KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Sonja Herholdt

Jansie Kotzť

LitNet besoek Sonja Herholdt
Ek verafsku Maandae, ek verafsku spitsverkeer, en nou sukkel ek, halfverdwaal, met die laatmiddagson verblindend in my oŽ na Sonja Herholdt se huis iewers in ’n obskure voorstad van Johannesburg — op ’n Maandagmiddag in spitsverkeer. By die hek gekom, gluur haar vennoot my beneuk aan asof hy Nick Mallett se jonger — en ewe sexy — boetie is. Ek kry lus vir huis toe gaan. Hoekom doen ek dit aan myself, hoekom doen ek dit aan ander (goeie) mense: bestorm hul huise soos ’n nors bul, vra persoonlike vrae, dring aan op antwoorde, vul die leemtes met my eie, perverse indrukke ...

Maar die volk is weer verlief op die feetjiegesigsangeressie van toeka. Versigtig sluip ek nader aan die huis. Die sexy Mallett wannabe wys vaag en terloops in die rigting van ’n vertrek, en ek gaan sit, staar gedweŽ na die televisieskerm waarop giggelende meisies verwaande mans bewonderend beloer.

En tot my verbasing ontspan ek onmiddellik — terwyl al die Freudiane nou seker vooroor leun — en begin amper knibbel aan ’n halwe pakkie chips wat vergete agtergebly het. Ek kom gelukkig betyds by my positiewe en probeer in my joernalistieke hoedanigheid persoonlike besittings ontleed. Ek kan altyd haar besittings met kastig gelaaide aanmerkings beskryf as daar net te min inligting uit die onderhoud vloei.

Ek maak mental notes van haar netjiese sitkamer. As ek moeg raak, dink ek mos ek is Madonna wat nie haar nuwe deuntjies neerskryf nie — wat sy nie kan onthou nie, sal die publiek ook nie kan nie, reken Maddie.

Aangesien ek nou in die Suid-Afrikaanse eweknie se huis sit, is dit darem net gepas dat ek myself desgelyks gedra. My waarnemings van haar sitkamer: netjies, sonder om klinies te wees, groot stukke papier op die muur wat haar loopbaan karteer (wie’s my mark, wat tel in my guns, wat tel teen my), en die half geŽte pakkie chips ....

Wanneer sy skieliks binnekom, is daar egter geen supersterhouding te bespeur nie. Haar lenigheid is diť van ’n skoolkind.

Sy lyk met die eerste oogopslag effens moeg en skaam, maar haar 25-jarige publieke persona smeer die moegheid en die skaam vinnig toe. Sy benader die onderhoud met dapper en ontredderende eerlikheid.

Haar antwoorde is aanvanklik diť wat ek al in menige onderhoud oor haar raakgeloop het. Nee, dis nie ’n nuwe Sonja nie, dit was ’n natuurlike groeiproses. Ek het grootgeword ... bla bla bla ... Maar gou raak dit ’n persoonlike gesprek.

Twintig jaar gelede was sy Suid-Afrika se eerste superster. Sy was blond, naÔef en beeldskoon. Haar kinderlike soet stemmetjie het weergalm uit elke radio en kassetspeler — en al wat in Afrikaans geleef en beef het, selfs sommige Engelssprekendes, het saamgesing — sonder skaamte.

Nou’s dit egter ’n ander storie — niemand wil erken hulle was kommen genoeg om “Jantjie, kom huis toe” uit volle bors te sing nie.

Destyds het sy gesing en Anton Goosen het liedjies geskryf. Saam het hulle toejuigings en toekennings ontvang. Tot op ’n dag toe Goosen besluit het dis nie cool om saam met ’n “marshmellow en ’n koeksister” musiek te maak nie, ondanks die feit dat hy eers bekendheid verwerf het toe hy saam met Sonja begin werk het.

Sonja se mikrofoon is toe merendeels weggepak en sy het haar toegespits op haar gesin. Of te wel, dis die kort weergawe.

Die lang weergawe is een waaroor ek en jy net kan bespiegel. Dis van twee dekades lank vasgevang wees in ’n ongelukkige huwelik. Van elke dag bewus wees dat jy nie goed genoeg is nie, van heeldag weet dat die een mens wat jou ten volle ken, net gate en krake in jou sien. So, jy bly maar ver weg van ander om verdere vernedering te voorkom, en jy bly klou aan die een wat wel bereid is om jou te verduur.

Haar enigste ontsnapping uit diť sielsvertering was in ’n charismatiese kerk — en daaroor kruisig die media haar toe. “Ek het weggehardloop in die charismatiese scene. Maar die gevaar bestaan dat ’n mens van die waarheid weghardloop. Jy maak asof dit nie daar is nie. Ek het probeer glo alles sou regkom. Sonder om die waarheid te konfronteer.”

Soos ek gesÍ het, die vrou ontredder ’n mens met haar eerlikheid. Dat sy so lank in die huwelik gebly het, skryf sy daaraan toe dat haar man haar eerste liefde was “en ek is nou eenmaal een van daai stupid mense wat glo in all or nothing. Jy hou uit en aan, al weet jy dit werk nie.”

NŠ ’n motorongeluk in 1996, wat as ’n tipe Damaskus ervaring dien, vra sy haarself af: “Gaan ek nou maar so aankarring, of gaan ek facts face en my eie paadjie loop?”

Sy maak ’n egskeiding aanhangig — en diť keer kruisig die kerk haar. Sy bedank uiteindelik uit die kerk wat so lank as anker gedien het en durf vrou-alleen opnuut die harde vermaaklikheidswÍreld aan om die pot aan die kook te probeer hou.

En nou, vier kinders, ’n egskeiding en ’n paar (deerniswekkende) plooie later, is sy terug in die kalklig. En ’n mens kan amper nie dink sy was ooit weg as jy die grasie en gemak sien waarmee sy die hernieude aandag hanteer nie.

Afgesien van die grasie en gemak het min egter dieselfde gebly. Haar klank, voorkoms en benadering tot die industrie het alles verander — ten goede. “Ek steek nie hierdie rekonstruksie weg nie, die publiek is bewus van die rekonstruksie. My ou beeld werk aan die een kant teen my en aan die ander kant vir my. Ek hoef nie weer van voor af myself aan die publiek voor te stel nie, maar aan die ander kant verwag mense dat ek nog dieselfde klink.”

Vandag het sy ’n faux leerbaadjie en ’n denimbroek aan — sy lyk jonk en glamorous. En as jy baie fyn kyk, sien jy ’n diamantjie pikant — en net baie effentjies rebels — blink op haar neus. Die neusringetjie het sy op aanbeveling van haar haarkapper gekry.

Toe sy by die huis kom, het haar tienerseun amper die stuipe gekry. “Ma’s dra nie neusringe nie,” het hy gebrom. Geensins onkant gevang nie, het sy kordaat laat hoor: “Hierdie ma dra ’n neusring”. Toe haar dogter kort daarna ’n naeltjiering wou kry, het sy ongeŽrg haar toestemming gegee.

Sy beplan om binnekort gymlidmaatskap te bekostig en sodra haar maag gespierd is, gaan hierdie ma ’n naeltjiering dra. “Hier’s baie flab,” verduidelik sy vat-vat. Ek kyk, maar sien niks.

Ondanks haar nuwe beeld en haar kerkexodus voer die ordentlikheid nog steeds die botoon. Sy bly beleef ongeag die inhoud van ’n vraag, maak nie een enkele keer ’n katterige aanmerking oor haar kompetisie of oor die bedryf nie.

Sy vloek nie, skinder nie en het op 47-jarige leeftyd en nŠ 25 jaar in die vermaaklikheidsbedryf nog nooit dwelms gedoen nie — nie eens enkele daggazol gerook nie.

Sy verklaar onomwonde dat sy geen feminis is nie, maar “’n mens moenie toelaat dat jy gemanipuleer word nie. Omdat ek maklik onvoorwaardelik gee, is dit maklik om my te manipuleer. Jy moenie jouself in ’n posisie plaas wat jy dinge nie aanspreek — om die vrede te bewaar — nie.”

Vir oudword en haar voorkoms verloor, is sy egter niks bang nie. “Dit is inevitable — ek hoop net om gracefully oud te word.” Haar jeugdige voorkoms skryf sy toe aan genade en gene. En sy glo ook wat jy in jou liggaam sit, kry jy daaruit. “Wat jy saai, sal jy maai.”

Die sexy vennoot kom sÍ tot siens. Sonja voer aan hy’s te jonk en sy soek in elk geval nie ’n man nie. Sy het ’n “amazing” ondersteuningsisteem van vriende en familie. “Ek sal redelik lank so op my eie kan aangaan, want om weer iemand te kry met kinders in die huis is net te moeilik.”

Soos ek haar kinders bekyk, sal hulle eerder ’n lokmiddel as ’n afskrikmiddel wees. Die seunjie, Timothy, wat al by die hek my vriendelik bekyk het, kom kort-kort ongemerk binne om vir sy ma sy nuwe Lego vliegtuig te wys of net om te kyk dat alles nog in orde is.

Sy bruin Sonja oŽ sal ’n slang uit ’n boom uit charm en die goedheid straal behoorlik uit die kind. Haar tienerdogter stap kopskuddend verby terwyl ons oor vrouesake (mans) giggel. Hulle onderbreek egter nie die onderhoud een keer nie, gaan onafhanklik hul eie gang. Mooi ordentlike kinders — en, nee, hulle het my nie “getannie” nie. Sy is met reg trots op haar krosie.

Alhoewel sy haar eie kinderjare as gelukkig beskryf, was daar as vierjarige hartseer met haar pa en ma se egskeiding. As enigste kind het sy in twee geskeur gevoel tussen die enigste twee mense waaruit haar wÍreld bestaan het. Sy wil haar kinders hierdie hartseer spaar. Sy wend ’n doelbewuste poging aan om ’n goeie verhouding met hul pa te hÍ. Sy is nie kwaai nie, maar vat nie nonsens oor basiese dinge soos goeie maniere nie. Sy het hulle geleer om nie ander mense te misbruik nie en sensitief vir ander se behoeftes te wees. En diť, verseker sy my, is hulle. Maar dis hul weerbaarheid en verstandigheid wat haar verbaas.

Sy self het eers hierdie eienskappe laat in haar lewe aangekweek. Daar is egter nie op die oomblik tyd vir berou nie — the show must go on — en ek moet huis kry.

Die vuur van vrouwees het Sonja Herholdt gebrand en nou staan sy gelouter gereed om die tweede brander met grasie aan te durf. En hierdie keer gaan sy die vuur tot haar voordeel gebruik.

Dis donker wanneer ek in my kar klim, en die Maandag is amper verby. Bart Nel se “Ek is nog hy” kom by my op terwyl sy vriendelik waai.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.