Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


In
samewerking
met
ABSA
Montblanc
Pen & Art
Marita van der Vyver is in Bellville gebore, waar sy haar laerskooljare deurgebring het. Sy was in Pretoria en Nelspruit op hoërskool en in haar matriekjaar, die Afrikaanse Eeufeesjaar 1975, het sy in 'n landwye kompetisie 'n studiebeurs vir vier jaar losgedig. Sy is na Stellenbosch, waar sy onder DJ Opperman gestudeer en in 1978 'n BA met Afrikaans en Frans verwerf het. In 1979 het sy honneurs in joernalistiek cum laude verwerf, en 'n paar jaar later, as deeltydse student, 'n meestersgraad in joernalistiek met 'n tesis oor die vrou in die Afrikaanse pers.

Ná universiteit het sy 'n jaar oorsee gewerk. Met haar terugkeer het sy as verslaggewer by Die Burger gewerk, daarna as kopieskrywer by Leserskring en nog later as artikelskrywer by Sarie. In 1987 het sy vryskut begin werk om meer tyd vir skryf te hê.

Haar debuutwerk, die jeugverhaal Van Jou Jas (1982), is bekroon met 'n beginnersprys in 'n wedstryd van Tafelberg en Sarie. Haar volgende twee jeugboeke, Tien vir 'n vriend (1987) en Eenkantkind (1991), was albei Sanlam-finaliste, en laasgenoemde is ook bekroon met die ATKV-prys vir Jeuglektuur. Haar jongste jeugboek, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, wat in 2002 verskyn het, is aangewys as IBBY (International Board on Books for Young People) se Afrikaans Honour Book vir 2004 en word tans in Engels vertaal.

Haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf 'n sprokie, het in 1992 verskyn en was 'n sensasie en 'n blitsverkoper. Die roman is bekroon met die ATKV-prys, die M-Net-boekprys en die Eugène Marais-prys. Dit is wêreldwyd vertaal, onder meer in Engels, Nederlands, Duits, Frans, Italiaans, Spaans en Sweeds. Die regte is onlangs aan 'n uitgewer in Ysland verkoop en dit is ook die eerste Afrikaanse boek wat in Chinees vertaal is. Haar volgende roman, Die dinge van 'n kind (1994), is ook in Engels, Duits en Nederlands vertaal. Albei romans is verwerk tot toneelstukke wat by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer is. Wegkomkans en Griet kom weer is onderskeidelik in 1999 en 2001 gepubliseer en laasgenoemde word tans in Engels, Nederlands en Duits vertaal. Haar volgende roman, Vergenoeg, het in Oktober 2003 verskyn en die regte is reeds deur 'n Duitste uitgewer aangekoop. Haar jongste gepubliseerde werk is Die hart van ons huis.
Bod op die reeks staan op: R1 986



Marita van der Vyver: Uit ...

Klik hier om te bie

> Volgende skrywer in die reeks >

Marita van der Vyver -

Marita van der Vyver uit Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom
Marlene van Niekerk - Agaat

Marlene van Niekerk uit Agaat


Kyk net wat jy kan wen!

Marita van der Vyver - Griet skryf 'n sprokie

Marita van der Vyver uit Griet skryf 'n sprokie
 
Marlene van Niekerk - Triomf

Marlene van Niekerk uit Triomf
 


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.