KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Piet Botha – Wat ander sê

Onderhoude en artikel: Riana Wiechers

Op Saterdag 25 Februarie 2006 gaan die Suid-Afrikaanse musiekbedryf hulde bring aan een van ons groot legendes, Piet Botha. Die opwindende byeenkoms, by die Foundry Fly Lounge in Pretoria-Oos, vind plaas juis om Botha te bedank vir sy fenomenale bydrae tot en invloed op Suid-Afrikaanse musiek oor meer as drie dekades en sy ondersteuning en hulp aan jong en opkomende plaaslike kunstenaars met die aanvang van hulle loopbane, ongeag hulle herkoms of velkleur. Klik hier vir meer inligting.

As lewende legende op die Suid-Afrikaanse musiektoneel het rock-ghoeroe Piet Botha bykans geen bekendstelling nodig nie. Maar hoe sien sy “kollegas” hom? Ons het ‘n paar van die kunstenaars wat op 25 Februarie by die Piet Botha Tribute-konsert (by die Foundry Fly Lounge in Pretoria) gaan optree, gevra om hulle gunstelingherinneringe aan en indrukke van Piet as mens met ons te deel.

ANTON GOOSEN
Musikant en skrywer

Piet was destyds bassist vir Wildebeest, die eerste Afrikaanse rockgroep. Ons het ontmoet toe ek ‘n Wildebeest-projek produce het. Daarna het ek vir Piet gaan luister toe hy gereeld by die Grand Central Hotel in Pretoria gespeel het. In die Kommissie van Ondersoek-dae was sy band ook ons backing band. Karlien van Niekerk van die Kommissie het gesê: “Ek het gevrees vir die dag wanneer Piet en Anton seriously connect.” Ons het.

Een aand gedurende ‘n show het die audience met hulle vingers in hul babas se ore uitgestorm toe ons “Moya” speel. Agterna het ‘n ou vir my en Piet gevra hoekom speel ons nie “iets rock en hard nie”. Toe sê Piet: “Wat wil jy hoor? Judas Priest?”

Piet was guitarist in my Bushrockband op die Danzer-toer in ’93, en hy was ‘n absolute steunpilaar – hy het letterlik klippe uit die pad gerol. “Laat die pyn deur jou vingers vloei, my bra” was sy woorde op daardie toer. Hy moes een aand die ander guitarist bietjie vasvat op stage. Daardie aand het Piet vanuit die donker na die lig voor op die stage geloop en sy Marshall amp se volume op 11 gedraai. Dirk Uys het die geleentheid beskryf as “’n Stucka gun wat losgebars het”.

As ek vir Piet in een sin moes beskryf: Nederig.

My gunsteling Piet Botha/Jack Hammer songs: “Goeienag generaal”, “Warm heuning”.

VALIANT SWART
Musikant en akteur

In 1988 was ek ‘n troep in PW se army in Pretoria. As Jack Hammer in die Grand Central Hotel in Kerkstraat gespeel het, was ek op AWOL by die gig. Met ons eerste aangesig-tot-aangesig-ontmoeting het ek een van my songs (“Jacaranda”) aan hom probeer smous. Hy’t my heel ordentlik aangeraai om die song op ‘n demo-kasset op te neem en na die volgende gig te bring. Ek het dit natuurlik nooit gedoen nie – toe’t ek nog zero van sulke dinge geweet – en jare later het die song op een van my eie albums verskyn en vir lank ‘n standard in my eie band geword. Nog ‘n paar jaar later het hy ‘n paar van my ander songs opgeneem, op album gesit en live gespeel. Die wiel draai!

As ek vir Piet in een sin moes beskryf: Skaam, nederig, misterieus, fynbesnaard, sensitief, galant en dapper.

My gunsteling Piet Botha/Jack Hammer song: “Sien jou weer” van Suitcase Vol Winter. Die hele album is ‘n tydlose meesterstuk, waarskynlik sy beste werk.

LANIE VAN DER WALT
Vervaardiger van The Pilgrim, voormalige Jack Hammer-kitaarspeler en lid van Not My Dog

Ek het in 1993 vir Jack Hammer op ghitaar gejoin, en vir hulle gespeel tot in 1996. Daai tyd het ons HEAVY geparty!

As ek vir Piet in een sin moes beskryf: Ken jy die Road?

My gunsteling Piet Botha/Jack Hammer song: “Midnight Angels”.

ARTHUR DENNIS
Musikant en lid van Akkedis

By Wingerdstok in 1998 het ons die eerste keer met Piet en Jack Hammer se musiek kennis gemaak, en vir Piet backstage ontmoet. Ons het so drie tot vier jaar terug werklik goeie vriende met Piet begin raak en het daarna vir ‘n hele maand saam met hom getoer. In 2002 was ons saam met Piet in Londen en het saam met hom na ‘n Neil Young show gaan kyk, wat great was. Die Waterboys en Gary Moore het ook by die show opgetree. Ons was maar platsak op daardie stadium en ek onthou hoe ons saam met Piet Londen platgeloop het – en nie genoeg geld gehad het vir sigarette nie!

As ek vir Piet in een sin moes beskryf: Piet sal die baadjie van sy rug af vir jou gee.

My gunsteling Piet Botha/Jack Hammer song: “Goeienag generaal”.

GARETH WILSON
Musician and member of Southern Gypsey Queen

The first time I heard of Piet was when a friend of mine played me Piet's bootleg album. I immediately went out and bought all the Jack Hammer albums I could find. Working with Piet on our Sweet Voodoo album and being able to draw from his very deep well of wisdom was an incredible experience.

If I had to describe Piet in one sentence: Most giving, intelligent, open-minded person I've met. Absolutely no ego.

My favourite Piet Botha/Jack Hammer song: “Bury me when”.


LitNet: 21 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.