Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


In
samewerking
met
ABSA
Montblanc
Pen & Art
Dr Riana Scheepers is gebore op 9 Desember 1957 in KwaZulu-Natal. Sy gaan skool by die Hoërskool Vryheid, waar sy in 1975 hoofmeisie is. Reeds op jong ouderdom wen sy verskeie pryse in poësie- en skryfkompetisies.

In 1976 begin sy haar studies aan die UOVS in Bloemfontein. Sy behaal die grade BA Kommunikasiekunde, BA Hons (Afrikaans en Nederlands), en MA (Afrikaans) - almal cum laude. In 1997 behaal sy 'n doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad. Sy word in 2000 aangestel as lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

In 1988 aanvaar sy 'n pos as lektrise by die Universiteit van Zoeloeland. Haar eerste kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, wat gaan oor die leefwêreld van die Zoeloes, word hier geskryf, asook 'n groot gedeelte van haar tweede bundel, Dulle Griet.

Haar eerste kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, is in 1991 bekroon met die ATKV-Prosaprys en die FAK-prys. Haar tweede bundel, Dulle Griet, het in 1992 die Akademie vir Wetenskap en Kuns se Eugène Marais-prys verower.

In 1990 aanvaar sy 'n pos as lektrise by die Universiteit van Kaapstad, en in 1995 sluit sy haar by Tafelberg Uitgewers as skakelredakteur aan. In 1999 aanvaar sy 'n onderwyspos by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch en begin die Skool vir Skryfkuns en Kreatiewe Denke. Sedert 2002 is sy voltyds skrywer.

Haar publikasies 'n Huis met drie en 'n half stories van 1994 (kortverhale) en Die heidendogters jubel van 1995 (roman) is beide binne een maand herdruk. Haar drie bundels "kombuisverhale", Haai Katriena, wat vertel jy my nou!, Katriena, nou lieg jy mos! en Katriena, néé! was blitsverkopers. In 1997 verskyn 'n bloemlesing verhale waarvan sy samesteller is, getiteld Dogters van Afrika. Feeks, 'n bundel kortverhale, verskyn in Oktober 1999 en in Maart 2000 in Nederlandse vertaling. In 2001 verskyn haar eerste jeugroman, Blinde sambok, asook haar eerste digbundel, Met die taal van karmosyn. Blinde sambok word in 2003 bekroon met die ATKV Kinderboek-prys (Kategorie 10-12 jaar).

Bod op die reeks staan op: R1 986




Riana Scheepers: Uit die verhaal "'n Wilde kind kop onderstebo"
uit Feeks

Klik hier om te bie

> Volgende skrywer in die reeks >

Marita van der Vyver -

Marita van der Vyver uit Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom
Marlene van Niekerk - Agaat

Marlene van Niekerk uit Agaat


Kyk net wat jy kan wen!

Marita van der Vyver - Griet skryf 'n sprokie

Marita van der Vyver uit Griet skryf 'n sprokie
 
Marlene van Niekerk - Triomf

Marlene van Niekerk uit Triomf
 


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.