Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


In
samewerking
met
ABSA
Montblanc
Pen & Art
Deon Opperman se loopbaan as dramaturg, regisseur en vervaardiger vir teater, film en televisie het in 1984 begin. Tot op hede het hy 40 dramas in Afrikaans en Engels geskryf wat professioneel opgevoer is. Hy is regisseur en vervaardiger van meer as 50 teaterproduksies in al die belangrike teaters en kunstefeeste in Suid-Afrika. Hy het ook al baie werk vir televisie geskryf en as regisseur opgetree.

Opperman is 'n Fulbright-beurshouer en het 'n BA-graad van Rhodes Universiteit, 'n BA Honneurs van die Universiteit van Kaapstad en 'n MA van Northwestern University, Chicago. Hy is tans in sy finale jaar by die Wits Sakeskool, besig met 'n MBA.

In 1996 stig hy AFDA - The South African School of Motion Picture and Live Performance - wat deur die Raad van Hoër Onderwys erken word as 'n unieke tersiêre instelling in Suid-Afrika.

Hy het verskeie pryse ontvang vir sy werk, onder andere die Standard Bank Young Artist of the Year. Sy ander pryse sluit in die Eugène Marais-prys vir Letterkunde, die Kanna-toekenning vir sy innoverende bydrae tot Afrikaanse teater, agt Vita-toekennings en 'n Fleur de Cap-toekenning. Hy was ook al genomineer vir die Hertzogprys vir Letterkunde.

R100 per afdruk - slegs 15 eksklusiewe afdrukke per skrywe


Deon Opperman: Uit Boesman, my seun

Klik hier om jou bestelling te plaas

> volgende in die reeks>

Alexander Strachan - Die Werfbobbejaan

Alexander Strachan uit Die Werfbobbejaan
Etienne van Heerden - Die swye van Mario Salviati

Etienne van Heerden uit Die swye van Mario Salviati

 

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.