Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

I: Die eerste keer

Betty Boob

Die eerste keer is seker die keer wat ek altyd sal onthou. Dis hierdie keer wat ek myself volkome aan jou gegee het. Ek het my lyf in jou hande oorgelaat en my siel in jou laat leef.

Dit het so lank terug gebeur. Daardie eerste keer. Maar tog onthou ek hoe jou asem in my nek my laat kriewel het; jou lippe op myne; jou hande wat die kontoere van my lyf met deernis en akkuraatheid ondersoek het.

Die eerste soen het my heeltemal onkant gevang. Sommer so in die loop het jy my omgedraai en vol op die mond gesoen. Dit was die eerste keer wat jou lippe myne aangeraak het. Ek onthou dat ek meer wou hê, meer van jou wou proe ...

Jy't my later teen die kantoormuur gedruk en my gesoen soos net 'n volwasse man weet hoe … hartstogtelik en diep … passievol en teer …

In jou motor het jy my gesig in jou hande geneem en my diep in die oë gekyk. Jy't nader beweeg en weer my lippe ontmoet. Heelpad na die restaurant het jou hand op my been gerus.

In die restaurant kon jy jou oë nie van my af hou nie. Dit was asof jy jou siel in myne wou ingraveer. Ons het gepraat, geëet … gesoen. Ek het nie eers gehuiwer toe jy voorstel dat ons na jou plek toe gaan om die gesprek te voltooi nie. Ek wou met alles in my meer van jou weet … meer van jou lyf … jou hande … jou tong …

Ons het vurig teen die buitemuur begin vry. Ons hande was reisigers op soek na nuwe skatte en plekke. Dit was nou of nooit …

Jy't agter my kom staan en my na jou in die kerslig gedraai. My serp het geluidloos op die vloer geval. Jy het my nek gesoen terwyl jy my bloes knoop vir knoop van my lyf gestroop het. Ons het op die bed gaan lê, jou hande steeds op my lyf, asof dit joune was wat jy moes bewaar, jou oë steeds in my siel.

Ek't bo-op jou gesit en jou hemp uitgetrek. Ek onthou nog jou sagte vel onder my palms. Elke sentimeter van jou bors en skouers was onder my beheer. Jou hande het oor my borste beweeg en my bra sonder moeite los gemaak. In een beweging was ek onder en jy bo. Ek't 'n ritssluiter hoor losgaan, my romp en broekie by my bene voel afgly. So het ek vir etlike oomblikke bly lê … kaal … jou oë brandend op my lyf.

Jy't self jou denim uitgetrek. Jou jockey en kouse het gevolg. So, kaal, het ons liggame inmekaar begin vleg. Ons was een …

Jy't my hele lyf met jou soene gedoop. Elke keer as jou lippe my vel aangeraak het, wou ek jou meer en meer binne my gehad het. Jou ereksie het hard en lustig teen my vroulikheid gesmeek … Jou mond het stadig van my nek, oor my tepels (wat toe al klaar op aandag gestaan het) en maag na onder beweeg. As my klit kon praat, het dit jou persoonlik uitgenooi om jou tong daar te kom tuismaak.

Jy het my bene oopgesprei en my lippies saggies begin soen. Jy't hulle van mekaar weggetrek en my klit begin lek en suig. Ek het my onderlip vasgebyt en my arms bo my uitgestrek. Jou tong het ritmies van my klit tot binne my gegaan. Vinniger en harder soos jy agterkom hoe die plesier en genot en ekstase my gyselaar gehou het. Net voordat ek kon kom, was jou voël diep binne my. My bene was om jou rug gekruis, my hande op jou rug. So het jy my gery … stadig en diep en intens. Toe vinniger en harder. Ons asemhalings het resies gejaag om te sien watter een eerste gaan toegee … toegee tot die finale orgasmiese uitlating …

In een globale kreet het ons saam gekom. My lyf het onder jou geruk en gebewe. Die sensasie van jou kloppende voël steeds in my het my my bene stywer om jou laat vou. My tepels het geveg vir asem waar hulle teen jou bors gedruk was. Stadig het jy jouself uit my getrek en langs my kom lê. My in jou arms geneem. Jou steeds harde ereksie het bevredigend teen my rug gerus.

Jy't my liggies begin soen en gesê ek's pragtig. Jou arms was kettings wat my teen die donker van die kamer, die onbekende beskerm het.

Ek sou jou binne my voel, jou hande en lippe op my borste onthou, jou oë wat deur my sielsventers staar en jou asem oor my lyf bewaar, tot ons die tweede keer sou ontmoet …



LitNet: 19 Augustus 2004

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.