KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Adriaan Basson het die Tassenberg All Stars CD in die hande gekry. En hy was bly.

Mag die volk jubel na dié geboorte in die Stal

Adriaan Basson

Dis ’n swartstil Aprilnag in Oudtshoorn. Terwyl die meeste feesgangers na Bacchus se pype dans of doelloos in die strate dwarrel, sing Gert Vlok Nel “Rivier, o rivier, jy’s die diepste woord wat ek ken” en vertel hoe ’n mens die pad na ’n vrou se hart wen, terwyl ’n paar krieke vir hom backup vocals doen.

In hierdie omstandighede by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees is die Tassenberg Stalteater gebore. Onder Dirk Uys se bekwame leiding is ’n unieke intieme venue met strooibale ingerig, waar die “All Stars” van Afrikaanse musiek hul ding kan doen.

’n Regstreekse opname hiervan is onlangs op CD uitgereik. Dis ’n CD wat ’n mens nie met woorde kan beskryf sonder om self daarna te luister nie. Van Koos Kombuis se “Onder in my Whiskeyglas” (’n interessante reggae-weergawe) tot by Valiant Swart se legendariese “Die Mystic Boer”, kan jy jou verlustig in ’n mengsel van nuwe en ou, hardgebak en nostalgiese, tuisgebroude musiek.

Benewens ou gunstelinge soos Piet Botha (“Blues vir Louise”), Akkedis (“Jannie Cocaine”) en Koos Kombuis (“Kytie”), bevat die opname ook ’n aantal nuwe en opkomende stemme. Mikanic, bestaande uit onder meer twee lede van die bekende Sons of Trout, lewer ’n musikale hoogtepunt op die CD met “Rastaman” en “Swimmin with the women”.

Jonathan Martin van Piet Botha se orkes maak sy solo-debuut met ’n Nick Drake komposisie, “Northern Sky”.

Verder sorg Laurinda Hofmeyr (“Moment”), Delta Blue (“Oreo Cookie Blues”) en Theuns Jordaan (“Klein Verbond”) vir ’n opwindende en afgeronde opname.

Wie sou kon raai dat daar so gou ná die geboorte van Om te Breyten nog so ’n opwindende en briljante (oorwegend) Afrikaanse CD op ons rakke sou wees? Dis om van te jubel.

Die Tassenberg Stalteater CD maak ’n mens honger vir nog soortgelyke regstreekse opnames. Dit bewys die siele wat steeds dink plaaslike musiek is vir die voëls finaal verkeerd.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.