Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

III: Die derde keer

Betty Boob

Die derde keer sou ons nie liefde maak nie. Ek het besluit eerder nie. Die rede: ek was bang ... Maar ek sal altyd die pyn en teleurstelling in jou oë onthou ... Al het ons die derde keer op 'n antiklimaks afgesluit, was dit nog steeds 'n keer wat ek in my hart se kluis sal toesluit ...

Dit was die Dinsdag na die tweede keer. Ek het jou by die kantoor ontmoet. Jy besig op die rekenaar. Ek het oorkant jou gaan sit en net na jou gekyk. Jy't my oë gevolg en jou lippe op myne kom sit. Toe haal jy 'n toegedraaide boksie uit jou rugsak en gee dit vir my. "Your birthday present," het jy gesê. Maar my verjaarsdag is eers volgende Maandag. Jy't nie omgegee nie. "I want to smell it on you the next time we're together ..."

Ons het toe gaan fliek. Ek onthou daar was niks besonders wat gewys het nie, toe besluit ons maar op The last Samurai. Daar was net genoeg tyd gewees om 'n glasie wyn te geniet. Jy't nooit jou oë van my laat afdwaal nie. Ek kan nie onthou waaroor ons gepraat nie, kan net onthou dat ek gelukkig was ...

Ek het op die roltrap 'n ysblokkie deur 'n soen na jou mond verplaas. (Ons het hande vasgehou en jy't my nader getrek vir 'n soen en toe sommer 'n yskoue een gekry ...)

Ons was laat gewees en het toe sommer in een van die voorste rye gaan sit. (Later sou ek ontdek dat dit beter voor as agter was ...) Jy't gereeld oorgeleun en my gesoen ... op my wang, in my nek … en in my oor geblaas. Ek het nat tussen my bene begin word. Jy't my hand op jou manlikheid gesit en ek kon voel dat die meneertjie rondspring in jou broek ... ek het maar met hom begin speel. Jy het my romp teen my been opgeskuif ... jou vingers het my klit bereik en hulself tuisgemaak in die warm holte. Jy't in my oor gefluister en gevra ek moet my broekie uittrek en dit vir jou gee. My eerste reaksie: "Wat de fok!!" Maar met 'n groot gesukkel het ek dit reggekry. (Moet sê, was nogal trots op myself gewees toe ek dit regkry en vir jou gee.) Jy't dit teen jou neus gedruk en my jagse reuk diep ingeasem.

Jou hand het bo by my romp ingegly en met my skaamhare begin speel. Toe glip jou vingers tussen my lippies in en begin om my klit te terg.

Ek het intussen jou belt losgemaak en die knope van jou jeans. Ek kon voel hoe jou stywe, harde ereksie om lug smeek ... Ek't jou onderbroek weggeskuif en meneertjie het met dankbaarheid sy kop uitgesteek ... Jou skag het soos 'n joystick in my hand gepas ... jy't liggies gekreun as ek hom stywer gedruk het en op en af met hom gespeel het ...

Ek sou graag wou afbuk en myself verlustig en jou plesier met suie en lekke, maar ek was te bewus van die res van die mense in die fliek ... Ek het toe maar net vinnig afgebuk en jou liggies op jou voëlkop gesoen.

Tussendeur my op en af het ek my been op die armleuning gelig om vir jou beter toegang tot my paradys te gee. Jou vinger het in en uit gegly ... ek het my onderlip gebyt om nie van ekstase te kreun nie ... So het ons die einde van die fliek gehaal ... jy in en uit en ek op en af.

Ons het toe ons speletjies in die motor voortgesit. En daar, in die parkeerarea, het als begin skeef loop, als te wyte aan my ...

Jy't my gevra of ek wou opgaan kantoor toe. Ek het aan die eerste en beste verskoning gedink: dis laat en jy moet nog heelpad terugry Jo'burg toe. So my antwoord was nee.

Die teleurstelling in jou oë het my binneste geruk, maar as jy net geweet het hoekom. Om een of ander rede kon ek nie my vrese aan jou bekend maak nie. Ek was te bang ...

Jy sou daardie aand nog vir 'n lang ruk teen my hou, dit elke keer opbring as ek huiwer oor iets. Maar ek het dit verdien. Jy't daarvan vergeet en ons het aangegaan ...

Ek het op pad terug huis toe vir myself gesê dat ek nooit weer sal huiwer nie en dat die vierde keer nie soos die derde mag wees nie!



LitNet: 05 November 2004

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Jaco Botha by hygstories.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.