KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



"A Good Friend of Mine"

Huldeblyk aan Piet Botha

  • Kunstenaars deel hul indrukke van Piet met Riana Wiechers

Piet BothaOp Saterdag 25 Februarie 2006 gaan die Suid-Afrikaanse musiekbedryf hulde bring aan een van ons groot legendes, Piet Botha. Hierdie fees gaan plaasvind by die Foundry Fly Lounge op die hoek van Hans Strijdom en die N4 (Witbank), Silver Lakes, Pretoria-Oos. Die opwindende byeenkoms vind plaas juis om Botha te bedank vir sy fenomenale bydrae tot en invloed op Suid-Afrikaanse musiek oor meer as drie dekades en sy ondersteuning en hulp aan jong en opkomende plaaslike kunstenaars met die aanvang van hulle loopbane, ongeag hulle herkoms of velkleur.

“A Good Friend of Mine” is een van Piet se gunstelingliedjies en daarom word die fees baie gepas dan ook “A Good Friend of Mine Tribute” genoem. Die dag sal om 13h00 begin en van Suid-Afrika se beste kunstenaars en bands, soos Valiant Swart, Albert Frost, Anton Goosen, Gert Vlok Nel, Southern Gypsey Queen, Not My Dog, Scicoustic, Akkedis, Tidal Waves en nog vele ander, gaan optree op die twee verhoë! Al die kunstenaars wat te siene is by die fees, was al op een of ander stadium betrokke met Botha, hetsy deur saam met hom te speel en ‘n verhoog te deel, of deurdat hy ‘n album vir hulle vervaardig het of ‘n mentor was.

Botha se lang en befaamde loopbaan het in 1972 begin toe hy as ‘n Tukkies-student alleen musiek gemaak het in die kuierplekke van Pretoria. Botha is ‘n ware rock ‘n roller en seker een van die beste kitaarspelers wat Suid-Afrika nog ooit opgelewer het. Dit is vandag nog duidelik dat sy vroeë invloede en inspirasie gekom het van groepe soos Led Zeppelin, Black Sabbath, Thin Lizzy, The Doors, Jimi Hendrix en die ander rock-legendes van die 60’s en 70’s. Van die begin af het Botha lojaal gebly aan die reëls van ware rock ‘n roll en het hy ongelooflike rockmusiek gemaak met sy verskeie bands Raven, Catherine Wheel en Wildebeest. Daardie jare reeds het Botha se groepe beroemd geraak toe Raven genomineer is as finalis in die SABC se Battle of the Bands-kompetisie in 1979, en Wildebeest se album Bushrock 1 later genomineer is as die beste rock-album van die jaar in 1981.

In 1984 het Botha die bekende rock band Jack Hammer gestig, en hierdie band het in 2005 sy 21ste bestaansjaar gevier. Jack Hammer het al baie lede sien kom en gaan, maar die legendariese stigter Piet Botha (alias Hammer) rock nog al die pad tot vandag toe. Botha en Jack Hammer se briljante musiek is vasgevang oor die jare op albums soos Jack of All Trades, Ghosts on the Wind, Death of a Gypsy, Anthology, en natuurlik die jongste meesterstuk, The Pilgrim, wat in 2005 vrygestel is.

Botha is in 1997 oorreed om sy talente ook te konsentreer op die Afrikaanse musiek-arena en sy eerste Afrikaanse album, Suitcase vol Winter, was net ‘n bewys van sy meesterlike lirieke, en die album is deur SARockDigest beskryf as een van die beste musiekwerke wat nog in Suid-Afrika die lig gesien het. Brian Currin (die redakteur van SARockDigest) het hierdie album ook een van die bestes ooit in wêreldmusiek genoem! Nog fenomenale Afrikaanse albums het hierna gevolg, en saam met Jack Hammer het Botha Jan Skopgraaf, Die Hits en Die Mamba uitgebring. Laasgenoemde is in 2004 erken as een van die beste plaaslike albums van die jaar.

Die kragtige woorde van Kurt Schoemaker (‘n gebore Texan en lojale ondersteuner van Suid-Afrikaanse musiek) beskryf Botha baie raak: “Piet Botha the songwriter has a realistic outlook on the world, he's a veteran who has seen the fight and knows how fragile peace and life, can be."

Ten spyte daarvan dat Botha deur die jare in sy loopbaan te doen gehad het met ander legendes, soos Trevor Rabin (Rabbit/Yes), Rupert Mellor (McCully Workshop) Mike Faure, Julian Laxton (Freedom’s Children), Dave Tarr (Silver Creek Mountain Band / Wildebeest), Hugh Masekela, Gito Baloyi, Ray Phiri en baie ander plaaslike bekendes, bly hy ‘n nederige en toeganklike mens met baie empatie vir ander.

In 1985 in Burbank, Kalifornië, het Botha vir Billy Bob Thornton ontmoet toe hy ‘n jong aspirant-akteur, dromspeler en sanger was. In daardie jaar het hulle twee dan ook saam in ‘n studio ‘n paar liedjies opgeneem. Botha en Jack Hammer het natuurlik ook al ‘n verhoog gedeel met wêreldbekende bands soos ZZ Top, Deep Purple en Uriah Heep.

Dankie, Piet, dat jy jou wonderlike talent en menswees met ons almal deel. Jou musiek raak en verryk die lewens van almal wat dit al gehoor het.

Piet Botha, ons salueer jou!

Moonshine Lee


Klik op plakkaat om jou kaartjies van Computicket te bestel.



LitNet: 26 Januarie 2006

Wil jy reageer op hierdie huldeblyk? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.