KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Om te Breyten

Pieter Redelinghuys

Om te Breyten of om nie te Breyten nie, dis die vraag. Ek sal verkies om te Breyten, al is dit net met elf (met ’n baie simpatieke oor, twaalf) van die agttien snitte op die nuwe en langverwagte CD.

Aan die idee skeel daar net mooi niks. Trouens, Albert du Plessis verdien eervolle vermelding. Hy het die gaping gesien en geslaan om een van ons land se voorste digters ook ’n musikale “edge” te gee. Breyten Brentenbach verdien die behandeling wat hy van die stuk of sestien musikante gekry het, hoe “hoofstroom” of hoe “alternatief” die behandeling dan nou ook al was. It was long overdue, soos die Engelsman sou sÍ.

Probleem met ’n CD soos diť is: wie de hel moes die kans kry om Breyten se gedigte te toonset? Dis immers ’n eer om te begin tokkel aan ’n groot gees soos diť se woorde.

Wie uiteindelik die besluit oor die kunstenaars geneem het — ek vermoed dis die platemaatskappy — het skynbaar in terme van “rand en sent” ook gedink. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dis ’n gesonde besluit — die produk moet tog verkoop.

Maar om die produk te laat verkoop, moet jy ’n paar ganse hÍ wat goue eiers kan lÍ. Jy moet ’n paar name in die musiekbedryf inspan, met ander woorde, wat in die hoofstroom van Afrikaanse musiek ronddobber, sodat ’n breŽr luisteraarspubliek by die projek betrek word.

As die Om te Breyten CD gemaak is met kunstenaars soos Battery 9, Valiant Swart, Koos Kombuis, Paul Riekert, Gert Vlok Nel, Duusman, Beeskraal, Brasse Vannie Kaap, Prophets of da City, Springbok Nude Girls en BOO!, om enkeles te noem, sou dit waarskynlik geflop het in terme van Rand en Sent.

Die sogenaamde “alternatiewes”, of liewer daardie groep musikante wat buite die hoofstroom van Afrikaanse luisterliedjies rondbeweeg, is ongelukkig gestigmatiseer in musikale terme en dit impliseer ’n kleiner, eksklusiewe gehoor.

Om diť rede is bekendes soos Steve Hofmeyr, Mynie Grovť, Lize Beekman, Lieze Stassen en Johannes Kerkorrel ingespan — hulle moet Om te Breyten help verkoop, as’t ware. Amanda Strydom ontsnap die verwysing danksy ’n inspirerende vertolking van “Dagreis vir ’n Mens”.

Die goue eiers is egter die windeiers in diť CD se geval. Nie dat die snitte swak is nie, inteendeel. Dis musikaal, noot vir noot (sic) net so goed soos die res van die bydraers. Maar vir my het dit nie daardie “edge” wat ek met iemand soos Breyten Breytenbach se woorde wil assosieer nie. Daar is ’n afwesigheid van momentum, ’n tekort aan skop — dis te “smooth”, te verwater, te veilig ... te hoofstroom-vervelig.

Steve Hofmeyr — wat goed begin met ’n (te kort) aanhaling uit ’n bekende Breyten toespraak — verpulp “Soos ek SÍ”, Kerkorrel teem aan met “Aa Mens!” en Mynie se stroperige “Oun’” is pap en leweloos. Beekman se “Rooiborsduif” is kort en oninspirerend terwyl Stassen se stem totaal oordonderend en dramaties “’n Brief van hulle Vakansie” aandurf.

Dis die snitte wat pla. Dis res wissel tussen heel gangbaar (Anton Goosen en Amanda Strydom) en manjifiek (Duusman, Paul Riekert, Laurinda Hofmeyr, Brasse Vannie Kaap — en presies in diť volgorde).

’n Mens wil nie te veel aangaan oor die top-snitte op die CD nie. Die luisteraar moet maar self gaan luister hoe skitterend Duusman te werk gaan met daardie ontsaglike mooi “Die sterre is wurms in die Heelal”, hoe Riekert die Breyten kortverhaal “Sin vir waardes HO! Mannekyne” in ’n surrealistiese klank-scape omvorm, hoe Laurinda Hofmeyr met trom, viool en stem “Ek wag in My Hart” ’n unieke, nuwe snykant gee.

En dan is die BVK se hip-hop wat inskop met iets oorspronkliks, iets nuuts en David Kramer en Valiant Swart wat ook hul Bolandse rock & roll-streke uithaal met ongepubliseerde Breyten pittighede.

Daar is baie om oor opgewonde te raak op Om te Breyten en ofskoon die platemaatskappy waarskynlik albei kante van die broodjie wou botter, is dit ’n geslaagde produk diť wat met oorgawe geluister kan word. Net een woordjie van waarskuwing: spring om vadersnaam sommer uit die staanspoor na snit twee, want wat presies die vervlakste idee was met Cobus Robinson se “aankondiging” op snit een, weet die Gallo Gode alleen.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.