Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vicky Scholtz
Taking the scenic route through Fine Art, teaching, NGOs and the Health Sector, Vicki arrived at UCT eight years ago, where she is currently masquerading as an IT Manager. She writes in a futile attempt to keep her brain cells alive.
 

Die verskil tussen mans en vroue

Vicky Scholtz

“Die verskil tussen mans en vroue,” stel sy nadenkend voor, “lê daarin dat mans enige seks bo geen seks verkies, al is die seks hoe tragies. Vir ’n vrou is dit anders — slegte seks is erger as geen seks, en by slegte seks sluit ek middelmatige seks ook in. As seks nie wonderlik is nie, is dit teleurstellend, en ’n vrou kom liewer daarsonder klaar.”

Hy kyk haar stip aan. “Nee wat,” skud hy sy kop stadig, “dan is ’n man verlore voor hy eers begin. Wat dink jy doen dit aan ’n man se performance anxiety as hy besef dat die kleinste misstap hom tot die ewige hel gaan verdoem waarin mans wat vrouens seksueel teleurgestel het, geslinger word? Beter dan dat hy glad niks aandag aan die vrou se perspektief skenk nie, en net op sy eie genot fokus. Besides, ek stem nie saam nie. Ek dink die verskil is eerder dat mans seks geniet, terwyl vroue dit verdra.”

“Vroue geniet seks wat vir hulle die moeite werd is. As jy nie daarvan weet nie, het jy obviously nooit aan sulke seks deelgeneem nie. En vroue verdra nie middelmatige seks nie — miskien gee hulle voor dat hulle dit duld omdat hulle hul verhouding waardeer en dit nie met die waarheid wil ondermyn nie.” Sy lig haar glas whisky en drink diep daaraan.

Hy spring op en begin heen en weer stap. Sy voete stamp swaar teen die dik tapyt, en sy beweging is stadiger as wat hy verlang. “As mense nie oop en eerlik met mekaar kan gesels nie, dan is die verhouding van die begin af verdoem!”

Sy lag. “Dit klink asof jy glo eerlikheid is moontlik tussen mans en vroue. Mans kan eerlikheid nie hanteer nie — dus moet vroue hulle weerhou van oopheid en eerder met halfwaarhede en skimpe wegkom. As hulle oop praat, sal mans inmekaar sak!”

“Nooit! Dis die probleem — vroue sê nie reguit wat hulle wil sê nie, en verwag dat mans die punt sal beetkry. As vroue net meer direk sou wees!”

“O, jy sou dit verkies, nie waar nie? Al is die waarhied hoe ondraaglik?”

“Hoe bedoel jy?” vry hy skerp.

“Hoekom, dink jy, is dit dat elke man wat gevra word, vertel dat ’n vrou nog nooit tydens seks met hom orgasme gefake het nie, en elke vrou vertel hoe sy derduisendmaal moes fake om die man se trots nie af te breek nie?”

“Dis onmoontlik! Mans weet of ’n vrou fake of nie!”

“Is dit so? Kom ons stel ’n klein eksperimentjie voor ...”

* * *

Dis al laat toe Amanda haar pen neersit en haar bril afhaal. Sy staan stadig op, skuif die stoel agtertoe en gaan sit ’n rukkie op haar bed. Buite lê die wêreld donker en stil, behalwe die kat se geskarrel agter ’n kriek aan in die agterplaas. Haar kammies slaap al lankal, en seker die hele woonstelblok ook. Sy stap saggies kombuis toe en tap water in die ketel. Die koffie is op, en sy voel nie lus vir tee nie. Sy skakel die lig weer af en stap terug kamer toe. Die toiingtapyt strek koud onder haar voete uit, blougrys in die verlate maanlig wat deur die oop gordyn insyfer. Die kat draai hom by die venster in, een of ander gogga in sy mond. Nog ’n dierasie om sy afbene in die tapyt te laat vassit, sy binnegoed tussen vloer en voet te laat uitdruk, sy genadesmeke aanhoudend deur die nag te laat hoor … Amanda sou haarself nie as ’n “kat-persoon” beskryf nie.

Sy trek haar dik jas aan en stap saggies by die voordeur uit. Op die dounat grasperk lê ’n vergete trui, bleek gebleik in die spookwit maanlig. Amanda stap deur die hek en stadig oor die gruisparkeerplek. Die kerk langsaan rys afkeurend op deur die skaduwee, en koue rillings speel by haar ruggraat af. Die hele dorp slaap. Selfs die koshuis op die straathoek lê stil en donker. Amanda steek die pad oor en draai liewers by Dorpstraat af. Dis donkerder, smaller, meer geheimsinnig.

Akkerblare grrts onder haar voete, en ’n uil roep mismoedig uit ’n boom. Die kroeë en restaurante staan ure al toe en verlate, die dronkpis al droog teen die boombas, die straat weer leeg, die grappe vergete. Haar voete stamp teen boomwortels wat uit die teer uitgrou, ongevoelig in die koue. Die groot pad lê voor, helder belig, sonder ’n enkele motor. Sy stap oor, bewus van haar alleenheid, stasie se kant toe. Die woonbuurt se donkerte bied skuilplek aan, wat sy graag aanvaar. Sy spring oor die lae muur, en stap tot by die woonsteldeur. Die venster staan soos altyd effens oop, en sy druk haar hand deur die noue gaping. Voel-voel kry sy die koue sleutel en maak stadig, stil, die deur oop.

Tomas lê uitgestrek op die noue vensterbed, wat beteken dat sy dogtertjie op die dubbelbed moet wees. Nee, hy staan leeg — seker dan net een van sy buie. Amanda trek haar jas uit, pluk haar koue voete uit haar skoene, en skuif langs Tomas onder die kombers in. ’n Ruk lê sy so, langs sy slapende vorm wat diep en ritmies asemhaal, en ontdooi. Toe laat sy haar hande oor sy skouers vryf, diep in die spiere trek, af, af, af met sy rug. Tomas rol gehoorsaam oor op sy maag. Wydsbeen sit sy oor hom en masseer, totdat hy sy oë oopmaak en sy kop lig. “Laer af,” sy hy kort, en haar hande maak so. Sy heupe, sy boude, sy bobene. Sy skuif al hoe laer. Sy enkels, sy voete.

Tomas draai om. “Trek uit jou klere.” Sy maak so, en gaan sit weer oor hom. Haar hande vryf oor sy hare, sy ore, sy lippe, langs sy sleutelbeen, speel met sy tepels. Tomas se hande vat aan haar borste, en druk. Amanda kreun, en hy trek haar nader, druk haar bors tot in sy mond, lek, suig, kou daaraan. Haar tong wandel by sy sleutelbeen langs, met sy nek op, om en in sy oor. Hy trek weg, vat haar hand en steek dit tussen sy bene. Sy voel saggies aan die warm skrotum, sag soos ’n ryp vy, omvou dit en streel stadig. Haar vinger gly binne die gleuf tussen sy boude, sy streel sagkens die warmte van sy menswees. Tomas snork, sy hand besig om haar plesiersone uit te ken. Met sy duim vryf hy aan haar genotsknoop, terwyl sy vingers by die ingang van haar liefdeskanaal dwaal. Die klamheid moedig hom aan, en sy vingers druk op, in, hard en ritmies. Amanda skuif effens oor, dat sy hom in haar mond kan neem. Nog sag lê hy teen haar tong, maar haar lippe, haar tong, haar kieste dryf hom gou tot aksie. Orent, hard en blink wip hy in haar mond, terwyl haar hand nog so delikaat met sy onder-dele werk. Sy hand druk by haar in, hard en aanhoudend, en sy voel hoe haar boude daarteen knyp. Die onafwendbare afgrond wag, en haar asem steek in haar keel vas.

Hy gryp haar boude en lig haar op, dat hy uit haar mond gly. Sy vat hom in haar hand, en druk hom by haar in. Op en af trek hy haar aan haar boude, op en af. Die sweet tap by haar rug af, tussen haar borste, op haar bolip. Sy voel hoe sy nader aan die afgrond beweeg, sy kreun, streef daarna. Met ’n laaste, harde hou, dryf Tomas in haar in. Hy sug, hou haar vas dat sy nie meer kan beweeg nie, gly dan stadig uit en staan op. Sy silwerstof lê op haar dy in ’n lang draad, wat meteens breek toe hy wegbeweeg badkamer toe. Die deur gaan toe en sy hoor hoe hy die kraan oopdraai en begin was.

Amanda tel haar klere op en trek weer aan. Stilweg glip sy by die deur uit, en begin weer huis toe stap. Die liefdesappe lek by haar uit en loop stadig by haar been af. Aan die oosterkim verskyn daar reeds die voorgloed van ’n sonsopkoms wat oor ’n paar uur sal volg. Na die helder ligte van die grootpad is sy nie lus om weer met Dorpstraat op te loop nie — sy stap liewer by die ander pad op, langs die stadsaal verby, verby donker winkelvensters en leë parkeerplekke. In die sloot merk sy iets groot en donker op: sy gril effens en stap vinnig verby.

* * *

Johan skink die sjerrie en gee die glas aan vir Marié. Sy ruik diep daaraan, glimlag tevrede en hou dit op dat sy daardeur kan kyk. Johan skink vir hom ook ’n glas, maak die bottel toe en bêre dit. Marié hou die glas voor haar lippe, maak hulle net effe nat dat die nat soetigheid op haar lippe blink, en sit dit weer neer. Sy hou haar kop effens skuins, dat haar blink hare verleidelik oor haar wang speel, en hou hom deur haar lang wimpers dop. Hy kom sit langs haar op die rusbank. Sy draai haar kop na hom toe, glimlag, en tel weer haar drankie op.

Na al die jare voel Johan nog steeds ongemaklik by haar. En nog meer verlief as ooit. Sy weet dit — sy weet goed. Elke keer as Lindie weggaan — en noudat sy haar eie besigheid begin het, reis sy baie meer as voorheen — verskyn Marié vanuit die bloute, skei tekens af dat sy in die wyk is sonder om kontak te maak — maak dat hy vir haar moet opspoor, asof sy nog altyd hier is.

Sy is goed bewus van sy beangstheid as hy bel, die hees stem wat sukkel om te begin, om vir haar te vertel dat Lindie weg is, dat hy graag vir haar wil sien. Sy stel hom nooit gerus nie, laat hom nooit dink dat sy ook wag om ’n geleentheid om by hom uit te kom nie … Sy laat hom eerder al die harde werk doen, ’n tyd reël wat hulle albei pas; sy dink oor sy voorstelle na en keur heelwat af voor sy instem. Hy gee nie om nie — hy wil haar hê, ’n desperate man is hy.

Hy wou nog altyd vir haar hê — vandat hy haar die eerste keer leer ken het. As handelstudent het hy min by die kafees uitgekom waar sy byna heeldag gesit en koffie drink het, saam met haar kunsskoolmaats wat jaar na jaar nog weirder gelyk het. Sy was geensins weird nie, sy was stunning; modes het om haar gevorm, en al het sy nooit klasgeloop nie, het sy altyd met hoë punte deurgekom. Sy was altyd saam met ’n klomp vriende, nooit alleen of saam met ’n ou nie, al het omtrent elke straight man op die kampus sy luck probeer. Johan ook — hoeveel keer, het hy ophou tel.

Later, as suksesvolle sakeman, het hy haar ontmoet in ’n Londense straat. Hy was op pad na ’n vergadering, sy op pad na Parys, Berlyn, Praag … Hy’t haar gevra om te trou, sy’t alweer nee gesê, en hy het besef dat trou nie deel van haar plan is nie. Hy het later vir Lindie ontmoet, getrou, kinders gekry en hard probeer om van Marié te vergeet. Maar Marié het gesorg dat sy altyd opdaag — net voor sy troue, net na die geboorte van elke kind, en elke keer as Lindie weggaan — en Johan se beloftes van getrou bly, summier ondermyn. Hy kon haar eenvoudig nie weerstaan nie. Kan nog nie.

Wat sy van hom wou gehad het, kon hy ook nooit uitwerk nie. Sy geld het vir haar niks beteken nie, en sy het nog altyd gesorg dat sy vir haarself betaal as hulle êrens heen gaan. Sy geselskap het haar blykbaar verveel, en selfs sy liefdemaak het min indruk op haar gemaak. Sy het hom duidelik nie as ’n vriend beskou nie, eerder as ’n besitting wat sy optel en neergooi soos sy lus kry. Tog wil Johan deur haar besit word, erger as enigiets anders in sy lewe.

Johan sluk sy sjerrie af, voel die warmte wat met sy keel afloop en deur sy are sprei, en glimlag senuweeagtig vir Marié. Sy glimlag terug, druk haar hare agter haar oor en skuif amper onopmerkbaar, dat haar kort romp nog meer van haar perfekte been wys. Johan merk op dat sy nog sykouse dra — nie pantihose nie. Marié trek klaarblyklik aan om verloklikheid eerder as gemak. Haar rok kleef aan haar kurwes vas, gly amper van haar skouers af, om enige twyfel dood te blus oor of sy ’n bra dra. Hy wil haar hê.

Marié tel haar voete stadig op uit haar hoëhakskoene. Om haar enkel, merk Johan op, is ’n veelkleurige slang getatoeëer. Hy gaan sit op die vloer, tel haar voet op om dit van nader te bekyk. Sy hande sweet van die spanning. Sy skuif vorentoe, dat haar romp nog hoër op haar boude sit, en maak haar knieë wyer oop. Van sy vloerposisie kan Johan nou duidelik sien dat sy geen onderklere dra nie. Hy voel of hy wil bars.

“Mooi, nè?” lag sy vir hom. “Ek het dit onlangs in Parys laat doen. Die slang wat sy stert byt, is die simbool van die ewigheid.” Johan kan niks sê nie. Sy tong sit vas aan sy verhemelte. “Ek het nog een ook laat doen,” vertel sy verder. Sy trek haar rok oor haar skouer, en wys hoe nog ’n klein slangetjie onder haar linkerbors krul, sy kop op haar bors lê.

“W-waarvoor is dit?” mompel Johan. Sy lag. “Weet jy nie van Cleopatra se dood nie? Sy het ’n slang uit ’n mandjie vrugte gehaal en teen haar bors gehou. Die slang het haar teen haar hart gepik, en toe sterf sy heldhaftig.”

In die koue lug krimp haar tepel tot ’n klein vuisie, helderpienk teen die bruingebrande vel. Marié se borste — wat deur geen kinders as voedingsakke gebruik is nie — staan nog altyd so perfek soos ’n marmerbeeld. Johan kan nie meer nie. Hy staan op, trek haar rok van die ander skouer af, dat Marié vasgepen sit met haar arms langs haar sy. Hy trek haar nader aan haar knieë, dat haar rok nou slegs ’n klein deel van haar maag bedek. Die hitte vanaf haar skaamhare voel vir hom soos ’n oond, en soos die brood, rys hy.

Hy druk sy gesig in haar nek, byt-byt saggies van die oorskulp tot by die sleutelbeen verby, tot by haar bors. Dié neem hy aanbiddend in sy mond, proe met sy tong teen die slangkop, lek af, tot by die tepel. Met sy hande druk hy haar bene wyer oop. Met sy vingers maak hy haar onderlippe oop, gly deur die natheid tot by haar plesiersknop, en weer agtertoe tot oor haar perineum. Hy gooi haar bene oor sy skouers, en gaan met sy mond te werk om haar van plesier te voorsien.

Marié kyk verveeld aan soos hy aangaan. Sy kyk hoe sy nat hemp vas aan sy rug klou, hoe sy broek stywer strek oor sy groeiende bult, hoe sy gepoetste skoene gly op die duur tapyt. Naderhand hoor sy hoe sy hees asem in snikke vassit, hoe sy wellus uit hom begin kreun, en uiteindelik spat — ’n nat kol op sy nuwe broek. Verslaan, sit hy agteroor; die sweet en die semen wat oor hom spoel, skei die ryk geur van bevrediging af.

Maar ook nie. Johan weet dat Marié se orgasme hom ontduik. Hy weet dat dit nog altyd van hom weerhou sal word, dat hoe volmaak ook sy tegniek word, sy haar nooit so aan hom sal oorgee nie. Hy sit en kyk haar aan, terwyl sy haar rok regtrek, haar handsak optel, en formeel afskeid neem. Sy stap alleen by die voordeur uit, klim in haar motor en ry weg. Johan kyk na die ongetaste glas sjerrie wat langs haar stoel staan, en laat die trane oor sy wange loop.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.