KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Anton en Vrinne is ’n monumentale gedenksteen

Johan Pienaar



Dis altyd vir my verstommend hoe stil goeie CD’s hulle pad na die winkelrakke vind, terwyl swak CD’s altyd daar opdaag met reuse-plakkate en uitsnykartonreplikas van nog ’n Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsnar wat liedjies sing van die een of ander oorsese ster, of ou liedjies uit die graf grawe waar dit met goeie rede gelÍ en rus het.

So is daar in die onlangse verlede Lekker Danspassies # 3465734 of iets soortgelyk bekendgestel met ’n fanfare wat mens sou laat sweer het dat prinses Diana uit die graf herrys het. In teenstelling daarmee is Grey Matters se uitstekende Afrikaanse debuut en die eerste ordentlike Afrikaanse debuut van die laaste twee jaar totaal deur die media geÔgnoreer. Dit kan seker toegeskryf word aan die feit dat die Afrikaanse publiek vrot musieksmaak het. Stamp Volume 3 (of is dit dalk nou Naai Volume 15?) verkoop nou maar net dat die biesies bewe.

Dit verklaar ongelukkig nie hoekom die industrie toegelaat het dat die Anton en Vrinne-CD so stil op die rakke verskyn het nie. Hier het ons ’n versamelbundel met liedjies uit die pen van Anton Goosen gesing deur van die land se mees talentvolle musici.

Die opname gooi ook die reeds beproefde “steel en neem op”-resep in trurat. Waar die steel-en-neem-op-kunstenaars rondsnuffel en ander kunstenaars se liedjies skaamteloos oor opneem, is diť CD eerder ’n viering van een kunstenaar se bydrae, en in baie gevalle ’n herinterpretasie van ouer bekende musiek. Gegee hoeveel van Anton Goosen se musiek op samestellings soos Stamp en karaoke-albums soos diť van Pieter Smith verskyn, is dit verbasend dat die bemarkingsgode van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nog nie besef het dat hulle hier met ’n wenner te doen het nie.

En ’n wenner is die album beslis. Dis ’n monumentale gedenksteen aan die bydrae wat Anton Goosen tot Afrikaanse musiek gemaak het. In sy boek Pale Native skryf Max du Preez: “... Afrikaans music was dominated by the likes of Bles Bridges, who sang schmaltzy love songs with terrible lyrics. Then came musicians such as Laurika Rauch and Anton Goosen, who made beautiful and used good, poetic lyrics Ö”

Meer as dit het Anton Goosen Afrikaans as musiektaal vrygemaak. Voor Anton Goosen was Afrikaanse musiek beperk tot boeremusiek, vertalings van oorsese liedjies soos “Sarie Marais” en “Ou Ryperd” en - soos Max dit stel - oorsentimentele liefdes- of begrafnisliedjies. Anton Goosen het ’n wye spektrum moderne musiekstyle geneem en (met die uitsondering van style soos metal en punk) gewys mens kan oorspronklike Afrikaanse rock, blues, folk en ’n wye verskeidenhied kruisbestuiwings tussen die style en Afrika-musiek maak.

Hierdie dubbel-CD is die bewys daarvan. Daar is verskeie hoogtepunte op die CD en ek staan stil by ’n paar.

Ek is onbeskaamd ’n man vir ’n elektriese kitaar, en die eerste snit is genoeg om enige kitaarliefhebber se tone te laat lekkerkry en die air-guitarist in jou te laat uitkom. Mauritz Lotz, Anton L'Amour, Albert Frost en Floors Oosthuizen saam op een verhoog. Geen verdere verduideliking is nodig nie.

Lienka van ddisselblom se vertolking van “Beste Henry” - veral die falsetto aan die einde. Hoendervleismusiek. Die poŽsie van “Voete van Johannesburg”. Mauritz Lotz se kitaarsolo op “Josie, Josie”. Piet Botha en Fred Koch op Fender Stratocaster en keyboards/Hammond en Lesley met “Winde van Verandering”. Lise Swart se weergawe van “Sibongile”. Ollie Viljoen se jazz-bydraes.

Twee laagtepunte op die CD. Theuns Jordaan se eendimensionele Anton Goosen Medley. Nie eers Anton L'Amour se briljante kitaarspel kan Theuns red nie. Theuns se gebrek aan musikale diepte word duidelik ten toon gestel as mens luister na sy weergawe van “Pampoene op die dak”, “Kalbassies” en “Byeboerwa” en dan die weergawes van Anton Goosen en die Bushrockband. Die ander laagtepunt was Karen Zoid se kinderagtigtige oproep aan mense om op te staan. Jaco Botha het voorheen op LitNet verwys na Karen se Steve Hofmeyragtige oproep aan die gehoor om op te staan. Dis irriterend en dis tyd dat sy besef dat mense sal opstaan as hulle wil. Om hulle te beledig met “Kom mense, staan op, moenie skaam wees nie, hulle sal nou die ligte weer afsit Ö” is in swak smaak en gaan nie vir jou vriende maak nie.

Die tegniese kwaliteit van die opname is uitstekend en is beslis die beste lewendige album wat nog in Afrikaans geproduseer is. Klankingenieur Peter Pearlson bewys sy meesterlikheid deur die tegniese kwaliteit van die Houtstok-opname te herhaal en daarop te verbeter.

Die CD is ’n moet-koop, nie net vir Anton Goosen-aanhangers nie, maar ook vir diť wat sy musiek nie so goed ken nie.

20 November 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.