KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Dis lekker om te breyten

Johann Kotze

Nadat daar reeds heelwat publisiteit rondom die Breytenbach cd verskyn het en met verwagtinge wat opgebou is weens die vertraagde vrysteldatum — om te breyten sou reeds by die Oudtshoorn kunstefees beskikbaar gewees het — kon mens seker verwag dat al wat ’n Afrikaanssprekende met ’n bietjie belangstelling in die kunswÍreld by winkels sou inloop om nuuskierig na die cd te luister met die oog daarop om dit moontlik aan te koop.

En dis juis hier waar die eerste probleem opkom vir die voornemende koper, en die probleem lÍ nie by die cd nie, maar by die luisteraar. In die cd-winkel waar ek Saterdagoggende werk, het die eerste kliŽnt wat opgewonde die omslag van die rak gehaal het, nŠ so vyf snitte heel verbaas verklaar dat sy glad nie daarvan hou nie. Nie wat sy verwag het nie. Wat sy nou eintlik verwag het, sou geen mens kon raai nie, maar ek is seker dat die gemiddelde luisteraar van, sÍ nou maar, Coenie de Villiers wat ook toevallig ’n bundel of twee van Breyenbach besit, beslis nie voorbereid gaan wees op die hip-hop-klanke van Brasse vannie Kaap of die rumoer van Battery 9 nie.

Ek kon nie anders nie as om in my Insig rubriek te skryf dat die “konserwatiewe, letterkundig ingestelde baie styf aan sy leerstoel sal moet vasklou wanneer Battery 9 wegtrek”. ’n Mens wonder eenvoudig net hoeveel ywerige lesers van Breytenbach is oopkop genoeg om lank genoeg na hierdie progresiewe hutspot te luister sonder om dit vererg te verwerp as “pop-stront”. Self sukkel ek eerder om na die plastiek-pop van die Steve Hofmeyr openingssnit te luister. Waarom sou die professor wat popmusiek haat, hierna luister? En natuurlik kan ’n mens redeneer dat letterkunde nie net gemaak word vir mense wat nie van popmusiek hou nie.

Gelukkig sal daar vele luisteraars wees wat vir albei genres lief is, wat sal kan glimlag by die aanhoor van David Kramer wat ’n ongepubliseerde liriek in die vorm van ’n volksverhaal oor die legendariese Koos Sas sing. Ook is dit dan die bydraes deur die kunstenaars wat die Breyten lirieke hul eie maak en met hul eie individuele style saamsnoer, wat die meeste oortuig.

Piet Botha se “Verslag” klink soos enige van die talle besonder goeie liedjies wat op sy eie albums verskyn. Maar wat gemaak as jy nou nie van Piet, of Mynie Grovť of Johannes Kerkorrel hou nie? Hou jy genoeg van Breyten se werk en van musiek in die algemeen (en nie noodwendig Afrikaans nie), behoort die oopkop luisteraar genoeg aanklank te vind by minstens die helfte van die snitte. In vergeleke met die meeste pop-cd”s waarop jy gelukkig is om meer as twee goeie snitte te kry, is dit ’n uitstekende aanbod. En met tydlose en tydbeproefde lirieke deur ’n internasionale digter kan hierdie album mos net beter wees as die meeste.

En beter as die meeste is dit beslis. Wanneer Laurinda Hofmeyer “Ek wag in my hart” aanpak met ’n herhalende trom, met ’n herhalende en hipnotiese agtergrondsangrefrein en skreiende viool, word hierdie gedig getransformeer in ’n magistrale inkantasie van woord en lied. Vir die vrou in die cd-winkel wil ek eintlik net vra “wat meer kan jy verwag as dit, as hierdie puik stukkie werk?”

Ook Amanda Srydom se “Dagreis vir ’n mens” behoort die meer gewone luisteraar tevrede te stel. Haar kenmerkende stem vul die uiters moderne klanklandskap van die komposisie met warmte.

Johannes Kerkorrel se bydrae is maar redelik middelmatig en Valiant Swart klink effe baie na David Kramer. Die ongeplubiseerde “Die nag is stout” is egter nommerpas vir hierdie eietydse skrywer van kultus-rock, wat beslis besig is om ’n groter hoofstroom-aanhang te verkry.

Nuweling Wouter Van Den Venter lewer ’n funk-agtige nommer met redelike sukses. Dit is amper vreemd om hierdie tipe musiek te assosieer met sulke kwaliteit lirieke. Lize Beekman se “Rooiborsduif” klink so half soos ’n mens sou wou hÍ dit moet — stillerig en met mooi kitare. Lieze Stassen se “’n Brief van hulle vakansie” is beslis die naaste aan ’n letterkundige interpretasie — sy vertolk die gedig met ’n diep, uit die keel, blues persona aan die woord.

Behalwe vir die aweregse en wonderlike vermenging van ’n Breytenbach-medley deur Ampie Coetzee met die rap en hip-hop (’n hedendaagse dans- / klub-styl) van Brasse, is die ander hoogtepunte vir my beslis die surrealistiese gevoel van Paul Riekert en van Duusman. Albei bydraes is erg modern, maar ook tydloos en universeel. Vreemd miskien vir die Coenie-aanhanger, maar ek twyfel sterk of Breyten soos Coenie sou klink, sou hy by tye van die skrywe van “Sin vir waardes ho! Mannekyne” en “Die sterre is wurms in die heelal” ’n rockmusikant gewees het.

Hierdie album is geÔniseer deur Albert du Plessis, ’n groot Breytenbach aanhanger en met ’n lang verbintenis tot die plaaslike musiekbedryf as klankman en nou ook vervaardiger. Tesame met Anton Goosen het hulle die projek aan die gang gekry. Dieselfde Anton wat doerie dae van die luisterlied daardie pragtige “om te breyten” getoonset het, en die inspirasie tot hierdie versamelwerk verskaf het. Interessant dan om ook na sy hedendaagse bydrae met “ek sal vir jou ’n leeu gee” te luister. Hier hoor ons iets wat die gevoel van nou stewig vasvat in die vorm van ’n Afrikarock-aanslag soos dit hoort.

Breyten was glo besonder in sy skik met die aanhoor van hierdie projek en dit dra sy goedkeuring ten volle weg. Ek hoop die voornemende kopers sal ook hulself die vergunning bied om met ’n oop gemoed hierdie album te beoordeel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.