KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Jan Blohm confess in mooiste Afrikaans

Erns Grundling

Wen! Wen! Wen!

’n Gelukkige leser kan een van Jan Blohm se cd’s wen. Stuur ’n e-pos vir Erns by erns@litnet.co.za met die naam van 'n song deur Jan Blohm. Noem ook die name van drie Suid-Afirkaanse kunstenaars wat jy graag in KlankKas-artikels of resensies wil sien.

Bestel nou by kalahari.net!

Resensie: Melkstraat Confessions, deur Jan Blohm en out of the blue.
Opgeneem by Melkstraat Studios, Pretoria
Wildebeest Records, 2003
(Klik op die cd-omslag om te bestel by kalahari.net!)

 ... daar wys ek julle die Fender Super Reverb Amp vol magic en my custom Jap-Strat vol overtones ... ons hopelose struggle na identiteit en die blues - daar gee ons vir julle ons confessions, want Afrikaans is ons priester. - Jan Blohm

Melkstraat en Kakstraat loop tien teen een parallel in dieselfde suburb. En Jan Blohm is geen melkbaard by enige van hierdie twee adresse nie. Daarvan getuig die deurleefdheid van sy musiek en lirieke.

Ek hoor reeds 'n geruime tyd van diť Blohm-bra, wat besig is om veral Pretoria warm te sing. Sy manager, Kabous Verwoerd, is verwoed op die foon, en mettertyd reŽl ons 'n pospakkie na Stellenbosch met 'n handvol eksemplare van Blohm se Melkstraat Confessions.

Die omslag val mens dadelik op. 'n Verweerde Fender-amp, 'n Hohner-bekfluitjie (of "mondorrel", soos my Duitse landlady altyd gesÍ het), 'n bottel OB's en 'n asbak. Is daar enige beter middele om mee boete te doen as bogenoemde?

Ek is aangenaam verras met die musikale verskeidenheid van die CD se tien snitte. Die lirieke is plek-plek lekker melankolies, maar nooit so dat jy desperaat na Minoras begin soek nie. Ander is weer in 'n meer ligte trant, en met bietjie verbeelding sal die opgewekte tunes kan gatskop by 'n braai.

Melkstraat Confessions skop af met "baby baby", 'n luilekker love song met 'n akoestiesekitaar-ritme wat sy storie ken. Tydens die koorgedeelte laat Blohm se diep, meesleurende stem mens plek-plek dink aan Theuns Jordaan. Blohm is egter geen Jordaan-kloon nie. Met ander woorde, diť wat van Theuns hou sal dit vanselfsprekend verwelkom, terwyl diegene wat nie gek is oor Theuns nie, steeds oortuig behoort te wees van Blohm se eie stem(pel).

Die tweede song ("anna") is heelwat meer lewendig, met op-en-wakker tromspel en 'n stewige basritme wat domineer. Blohm sing hier oor ene Anna se doen en late. Sy is duidelik nie 'n meisie wat jy sonder 'n elektriese kitaar aanpak nie. Die trant is meer rock, met Blom se rasperstem wat verbasend baie herinner aan 'n hees Kurt Cobain tydens die MTV Unplugged-vertoning jare gelede in New York. Dis nie noodwendig kritiek nie, en dui eerder op sy veelsydigheid.

"breyten se brief" is 'n pragtige ballade wat beslis maar op rsg en ander radiostasies kan weergalm. Die inleidende kitaarspel herinner sterk aan 'n Ben Harper-intro op Live from Mars. (Terloops, as jy nie vir Ben Harper ken nie, klik hier en kom by!) Die melodie is veerlig, die lirieke verfrissend:

So wals my my lief
laat my in angels believe

Ek het gesÍ jy is die son
in Breyten se brief
want daai maak ons huil
maar jy maak my sien

Sunnyside se poems dryf my sweet sherry toe
het jy 'n clue my baby blue
my rosie so true

En daar's dors in die tyd
sing die Kaapse wind suid
kom lÍ in my arms
ek het als weggesmyt.

"9mm blues" is bloubloed blues. Daar word gesing oor ene Johnny. Hy is verskriklik jags oor 'n "wyfie met die lyfie":

Luister draak maak dit saak of ek vat of net raak want daardie niggie ontstig my en ek wil net vry.

Maar hy sit helaas opgeskeep met die verdoemende blues. En nie sommer enige blues nie, die 9mm blues. Spits gerus jou ore tydens die song se bekfluitjie-solo.

"rooiwyn en mary-jane" is nog 'n rustige tune, met 'n koortjie wat op mens groei. 'n LiterÍre verwysing kruip ook moeiteloos in by een van die verse:

rooiwyn en mary-jane
pass die bottel
maak my weer sane
rooiwyn en mary-jane
wat gif is vir jou siel
is fine met my

en laat my vlug
in sulke wit dooie bome
ja bring die lig en bring my drome
ek's te ver van jou
as jy hard times kon kou
te ver van nou
NP van Wyk Louw.

"boere cinderella", met sy ritmekitaar en uitasem bekfluitjie, herinner baie aan Valiant Swart, terwyl die koortjie net sowel 'n onontdekte Anton Goosen-liriek kon gewees het. Weer eens is dit nie noodwendig 'n slegte ding nie; Blohm doen genoeg om sy eie stem en styl na vore te bring.

Die klavierspel op "sondag lover" skep dadelik die regte atmosfeer. Nog 'n rustige tune, oor iemand wat bedwelm met Spaanse reuke.

dors my les met jou soet gesange
onder bome vleg hinderverlange
van die lonesome volk
en ek en jy op ons wolk.

"aan elize" is 'n blues song oor 'n "superficial gedaante", engele wat huil, en 'n versugting om kwelle vir Valium-pille te verruil. "Voodoo" wemel ook van die blues, met 'n koortjie wat geen geheim van die voodoo se erns maak nie.

Gee my 'n whiskey gee my 'n gun want jou voodoo wil my vang.

Die laaste song, "melkstraat", is nog 'n meesleurende ballade. Hier en daar klink Blohm tydens hierdie song vir my soms te veel na Steve Hofmeyr, maar dis ook orraait. Die melodie en lirieke is sterk genoeg om te verseker dat die album op 'n baie luisterbare manier eindig.

Die tien snitte is nie baie lank nie - mens kan die CD deurluister in bietjie meer as 'n halfuur. Dis beslis die moeite werd om na Jan Blohm se songs te luister. Hy behoort aanklank by 'n wye gehoor te vind, sonder om te hoofstroom te gaan en sy kreatiewe aanslag prys te gee.

In die CD-notas skryf Blohm oor waar hy en sy groep "bymekaarkom, om rondom oop vure en oorlede bierbottels filosofie te temper. Oor ons taal, die taal waarin ons ons tienerangs beleef, huil, kots, lag, doodgaan en soms liefde maak ..."

Die "taal" het meer talentvolle sangers en musikante soos Jan Blohm nodig. Dit sal baie interessant wees om sy loopbaan nou verder te volg, en te sien of daar nog soortgelyke aangename songs in Jan se Blohmtuin te vinde is.

Hopelik maak hy nog heelwat draaie vir boetedoening by sy taal se priester Ö



LitNet: 7 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.