KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Fokofpolisiekar. Weirder as jou normale kerk

Aan die begin het ons altyd gejoke dat ons ons eie sekte gaan begin. Vir Afrikaanse mense wat wil weghardloop. – Hunter

Onderhoud en foto’s: Riana Wiechers

Wat gebeur wanneer ‘n meisie met ‘n snor, ‘n mal naai, twee kwaai, weird alkoholiste en een sagte, oulike, pragtige knaap skeppende kragte saamspan? Klaarblyklik van die oorspronklikste plaaslike musiek in die rondte. En as mens hulle saam om ‘n tafel in ‘n goeie bui vang? Lees aan.

Waarvandaan ken julle mekaar?

Hunter (wys na Wynand en Francois): Ons drie het saam vir God gedien. Ons het mekaar in die kerk ontmoet.

In die kerk?

Hunter: Ja, in die kerk.

Wynand: Daar was ‘n vreeslike groot christelike revival in Bellville gewees hier in 1997 rond.

Francois: ‘97, ‘98, ‘99. Die club scene was dood. En toe was daar hierdie revival. Groot paarties waar moerse baie kinders bekeerd geraak het. Christian death metal en punk bands. Ek dink nie Johnny was ooit rêrig so into dit nie. Maar somehow het al vier van ons involved geraak daarby.

Hunter: Snake het dit die vinnigste gekick.

Jaco: Ek het gou besef dat dit ‘n pot kak is.

Hunter: Maar ons was heavy involved. Ons het worship gelei in die kerk.

Vir hoe lank?

Francois: Vir drie jaar.

Was dit ‘n NG Kerk?

Hunter: Nee, dit was ‘n full-on mense-gooi-hulle-hande-in-die-lug, praat-in-tale, healings tipe van vibe. As ons jou toe ontmoet het, sou ons jou probeer bekeer het.

Wynand: Ons sou jou vertel het wat ons doen, jou saamgenooi het kerk toe.

Hunter: Jou vertel het God is die only way, vir jou scriptures gequote het.

Wynand: Dit was nie jou average Christenmense in hierdie setup nie. Daar was klomp musikante en kunstenaars en bikers met tattoos …

Francois: Weird mense. Weirder as jou normale kerk.

Fokofpolisiekar Wynand: Maar ek dink almal van ons het moerse baie geleer met hierdie hele kerk mission. Oor mense.

Hunter: En hoe maklik dit is om hulle te beheer.

Wynand: En ek dink Fokofpolisiekar was ‘n natuurlike uitvloeisel van – nie dieselfde beliefs nie – maar ons het baie dieselfde prinsiepe, jy weet.

Hunter: Soos ‘n antipool van die hele kerk ding, maar met dieselfde toegepastheid.

Wynand: Daai kerk was so ‘n mind fuck. At the time het dit fokken baie sense gemaak, veral in die lig van hoe ons grootgeword het. Ons is almal van Dag Een af geleer van die Here. God was altyd ‘n presence in ons lewens. So ons almal het op ‘n tyd begin rebelleer teen die NG Kerk. En ewe skielik kom die antwoord na ons toe in so ‘n beautiful vorm. ‘n Alternatief.

Hunter: Ja, ons het die Christen-ding dik getry. Maar ek het nou die dag so ‘n interessante introduction to postmodernism gelees. Daarin het hulle gesê dat een van die grootste gevolge van postmodernisme is ‘n terugkeer na konserwatiewe, fundamentalist belief – soos in geloof, jy weet. En ek dink dis wat met ons gebeur het. Die subcultures wat tot ons beskikking was daai tyd het vir ons geen etiese waarde ingehou nie. En ewe skielik is daar hierdie sekte waar almal cool is en skate en rock.

Met salvation ingegooi?

Hunter: Ja, toe ons nog gedink het salvation is ‘n bright light, of whatever.

Wat dink julle deesdae?

Hunter: Ek dink as ‘n groep is dit moeilik – ons dink almal anderste daaroor.

Francois: Ons praat nogals baie daaroor, oor hoe ná daai kerk ding ons spiritualisme ‘n dip gevat het. Hoe ver dit ons van die pad af gelei het.

Daar is tog iets baie spiritueel aan julle musiek …

Hunter: Ja, aan die begin het ons altyd gejoke dat ons nou ons eie sekte gaan begin. Vir Afrikaanse mense wat wil weghardloop.

En daai hele ding van Bellville en die persepsies daaromtrent …

Francois: Dis pyl, jy kan dit maar sê.

… en hier kom julle en subvert dit heeltemal, maak dit OK om net jouself te wees.

Hunter: Ons het net gescheme die beste kuns is altyd eerlik. Ek het so ‘n cool slogan gesien nou die dag: “Think globally, act locally.” Ek dink dis half hoe ons dit aanpak. Ons dink internasionaal, maar ons praat ook baie oor hoe dit is om net in daai huis te bly. Dink in die kleiner details in plaas van die groter idee.

Wynand: Ek dink die hele Reality TV ding het ook gewys dat mense real shit soek.

Fokofpolisiekar Francois: En met Fokofpolisiekar het ons van die begin af besluit ons gaan try wegbreek van daai wannabe vibe en preconceived ideas.

Wynand: En net half onsself wees en gee wat ons is. En ek dink dit het gewerk.

Hunter: Baie bands sing songs net vir die hel daarvan. Of dink “ek gaan nou ‘n song skryf oor liefde, of whatever.” Stuff wat hulle dink mense wil hoor.

Francois: Maar ek dink jy moet mense tog in ag neem.

Hunter: Ja, maar ek dink mense identify meer met goed wat universeel-persoonlik is as met die hiperpersoonlike. As jy te diep persoonlik raak, gaan jy mense verloor. Kurt Cobain is ‘n lyricist wat ek dink dit reggekry het om klein details heeltemal universeel te maak.

Francois: Daar’s hierdie band van Holland, Stuurbaard Bakkebaard, wat fokken goed is. Hulle het laasjaar hierdie tyd hier getoer toe ons getoer het met Lugsteuring, en ons het ‘n paar gigs saam met hulle gespeel. Hulle het op ‘n manier ‘n baie groot influence op Monoloog In Stereo gehad.

Wynand: Nie necessarily hoe dit klink nie, maar net half die vibe.

Sing hulle in Hollands?

Wynand: Engels, Frans en Hollands.

Hunter: Maar hulle maak nie sin in enige taal nie …

Francois: Die goed op hulle nuwe album maak meer sin as die vorige een, maar dis dik broken English en sy tenses is like fucked up en so aan. Maar die musiek is fokken cool.

Hunter: Baie Waitserig.

Wynand: Ek dink persoonlik dis die beste live band wat ek nog ooit gesien het. In my hele lewe.

Hunter van Fokofpolisiekar Hunter: Ons het hulle gesien in ‘n klein pub met ongeveer twaalf mense en dit was ongelooflik. Die energie wat hulle tussen die drie van hulle kon create, sonder geraas of chord power.

Francois: Die hele dynamic. Net rêrig ‘n ongoddelike, ongoddelike band.

Hunter: Obviously is dit moeiliker om van te hou. Daar’s ‘n paar bands wat net in gibberish sing. Stuurbaard Bakkebaard is een van hulle. Dit gaan oor die klanke. Party goeters kan jy voel sonder om te hoor wat gesê word. Dis soveel meer befok.

Jaco: Maar of jy nou duidelike woorde sing of nie, mense vorm in elk geval hulle eie idees daaroor. Mense hoor wat hulle wil.

Francois: Soos “Tevrede?”. Hunter het dit geskryf, elke woord daarvan, maar daar’s allerhande weird stories wat daaroor rondloop, soos dat ek dit geskryf het vir my pa en nog klomp ander bizarre stuff. En mense loop rond en vertel dit oor as waarheid.

Johnny: Daar’s mense wat op “Vernietig Jouself” gedink het Francois sing “Geniet net jouself”.

Hunter: En daar’s ‘n ou wat gedink het die line in “Hemel Op Die Platteland” – “Kan jy apatie spel?” is “Kan jy Aberdeen spel?”. Miskien oor die platteland connection.

Jy en Francois skryf die woorde?

Hunter: Ja.

Francois: Ek het eintlik op die laaste album baie min geskryf, net ‘n paar lines. Hunter is beter met dit. En ek kan completely relate tot wat hy skryf. Ek dink nie ek sal enigiemand anders se woorde sommer kan sing nie.

Hunter: Same vibe. Ek weet nie of enigiemand anders my woorde so sal kan sing nie.

Dis opvallend hoe suiwer Afrikaans julle lirieke is. Praat jy so, of skryf jy net so?

Hunter: Ek weet nie, ek dink nie ek meng rêrig my taal so baie nie. Maar ek haat, ek haat, ek fokken háát Afrikaanse songs met Engelse woorde in.

Hoe gaan julle te werk as julle songs maak?

Johnny: Met elke song is dit maar bietjie anders. Dit het al gewerk dat Francois op sy eie sit en sing met ‘n acoustic, en dan’s dit nou die melody. Of partykeer werk ons dit line vir line saam uit.

Francois: Maar met elke album sover nog was dit anders. Soos met As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand sou ek en Hunter alleen die songs skryf en dan sou die ander ouens later ad lib. Met Lugsteuring het ons meer saam probeer skryf. En met Monoloog het Johnny baie van die musiek gedoen vooraf en dan sou Hunter woorde skryf en ek sal maar my vibe doen, whatever.

Waar rehearse julle?

Francois: Op die oomblik by sy huis (beduie na Johnny).

Johnny: In ‘n baie, baie klein kamertjie.

Hunter: Sy pa is ‘n tandarts; dit was eers sy spreekkamer.

Francois: Maar die plan is om vir die nuwe album ‘n ander spot te kry waar ons kan gaan jam.

Johnny: Êrens waar ons harder kan raas.

Waar bly julle?

Wynand: Jaco en Johnny bly by hulle ouers, en ons drie bly saam.

Hunter: Ek en Francois en Wynand bly in ‘n huis in Durbanville.

Het julle maklik die lease gekry?

Francois: Dis altyd moeilik want nie een van ons het ‘n vaste inkomste nie.

Hunter: En Wynand is geblacklist!

Kredietburo?

Hunter: Ja! Hy’s geblacklist, maar dis sy (beduie na Francois) skuld.

Francois: Dit was ‘n foonrekening van baie lank terug. Ek kon dit nie betaal nie. Toe besluit Wynand fok dit, hy betaal dit ook nie. Nou’s die foon op my naam. En ons betaal dit. Ons gaan nou een van die dae Londen toe.

Was julle al vantevore oorsee?

Hunter: Ons was al België toe, vir Pukkelpop.

Waar in Londen gaan julle speel?

Francois & Hunter: Die Walkabout in Shepherd’s Bush.

Francois: En Zulu’s. Zulu’s lyk soos Pretoria. Ons het die website uitgecheck.

Is vanaand se music video die eerste van die nuwe album?

Wynand: Ja. Ons gaan nog ‘n video doen vir “Monoloog In Stereo” – die song. Ons gaan dit oor ‘n maand en ’n half of so uitbring. Vanaand is “Illusie Van Veiligheid”. Dis meer net ‘n performance video, nie so konsepsueel nie. As die “Monoloog In Stereo”-video eers uit is, gaan ons ‘n package toer vir al twee saam doen.

Het “Monoloog In Stereo” se video meer van ‘n konsep?

Jaco: Ja, maar die twee video’s sluit by mekaar aan.

Wynand: Hei, sjuut! Sjuut!

Jaco (gee vir Wynand ‘n KYK): Ek gaan niks weggee nie, ou.

Hunter: Whatever. Dis ‘n opvolg van hierdie een. Pre-post-post-retro-modernism.

Daar’s gerugte dat julle nie daarvan hou om geinterview te word nie, sommige members praat nie met joernaliste nie, sulke goed. Is dit net ‘n rumour?

Francois: Ek dink dis ‘n rumour. Wat dink jy?

Hunter: Iemand het eenkeer ook vir my gesê iemand wat ons geinterview het, het gesê het ons het hom ‘n moerse kak tyd gegee, maar die ding is …

Francois: Kyk, hy (beduie na Johnny) praat gewoonlik nie, maar nie omdat hy wil snaaks wees nie. Dis maar net hoe hy is.

Jaco en Francois van Fokofpolisiekar Hunter: Jy weet, vir mense wat nie ‘n clue het nie, gaan ons seker ‘n moeilike tyd gee. Maar nie vir mense wat bietjie gaan lees het op die net, gaan kyk het wat mense al voorheen gevra het nie …

Wynand: Ek het vandag ‘n fokken ridiculous interview gekry. Vrae soos “Wie’s vir jou die mooiste meisie in die wêreld, wie’s die mooiste man?”, sulke stront.

Hunter: Ja maar ek scheme dis ook maar die tipe van goed wat die general public wil weet. Ken jy enigiemand wat skryf vir *****?

Nee. Hoekom?

Hunter: Ag, ons het net ‘n kak interview gehad met iemand van *****. Hulle’t het vir ons ‘n dodgy review gegee.

Vir Monoloog?

Francois: Nee, vir Lugsteuring.

Hunter : Sien, hulle wóú ons nie kom interview nie, hulle móés. So iets.

Wat is daar geskryf?

Francois: Ag, kommentaar op ons lirieke, sulke goeters. Dit was tien teen een ‘n valid punt.

Jaco: Mens kan ook nie rêrig sê, as jy ‘n review of interview lees, dat die skrywer verkeerd is nie. Dis maar net ‘n kwessie van perspektief.

Hunter: Ja. Dis maar iets wat mens oor moet kom.

Kritiek?

Hunter: Ja, shit. Tot dusver was die press eintlik nog baie nice met ons. Maar ek wag vir die tyd wat dit gaan verander. Dit moet kom.

Dink jy dis onvermydelik?

Hunter: Ek dink so, ja. Ek dink dis maar hoe die samelewing werk. Jy bou die mense op en dan wil jy hulle afbreek.

Julle toerskedule lyk moerse hectic.

Hunter: Ja, dit raak nou lekker. En ons het gescheme dis maar die enigste manier vir ‘n band om actually bucks te maak.

Wynand: Bands in Amerika toer vir like ‘n jaar lank. Die hele kontinent.

Francois: En ons toer maar elke drie maande vir soos ‘n week en ’n half.

Wynand: Kyk, ons gig fokken baie, ons gig die heeltyd. Maar dis nie dieselfde nie. Dit hang ook maar af hoe jy toer sien. Vir my gaan ons op toer as ons die van laai – dit gebeur maar so elke tweede maand. Die land is maar klein. En as Fokofpolisiekar is daar nie so baie plekke wat mens kan speel nie.

Hunter: Ons gaan nou weer op toer met die acoustic goeters. Dit gaan ‘n mellow trippie wees.

Francois: Ja. Die heavy shows maak jou nogal moeg, maar die acoustic goed is fine.

Daai ongeluk. Mense wat al in motorongelukke was, vertel altyd hoe dit hulle aangeraak het, hoe dit ‘n herinnering aan mens se sterflikheid is. Het julle dit ook so ervaar?

Francois: Ek dink vir ons was dit ook maar net ‘n ding van: “Jis, ons is lucky, dit kon baie erger gewees het.” Dit het baie planne uitgefok, maar ons almal is fine.

Wynand: Ons is ook bewus van die ding van hoe meer jy op die pad is, hoe meer is jou risk om te crash. Ek het altyd gesê ek het gewag vir dit om te gebeur. As jy so baie soos ons travel en so ver soos ons ry, is die kans baie goed dat so iets sal gebeur.

Klink of dit nogals ‘n freak accident was?

Wynand: Ja, ‘n ander ou se wiel het gebars. En toe slaan hy ons trailer. En toe breek ons trailer af.

Hunter: Wynand het, fokken Wynand het gefokken bestuur soos ‘n hero. Hy’t uitgedraai en ons het op die middelman gaan staan. As ons reguit oor die middelman gegaan het, was ons in oncoming traffic in.

Wynand: Ja. Ek moet sê, die skade was minimaal, as jy dink hoe erg dit kon gewees het. All in all dink ek dit was ‘n goeie experience.

Wat was als beskadig?

Wynand: Snake se dromstel was fucked, my bass guitar was fucked. Ons het ‘n PA system gehuur, ligte, baie van daai goed was stukkend.

Hunter: Die trailer het in die lug ingevlieg en toe val alles uit. En toe val die trailer bo-op alles.

Was julle insured?

Hunter: Fok nee. Waar sal ons insurance kry?

Dit is nogals opvallend dat dit altyd dieselfde mense is wat op julle projekte werk – produksie, omslagontwerp en so aan …

Francois: Van die begin af het ons met JP (de Stefani) van B-sharp studios gaan record, want ons het gescheme he’s the man.

Hoe het julle werksverhouding begin?

Francois: My en Hunter se vorige band het daar gaan record. Ons was fokken kak en hy het ons goed laat klink.

Wynand: Ons het ‘n klomp jare terug bands gehoor wat by JP record het, soos Tweak en Ignorance is Typical – early punk bands, en ons het gedink dit klink die beste around. Toe het ons die eerste album (As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand) daar gaan record, en Lugsteuring weer, en ons het net so baie by hom geleer, you know. Met Monoloog het Johnny meer van die production begin doen. Maar ons het fokken baie by JP geleer. Ek dink omtrent als wat Johnny weet het hy ook maar daar geleer.

Francois: En dieselfde ou wat ons eerste music video gemaak het, doen dit nog steeds.

Jaco: Dieselfde ou wat ons goeters design doen dit nog steeds.

Hunter: Soos ons designer is deel van die band, die ou wat ons video’s maak is deel van die band …

Wynand: Toe Fokofpolisiekar begin het, het ‘n paar key mense involved geraak – soos Matt Edwards wat die design vir ons doen, Johan Nel wat die video production doen, JP wat die dinges doen, die recording. Liny en Albert van Rhythm Records – dis rêrig net soos goeie vriende.

Hunter: En ek dink ons voel comfortable genoeg om nie ander mense te probeer nie.

Wynand: Dis soos ‘n resep waarvolgens mens werk. As dit werk, hoekom verander daaraan?

Ek het al met mense gepraat wat gesê het hulle maak ‘n punt daarvan om nié vriendskappe te vorm met mense met wie hulle saamwerk nie

Hunter: Wat, soos bands?

Ja.

Hunter: Ek sal nie saam met mense kan werk as ek nie met hulle vriende is nie. Fok, dan voel dit vir my soos ‘n klomp poes.

Wat is die vraag wat julle die meeste gevra word?

Francois: Waarvandaan ons naam kom.

Hunter: Op ons nuwe site gaan daar ‘n Frequently Asked Questions section wees.

Wynand: So van nou af as ons dié tipe van goed gevra word, gaan ons sê “gaan check ons site; ons antwoord nie meer daai vrae nie.”

Dis nou lank gelede, maar ek het op die internet gelees oor daai fight in Nelspruit.

Francois: Dis ook een van die vrae wat almal ons vra.

Wie’t die ooms met ys gegooi?

Francois: Ons weet nie.

Wynand: Dit was Jaco. Dit moet definitief Jaco wees. Ja, ons dink dis hy.

Wynand, Johnny en Jaco Francois: Maar ons was almal baie dronk.

Hunter: Ja, hy (wys na Jaco) het op die tafel rondgekruip!

Francois: Dit was ons tweede kunstefees gewees, al die heavy Afrikaners was daar, soos Dozi en Riaan Cruywagen. Al die Afrikaanse kinders was ook daar gewees, dit was ‘n jollie party, die vibe was koel.

Hunter: Johnny het ‘n foto gekry saam met – wat’s daai ou se naam?

Wynand & Francois & Jaco: Jurie Els!

Jaco: En Jurie Els het vir ons gesê hy dink “Hemel Op Die Platteland” is “‘n wonderlike liedjie”.

Gebeur dit gereeld dat mense met julle wil baklei?

Francois: Nee, dit was nog net daai keer en een ander keer.

Watse ander keer?

Francois: ‘n Fokken doos by RAU het gesê hy gaan my doodmaak omdat ek laster. Hy’t gesê: “Jy mag nie ‘Hemel op die Platteland’ sing nie …”

Hunter: “… want ons almal is fokken Christene hier.”

Wat is julle verhouding met julle baie jong fans?

Francois: Ons het min aanraking met kinders. Ons doen baie min all ages shows. Maar ons het baie te doen met studente.

Jaco: Ek dink ons kan nogals goed relate tot die kinders, selfs al is hulle fokken mal en jonger as ons. Ons was net anderdag nog op skool.

Hunter: Ek dink hulle is die fans wat ons die meeste misinterpreteer ook. Hulle vat nog baie goed letterlik op.

Francois: Maar dis cool. Ons het dit ook gedoen.

Hunter: En hulle steel ons equipment. Ons moes al ‘n paar kinders gemoer het.

Francois: Wynand het eenkeer ‘n ou geklap wat Hunter se kitaar by die backstage wou uitdra. En daar was eenkeer ‘n laaitie by ‘n show wat die heeltyd op my pedal getrap het. Toe moes ek hom ook klap.

(‘n Waiter bring bierpapiere – klein vierkantjies wat ingeruil kan word vir drank. Fokofpolisiekar maak grappies oor LSD, debatteer dan oor wie se prentjie op die papier gedruk is. Hulle kom tot ooreenstemming dat dit Ariel, die klein meermin is.)

Wat of wie is die Jesusduiwe?

Francois: Dis ‘n paar verskillende goed. Dit is die rugbyspan waarteen ons gespeel het in die music video van “Tevrede?”. Maar dis eintlik maar net die naam wat ons vir hulle gegee het want ons kon nie aan iets anders dink nie.

Wynand: Jesusduiwe – enigiemand kan die Jesusduiwe join; al wat hulle moet doen is net ‘n ID-foto vir ons stuur. Dan plak ons dit teen ons muur op.

Hunter: Dis ook mense wat ons al gehelp het, jy weet. Ons het eintlik daaraan gedink om balkies te laat maak.

Kan julle mekaar vir my beskryf?

Francois: Hoe beskryf?

Net in breë trekke, ‘n sin of twee. Die ou regs van jou.

Francois oor Jaco: ‘n Mal naai.

Jaco oor Johnny: Sag, oulik en pragtig.

Hunter oor Wynand: Hy’s ‘n meisie met ‘n snor.

Johnny oor Hunter: Kwaai en weird en ‘n alkoholis.

Hunter oor Francois (Lag eers ‘n rukkie, dink dan ‘n rukkie): Uh, kwaai en weird en ‘n alkoholis!

Enige kritiek op julleself as unit?

Francois: Kan ons dit individueel doen?

Sure.

Francois: Ek raak partykeer te gesuip as ons jol en dan scheme die ander ouens ek’s ridiculous.

Jaco: Uh, ek wetie, ek sal graag wil beter dromme speel en ek sal graag my MC-ing skills wil polish. Ek weet nie. Ek het geen selfkritiek nie.

Wynand: Daar’s niks fout met hierdie ou nie!

Johnny: Geen.

Geen?

Johnny: Geen.

Hunter: Ek raak fokken maklik dikbek.

Francois: En dronk.

Johnny: En kwaai.

Wynand: Ek raak nie maklik dronk nie.

Francois: Hy word baie moeilik dronk.

Wynand: Ek raak ‘n fighter as ek dronk is.

Francois: Dis hoekom mense jou wil klap.

Hunter: Hy het eenkeer op iemand gepis en gesê: “Mag die Here jou seën.”

Kies ‘n vraag uit hierdie koevert en antwoord.

Wat’s jou slegste gewoontes?

Francois: Uhm, ek rook baie sigarette, ek rook baie dagga, ek drink baie en ek trek draad.

Hunter: En het ongelooflik spoeg

Francois: Ek spuug.

Jaco: Kots op stage.

Francois: Ja, dit.

Jaco: Kots van die stage af, val van die stage af.

Hunter: En jy kan hom aankla van hoogverraad.

Waarvan hou jy die meeste omtrent jouself?

Jaco: Here. God. Ek hou die meeste van my gat.

Hoekom?

Jaco: Want dis mooi. Dis rond en sag.

Wynand: Dit hang onder my knieë, maar dis rond en sag. Imagine.

Wat is die mooiste ding wat jy al vir iemand anders gedoen het?

Johnny: Kan ek na dit in vandag se konteks kyk? Want ek het vandag nogal iets mooi gedoen vir ou Snakey. Ek het by ‘n gebou ingebreek en myself amper doodgeval om vir hom ‘n dromstoeltjie te kry.

Wie was jou beste maatjie op laerskool?

Hunter: Shit. Ek wetie man. Kan nie onthou nie.

Francois: Jesus!

Hunter: Definitely nie.

Francois: Hy’t nie maats gehad nie.

Hunter : Ja, ek het nie maatjies gehad nie.

Wynand: Kos!

Hunter: Kos was my beste maatjie. Kos en games. Kos en al die Thundercats. Liono was my beste vriend.

In die laaste twee en ‘n halwe jaar, wat het verander en wat het dieselfde gebly?

Wynand : My vriende het dieselfde gebly en alles het verander.



LitNet: 20 September 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.