KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



En Oppikoppi verjaar

Katvrou

I

Foto: John Hogg

Iets skort met my serotonienvlak. Want ewe skielik is ek nie meer lus vir Oppikoppi nie. Al word Oppikoppi 10. Al is wie ook al daar, ek voel vere. Ek gaan kyk op my almanak. O ja, moer. Ek word 40 net na daai laaste Sondag op die koppie. Paniek trek my derms op 'n knop. Net nou die dag nog was ek 18 en 'n maagd. Toe knip ek my o. En al wat ek nou sien, is fetusse met sigarette, lipringe en Slash T-hemde. Karba, as dit jou nie opval nie, is jy inderdaad gesend. Heish.

Die enigste noodmaatrel wat werk vir hierdie tipe neerslagtigheid is Jack Hammer. Ek gooi my demokopie van The Pilgrim in die Technics en speel hom twee keer deur. Hard.

En siedaar. Drie dae later sit ek agter in 'n wit (vuilbruin 'n paar ure later) Audi met my kop op Riku se kitaar en die son wat my vaak bak deur die vensterruit. Ek luister met oorfone na sy nuwe cd Aan't Sterre Kyk en kan nie ophou grinnik nie. Hehehe. Di een is vrek onnutsig.

Hierdie keer lyk dit of daar meer bouvalle as ooit langs die pad rondstaan. Nic se Boeremark lyk of dit net 'n koei se poep kos om om te val. Die oop blou plafon bokant ons koppe s net een ding en dis dat ons huidmondjies oortyd gaan werk. Riku se selfoon lui, iewers in die motor. Soek, soek, vind. Iemand wat wil weet hoe om by Northam uit te kom, hulle dink hulle het verdwaal. Riku luister geduldig, vra dan: "Sit die son links of regs van die kar soos jy nou ry?" Dis ook al wat hy nou vir hulle kan doen, want hy's laat en soos dit nou lyk, gaan ons eers vyfuur by die Bierrivier verbyvlieg.

'n Groot bont tros sedans, viertrekvoertuie en 'n paar stowwerige hompe wat lyk soos motors sit net buite Northam en bak in die hitte. O. 'n Padblokkade. Manne met verwarde wolfhonde en styfgestrykte vuilbruin uniforms waai arms, wys waar om te parkeer, en ja, ook julle in die Audi, klim asseblief uit. Foto: John Hogg. Die mans word deursoek van hempkraag tot lies, en die dames word met 'n arm gewaai in die rigting van 'n moerse weermagtent aan die oorkant van die pad. Nee juffrou, jy moet jou handsak saamvat. Ek bespied die lang tou gerriteerde vrouelywe voor by die tentflap. Dit begin alte veel voel soos Papsmeertyd by die Staatshospitaal. Kyk vir die plafon en praat snert met die suster terwyl jou wange voel soos twee warm pizzas.

Binne die tent word my handsak begrabbel deur 'n soliede dame in uniform met 'n grinnik so breed soos 'n rugbyveld. Sy kyk na die Myprodol en die Syndol, gooi dit terug, en lig dan die botteltjie bruin tablette op met 'n vraag op haar voorkop. Ek sug. "Dis gingko-biloba. Dis al hoe mens hierdie naweek kan onthou."

Sy laat my gaan - maar die vraag bly sit op haar voorkop. "Volgende, asseblief?"

Dis weer die bandjie-om-die-gewrig-ritueel by die ingang, en ons mediamense (hetsy vryskut of voltyds) moet regs swenk na die ander tent. Op 'n skootrekenaar word jou naam opgesoek, maar eers met 'n: "Ja, jou ID-nommer asseblief?" Ek leun nader en vra of ek maar my nommer vir hom kan fluister. Iemand giggel agter my. Hy kyk weer af, bevroetel die rekenaar, druk Enter of iets, gooi 'n bandjie om my regtergewrig en roeteer my terug motor toe.

Die Audi vat sy pad na die VIP-kampeerarea, en ek ploeter met duvet en drasak af met Kramerstraat op soek na die Mothoekie, waar die res van die bende hulle tentpenne die vorige dag reeds ingemoer het. Die verdomde duvet sit aan elke donnerse doringboom vas. Die stof is onhebbelik dik in die lug - waar's die groen oerwoud wat Aprilmaand nog hier hoorbaar gefotosinteer het??? Ek nies, laat val my sak appels en begin opsluit befok voel. Delta Blue begin oor minder as 15 minute by die James Phillips-verhoog en ek O. Hier's Kerneels-hulle se spergebied, netjies toegekraal met Christo se rooi Isuzu, 'n string kampstoeltjies met verskillende geure en soorte lywe bo-op gepak, en Gerda-hulle se sleepwa.

In Vleis se kamp langsaan hoor ek: "Was dit 'n slow puncture?" Die antwoord klink voos van die stof - nietemin nadruklik. "Nee fok. 'n DOEF-puncture."

En so begin die groot gedraf. Tussen drie belangrike verho word befokte musiekmakers geplaas met relatief klein tussenposes, met net genoeg tyd om te piepie en iets te kry om te drink, en ons plebejers, aldus musiekversottes, hardloop ons gatte af. Op teen die koppie, af teen die koppie, tent toe vir 'n Shield-okselsmeersel, dan deur die drukgang soos beeste waar jou bandjie deur wagte beloer word terug na die volgende verhoog. Jy verloor liters sweet en jy dehidreer met elke asemteug.

Delta Blue (foto John Hogg) gee ons een kyk, ons gooi 'n moerse gebulder terug, en die energie begin loop soos warm teer. Jy kan dit proe, jy voel dit in jou kopvel, in jou maag, my donner, jy lees dit op Gerald en Henry se gesig, op Schalk van der Merwe se baskitaarbeheer met daardie vreemde maar verbete ekstase. Hulle blues is van meet af die ene doringdraad en moerasmodder, plat geldsakke en sluwe vroumense. Maar, MAAR Die ding waarmee hulle ons moer toe bliksem, is die Soggy Bottom Boys se weergawe van "Man of Constant Sorrow". Die grasdak bokant Delta Blue wil so altemit beginne bult en bewe want ons snater soos hadidas op hitte - "WHOOOIIIIEEEEHHAAAAAA!!!!" Gerald en Schalk gryp die mikrofoon saam met 'n mooie maar erg senuagtige student wat kom help sing, en die manne gooi die ding dik: "No pleasures here on earth I found, for in this world I'm bound to ramble - I have no friends to help me now " Met ons wat saamgil uit die nersderm uit: " HAVE NOOOOOO FREHE-HIEEENDS TOOO HELLLLLP MEEEE NOW!!!"

Maseharre. Wat 'n afskop.

Dis nou sterk skemer. Die rooi en blou ligte sny tussen die groen en geel flitse deur - en uit die rookmasjien vlieg flertse wit gordyne wat van almal spoke maak. Ek kry 'n ligkol om die musieklys te bespied en begin op die plek die ritteltit kry. Die klein swart lettertjies swem voor my - ek's duiselig van skok. Watter sadis plaas di musiekmakers op verskillende verho, maar eina moer, in DIESELFDE TYDGLEUF??????

New Porn *** Van Der Want en Letcher
Soil 7t7 *** Southern Gypsey Queen
Freshlyground *** Laurinda Hofmeyr
Brixton Moord en Roof Orkes *** Gert Vlok Nel

Die pyn, die wroeging van besluit. Ons trek dan einde ten laaste in verskillende rigtings - ek laat spaander boontoe om te sien hoe Riku Ltti met sy nuwe musiekmanne die ding gaan doen. Hy't sy wit Osama bin Laden-jassie aan en langs hom is Johnathan Crossley erg vaardig besig om die voorkitaar te pluk. Agter teen die hoeroranje Oppikoppi-plakkaat wat roep WABLIEF? is Peter Auret besig met dromme en ander ritseldinge, en Cesar Cassarino beheer die baskitaar. Ons lag uit die mou vir Riku se "En daar is Bush, en almal dink hy's 'n ." Omdat ons self die sin in rymdwang voltooi. Siessa. Maar nouja. Die nuwe Riku s hy sing nie meer vals nie, hy rammel nie cd's af sonder om dit puntenerig te bespied voor dit die wreld ingaan nie, en hier hoor ons dit vanaand. Geen rompslomp nie. Net skerp kommentaar tussen die note, met 'n voorslagmusiekspan wat hom brebors aanvul. Op sy verhoog is daar altyd plek vir drie kitare.

By die Look & Listen-tent begin ek die makkers en makkerinas vertel van Tebogo, maar ek word bloot stosyns aangestaar. Noem ek Project Fame (aldus Project Shame volgens Cedric Samson), gaan daar sulke liggies aan. Ek noem in dieselfde asem Tebogo hoort by sy eie musiekgroep. RISE. Diegene wat my nie glo nie, word op die plek opgekommandeer na die James Phillips Maine verhoog. En jouwrintiewaar. Voor 'n hoppende krioelende massa lywe spring en krul Tebogo rond in die ligte en rook. Sy heupe het nie meer potjies nie en die skoene trap-trap in verskillende windrigtings in. Hy dra 'n glimlag wat ons tot heel agter sien, aangevuur deur twee saksofone en Thomas agter die blink trompet aan sy linkerkant, algar in swart pakke, dan nog Amy op baskitaar en skerp hare, en Ryan op blitsige voorkitaar heel regs. Daar is soveel mense voor die verhoog dat dit my bekommerd maak. Maar wag, dis duidelik Tebogo is terug in sy vel. Waar hy sy eie ding doen en sy eie donnerse liedjies sing. Hierdie is pure maniese funk. En daar's mos nie 'n resep vir daai ding nie.

Nou's dit erg donker en die koue lug klim met lang dun vingers uit die grond uit. Ons vang 'n vinnige pas verby die kos- en drankiestalletjies, terug na die Most Amazing Myn verhoog. Nog nooit vir Jo Day gesien nie, en sy is blykbaar ook alles behalwe 'n slap ou bleekwurmpie. Die nuus bereik ons dat sy siek is en haar speelbeurt is tot niet. Nou maar goed, dan wag ons vir Bed on Bricks. Eers 'n blitsbesoek by die ry Mobi-Loos, dan weer terug verhoog toe vir 'n lekker staan- en vashouplek. Agter ons word baie van die houtbankies vir 'n beter uitsig benut, en hier en daar hang 'n lyf in die mik van 'n boom.

Bed on Bricks (foto Robin Moorby: www.samusic.co.za) tref daardie verhoog met een van die warmste, glibberigste en vinnigste optredes van die hele naweek. Ilse van Rhythm records het gewaarsku hulle is nou erger, beter, harder - en hier voor my sien ek wat sy bedoel. Die cd Humanarium is net die inleiding. Vanaand rol hulle klank- en vingervaardighede soos 'n dik brander van die verhoog af - en bliksem, hulle geniet dit! Dave van der Linden is 'n ondier op kitaar, veel, veel erger as die donker dinge wat hy in "Hide" aanvang, en ek skreeu heeltyd vir die ander soos 'n mal heks: "SIEN WAT BEDOEL EK???? SIEN????" Schalk van der Merwe swaai sy ekstra arm rond soos 'n spies, en speel daardie diksnaar dat ek my rugstring voel krul. Mike Hardy het 'n frokkie en jannas, 'n stem vol peper en gesonde bisepse. Hy vind dit skynbaar totaal onmoontlik om stil te staan. Ons staar. En staar. Hulle is gelyk, hulle is lenig, los in die gewrig, en uit hulle val hierdie vreemde nuwe energie wat die rasende lywe om my tegelyk toor en mal maak.

En dan, reg in die middel van die laaste nommers, stop al vier van hulle tegelyk. TEGELYK. En hulle bly net so staan - doodstil. Nie 'n ooghaar beweeg nie. Niks. Van agter af kom daar hierdie juiging, 'n kreet uit elke keel, soos 'n koor val die applous deur die skare, dit word harder en harder, vir elke sekonde wat Bed on Bricks soos winkelpoppe met kitare en mikrofone bly staan. Ons skree die naglug in, vuiste in die lug. "BEFOKKK! WAT DE MOER, HOE ARRGG, HET JY GESIEN?? WAT MAAK HULLE ???" En die manne stn. Tik-tik-tik-tik-tik voel ek elke sekonde val tussen die dik gille van verstomming en ongeveinsde bewondering. Na wat soos minute voel, doessjjhhh, val al vier terug in die beweging. Presies op die millimeter en sekonde GELYK. En Bed on Bricks maak die liedjie klaar met meer verdiende windgatgeit en onstigtelike dansbewegings as wat enige warmbloedige gedierte wil hanteer. Hygend hert.

Ek steier hygend en blosend daar weg, bliksem in die donker oor 'n stukkende houtbankie en val al twee my maermerries moer toe. Vlieg op, verder tussen die klippe en drankbottels deur. Hei, waar's noord? James Phillips, ek soek jou verhoog, is jy noord? Wilma kom verbygetrippel (nog 'n tannie) en begin my aan my hand na die steilte van die koppie toe trek. Ek slof so drie meter verder voor ek besef ons is op pad na die verkeerde verhoog. "Hei, is jy dronk?? Battery 9 is onder, wag man " maar ek word getrk. "Jy gaan vir Ashton Nyte kyk, al is dit ook net een blerrie liedjie, OK??"

Hy't al klaar begin. 'n Verskriklik lang, donker en subtiel wroegende man met 'n perfekte gesig en 'n kitaar. Voor hom op 'n kassie staan 'n bottel rooiwyn met twee halfvol wynglase. Dit lyk ontsettend poties. Artistiek. Ek herken die stem. Diep, pikswart en dik soos melasse. Die kenmerk van The Awakening. Natuurlik! Ashton se hare is net afgeskeer, stomp soos 'n skoolseun s'n. 'n Lang blonde meisie in swart met verbysterend mooi bene speel die klawerbord aan sy linkerkant. Sommige mense wieg voor die verhoog, vas aan die donkerte. Ek raak onrustig. "Kom julle, ek wil nie kies nie. Ons gaan nie gou weer vir Battery 9 sien nie." Ek word verwytend aangegluur. "Maar dis Ashton!!!"

Ek storm alleen af teen die klipperige koppie, sien van ver af die rooi flitse tussen die stringe rook by die James Phillips-verhoog. Hol tot by die voorste linies, stoei en elmboog 'n pad oop tot by Irene wat al grootoog vir my begin soek. Bokant ons val die bemoerde lang Heyger weg met mikrofoon, afgerolde oranje oorpak en wrewelige wenkbroue. "Ek was gou weg om 'n bier te gaan haal, toe steel die bliksems my rot en kaal - dit was die derde keer dat hulle my besteel, alles wat ek het, word herverdeel " Hy eet amper die mikrofoonkop. Ons gil. En sweet. En bons voor die verhoog soos 'n groot bont kombers. "Net daar en dan toe strip ek my moer ek blaas hom, ek blaas hom, ek blaas hom weer - ek skiet my handkanon leeg voor ek my kon keer!!!"

Paul Riekert (foto John Hogg) materialiseer soos 'n demoon uit die rook met wydgestrekte arms en meedonlose kaalkop. Hy grinnik. Ons gril. Hy praat in die kleure van teer en jaspis. "Jaaaa. Ons het 'n remix gedoen. Van 'Kiss The Machine'." Dit ontplof om my van vreugde en ongelowige gille: "Waaaattt???? Kan nie wees nie!!" My linkeroordrom val summier plat. Paul kyk grimmig af na die ekstatiese gepeupel onder hom. Hy trek die mikrofoon nader. "Die titel is " Ons hou ons asems op. Kan dit wees??? Iets nuuts om te blameer? Sy stem lek teen ons ore soos 'n slang se tong. "Die titel is 'Sokkie jou poes af'."

"BBWHAHAHAHAHA-HAHA-HAAAAAAAAAAAA!!!" Dis grensloos vreemd hoe hard dit klink as duisende mense dieselfde oomblik begin lag. Ander hyg, hand op die mond, geskok tot in hulle fondamente. Jy steier nog onder die skok, dan kom dit weer van bo af met "Kiss the machine, kiiiisss the machiiiine!!!" Heyger verf sy lapskildery met die le oogkaste, en die rooi koplose kitaar links op die verhoog bloei note en sugte.

Dis heeltemal te gou verby. Steier-steier-slinger terug boontoe, boontoe, altyd boontoe na die koppie, volg net die maan, my bra - waar Southern Gypsey Queen (foto Robin Moorby: www.samusic.co.za) hulle Oppikoppi-debuut op die Gito Baloi Maine verhoog maak. Die hele plek is volgepak. Die mense is nuuskierig. Erg nuuskierig. Daar troon Gareth Wilson agter die mikrofoon uit op sang en kitaar met sy Led Zeppelin-hemp, en hy lyk meer soos 'n bose Vikinghoofman as 'n briljante jong klong uit Molteno.

Langs hom staan Tammy, die pragtige klein blonde baskitaarspeler (en Gareth se ander helfte) - en die kitaar lyk waaragtig groter as sy. Die meeste van die ouens se oogballe haak vas in haar algemene rigting - want dit wat sy doen, laat die baskitaar nog beter klink. Die innemende krulkop Paul Wilson op dromme stuur 'n wit en dolgelukkige glimlag in die skare in, en kort voor lank val sy talent tussen ons in met 'n donker dodelike dromsolo. Altwee sy voete doef-doefff-pedoefff-doemm-pedoeff die pedale onder, dan's daar nog die sewe arms, krulhare wat skud, natgeswete torso, en twee stokkies aan't ratel op skille teen 'n spoed wat ons oopmond laat staan en staar.

Irene gil in my oor: "SIEN JY???? HULLE IS GREAT, SIEN JY NOU???" Ek skreeu nog harder verhoog toe, en ek weet alte goed ek het seker dertig keer vir hulle gestem op die Oppi-10-webwerf sodat hulle hier kan speel - omdat Piet Botha s hulle is befok. En omdat Anna Vier vir hulle in Molteno gaan kyk het en sy vir 'n week lank nie kon ophou praat oor hulle nie. En omdat hulle, waar hulle ook al speel, die dorp vir dae lank nog laat rittel van die lekker. En hier's dit weer.

Terwyl Thys Smit (foto Robin Moorby: www.samusic.co.za) weer met 'n kwaai gesig daardie gemene buigbare lyf van hom en die hoofkitaar saam agtertoe buig, en weer vorentoe kom met die snaarmasjien nou voor teen die maag. Agter by sy denim se gatsak steek 'n ou stoflap uit. Lanklaas so 'n onstigtelike stukkie lap gesien. Sommige ou tannies sal straks vreemde gloede ervaar indien Thys op 'n afstand van twintig meter sy kitaar hanteer soos hy dit vanaand doen. Maseharre!

Die res van die skare rock- en blues-malles skree, klap, hop, praat in twintig tale en juig hulle bier skoon uit hulle glase uit.

Southern Gypsey Queen is lank reeds van die verhoog af wanneer ons nog plat op ons boude voor die Gito Baloi-verhoog sit. Waarom loop? Dan Patlansky is op pad. En hierdie keer wag 'n maseharre groot skare vir hom. Hy's op met die trappe, groet almal wat hy agter die ligte kan herken, en begin die klank toets. Dan's hy weer aan't trap-trap met 'n stowwerige bruin stewel op die Vox-pedaal. Gordon en Mike is toentertyd al gereed - en hier kom Dan Patlansky se nuwe goed. Als van die nuwe True Blues-cd af. "I met a man, four foot high - you play in my club boys, I'll surely make you cry I GOT MY GEETAR, JUS' LIKE AH SAID " en die blues tref my soos 'n moerse Suidooster. Ek wapper en hap na lug, probeer iewers aan iets vashou, maar hier kom "Mow de Lawn", dan ou Willie Dixon se "Hootchie Cootchie Man" met meer ballas as 'n plaas vol stoetbulle, hiert, en dan's daar nog "Poker Queen", "Pistol Whip" en een van Dan se beste blues-lekkertes van 2004: "Frozen Dirt". Agter my stoot die lywe dik en hard om beter te kan sien. Don Reyneke staan en swaai die kop 'n entjie verder agtertoe, die hare staan skoon regop van die lekker, en sy o blink. Vanaand. Vanaand kry ons net koningskos. "Sitting here waiting for the mill train to come collect my pain and hurt - round now would be a good time, pick me right up out of this frozen dirt "

Lank na die laaste rif uit sy rooi Fender, onder in 'n piepklein tent, hoor ek hom nog: "I'll see you out mah doah - get yer dirty dishes off mah bedroom floah."

II

Die ys is op, en ons moet Spar toe. Ek gaan soek vir Irene tussen die vaal blikkieversierde doringbome en slapende lywe - die son sit reg bokant ons koppe en steek verwoed soos 'n ou kaktus. Elke oop stukkie vel word bygekom.

"Check, daar's die tannie met die pille!" uit een van die skewe tente oorkant die Mothoekie. Dis die vier manne van Lichtenburg wat vir elke Oppikoppi R1 000 begroot - net vir die drank. Daar word nie gespesifiseer of dit per kop is nie. Wonderbaarlik hoe hulle onthou dat ek Myprodol in my geskifte ou feestassie het. "Het tannie nog pille?" vra Oranje Mynhoed hoopvol. Sy stem is feitlik weg - hy klink soos 'n gans met 'n gat in sy strot. Ek raak opsluit bemoerd. "Man, tannie se moer, OK? En as julle wil pille h, kom kyk bietjie vanmiddag na Buckfever Underground. Kry bietjie kultuur, man!" Hulle is te lui en dik van die babbelas om nog te probeer pruttel.

Ek hoor iemand agter my aangeslof kom. Hy probeer bulder met 'n tong veels te swaar vir sy kop. "Mandela isj 'n kaffer, Mandela isj 'n poesj, gooi hom innie tronk, fokken kafferpoesj!"

Ek draai om en probeer baie hard om hom nie te spoeg nie. "Hoekom val jy nie net om en vrek nie?" Dis al waaraan ek kan dink. Hy stop, wieg so 'n bietjie, probeer fokus op wat nou hier voor hom staan, hik, en staan dan soos 'n vraagteken, die skouers 'n skewe hanger vir sy besmeerde oorpak. Hy kyk na my vir 'n sekonde of drie. Sluk dan nog bier, en slof verby my met: "Mandela is 'n kaffer, Mandela is 'n poesss, kaffer innie tronk, kaffer kafferpoesssj!" Spoeg hy dit uit op die grondpad. Slingerwaggel op met Kramerstraat met sy blye boodskap. Niemand steur hulle aan hom nie.

Die wortels van 'n hoofpyn begin agter my skedel ingroei.

Irene gryp die laaste sak ys uit die yskas langs die bevrore groente, vat die pad na die kassiere by die deur en klou die sak soos 'n babatjie teen haar bors vas. Ek mt net vra. "Ummm. Hoe voel jou nippels?" Sy loop nog vinniger. "Man. Ek voel niks. Te oud om nippels te h." Die seningrige ou omie by die potplante staar ons aan asof ons kaalgat aan Satan se skoot drink. "Kom," s sy nog harder. "Ek moet gaan kyk of ek iets sien wat soos my dogter lyk."

Tussen die kykNet-kameras, bladskud met mense met wie jy nog net in die kuberruim gesels het, en duisende onbekende bewegende lywe (bykans 14 000) is dit onmoontlik om afsprake na te kom ("Ja ek kom nou, kry jou by die Gito-stage!") en nog moeiliker om in vrede 'n koue stort te probeer inpas. Daar sit soveel duwweltjies (daardie skerp, dun klein fokkers) in my sokkies vas dat ek skaars die kamp haal. As daai swart mynstewels nie so warm was nie, sou mens lekker daarmee kon rondtrap.

Piet Planter (foto Robin Moorby: www.samusic.co.za) al halfpad deur sy beurt met 'n hiperfikse Moord Greeff op djembedromme by die Most Amazing Myn verhoog. Piet lyk nie soos 'n planter nie. Hy's wakker, lenig en sonder stoppels, en klink hier in die bosveld tussen die klippe en stof nog beter as tydens sy Aprildebuut. Moord Greeff spaar niks energie vir die Brixton Moord en Roofaksie van later nie. Se moer, man. Oppikoppi is nie vir sissies nie. Die klippe sal bloei en in Brixton word messe en vrees besweer. Piet glimlag met sy o en beheks sy kitaar met woorde en note.

Ons gaan skrop 'n plekkie teen 'n boom uit om solank vir Toast Coetzer en die Buckfever Underground (foto John Hogg) te wag. Ons flits ons mainnn!! tattoeersketsies vir elkeen wat vra wat dink ons van KOBUS! en ek verkneukel my in elke ongelowige vinger wat die letters op my rug probeer afkrap. Vertel die RAU-studente wat langs ons sit van die krag en borshare in Toast Coetzer se kuns, en hulle sit opsluit mooi stil om te luister. Klawers, baskitaar en robuuste woorde uit 'n welige bruin baard. Toast is allesbehalwe dro brood.

Die middag word al hoe warmer. En sterker. Want die Fake Leather Blues Band beset die Myn verhoog met Franco van Soil 7t7 op baskitaar, Conrad Jamnek op voorsang en lyfrukkings, Etienne van Duck and Cover bo-oor en binne-in die dromme, Jaco van Duck and Cover met nog langer hare en harder boarms op voorkitaar, en Peter (de vreselijk vaardige knokkenvrije jonker uit Holland) met sy doelgemaakte baaskitaar. Van die begin af is dit lelik en morsig. Vroue wat gil en in knoppe uitslaan van ekstase. Sweet klim uit velle en maak klein riviertjies grond toe. Bier spat, dik rookwalms maak warrelwinde bokant ons koppe, kitare kerm en eierstokke runnik asof die wreld gaan eindig. Die manne moet uithaal en wys met "Lady Grey" en die "Blue Moon". En natuurlik word alles voor ons gewilliges uitgegrabbel met "Sommige Ou Omies".

En ons weet - o ja ons weet. Hierdie is maar net die voorspel van 'n afskuwelike verlekkering in KOBUS!, Jack Hammer, Prime Circle, Wonderboom en Karen Zoid se voorslagmusiek.

Daar is drie duidelike vlakke in die New Porn-stuk om kwart voor sewe die aand. Arno Carstens (foto Robin Moorby: www.samusic.co.za) se swart leerbroek is inderdaad 'n tweede vel en sy hare lyk soos 'n krimpvarkie met statiese elektrisiteit. Brendon Jury se viool is aan sy arm vasgegroei en hy speel die ding so gewetenloos en vol wilde hitte dat ek my verbeel ek voel die stopsels in my kiestande ratel. Dis skrikwekkend om te aanskou. Maar my hart wil weghol. Soveel klanke, soveel goed wat my o en brein moet insluk en verwerk. Die gedruis in my kop bedaar met Albert Frost en sy lieflike glimrooi Jazzmaster. Ek en Irene hang soos slap snoeke oor die staalreling en staar na sy hande. Trippel boontoe, terug na die nek van die Fender, buig die snare dat hulle hyg, trap-trap weer stywebeen oor die verhoog, en verdwyn WLOEMPS binne die kitaar. Wat oorbly is sewe Albert Frost-duiwels wat ons en die nuwe ore agter ons totaal in ons moer in speel. Viva Frost. Die man ruk mal.

Ons bly aan die relings hang vir KOBUS! - hier beweeg jy nie, anders verloor jy die drie vierkante sentimeter waarin jy probeer regop bly.

Francois Blom en Theo Crous verskyn van agter die verhoog. Francois dra 'n plastieksakkie met iets binne-in wat gevaarlik na menslike organe lyk. Oooo vanaand is daar moeilikheid. Ek sien al die opskrifte - GRUWELROCKERS SLINGER BLOEDERIGE . nee wag, fok. Dis Oppikoppi hierdie. Dinge is aweregs en vreemd, maar beslis nie boos nie.

En KOBUS! begin met klank uit die hel. Ons kan nie 'n woord hoor wat die Nosferatu Francois Blom uitkreet nie, en ons veg voort met "Die Storie van die Engeltjie en die Duiweltjie" omdat ons immers die woorde kan uitskree. Theo is dolgelukkig met sy wilde kitaar aan't hare skud deur "Kultuurfeestent", Hannelie l doodgeduldig agter langs die dromme met haar plomp pienk plastiekbene in die lug vir Francois en wag om haar te beplunder. Sy het net 'n KOBUS!-hemp aan. Natuurlik met "Ek Wil Jou Soen" se aanvangsnote uit Theo se Fender stap Nosferatu Blom met voorbedagte rade na die objek van sy wellus, pluk haar regop en druk haar lyf teen sy borskas vas. "Ek kan nie ophou staar as ek jou vyeblaar gewaar, ek wil jou soen " en sekondes daarna land sy op haar rug op die verhoog, en 'n brullende Francois Blom wat met 'n rugbyduik bo-op haar land en haar wel haar beplunder. Die sekuriteitswagte voor die verhoog is buite weste geskok - hulle kan nie glo wat hulle sien nie. Skud die koppe, lag skaam en probeer wegkyk met 'n "HAA-AIIEE-HEISHHHH" van pure ongeloof. Nosferatu Blom pluk weer vir Hannelie regop, trek haar hemp op om die swart riembroekie te wys (en dan ewe slu met sy voorvinger eenkant te trek, ooo Moeder Owerste ) Hy kreun en weeklaag mymerend teen haar borste vas: "Soek die towerperlemoen, wil die platlskoffel doen, ek wil jou SOEN!!" Ek wil nie eens omkyk na wat agter my aan die gang is nie. Die kakofonie uit kele en hande is 'n mengsel tussen skater, skreeu, bulder, fluite, brulle en 'n bronstige gekweel saam met Theo en Francois se falsettokreet: "Ek wil jou soen, OEE, AAH, ek wil jou soen, OOEEE, AAAH!!"

Die klank raak nou merkbaar beter en harder en Francois val weg met "Heldersiende Bedelaar" - 'n gepaar met kitaar en Paul Blom se dromme wat enige oorblyfsels van my oordromme by my neusgate uitsuig. Die hemel word mal in blou en wit flitse en ons staar binne die bek van 'n mikrofoon dieper as 'n mynskag. "Ek is 'n mal ou man, maar ek is jou nog steeds een VOOOORRRR!!!"

Francois stap met swaar stewels terug na die geheime plastieksakkie. Tel dit op. Die silwer ring aan sy regterhand glim soos 'n kat se oog. Ek verwag slymerige derms en vrot stukke drelsels wat enige oomblik deur die lug gaan vlieg. Hy steek sy hand in o fok, nou's ek sommer bang en gooi 'n klomp swart KOBUS!-hemde in die skare in. Hande en arms grabbel vervaard om een te vang. Aha. Sjoe. Gits. My fok. Ek voel skoon duiselig van verligting.

Alles gebeur nou in weerligspoed van die James Phillips Mane verhoog na die Most Amazing Myn verhoog - dis heen en weer, piepie by die Mobi-Loos en hierdie keer wel met 'n flitslig, 'n vinnige botteltjie lemoensap, dan weer terug na Jack Hammer. Ek staar verstom na die mense - daar is so baie en hulle is so vas teen mekaar gepak, ek kan nie eens my pad oopveg tot voor by Irene nie. Ek gaan staan langs die kant. En vanaand is dit heilig. Saam met Piet Botha (foto Hannie du Plessis) sing 'n fyn klein jongvrou - die nuwe stem wat so duidelik op The Pilgrim gehoor word. Siya Makuzeni pas in asof sy eeue terug langs hulle gebore is. Sy dra bonkige wol en fyn kant, en ook 'n lang donker romp tot by haar enkels. Sy staan doodstil terwyl sy sing. "I want to go with you, she cried " En Piet Botha antwoord: "I said no, the river is deep and the river is wide " Dis so mooi, ek kry koud tot in my hart. Ek wil haar voete was. My keel word droog en ek moet aan die reling vashou. Langs my in 'n rolstoel wikkel 'n jongman met sy bier in die een hand - oopbek en buite homself van lekkerte. Dis die eerste keer wat hy die nuwe goed hoor. Dis ongelooflik befok om net sy gesig dop te hou, en om te weet Piet Botha doen dit sonder om eens te weet daarvan. Dis vanaand, in hierdie verskriklike koue, 'n siedende Jack Hammer-ding wat van die verhoog af rol in die oerkleure van rock, woede, die woorde van 'n wyse man, die baard van 'n siel wat altyd vryheid kan proe. Johnathan, Tertius en Paul is 'n gesoldeerde driestuk, groter as die lewe - die kitare, bliksem-donner, die kitare is oral, in my hare, in ons skoensole, die dromme trek deur Bra Piet en vat ons saam Mosambiek toe. Daar is "The Pilgrim", "Morrison Hotel", ag moer, dis "Russian and Chips", "Sarajevo" en "Fort Lauderdale" met Piet wat dit uitkreet: "If he was such a bad man, why did everybody want to shake his hand???"

Dit vat lank om by die kamp uit te kom. Daar's 'n algemene verstopping van lywe wat by die onderste hek wil in- of uitgaan, en die koue laat jou loop soos 'n stokmannetjie. Dit vries elke potjiegewrig met mening. Ek hoor dromme iewers verder af in die donkerte, tussen die doringbome. Doefff-doefdoefdoef-DOEFFFF. Die polsing bly hang in die lug en trek die koue tent om my toe.

III

Eet? Wat's dit? Daar's nie tyd nie, helsem, dis amper tyd vir Gordon's Suitcase daarso bo by die Gito Baloi-verhoog. Ek's gelukkig om voor 'n plekkie op die grond te kry, maar die nuwe staalrelings voor die verhoog is so hoog, mens kan amper niks sien van die grond af nie. Illimar het sy hare afgesny, en anders as arme ou Simson het die man warrimpel nog kragte by. Sy kitaar hou vandag haar mond vir g'n niks nie. Rainier is vlak langs hom met die elegante Ibanez, en Malcolm ewe kontant gestoel met die koplose baskitaar soos 'n vrou teen sy lyf.

Die klank het 'n paar snaakse geluide tussenin, en iemand loop 'n paar minute later hurk-hurk oor die verhoog, op pad na Jako Loots se dromme. Hy buk en vroetel tussen die kabels rond. Langs my mor 'n gerriteerde manstem kliphard: "Nou wat soek die kaffer daar?" Ek raak skoon koud, maar "SIES MAN!" in sy rigting nog voor ek besef ek doen dit. Hy sit hier regs bokant my, maar gee geen teken dat hy my gehoor het nie. Ek vat my papiere en goeters en gaan sit aan die ander kant van die verhoog. Nou kan ek sien hoe hy lyk. Lank, donker en goed afgewerk - amper soos 'n model. Kortgeskeerde hare, behoorlike polshorlosie. Waterbottel aan sy heup vasgemaak, blou keppie om die son uit sy gesig te hou. Groot sterk hande. Jammer van die dik drol binne sy skedel.

Jako se kabel word vinnig omgeruil en die klank vat met nuwe asem die pad na ons toe. Ek kyk terug na Francois en sy meisie wat 'n paar banke agtertoe sit. Hy is waansinnig oor Piet Botha, maar nog meer rasend oor jazz, veral uit plaaslike mense se hande. Hy grinnik vir my, druk 'n stywe duim in die lug. Die res van die bont lywe is oor die grasperk versprei, ander op die bankies tot teen die koskarretjies by die rondawels, en die res hang slap of staan en herstel teen die kroeg se oop kosyne. Malcolm stel elke liedjie voor soos 'n goeie vriend. Hy lyk vandag soos die voorbok van 'n vrugtesteelbende. Die atmosfeer raak ontspanne en ek l met 'n salige sug terug teen die enigste graspolletjie wat nog dapper probeer groei. Daar's geen Dave Brubeck vandag nie. Dis net hulle eie befokte goed wat hulle uit die koffer vir ons haal. My ore smul.

Ek het skaars tyd om ondertoe te struikel tot voor die James Phillips-verhoog vir Jan Blohm (foto Robin Moorby: www.samusic.co.za) se eerste optrede by Oppikoppi. Die verhoog lyk nou skielik moer hoog. Jan Blohm stap op, tel die wit Fender op, knik vir Noddy en Wayne - en begin met "Voodoo". Ek ruik 'n onheilte in die lug. Hier kom kak. "Ek byt vas soos 'n bloubloedjakkals - en in my bene voel ek die donder kom my haal " Daar begin nou so 'n onrustige onderlangse gemurmel agter my. Wat de donner, wie's di ? "Gee my 'n whisky, gee my 'n gun, want jou voodoo wil my vang - haww-haww-haww-haww," knipoog hy agter die mikrofoon.

Hier kom "9-mil blues". Sy rasperstem is harder as die geraas in my kop. "Vat my na die wyfie met die lyfie want ek wil vry." Die dromme is giftig. Noddy is die kalmte vanself agter sy sonbril. Jan Blohm suig sy bekfluitjie dat my asem vir sy onthalwe verdamp. My brein verval na iets wat soos 'n uitgewaste spons voel met die eerste pluk van die kitaar se derms. Dit begin oral jeuk, tot onder my vel, ek voel vere vir die bykans 3 000 mense agter my en laat waai met lyf en hart en kop vir Jan Blohm se blues. "Johnny het daai freestyle kop-vat-nie-grond-nie-9-mil blues " Die bevange span van Southern Gypsey Queen staan links voor en kyk wat hy doen. Gareth, Tammy, Thys en Paul. Doodstil, met die o gefokus op wat voor hulle gebeur. Met "Anna" kan amper niemand in die voorste rye stilstaan of glo wat hulle sien nie. Rou energie, vars uit die grond uit. Jan Blohm en die kitaar, Jan Blohm en die mikrofoon, Jan Blohm is onverskrokke met 'n eerlikheid wat jou laat steier. Maar jy staan vir nog. "Sy's 'n fox in 'n boks - pick Pappie se locks, ja, dra sandale in die suburbs, sy's rock en roll in Docs, jaaaa " Dan weer die elektriese snare wat met mening dungetrek word tot dit kom hang hier bokant jou kop, 'n warm lang verergde kerm. Blohm se stem word 'n fraks donkerder: "Mayday mayday, mayday, mayday, jy skud my hok met daai rok " en ek begin kant toe skuifel om beter te kan sien.

En hy doen "Johnny K". Hy eindig altyd sy vertoning met hierdie verskriklike ding. Dit sal stellig nooit opgeneem word nie - iets wat net by sy lewende optredes gesien sal word. Nou. Jy sal dit moet beleef om te verstaan waaroor ek so aangaan. En ek, Kiepie die Klontkop, staan daar, ewe dapper, vas in die geloof ek sal dit kan hanteer. Maar dis diep en donker van die eerste noot af. Ek begin sluk, en so 'n mistigheid agter my o voel. In die mikrofoon roep Jan Blohm met 'n donker woede: "Johnny K, jy's ok, fok die press anyway " En ek's in my moer in. Ek val tussen die mense deur, sien daar bo vir Erns en Kabous en storm op hulle af. Jan Blohm volg my. "Fok die press anyway as jy en Hendrix in 'n PITCH-BLACK CADILLAC VERBY KOM RY!"

Ek huil kliphard, gaan hang soos 'n nat mop tussen Erns en Kabous se skouers. Hulle s dis OK, huil maar. Die note, die woorde, dis iets wat ek nog nooit in my hele verdomde lewe gehoor of gevoel het nie, en ek kyk om my, en mense sien ek huil, en dis net modder op my gesig van die stof en trane, maar ek voel 'n fok, want dit maak so seer dat jy wil doodgaan.

Jan Blohm staan met 'n regop rug en 'n oop gesig - en kyk oor die duisende gesigte, die Fender teen sy heup. Dit raak stil. My hande word vuiste en ek byt my lip. Moer hard. Sy stem rasper die laaste woorde. "Jy't ver gaan soek in die woorde van 'n boek, in die spiel gekyk - en soos een van ons gelyk ..." Die dromme roffel sagter tot dit sterf - en Jan Blohm sit sy kitaar neer.

"JAAAA!!! BEFOK!!!! WHOOAAIIEEEEEEEEEE!!!!" Ek staan agter en sien voor my hoe hande, lywe en stemme die lug invlieg en hom op hierdie stowwerige koppie verwelkom. Die seerste en diepste 45 minute op Sondag, 8 Augustus 2004.

IV

Wanneer jy koud kry, so koud dat jy nie meer jou neus kan voel nie, is vuurwarm koffie met 'n gesonde hoop suiker mos net die ding. En genoeg melk dat jy nie jou tong tot 'n nuttelose flappertjie vel verbrand nie.

Maar daar is nog die ander lekker dinge:

  • Brixton Moord en Roof Orkes (foto Jacques Buist) op die verhoog met "Sussie se Sweep" en Roof se o vol duiwels, stewels en plesier.
  • Kapelaan Pat Plank se twee hande op sy kitaar. Dieselfde twee hande wat in motors se binnegoed rondgrawe en 'n paar ure later die wreedste wildste hitsigste klanke uit 'n ding met snare kan pluk. RESPEK.
  • Brixton Barnard en "Trane van 'n Terroris". My fok.
  • Tidal Waves se nuwe liedjie. Jacob wat meer tuis is met Tswana, maar so lekker sy gat swaai met "Lekker Dans". En die ougat eerste refrein: "Weet julle wat, mense? Vandag ons praat net Afrikaans. Want Afrikaans is 'n mooi en 'n pragtige taal. HA-LA-LAAAA." Dan die tweede refrein: "Weet julle wat, mense? Di wat kan nie Afrikaans praat nie, hy moet nou fookkofffff. HA-LA-LAAAA."
  • Stijn van Belgi wat ons ewe pruilmond vertel van "De liedje van de poes, maar ik wil djullie niet affronteer, nee glad niet, dit is tog voor de ander landen waar ons de woord gebruiken, ja dit is wel so ja, so ik dank je wel, ik gaan nou voor djullie de liedje sing van die klein dingetje van de vrouw." Skelm klein kak!
  • Freshlyground se lieflike voorsanger, Zolani Mahola, met daardie lieflike lig van haar wat so van binnekant af skyn. En die feit dat Jika-Jika nog vars uit die oond is, maar dat hulle talent reeds die tweede cd feitlik rakgereed het.
  • Die dronk piskop wat op Ronel Nel spoeg en "ha-ha-ha-hoe-lekker-lag-ons nou" - met Ronel wat ewe liefies haar hele glas whiskey op sy kop omkeer. Oee. Ek en my tjommies lag nie meer nie.
  • Oom Ollie, oom Ollie, ai oom Ollie - met sy vingers aan't streel oor die trekklavier se klawers, sagter as 'n vrou se vel; oom Ollie wat vir Albert Frost volg en jaag, jaag en volg, noot vir fokken noot, dat Albert later nie kan ophou grinnik uit pure respek nie.
  • Die Blues Broers weer saam op die verhoog. John Mostert se windgat swart asdromsakdassie. Anthony wat vir ons vertel van Albert Frost wat kitaar gevat het nog voor hy veertien geslaan het. En Albert wat vorentoe stap met: "Here's a song that I wrote with my new dad " en onmiddellik saam met die Groot Rooibaardbasman vir ons 'n MASEHARRE blues-ding gooi wat min van ons nie binne sekondes aan die bewe het van lekkerte nie.
  • Thomas uit die RISE-span wat saam met Gordon's Suitcase 'n paar befokte stukke op sy trompet gooi. En sy hoopvolle McLaren-hemp.
  • Karen Zoid wat van agter af opgestap kom en saam met Wonderboom haar "Engel" klaar sing. Saam met duisende ander aan't hoendervleis hier voor haar.
  • Valiant Swart (foto Robin Moorby: www.samusic.co.za) in denim en sweet met "Vloek Van Die Kitaar". Met Dokter Jinx vir eers onder sy gat geskop en in 'n donker koffer geprop.
  • Ma en dogter wat saam ruk en skree en mosh vir KOBUS! se "Hoenderman".
  • Die mense wat vir Koos Kombuis kom luister. Hoe hulle tot ver teen die agterste koppie uitgepak sit, tussen aalwyne en dorings en klippe. Vir Koos. Die groot klomp bottels Tassies in die lug, die stoel op die verhoog, die bottel slegte rooiwyn. En Kristoe Strauss langs hom met kitaar en wit tande wat heeltyd wys.
  • My eerste Springbok Nude Girls-optrede. Om met my eie ore te hoor hulle klink net so min na New Porn as wat Fokofpolisiekar na Herbie en Spence klink. Hulle is 'n tifoon op die verhoog.
  • Om rustig saam met Irene by die linkerhoek van die verhoog oor Theo Crous en sy kitaartegniek te kwyl terwyl die res van die reuseskare se vroue net vir Arno Carstens wil babatjies baar.
  • Die son se brand by Tidal Waves. En Paula se hare wat koel agter teen my nek swaai terwyl sy haarself tekkies en al binne "Money" se mal klanke insmyt.
  • Die rooi riembroekie om Conrad se nek terwyl hy die Lady Grey-dame besing.
  • Dans saam met vreemdelinge op 'n tafel vir Piet Botha, sy hoed, sy o, sy liedjies en The Pilgrim.
  • Wilma (sy is 46) wat Saterdagaand net na New Porn die handdoek ingooi. "Nee wat, ek't my nou finaal aan my kinders afgesmeer. Hulle moet nou maar by die kamp sit en suip, ek het gekom om musiek te luister, kyk net watter fokken goeie musiek is hier!!!"

En die beste een van almal - die volgende Oppikoppi.



LitNet: 02 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.