KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Mambas, gemmerbroodmanne en die laaste gig voor die hiernamaals


Johan Pienaar

Om etikette om mense te hang is altyd ’n gevaarlike speletjie, maar dis seker veilig om te s dat Piet Botha die onbesonge held van Afrikaanse rock is. Hoewel hy reeds in 1979 saam met ’n groep genaamd Raven sy eerste opname uitgegee het (‘n 7“-enkelspeler) en hy in 1983 een van die eerste mense was om protesmusiek in Afrikaans te maak, as baskitaarspeler en sanger van die groep Wildebeest, was Piet Botha nog altyd byna ’n goedbewaarde geheim.


Piet Botha in aksie by die Huisgenoot-verhoog tydens KKNK 2003
Foto: Kobus van Rensburg
Die redes hiervoor is nie baie duidelik nie, maar mag moontlik baie te doen h met die man self. Piet is beskeie — die musikant se musikant. Geld is nie die dryfkrag vir sy musiek nie en hy is waarskynlik die een figuur in Afrikaanse rock na wie ander musikante die graagste sal gaan kyk. Anton Goosen het onlangs Suitcase vol Winter, Piet se 1997-album, as ’n keerpuntalbum in Afrikaanse musiek beskryf.

Suitcase vol Winter was ’n album waar Piet die rock met ’n sosiale gewete van Jack Hammer in Afrikaans voortgesit het. Sy werk op liedjies soos “Sarajevo” vind ’n eggo in “Staan saam burgers”.

In Suitcase vol Winter speel Piet hoofsaaklik met twee temas. Die een is die oorlog, en dan spesifiek die tweede Suid-Afrikaanse oorlog. Die ander tema is die noodlot van die liefde. In “Goeienag Generaal” spreek Piet Botha artistiek die laaste woord oor die oorlog in Angola. Hy neem die tema van “Bossies” op wat hy saam met Wildebeest in 1983 aangeraak het en brei sy verpersoonlikte kritiek uit as hy die oorlog eers intellektualiseer:

Ja, dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die ren, al die kinders wat die dominee sen,
Al die jong laaities nou net uit die skool,
Welkom, welkom
Dit was vir die ryk man op Waterkloofstraat
Blink gebou, almal werk, maar niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees
En almal in uniform, en die kapelaan lees.

En dan in vier rels tot op die grond afgebreek — die essentia van enige oorlog:

Maar Whitey, jou o op daardie dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het ’n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal.


Piet looi die kitaar op Jeffreysbaai by Lanie van Not my dog se troue
Piet se werk lewer ook kritiek op die aard van die Afrikaner. In “Staan saam burgers” lewer hy nie, soos mens maklik sou dink, kommentaar op die verdeeldheid van die Afrikaner nie, maar spreek hy eerder die Afrikaner se oervrese aan. Ons inherente vertroue op profetiese figure soos Siener van Rensburg. Ons wantroue van mense soos Van Tonder op swart perde wat van buite kom om ons raad te gee.

Later sou Piet ’n liedjie skryf oor Van Tonder. Piet vertel dat soveel mense hom by gigs kom vra het wie Van Tonder was dat hy sy aanvanklike idee — dat dit net ’n naam was en dat mense self moes besluit wie hy was — prysgegee het en toe maar ’n liedjie geskryf het waarin hy die storie van Van Tonder vertel het.

Niemand kan ooit Piet Botha daarvan beskuldig dat hy konvensionele liefdesliedjies skryf en sing nie. Hy delf nie in die lekker van die liefde nie, maar hy sny die pyn oop en l dit dan bloot vir inspeksie. Op die titelsnit van Suitcase vol Winter sing hy die volgende oor verhoudings:

klein bietjie liefde
klein bietjie geluk
heelwat van dit en dat
maar meestal — suitcase vol winter.

In dieselfde snit vertel hy dan van die sieledood wat soms in verhoudings skuil:

Ek loop liewers deur die storm
en deur die bliksemweer
want ’n vrou sal jou doodmaak
as sy kwaad is, in ’n donker kamer
met ’n haelgeweer.

Op Vrydag 6 Junie stel Piet Botha sy nuwe album — Die Mamba — by Caf Barcelona in Pretoria bekend. Op die album sit Piet die tema van oorlog voort. In “Bye Bye My Darling” trek hy ’n lyn oor soldaat wees, van die Suid-Afrikaanse Oorlog tot by die Grensoorlog. Soldate groet hulle vrouens elke keer en dan lewer hy kommentaar oor die oorsaak van die Grensoorlog. Soos in “Goeienag Generaal” en “Bossies” is sy kritiek snydend:

In 1975 het die Yankees ons mislei,
vinnig in Angola in en toe te lank gebly,
kinders gevoer vir die groot geldhoer.

Soos op sy vorige albums is hy nie skaam om sosiale kommentaar te lewer nie. Op Die Mamba looi hy die backtracks-brigade met die plathand. “Gemmerbroodman” is volgens Piet geskryf na hy ‘n brief op LitNet se SNet gelees het oor ’n vertoning van Dozi.
Hy haal die karwats hier uit as hy die backtracks-brigade en vir Steve Hofmeyr — hulle hoofsweep — aanspreek op ’n funkerige ritme. As die Red Hot Chilli Peppers in Afrika gebly het, sou hulle dalk so kon geklink het:

Haai ek is tog te oulik
Met my bakkies blink poleer
Whatever jy verdien, ek verdien tog meer
En ek maak my bek oop
Elke kans wat ek kry
Want ek is so belangrik
Die wreld moet weet van my.

En verder:

Haai ek is tog te oulik
Ek kan al die wyse manne kwoteer
Al het ek eintlik nie ’n clue
Ons moet almal probeer
En as dit nie wil werk nie
Dan sal ek jou gou vertel
Van hoe baie geld ek gemaak het
En wie onder my vriende tel
Hier kom die gemmerbroodman.

Die musikale verwerking van die liedjies is uitstekend en Jonathan Martin (tjello en kitaar), Tertius du Plessis (baskitaar) en Paul de Waal (dromme) dryf die titelsnit met ’n genadelose ritme. “Die Mamba” byt jou en pik nie net nie.

Hulle roep my die mamba
en ek looi die kitaar
op die lang pad gebore
en toe sommer net daar laat staan.


Piet Botha se nuwe CD heet Die Mamba

Piet beweer dat die liedjie oor die langpad gaan, en daar is seker die wat hom sal glo. Ek is nie so seker nie. Miskien is di een van daai rare liedjies wat elkeen na sy eie persepsie kan inkleur.
Dis die een groot kenmerk van die album. Geen goedkoop lirieke nie. Geen gesoek na woorde en as hulle nie gevind kan word nie, ’n ge-ayo, ge-da-idi of ge-patayo deur die liedjie nie. Woorde met betekenis word gebruik. Geen vinnige bemarkingstruuks met liedjies oor rugby, springbokke, meisies met rooi rokkies of meisies wat kom as jy Lulu roep nie.
Johan Landau skryf in 1974 oor hoe daar nie meer iets in musiek is wat hom opgewonde maak soos toe hy jonk was nie. Hoe hy ouer en dalk meer sinies is. Dan skryf hy:

But tonight there is someone I can write of the way I used to write, without reservations of any kind. Last Thursday, at the Harvard Square theatre, I saw my rock’n’roll past flash before my eyes. And I saw something else: I saw the future of rock and roll and its name is Bruce Springsteen. And on a night when I needed to feel young, he made me feel like I was hearing music for the very first time.

So voel ek oor Piet Botha. Ek het die toekoms van Afrikaanse rock gesien — en dis Piet Botha. Nee, miskien moet ek eerder s: Ek het die toekoms van Afrikaanse rock gesien — en dis alwr Piet Botha.

Piet het iets om te s, hy het die musiek om dit mee te s, en ek weet vanaand die laaste gig wat ek wil sien voor ek die hiernamaals aandurf, sal sonder twyfel ’n Piet Botha-gig wees.

Die laaste Afrikaanse gig ...

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.