KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Koos Kombuis en Jurie Els sing saam op die Afrikaanse Musiekfees3

Uitgereik deur Frans Swart

Koos Kombuis en Jurie Els gaan saam sing op 25 September 2004 in die Afrikaanse Musiekfees3 by Carnival City. Sewentien van Suid-Afrika se topkunstenaars sal op een verhoog te sien wees, wat van die Carnival City Afrikaanse Musiekfees een van die grootste musiekfeeste in die land maak.

Nina en ThysKunstenaars wat gaan optree, is Nina Swart, Thys-die Bosveldklong, Guillaume, Eclipse, Helene Bester, Jacques Botes, Jannie Moolman, JJ Stephens, Johnny en Vivian, Juan (Floors) Oosthuizen, Jurie Els, Koos Kombuis, Lize Beekman, Lucas Maree, Rina Hugo, Robbie Klay en Saranti Rheeders.

Besprekings kan gedoen word by Computicket (011) 340 8000 of op die internet by www.computicket.com. Groepbesprekings teen laer pryse by Di Sparks (011) 648 7385 of by 073 208 8483.

Jurie en Koos saam op een verhoog?

Jurie ElsJurie sê: "Van Koos se liedjies is seker die beste liedjies wat ooit in Afrikaans geskryf is. Dit is daarom vir my 'n groot voorreg om saam met Koos op te tree. Trouens, dit is beslis een van die grootste hoogtepunte in my ganse loopbaan. Ek sien hierdie ook as 'n stap in die regte rigting wanneer sogenaamde opponerende musiekgenres begin brûe bou … dit gaan uiteindelik tog net oor die bevordering van musiek in geheel!"

En Koos se reaksie: "Ek is moeg dat ons musiek in verskillende kampe plaas. Wie besluit watse musiek is 'cool' en 'nice' en watter nie? Jy hoef natuurlik nie met almal saam te stem nie, maar jy behoort respek te hê vir ander se werk. En alhoewel ek en Jurie dalk tradisioneel in verskillende kampe ten opsigte van musiek was, het ek nog nooit iets teen hom gehad nie. Inteendeel, ons het goeie vriende geword. Ek is moeg vir die bakleiery tussen kunstenaars … Dit maak my net vreeslik moeg en dit raak vervelig! En ek en Jurie gaan sorg vir 'n baie mooi song wat ouens vir lank gaan onthou. Ek haat rock-snobisme baie meer as wat ek kommersiële musiek haat."

Koos KombuisKoos sê verder: "Soos David Kramer tref ek ook 'n onderskeid tussen musikante en entertainers. Albei hierdie groepe mense verdien hulle brood met harde werk en toer. Hoewel ek self eerder na die werk van eersgenoemde groep luister, kom ek baie goed oor die weg met laasgenoemde groep; ek vind die entertainers van ons industrie 'n besonder pretensielose en aangename groep mense. Daar is nie een van hulle wat vir hulleself airs aansit en probeer voorgee dat hulle groot kunstenaars is nie; hulle is sakemanne en -vroue. Hulle het selfs respek vir wat ek doen, hoewel ek self nie juis die grootste of mees oorspronklike 'musikant' van die lot is nie - to be honest, my eie roots lê by die jeugdige Des Lindberg en by Kinky Friedman. En die line-up van die Afrikaanse Musiekfees3 probeer juis om 'n balans tussen 'musikante' en 'entertainers' vind. Ons gaan lekker konsert hou!"

WEN KAARTJIES NA DIE AFRIKAANSE MUSIEKFEES3!

Lesers staan 'n kans om kaartjies te wen na die Afrikaanse Musiekfees3. Al wat jy hoef te doen, is om die volgende na 35450 te SMS: MUSIEK LITNET of stuur vir ons 'n epos na fransswart@tiscali.co.za en se vir ons hoeveel kunstenaars tree die jaar op in die Afrikaanse Musiekfees3.

Wenners sal telefonies in kennis gestel word en die Redakteur se beslissing is finaal.


Vir meer inligting, klik hier
Vir medianavrae, bel: 082 468 2732



LitNet: 10 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.