LeesKringeArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

15 Januarie 1999

Beste Leeskringlid / Potensiële leeskringlid

Jy is waarskynlik een van die sleutelskakels in die voortbestaan van die Afrikaanse teks.

BOGENOEMDE STELLING IS GEEN OORDRYWING NIE. Die Afrikaanse boekbedryf gaan deur diep waters — LitNet sal jou op die hoogte hou van die gevare wat die bestaande uitgewers trotseer.

JY KAN ONS HELP. In Engeland is al baie geskryf oor die manier waarop hul Book Clubs die Engelse letterkunde soos ’n spreekwoordelike stoomlokomotief laat voortsnel. Kom ons wees nou eerlik. In elke letterkunde is daar vier skakels:

    leser,
    skrywer,
    uitgewer en
    letterkundige.

Ek plaas die leser eerste, want jy is inderdaad die heel belangrikste skakel in hierdie brose ketting. Sonder lesers sal daar geen letterkunde wees nie. DAAROM WIL HIERDIE WEBWERF IETS VIR JOU DOEN.

Stuur asseblief aan my ’n e-pos (of ’n brief — albei adresse is hierbo) en vertel my wat jy as leeskringlid van hierdie webwerf verlang.

Ons beplan die volgende:

    maandelikse besprekings, SPESIFIEK OP LEESKRINGE GERIG,

    en ’n maandelikse verduideliking van die een of ander literêre term en/of ’n wenk om tekste beter te ontsluit. Die idee is dat jy moet kan saampraat en die voortou neem by boekbesprekings.

Daar is nog vele verrassings:

    Ons beoog ’n LitNet-kompetisie waarin jy boeke kan wen, en,

    MITS DIE AANVRAAG BEDUIDEND IS, gaan ons afslag op aankope probeer beding vir lede van geregistreerde leeskringe.

Laasgenoemde twee hang af van jou geesdrif!

Behoort jy nie aan ’n leeskring nie? Byt vas — daar sal binnekort een naby jou wees. Of waarom stig jy nie een nie?

Ons wil dolgraag van jou hoor.

Stuur dus asseblief aan my die volgende inligting:

    Waar kan ons met jou kontak maak? (Verkieslik ’n e-posadres, maar andersins is ook in orde.)

    Aan watter leeskring behoort jy?

    Hoeveel lede kom gereeld bymekaar?

    Hoe gereeld vergader julle per jaar?

    Wat is die gemiddelde ouderdom van die lede? (Jy mag maar met so tien jaar jok!)

    Hoeveel boeke koop die lede per jaar aan?

    Wat verwag jy van hierdie Leeskringwerf?

As jy teen einde Januarie nog nie ’n kort antwoord op jou e-posboodskap gekry het nie, laat weet asseblief weer. Ek woon hier bo in Venda en die lyne is dikwels nie goed nie.

Ek waardeer jou insette baie.

Izak de Vries

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.