KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



"Woorde lieg nie, al probeer ons hoe hard"

Klik op die CD's om te bestel by Kalahari.net!
Wen 3 Breyten CD's!!!
'n Gelukkige LitNet-leser kan met die komplimente van Rhythm Records 'n geskenkpakkie bestaande uit 3 Breyten Breytenbach CD's (Om te Breyten, Mondmusiek en Lady One) wen! Al wat jy moet doen is om 'n haastige e-pos te stuur na sharon@litnet.co.za en vir ons te vertel met watter drie kunstenaars ons onderhoude moet doen. Die kompetisie sluit op 30 Junie, maar skryf sommer nou in en kom solank in aanmerking!
Bestel nou by kalahari.net!
Bestel nou by kalahari.net!
Bestel nou by kalahari.net

Klik hier vir Rhythm Records se webwerfAlbert du Plessis van Rhythm Records loop al 'n lang pad saam met Breyten Breytenbach. Hy was ook die dryfkrag agter die drie cd's (Om te Breyten, Mondmusiek en Lady One) waarvoor Breyten en van ons beste plaaslike kunstenaars kreatiewe kragte saamgespan het.

Erns Grundling het 'n paar vrae per e-pos aan Albert gestel oor Breyten en die projekte.

Erns: Hoe het die gedagte by jou ontstaan om Breyten se werk met musiek te kombineer?

In 1983 het ek die foto van Yolande en Breyten voor in Seisoen in die Paradys gesien. Die man en vrou op die foto het my in die oŽ gekyk. Toe lees ek die paradysboek. Ďn Jaar of vier voor dit het Anton Goosen Breyten-gedigte saamgegooi op sy Jors Troelie-album en dit genoem "Om te Breyten". Rondom 1986 maak ek een aand op my kitaar musiek vir 'n bladsy se woorde uit Seisoen in die paradys. Ek en my vrou wensdink toe hoe lekker dit sal wees as 'n klomp musikante eendag saam musiek maak van Breyten se woorde en dit op 'n plaat sit. (Die term kompakskywe het toe nog 'n meer oorspronklike betekenis gehad.) Jare later (1998) vertel ek vir Anton Goosen van my idee en ons besluit terstond om so 'n plaat te maak. Ek het myself per e-pos aan Breyten in New York voorgestel en vertel van die idee. Hy't dadelik ingestem, "want woorde lieg nie, al probeer ons hoe hard".

Erns: Waar het jou en Breyten se paaie die eerste keer gekruis?

Albert: In Kerneels Breytenbach van Human & Rousseau se kantoor nadat die Om te Breyten-album reeds opgeneem was.

Erns: Waar het jou en Breyten se paaie die laaste (of mees onlangse) keer gekruis?

Albert: VroeŽr vanjaar eenuur die oggend in Mercury Live by 'n Fokofpolisiekar-gig. Jy was ook daar, onthou?

Erns: Vertel meer oor die produksie van Om te Breyten. Hoe gaan mens te werk om die verskeidenheid kunstenaars en style met Breyten se poŽsie te versoen?

Albert: Die kunstenaars het dit vanself gedoen. Al wat ons gesÍ het, was: "Daar is geen voorskrifte of reŽls nie. Vat enige van Breyten se woorde en maak musiek daarmee."

Erns: Op Mondmusiek en later ook Lady One het Breyten self uit sy eie werk voorgelees. Hoe was dit om saam met hom in die ateljee te werk?

Albert: Dit was 'n baie gemaklike en natuurlike proses. Breyten het dit hanteer asof dit is wat hy elke dag doen. Yolande het heeltyd notas gehou van die volgorde en tye en aantal opnames van die gedigte. Breyten het 'n natuurlike ritme wanneer hy sy eie werk voorlees. Paul Riekert het vir my gesÍ hy kan amper 'n metronoom stel op die metrum wat Breyten handaaf. Daar het goeie goed gebeur, soos byvoorbeeld toe ons "TronkvoŽl" vir Mondmusiek opgeneem het. Breyten was skaars klaar gelees toe skater daar 'n eskader hadidas by my ateljee verby. Breyten se kommentaar "Dis mooi die voŽls" word toe die openingsreŽl vir "Ek is 'n nagvoŽl op reis na jou Ö"

Erns: Vertel ons 'n paar staaltjies/herinneringe van die verskillende kunstenaars wat aan die projekte gewerk het. Ek is seker tussen Johannes Kerkorrel, Steve Hofmeyr, Anton Goosen, Paul Riekert, Amanda Strydom, BVK, David Kramer, Duusman, Benguela ens (om maar net 'n paar te noem) moes daar heelwat interessante en kreatiewe energieŽ in die ateljee gewees het.

Albert: Te veel om almal te noem.

  • Steve het met sy reeds geprogrammeerde "computer band" by Downtown Studios opgedaag. Als was reeds ge-"plot". Dit het my heelwat beÔndruk. Ek en Anton moes die aanhef/verwelkoming vir Steve se "Soos ek sÍ" oormekaar lees vir die nodige chaos en toe doen Steve sy ding. Hy's binne 'n uur daar uit - vinnig en professioneel.
  • Lieze Stassen se minidisk met "'n Brief van hulle vakansie" het op die nippertjie opgedaag net voor ons in druk gegaan het.
  • Ek onthou baie goed hoe ek Johannes Kerkorrel se "aa mens"-demobandjie (daardie tyd was kassette nog algemeen vir demo's) by hom gaan haal het in 'n koffiekafee in Seepunt. WÍrelde verwyder van die Ralph wat ek 20 jaar tevore op Potch Universiteit leer ken het.
  • Anton het met sy span musikante plat op die studio se vloer gaan sit en "jam". Dit was 'n ervaring soos min: Gito Baloi op bass en Isaac Mtshali van Paul Simon se Graceland op dromme.
  • Die Brasse het een Saterdagoggend by my huis opgedaag met sulke geskribbelde papiertjies deurmekaar met onsamehangende sameflansings. Glo by Ampie Coetzee gekry. Ons is dadelik in my rooi kampkombi deur Sunset Studios toe, waar ons "Gedagtes van gedigte" opgeneem het. Dit was in die Ramadan en Mr Fat het heeltyd in die studio vir 'n honger Ready D geterg met verwysings na borde vol lekker kerrie-aartappels.
  • Die demo vir Valiant se "Die nag is stout" het ons een middag in Dorpstraat Teaterkafee opgeneem. Dis 'n ongepubliseerde gedig wat Breyten en Ampie Coetzee voorgestel het na Valiant moet gaan.
  • Ek het deurentyd vir Breyten die bandjies met demo's aangepos en hy was baie betrokke met terugvoer.
  • Die ritme op Laurinda se "Ek wag in my hart" het sy oorsprong gehad toe ek vir haar die ritme op my kitaarkas moes timmer terwyl haar ma ons met biltongbroodjies bederf het sodat Laurinda kon klaarkry met die komposisie.

Dit was vir ons almal 'n opwindende nuwe avontuur. Nuwe terreine en grense, nuwe maniere van werk. 'n Album met die mees uiteenlopende soorte musiek en kunstenaars met die een samebindende faktor: die woordwerk van 'n meester.

Erns: Hoe kies iemand met so 'n massiewe oeuvre enkele gedigte wat dan getoonset word?

Albert: Die kunstenaars het self gekies (in die tong). Elke kunstenaar se keuse het logies by sy/haar eie styl aangepas. Dit sÍ baie van die veelsydigheid van Breyten se werk dat daar vir almal iets nommerpas was.

Erns: Daar was in 2002 'n geleentheid in Langstraat waar Breyten opgetree het saam met Benguela, Arno Carstens en ander. Het hy by enige ander geleenthede ook opgetree saam met musikante?

Albert: Nee, dit was 'n "once-off". In Suid-Afrika altans. Geen voorafrepetisie nie. Ons het alles op video. Ek kan my verkyk daaraan. Jy't lekker foto's geneem. Ek heg een hierby aan.


Foto: Erns Grundling

Erns: Hoe sou jy Mondmusiek en Lady One beskryf aan iemand wat nie Breyten se werk goed ken nie, maar lief is vir poŽsie?

Albert: Dansgedigte. Jy kan wieg en swymel ook as jy wil.

Erns: Is julle tevrede met die verkope en mediadekking van die Breyten-cd's?

Albert: Daar was goeie mediadekking. Die verkope het nou nie juis vir Skarumba opdraande gegee nie, maar die aanvraag daarvoor is konstant namate meer en meer mense Breyten se werk ontdek. Daar was selfs laasweek drie bands op 7de Laan wat drie van die songs op Om te Breyten gedoen het. En ek sien vandag op LitNet 'n vrou vra waar sy "Rooiborsduif" in die hande kan kry nadat sy dit op 7de Laan gehoor het. Ek sal nie verbaas wees as daar oor 'n jaar of tien 'n skielike hoofstroom bewuswording van hierdie werk ontstaan nie. Veral Mondmusiek en Lady One is nie tydsgebonde nie.

Erns: Dink jy digters en musikante doen genoeg om poŽsie musikaal te ontgin? Is daar 'n mark vir hierdie tipe projekte?

Albert: Die meeste liedjieskrywers sien hul lirieke/woorde as poŽsie. Hoe hoog is hoog? Chris Chameleon het pas die mees toeganklike musiek van Ingrid Jonker se werk uitgereik. Daar is beslis 'n mark. Maar daar bestaan ook die moontlikheid dat "poohete" hul rymelende sielepuisies sů met vers en fluit dramatiseer dat die koperspubliek net verder die skrik op die lyf gejaag word. Dit bly maar 'n fyn, fyn lyn.

Erns: Vertel ons iets van Breyten wat die meeste lesers dalk nie sal weet nie.

Albert: Breyten se Afrikaanse werk en naam sal voortleef lank nadat Die Burger se meningsopname waarvolgens hy nie as Afrikaner geag word nie, in die vergetelheid verdwyn het. En hy het 'n soet tand.

Erns: Dink jy daar is genoeg waardering vir Breyten se bydrae tot Afrikaans?

Albert: Die massas kampvegters vir die "Afrikaanse kulthuur en waardes" het meer erg aan Skarumbarige "kultuurgoed", voorstedelike 4x4's en die welstand van die Springbok-rugbyspan as aan Van Wyk Louw, Krige, Rabie, Jonker en Breytenbach. In Frankryk word Victor Hugo se teraardebestelling gekenmerk deur die grootste begrafnisstoet van die Franse massas in menseheugenis. In Suid-Afrika stem die meerderheid van Die Burger se lesers in 'n meningsopname dat een van die grootste Afrikaanse digters nie eintlik as Afrikaner verwelkom word nie. Dis hoe dit is.

Erns: Breyten en Yolande is onlangs raakgesien by 'n Fokofpolisiekar-vertoning in Kaapstad - wat het hy van die kÍrels gedink?

Albert: "Die mannetjies kook! Net jammer hulle raas so dat mens hulle nie kan hoor nie."

Erns: Wat is jou gunsteling Breyten-gedig?

Albert: "Ek sit op hol en gaan myself te buite".

Erns: Is daar 'n moontlikheid dat Breyten in die toekoms weer 'n cd sal opneem?

Albert: As jy hom vra, sal hy waarskynlik sy ou uitgewersvriend Daantjie Saaiman aanhaal: "Dis nie te sÍ nie."



LitNet: 15 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.