KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Tydloos

Jacques Coetzee


Tydloos is ’n gepaste titel vir hierdie versameling liedere en verse. Dit verteenwoordig ’n verskeidenheid materiaal wat die ontwikkeling van die verhouding tussen lied en vers in Afrikaans op ’n boeiende manier uitbeeld. Marica Otto en Libby Daniels gee vir ons hier met sang en voorlees ’n kykie in dit wat klassiek (dws tydloos) is in woord en lied in Afrikaans.

Die CD is in die eerste plek besonders as gevolg van die manier waarop lied en vers met mekaar in gesprek tree. Waar die toon aanvanklik intiem en warm is, volg daar ’n aantal liedere en gedigte oor afskeid, verlore liefde en dood, wat die luisteraar altyd boei. Later volg daar liedere en gedigte oor spesifieke landskappe wat veral roerend is.

Marica Otto se vertolking van hierdie liedere is altyd genuanseerd en tog dringend. Wat veral opval, is die emosionele omvang wat gedek word: soms, soos in “Wys my die Plek” of “Pepermossie”, is die stem teer en nostalgies, terwyl liedere soos “By Praamberg” en “Ons Somer het te Lank Geduur” ’n meedoënlose kwaliteit het wat reg laat geskied aan die tekste wat daarin tot lewe kom.

’n Groot verskeidenheid genres word ook verteenwoordig, en die luisteraar kan verwag om te hoor hoe Otto se stem met ewe min moeite die mees tegnies moeilike materiaal sowel as sjarmante volkswysies aanpak.

Hierdie is dus ’n stuk werk wat goed aanmekaargesit is. Iemand wat, soos die skrywer, herhaaldelik luister daarna, sal sekerlik gunstelingsnitte hê, maar terselfdertyd kom dit veral tot reg as mens dit van begin tot einde deur luister en die verskillende stemminge aanvoel soos wat die snitte op mekaar volg.

Jacques Coetzee is ’n skrywer besig met die voltooiing van sy M in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, en ook sanger van ligte musiek sowel as ’n klassieke tenor.

Kompetisie

Wen ’n Tydloos-CD. Beantwoord hierdie vraag: Tot watter stemsoort hoort Marica Otto?

Stuur per e-pos jou antwoord aan:

boeglam@intekom.co.za.

Die eerste korrekte antwoord sal die CD wen.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.