wat my aandag die meeste trek is mooi skoon geskeer, nie 'n skaamhaartjie wat die deel afbreek nie. Die lippies so mooi sag en oor mekaar gevou met die kleinlippies wat so effe uithang, en die kontoere vloei saam met die dye dat die gedeelte nie anders kan as om eers met die mond geëet te word nie. Haar heupe, verleidelik, die magie sonder 'n greintjie vet. Haar naeltjie, dink ek, sou mooi gewees het met 'n ringetjie in, hy is mooi volmaak en diep en is effe donkerder as haar blas vel. Die borste … die borste wat my vroeër al mal gehad het, is nou hier voor my, die rondinge is perfek, en bykans in die middel is die mooiste tepeltjies wat ek nog gesien het - klein, perfek, en aanloklik. Die tepels staan reeds regop soos rosyntjies, en dit is nie van koue nie. Haar nek en skouers fyn en vroulik, met die lang hare wat oor hulle gedrapeer lê, haar lippe volrond, donkerbruin oë wat met afwagting na my kyk.

"Toe, moet ek die heelaand hier staan?" vra sy.

"Nee, nee," sê ek, "ek sal smeer; kom staan hier" - bedoelende ek wil nie onder die lakens padgee nie, want my hele manlikheid wat kiertsregop staan gaan dalk die aand bederf.

"Wat se gestanery is dit? Dit gaan nie werk nie," sê sy en pluk die laken van my bed af dat ek totaal met net my pajamabroek en moerse knop op die bed lê.

"Aarde gaan oop, sluk my in," dink ek. Ek weet mos nie waaraan die girltjie gewoond is nie, ek is nie die beste bedeeld nie, maar glo my, ek het geleer om met die ding te werk. Hoe sê die spreekwoord? "Dis nie die size wat tel nie, dis hoe jy hom gebruik", en ek weet hoe.

Sonder woorde het sy met haar bene styf teen mekaar op haar magie gaan lê, terwyl ek wydsbeen oor haar boude gaan sit en begin lyfroom invryf het. Elke beweging laat die koerasies en die lus groei - haar sagte boude, haar perfek-gevormde rug, haar nek, die kuite … alles so verleidelik.

Nee, dink ek, ek kan nie verder gaan as die speletjie nie; ek gaan haar lyf goed uitvryf en dan maar mooi laat verstaan hoe dit werk, die respek wat ek nie wil breek nie, en … Ag de hel daarmee, dink ek, what must be must be … (hoe gaan die liedjie "Que Sera sera"?) … en gaan aan. Ek kan nie genoeg indrink van die kurwes wat hier onder my lê en ontspan nie. Elke keer as ek na haar skouers opbeweeg terwyl ek wydsbeen oor haar sit, kan ek voel hoe die intensiteit groei in beide van ons.

"Dis genoeg vir eers," sê sy en en draai om; "nou's dit tyd om voor te smeer", terwyl sy die houer met die room vir my uithou. Bliks … wou ek sê toe die lyf sonder enige draad klere omdraai en haar vroulikhied ten volle ontbloot word.

Ek kon nie anders as om na die mooi gedeelte te loer nie, en merk op dat daar so blink sweempie liefdesous tussen die lippies begin vorm.

"Dink jy nie ek moet die lig afsit nie? Netnou loer iemand deur die gordyn …" begin ek.

"Los die lig," antwoord sy, "ek hou van liefde maak waar ek kan sien wat ek doen."

Flippen hel, kom dit by my op, wat het ek gedoen om al die verlore drome sommer so op een dag te kry?

Ek begin skamerig smeer waar dit nie ongemaklik is nie. Na so rukkie se gesmeerdery oor die bene, die magie, die nek, die heupe, raak sy half aan die slaap. Ek kon weer eens die nuuskierigheid nie in toom hou nie en loer skelm om te kyk of die vitalstatistix nog so mooi is soos toe sy voor my gestaan het. Dis natter daar en die een lippie lyk asof hy ooptrek soos 'n roos in die oggendson - ek kon nie anders as om aan 'n roosblaartjie te dink nie, want die ligpienk skynsel wat skaam uit die donker deel van die grootlippe loer is so pienk soos 'n roos.

"Ek wil net sê," onderbreek sy my bewondering aan die gedeelte wat saak maak, "jy kan maar daar ook smeer, want dit is deel van die liggaam en ek is nie lus vir 'n halfgemeerde lyf nie."

"Ek … uhh … ehh … ja, sal, maar … ek … uhh …" stotter ek, "dis reg", en toe is ek lankal in die rooi wat koerasies betref, en smeer daar waar dit saak maak. Sy moes dit geniet het, want terwyl ek wydsbeen voor haar sit, loop die liefdesous stadig soos heuning tussen haar skaamlippies uit. Die blink strepies wat dit agterlaat terwyl dit aan die binnekant van haar dye afloop, jaag my verder teen die mure uit. Ekself is besig om stadig leeg te loop van die liefdesous. Hou uit, boeta, dink ek, hou uit.

Haar oë steeds toe bewonder ek elke kurwe, elke perfekte lyn, ronding, die skoongeskeerde vroulike dele, die liefdesous, die tepels wat so klein en regop op haar borste troon. Ek kan in haar gesig sien sy is gelukkig, en ontspanne. Ek wil praat, enigiets sê net om haar stem te hoor, maar is bang ek breek die oomblik op, en dan is alles daarmee heen.

"Jou beurt," sê sy, "kom ek smeer jou, en ek is nogal goed om die moeë spiere te masseer. Lê op jou maag."

Heeltemal gedienstig maak ek so. Sy gaan sit wydsbeen oor my en begin stadig die olie oor my lyf uitgooi, en beweeg ritmies vorentoe en agtertoe, en met elke beweging raak ek bewus van haar nat vroulike dele wat teen my boude skuur. Ek kon dit later nie meer hou nie, want sy maak dit moeilik om stil te lê want sy gebruik later haar boude en vroulike dele om my boude en stuitjie te masseer. Ek kon voel hoe haar lippies met kort knypbewegings al natter word, en die skaamlippe verder van mekaar af trek.

Ek wou nog so lê en probeer ontspan toe sy my verleidelik beveel: "Jou beurt - draai om." Met 'n jakobregop wat amper die dakwaaier raak, lê ek op my rug. Ek wag vir enige opmerkings, maar niks.

Sy kom sit weer eens wydsbeen oor my terwyl sy 'n kussing agter my kop indruk, en begin met haar ritmiese bewegings van vorentoe en agtertoe my lyf uitsmeer. Teen dié tyd is ons al twee so nat, en die drange so hoog, dat ek nou alles in my vermoë doen om af te skakel. Ek kon nie anders as om weer te loer nie: die mond hang feitlik oop; die kleinlippies wat vroeër vanaand net so 'n entjie uitgesteek het, hang verder uit en die drange om hulle in my mond te sit en met my tong te masseer, raak meer en meer.

"Kan ek …?" wou ek weet, toe is dit te laat - met een beweging druk sy op die regte plek en alles gly in plek. Bliksem, dink ek die sagtheid van 'n vrou is hemels, haar warm nat om my laat my hard op my tong byt om nie in haar te kom nie. stadig beweeg sy op en af, terwyl ons tonge mekaar vuurig soek. Die ritme raak al hewiger en ek kan voel hoe sy saamtrek en ontspan. Ek is seker sy kon gevoel het my lading is naby aan kom, toe sy saggies sê dat sy nie op die pil is nie en ek my lading liewers op die walle moet saai.

Maar ek was nog lus vir die lippies onder net om hulle te smaak. En ek wurm myself onder haar uit, en beweeg stadig af terwyl ek haar borste saggies soen, teen haar magie af tot tussen haar dye, en hier hang die papawer reg oor my mond. Met die gemengde reuk van olie en liefdesous in my neus begin ek haar stadig masseer. Met elke beweging van my tong, terwyl my hande die res van haar lyf ondersoek, hoor ek haar soos 'n klein dikgevrete hondjie sagte kreungeluidjies maak.

Terwyl ek met my lippe haar skaamgedeelte saggies oopsoen en lek, het sy hulp verleen en met haar twee vingers haar lippe van mekaar af gesper om meer beweegruimte in die binnekant te maak. So van lekker het ek nog nooit geken nie. In my middel dertigs en hier kom val die seksgodin met die perfekte lyfie op my gesig.

Nadat ek haar so paar keer opgecharge het, en sy so twee keer gekom het , sit sy weer oor my en begin met stadige bewegings die sessie tot 'n klimaks op te werk. Met haar woorde in my agterkop dat sy geen voorbehoedmiddels gebruik nie, hou ek so lank as moontlik uit, totdat ek nie meer kon nie, en met een beweging gryp ek haar om haar heupe en lig haar af sodat die wit melkerige sous tot teen haar borsies skiet. Die aksie moes haar weer laat kom het, en met dié aksie vat sy my in haar hande en vryf dit met alle mag en intensiteit teen haar vroulikhied totdat ek leeg en droog is, terwyl sy sagte geluidjies van lekkerte maak.

Haar tepels staan nou éérs regop, en die wit sous loop stadig teen haar borste af, terwyl sy teen my liggaam afsak en ek my eie nat op haar borste voel soos dit tussen ons vasgepers word. Ek kon nie verhelp nie, maar het my eie nat van haar borste en tepels afgelek, terwyl sy met haar hande my kop teen haar boesem vasgedruk het.

Met nog so uur oor voordat ons moet opstaan vir werk, het ons styf in mekaar se arms aan die slaap geraak.

Die seksgodin se woorde waarop ons op 'n laaaang vriendskap gecheers het, het later 'n werklikheid geword. Ons is nou bykans vier jaar getroud en die sekslewe is nog net so intens.



LitNet: 09 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.