KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Oppikoppi — warm tunes, koue showers en wiegende portaloos

Toast Coetzer


Die skrywer en fotograaf:
Toast Coetzer
“Onthou jy daai gepiercingde girl wat ons gepull het?”

“Waar, by Margate?”

“Ja.”

Dis Donderdag laatmiddag by Fonteinedal en Oppikoppi het so paar ure vantevore met die gemaal en gekners van kitare aan die gang geruk. Bierbehepte ouens en hulle girlfriends roep pittige opmerkings betreffende brandewynbottels en tentpenne aan mekaar oor die braaivleisvure en ghettoblasters heen, verwarde kolganse waggel bekommerd om die swembad rond en, as jy jou oog mooi fokus in die agtergrond, kan jy iemand sien wat op ’n gasbraaierskottel sit en deur ’n rooi bakkie oor die teer gesleep word. Regoor die land bid moeders dat hulle kinders sonder kopwonde, STD’s of aspirasies tot ’n loopbaan in rock ’n roll sal terugkom. Die weer lyk dreigend, maar dit reŽn net goeie tye hier rond.

Die kopwonde sal drie dae later minimaal blyk te wees (en bykans altyd jou eie skuld), die STD’s is onderhandelbaar en aspirasies tot ’n loopbaan in rock ’n roll moet gekoester word, so, elke man vir homself.

pierle
Die Stokvel Crew
En elke vrou. An PierlŤ dawer die klawers stuitig en blond, en met lippe getuit om die mikrofoon en boude wat bons op die groot opblaasbal waarop sy sit, bring sy skitterende, donker pop al die pad van BelgiŽ af. Alhoewel die skare by die Skelm Stage ongeduldig roep vir Koos, charm sy later selfs die luidrugtigstes tot stilswye. Teen die tyd dat Koos verskyn, druk die skare so effe vorentoe, soos opgewonde World Summit protesters (Sam grinnik oor haar bier: “Do you think any of the delegates stayed on for Oppikoppi?”). Maar hulle wil nie kla en klipgooi nie; eerder aan die man se kleed vat, vir so bietjie outentieke helde-aanbidding. Koos stel nie teleur nie, trek so paar ou gunstelinge (“Daar kom die Hyperama”) uit die mou, en met Liela Groenewald as ondersteuning, ook nuwes van die Equilibrium-album.

Die res van die aand se vermaak is harder, met Tyburn wat vol hare en swart jeans die kinders en sensitiewe kykers verjaag met metal so gemeen soos die 80’s, so diep en donker soos die Western Deep Levels. Na hulle kom Misericord, meer kontemporÍr in klank, maar ewe hoopvol dat die toekoms rooskleurig — dog vol bikes, satan-sterte en tatoes — sal wees (een van hulle songs is getiteld “Now Is The Winter Of Our Discontent”!). Daar’s ’n donker gestrompel na ’n tent, die oopskroef van ’n bottel, die toeklap van ’n kar-boot Ö en dit was Vrydag, en die Here het gesien dit was goed, maar tog gewaarsku dat hy jou sal ankle-tap as jy te vinnig probeer hardloop.

Die middag begin in die Jazz-tent, met die Stokvel Crew wat met voordrag, rapping, singery en die onkeerbare kitaarspelery van Sliq (baie soos Blk Sonshine by tye) een van die verrassende hoogtepunte van die naweek word. Die jong vierstuks van Joburg (maar oorspronklik van oraloor die Oos-Kaap, ja selfs King William’s Town) skuil agter hiphop-styl-name soos Sliq, CIA, MXO en Duduzile, maar hulle klank en boodskap (in Engels en Xhosa, onder andere) is so plaaslik soos swak bankdiens en selfoontoebehore-verkopers by die Rivonia-afrit-verkeersligte. Van skitterende liedjies (“I’m leaving on a bus” bly in my kop) tot die bittersoet liefdesode van “Candyman”, is die Stokvel-makkers ’n groep om te gaan opsoek as jy weer in Joburg is met ’n ledige aand.


Albert Frost
Hierna skil Anika so stuk-stuk die hangovers van ons koppe af met haar vlymskerp tong, Albert Frost aan haar linkerhand, soos altyd vasgesmelt aan sy kitaar. Dit lyk soms asof sy are en die kitaarsnare aaneenvloei. Iemand het mos gesÍ “There’s no blood in my bones, just liquid soul in these veins.”

Soos die middag verloop, word die keuses net een te veel. Dis een van die min probleme by Oppikoppi: daar’s te veel opsies. Dis soos om in een van daai shopping-kompetisies te wees waarin jy alles wat jy in een minuut in jou trollie gooi, kan wen. Maar soms mis jy die chocolate op pad na die Teflon-panne, en soms vergeet jy van die rak vol shampoo terwyl die jogurt aanloklik lyk. Alhoewel die vyf verskillende verhoŽ se line-ups so saamgestel is om na sekere musieksmake om te sien, is daar baie goeie dinge wat oorvleuel. Gelukkig is die verhoŽ na genoeg aan mekaar dat jy van die een na die ander kan oorskakel en so halwe oor by alles kan gaan inlÍ.

So vang ek die agterste end van Sons Of Trout. Hulle’s een van die min groot groepe van die laaste vyf jaar wat nog met ons is, en dis goed om te sien hulle word net sterker by die dag. Dis omtrent op hierdie oomblik dat Albert du Plessis glimlaggend aan sy ken vryf en sÍ dat Oppikoppi oor “seks, drugs en bosveldbome” gaan, dalks selfs “inheemse seringbome”. Later sit ek langs Albert Frost by die Baffo Baffo-gig. Dis nou die antieke Syd Kitchen en Madala Kunene (hulle kleredrag lyk soos iets uit “Pumpkin Patch” se wardrobe) wat met kitaar en woord die skare (omtrent 50 persent van die skare was ander musikante) meesleur op hulle eensaam-eensaam, stoftrap-in-die-grondpad-stories en -deuntjies. “It’s like having a massage,” sÍ Albert en ek hoor hom skaars, so ver weg is ek heen.


Vusi Mahlasela het saam met Jackhammer opgetree.
Terug op die Skelm Stage flans Jacques du Preez (stem) en Frederick Kemp (kitaar) verwronge katspoegstories tot ’n geheel in “Nagte Sonder Einde”. In my notas staan dit: “Baie om in te neem, soos om ewe skielik gras te eet nadat die dieet heeltyd Smarties was.” Dit daar gelaat. Terselfdertyd het Sipho Hotstix Mabuse die skare in vervoering op die Main Stage. Soos Vusi Mahlasela later, is hy bewys dat sommige kunstenaars so geniaal is dat hulle bloot net moet opdaag om ’n sukses te wees.

Teen die tyd dat die Hollandse hiphop-groep Relax die punk-verhoog slaat, is almal al lus vir bons en hop en hulle word nie teleurgestel nie. Weliswaar nie baanbrekerswerk nie, maar met Relax in die rondte is daar nie tyd vir stilstaan nie; hulle beats en groot hompe funk neem vinnig beheer oor van jou spiere, al is hulle hoe teensinnig. Skitterend. Na hulle raak Jimmy 12” rof en beskof, dreadlocks al swaaiende op die maat van lekker aggressiewe rock. Maklik die hardste gig van die naweek.

Vir die rustige en vroom van aard is daar ander keuses. Gito Baloi (Tananas) en Nibs van der Spuy (Landscape Prayers) span saam op meesterlike wyse. Dis soepel musiek, en wanneer Gito begin sing, dan’s dit soos koeŽls wat jou rakelings mis.

In die danstent gooi Felix Laband en later Greg Bowes die heupe rond, maar hulle plug eintlik net die mikrogolfoond in vir Golliwog, die Kaapse funk-menere, wat later die oond so hoog draai dat jou tekkies in die gravel vassmelt. Daai brass section van hulle is iets onderaards, en met die Blunted Stuntman op die draaitafels is dit balke toe vir die tannies en pale toe vir die ooms. Die verhoog in die danstent was ook iets om te sien: ’n bokskryt wat hulle van — stryk julle taai vingers oor julle snorre — Gerrie Coetzee gehuur het!


Millionaire
Dis ’n groot aand op die Main Stage, met die Belgiese rockgroep Millionaire wat dinge begin voordat Karen Zoid en Perez die massas gaan laat rofstoei en lighters swaai. Millionaire se set begin wankelrig toe die lead singer se kitaar breek, maar toe hy eers ’n ander een in sy hande het, toe gaan dit rof. Die vent suig sy mikrofoon, spring rond en doen sulke groot rock ’n rollô oomblikke wat selfs Bon Jovi van trots sou laat swel. Daar’s niks nuuts op hulle CV nie, maar hulle doen wat hulle doen met oorgawe en baie gespoegery.

Ek’t nie kans om Karen Zoid te sien nie, want ek kry ’n nood-SMS van ’n vriend wat gestrand is by ’n garage in Pretoria nadat sy kar gebreek het. Nou kyk, ek kom nie baie in Pretoria nie, maar as almal so vriendelik is soos daai tow-truck ou, dan’s dit sommer ’n piele plek. Hy koop vir ons koffie by die Greentrees take-out en ons staan en praat oor die Kaap en die see en eksvrouens en huidige vrouens. “Ek’t vir haar gesÍ sy kan kies: ek en die tow-truck of niks nie. Toe kies sy my en die tow-truck. Dis my lewe.”

Die waiters by Greentrees staan en kakpraat met ons terwyl ons wag vir die wÍreld se grootste kommersieel verkrygbare hoenderburger. Justin het OB’s in sy sak, so ons maak vinnig nuwe vriende. Een van die ouens sÍ hy kom van Gugulethu. Hy like dit baie hier in Pretoria, daar’s net te veel polisiemanne, reken hy. Dit maak dit moeiliker om dagga in die hande te kry. Intussen word daar met die mechanic genaamd Chocolate gereŽl om die kar die volgende dag reg te maak.

’n Dwerg genaamd Marius arriveer en praat met die tow-trucker oor een of ander saak. Hulle stry. “Dink jy nie nou aan ’n ander dwerg nie?” vra Marius. “Nee,” sÍ die tow-trucker. Marius kyk my op en af. “Ken ek jou nie? Ja man, ek ken jou.” Ek probeer onthou, maar dis eers dae later dat ek so eienaardige gevoel kry dat hy die einste dude is van wie ek tydens Oppikoppi 2000 ’n foto geneem het waar sy vriende hom begrawe het sodat net sy kop uitgesteek het. Hulle’t hom heeldag bier en sigarette gevoer en almal geroep om te kom kyk.

Terug by Fonteinedal is Perez net mooi aan die gang, maar ek moet sÍ ek was teleurgesteld. Hulle’t wel ’n goeie handvol radiotreffers, maar op die verhoog lyk dit asof hulle een of ander kak boring band soos Collective Soul wil wees. Dis duidelik dat ons die afgelope vyf jaar effe gespoil was met ’n handvol skitterende bands wat interessante, unieke rockmusiek gemaak het. Daar’s nie veel bands wat ’n groot genoeg licence het om die trok wat vroeŽr deur die Nude Girls, Sugardrive, Urban Creep en Lithium bestuur is, oor te neem nie. Selfs die dekadente energie van ’n Amersham of Wonderboom is skaars. Maar die laaities is daar, so kom ons doen dinge soos Colin Fluxman en “keep ‘em peeled” vir ouens soos Tweak en Kelvin Declined en Fuzi Gish.

Ek volg toe later die gekloek van hoenders en ambulans-sirenes in die rigting van Kobus!, wat besig is om die melkbaarde ’n kort, bondige les in rock ’n roll te gee. Nou kyk, Perez mag dalk dink hulle maak rock ’n roll as hulle voor ’n skare van duisende mineraalwater drink en guitar-god-poses strike, maar hulle holhare moet eers in die gars vashaak voordat hulle gaan besef rock ’n roll het meer te doen met swart vingernaels en die vermoŽ om so dronk te wees dat jy van die verhoog af bliksem en NOG STEEDS aan te hou sing, EN die insig het om iemand met bier te doop tot “K-O-B-U-S-!” Ek kan nie onthou wanneer laas ek so lank en hard gelag het nie. Theo het maar stilweg sy kitaar gespeel, Huyser Burger het netjies in sy snyerspak gesit en knoppies druk, maar Francois Blom was in die bos, op die grens, en die hordes was op die horison (“Nando’s se ma se poes!”). En hy’t besluit om hulle aan te vat. Of hy gewen het, is te betwyfel, maar dit was vermaaklik as kon kom. Die swart onder ons vingernaels sou inderdaad die naweek se verhaal kon vertel. “Die Here het ’n hand hierin,” prewel die Brixton Moord en Roof Orkes se Ockert hier langs my, en ek moet saamstem. Lank lewe die Hoenderman!

Laatnag, of vroegoggend seker, speel Albert Frost saam met die Blunted Stuntman in die danstent. Dit word ’n grootse uur, Frost wat skaafsels funk en kapperige blues uit sy kitaar laat neul, die Stuntman wat die ritmes laat inpas en rondkrap, ’n gedansery van die kop. Toe die effe dronk blaasseksie van Golliwog hulle later kom join, word dit ’n gig wat almal sal onthou, as hulle sou kon onthou so tussen die heupswaaiery en duimgooiery deur.


En toe ankle-tap Hy ons ...
Teen Saterdag word dit duidelik dat die Here ons sou ankle-tap, want dinge lyk te maklik met die oop doellyn en alles. Hy’t net gewag vir ’n tyd en plek. 12 Hz begin dinge semi-ordelik met Riku Latti en Jean Marais aan die spits — hul vermoŽ om perfekte popmusiek uit niks op te tower is so welkom soos Disprins en koue water in die oggend. As 12 Hz dinge reg doen, is daar geen rede dat hulle nie een van Afrikaans se grootste bands ooit word nie. Hulle’t ’n nuwe album uit, so gaan soek hom.

Tussen al die musiek en drankaksie deur is daar natuurlik ook ander dinge op die spyskaart. Daar’s kabaret, ’n mini-filmfees (die mockumentary oor die rockband Blu Cheese is skitterend), komediante en Tuks-studente, wat doen wat hulle nou maar eenmaal doen. Maklik die suksesvolste komediegroep van die fees was The Most Amazing Show, waarin Louw Venter en Rob van Vuuren die karakters CornŤ en Twakkie speel. Dis soos ’n white trash weergawe van Phat Joe en as ek sÍ dat hulle roetine ’n brief van George Bush, hipnose en die stukkendslaan van ’n pampoen, eiers en ’n kitaar insluit, dan behoort dit jou ’n idee te gee. As iemand jou dus “my guy” noem, maak asof jy weet wat aangaan en sÍ iets gepas soos “I couldn’t believe it!” Dis net ’n kwessie van tyd voor hulle beroemder is as Ö as Ö Casey B Dolan, bless her soul waar sy ook al is.

Dis omtrent hier rond dat die Here my gesigsveld binnekom vanuit ’n onverwagse hoek en my ankle-tap kort anderkant ’n gerf Jagermeisters en Windhoek-biere. Dis ook rofweg hier dat ek met Hendrik Geelbaadjie, ’n Oppikoppi-legende, sit en praat. Ons praat oor dwelms en goed. “Ja,” reken Hendrik, “ek’t al in st 4 begin, ek was my skool se jongste drug addict ooit. Laerskool Wierda Park. Dit het alles met Spray ’n Cook begin.” Blykbaar was daar destyds teflon-gas in Spray ’n Cook wat jou “longsakkies kon seŽl” en oor die algemeen vir ’n moerse kick gesorg het. Hendrik het ’n artikel in die Huisgenoot gesien waarin ouers gewaarsku is teen hierdie euwel, toe gaan probeer hy dit onmiddellik. Dit het hom later so hard geslaan hy’t die sementvoetstuk van die tuinsambreel aan sy voet vasgebind en in die diep kant van die swembad ingespring. “Die ousie, wat nie eers kon swem nie, het my toe gered Ö haar naam was Sara Makwena,” sÍ Hendrik en sy oŽ draai weg. Later begin hy praat oor die army en diensplig in die townships en dan besef jy hoekom Hendrik op soek na goeie tye is. Ons gaan haal nog bier.

In my notas staan in ’n vreemde handskrif: “Eerste & Laaste — ek sit in ’n gat/ dit reŽn en/ ek word nat.” Kan wie ook al dit geskryf het, my asseblief kontak.

Kelvin Declined, Slugs of War (hoe gek is hulle? baie, sommer baie), 340 ml (uit Mosambiek, maar van die wÍreld) en Frosted Orange, wat met hulle klaviergedrewe blues die vinke uit hulle neste geskud het. Toe Matthew van der Want en Chris Letcher hul verskyning maak, is ek so gelukkig soos ’n kind wat nou net ’n A+ vir skrif in Sub A gekry het. Hulle pluk hulle grawe uit en begin grawe, stukke uit die Low Riding-album, ander uit die nuwe Bignity. Daar was ook een splinternuwe song, so kom ons hoop hulle kry tyd om nog ’n album te doen. Matthew is so skerp soos gewoonlik: “Afterwards, you can get some posters at the the CD stall, courtesy of our new record company, Sheer, Yes! Yes! Yes! Now here’s a song about death, called ‘Fugue’,” deadpan hy sonder moeite. En in die encore “Move” verander hulle die lirieke so effens: “I’m still sitting on a parkbench, spilling my guts.”

Terwyl die son sak oor die rant so ent weg, is daar nie ’n beter plek in die wÍreld om te wees nie. Jy gooi jou oŽ terug in jou kopkaste en dink aan vriende in Mexico, fuzzy kar-radios op die langpad en stof in die neusgate. ’n Hoogtepunt, Van der Want en Letcher, maar hoe dan nou anders?

En die goeie dinge hou nie op nie. Vusi Mahlasela (“I’m strong, like fynbos rooted to this earth”) en Jack Hammer (“God be with you”) smelt saam, byna naatloos. Dis seker my ma wat gesÍ het dat jy goeie bestanddele nodig het om ’n lekker koek te bak. Wel, plaasbotter, free range eiers en varsgemaalde meel. Impromptu braaiery lok my weg tente toe; met Costa se wors op die rooster en die weer wat begin opklaar, mis ek De Heideroosjes, Nederland se grootste punk band in ’n lang tyd. Wel, hulle was hard genoeg om ’n kilometer ver gehoor te word. Hog Hoggidy Hog het ook blykbaar ’n groot aand gehad, gepas afgerond met ’n encore wat hulle kaal uitgevoer het, balhare en kitaarsnare te na aan mekaar vir comfort.

Waddy Jones se nuwe bende, Constructus, het ook impak gemaak, maar hulle’s nog ’n ent weg van die sukses van Max Normal. Constructus is krommer en meer eienaardig, ’n eendbekdier tussen die waterskilpaaie. Valiant Swart (sjoe, maanhare ... maanhare), Not My Dog (luide getuit en soms ’n ge-noodle met jazz — dit verwar die Wolmers dalk net), Battery 9 (“die volgende song gaan oor ’n wasmasjien”), Brothers of Peace (hop, hop, hop), Mandoza (stadium rock vir die nuwe SA) en Selaelo Selota (nog ’n hoogtepunt — die man het genoeg energie om dooies op te wek!) bring dinge einde se kant toe. Dis amper per abuis dat ek op Otoplasma afkom, ’n Pretoria-girl genaamd Cobi se elektroniese projek. Met ’n makker agter die rekenaar in beheer van visuele effekte, draai Cobi die lieflikste ritmes uit haar toerusting uit — Felix Laband beter op die uitkyk wees: spaced-out jakaranda-beats gaan sy Langstraat-moves een van die dae inhaal.

pierle
An PierlŤ, bouncing ball en haar band
Volgens organiseerder Carel Hoffman was die skares omtrent so groot soos verlede jaar, rofweg 15 000 mense wat oor vier dae die fees besoek het. Sy persoonlike gunsteling-gigs was Joe Nina, An PierlŤ (sy’t selfs pragtige voete, genuine), Brothers of Peace en The Most Amazing Show. Ek sal hierby Kobus!, Stokvel Crew, Gito & Nibs, Sons of Trout, Stuntman vs Frost, Selaelo Selota en Golliwog voeg. Maar elke man het sy plesiere, so moet niks glo wat ek julle vertel nie en boek solank tyd af by die werk vir hierdie tyd volgende jaar.

Mag Oppikoppi nog lank mense in warm tente met hoofpyne laat wakker skrik met vreemde mense wat aan hulle voete lÍ en snork.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.