KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Sakkie laat Mambazo ander deuntjie sing

Maatjan Lampbrecht


Komponis, pianis en verwerker Isak Roux is verlede jaar September deur Louis Heyneman as “Afrika se wÍreldseun” bekendgestel.

Roux is inderdaad ’n uiters begaafde en veelsydige musiekkunstenaar wat met Afrika tuis is in die groter buitewÍreld. Suider-Afrika klink op uit en eggo in bykans elke noot en sekwens van note waarby hy kreatief betrokke is. Met raakvat-musikaliteit en dikwels bedrieglike eenvoud verweef hy sy algehele musikale en maatskaplike agtergronde. ’n Mens hoor die stapelritmes van Afrika, die jazz-wendinge, die eg Suid-Afrikaanse volksmelodieŽ, hetsy van Kaaps-Maleise, Boere- of Zulu-oorsprong: “Ghommaliedjie”, “On the farm”, “Mopani”. Selfs in Roux se paar (post-) avant-garde-komposisies in kontemporÍr klassieke styl hoor diegene wat fyn luister, Suid-Afrika.

Tot hierdie beskeie kunstenaar se reeds indrukwekkende en groeiende lys prestasies word vanjaar ’n besondere samewerking gevoeg. Die Internasionale Klassiekemusiekfees (ICMF) het Roux vroeg in 2003 opdrag gegee om ’n program vir die internasionaal befaamde Ladysmith Black Mambazo en English Chamber Orchestra saam te stel en te verwerk. ’n Studentedroom word uiteindelik bewaarheid. Vir die eerste maal hoor die publiek dan Woensdagaand 5 November 2003 ’n keur uit die Roux-LBM-samewerking tydens die Openingsgalakonsert van die ICMF in Pretoria.

Vir die eerste maal, want die dertiental verwerkings, onder andere van Roux se “Dona nobis pacem”, van Ladysmith Black Mambazo se “Homeless” en van Schubert se “Heilig, heilig, heilig”, word opgeneem vir Ladysmith Black Mambazo se nuwe CD wat vroeg in 2004 internasionaal vrygestel gaan word.

Tydens ’n onlangse diepte-onderhoud het Roux gesÍ dat hy nie aan Ladysmith Black Mambazo se styl gekarring het nie. Dit moes kenmerkend isicathamiya bly, die kennaam van Ladysmith Black Mambazo se Christelik-gebaseerde soort musiek. Hy beskou die feit dat Europa hom geleer het om “onnodige goed uit te smyt”, as deurslaggewend vir sy oortuigende verwerkings van en vir Ladysmith Black Mambazo. ’n Noodsaaklike abstrahering, sodat “jy nog deurskynend bly in die orkes, sodat Ladysmith Black Mambazo se deurskynende soort musiek bly bestaan en nie oorweldig word deur verskriklike orkestrasies in die agtergrond nie”.

Dat hulle samewerking egter waarlik kruisbestuiwend is, kan afgelei word uit wat Joseph Shabalala uitgeroep het teen die derde luisterslag na Roux se “Dona nobis pacem”: This is a Mambazo song!

Wie is hierdie Isak Roux wat so sinvol en gemaklik gesels en gemoedelik na homself as “Sakkie van Stuttgart” verwys?

’n Mens sou saaklik kon bly en sy ganse curriculum vitae oorskryf.

So sou ’n mens sien dat die kleine Roux op vyfjarige ouderdom ’n trekklavier present gekry het en op elf begin het met formele klavierlesse nadat hy by sy ma basiese klavierlesse gehad het. Dat hy toe hulle gemeentesang begelei het en benewens sy eerste liefde, klassieke musiek, ook ’n lewendige belangstelling in pop-, rock- en jazzmusiek ontwikkel het. Jy sou sien dat hy, benewens optredes as klassieke solis, al van skooltyd af op troues, in hotelle en restaurante gespeel het om sy eie inkomste te verdien.

Jy sou jou vergewis het dat hy musiek aan die Universiteit van Natal gaan bestudeer het en oa die geslaagde rockproduksie, With a little help from my friends, op die planke gebring het. Ook dat hy tydens sy militÍre diensplig verwerkings vir ’n opkomende rockkunstenaar gedoen het en as solis in die Staatsteater opgetree het. Dat hy later aan die HoŽrskool Port Natal die skoolkoor tot groot hoogtes met sy skitterende verwerkings gelei het. Dat hy bekende sangers en kabarette begelei het. En dat hy in 1989 onder Kevin Volans ’n M.Mus. in absentia behaal het. Die titel: Local music: Exploring the technical possibilities for establishing a South African compositional style. “In absentia”, want hy was sedert 1988 reeds in Stuttgart.

Dan sou jy met ’n reeks kontemporÍr klassieke komposisies gekonfronteer word waarin hy juis uitdrukking aan sy M.Mus.-verhandeling gee: Song of the Urban Wanderer (vir viool en harp); …tudes in African Rhythm (later uitgebrei tot Preludes in African Rhythm for Piano); Sketches (vir fluit en marimba); Ritual: Dance for Two Pianos; Four African Scenes (vir houtblasers); Home: Short Pieces for Piano; Balafo: …tudes in African Rhythm (vir twee marimbas).

Dit benewens meer avant-garde-komposisies soos lines, fragments and machines; Inadvertant Dialogues (vir voorbereide klavier); Small Chronicle (vir klarinet en klavier) en Two Constructions (vir hobo en tjello).

En dan sou jy kennis neem van die mini-oratorium Stations/Kreuzweg/Stasies (vir basso profundo, spraakstem, strykkwartet, perkussie, klavier en klavesimbel) en Tekweni (vir saksofoonkwartet), sy omvangrykste komposisie tot dusver.

Jy sou sien dat die Klavierpreludes as siklus of ten dele in die repertoires van konsertpianiste soos William Chapman-Nyaho, Peter Winhardt en Nico Benadie opgeneem is, dat Ritueel al deur die Londense Small Bones Dance Company van Paul Douglas as moderne ballet opgevoer is, dat die Vier Afrikatonele deur Domus Quintett en Tekweni deur Saxofourtť opgeneem is.

Sonder dat jy daarvan bewus is, het jy dalk al oor die radio snitte gehoor van Isak se kommersiŽle “hamburger & coke”-albums, Piano Afrika en Piano Afrika 2: Honky Tonk Solo, dalk “Boogie for Bokkie”, dalk “Jan in Vienna”?

Miskien is hierdie soort papiersaaklikheid dus al vir jou verbreek en het jy die voorreg gehad om die man in aksie te sien of te hoor, voor en/of na sy selfopgelegde ballingskap.

Wat is dit wat jou omtrent Isak Roux opgeval het? Sy onopgesmuktheid? Sy gemoedelike minsaamheid? Sy sjarmante sin vir humor? Sy ingeligte menings? Of toe jy sy klavierspel of van sy ander musiek gehoor het, wat was dit? Was dit sy persoonlike bel canto-styl op die klavier, sy virtuositeit, die eerlikheid en integriteit van sy musiek, die onopdringerigheid daarvan, die feit dat dit nooit so esoteries word dat dit musikaal kant nog wal raak nie?

Maar selfs dan bly dit slegs ’n lysie prestasies en indrukke van seker een van die belangrikste lewende komponiste wat Suid-Afrika nog opgelewer het. ’n Mens kan beswaarlik die vervlegting van belangrike aspekte van die mens, Isak Roux, in so ’n lys miskyk: sy matelose vaderlandsliefde, sy onverbloemde en immer teenwoordige spiritualiteit, sy deursettingsvermoŽ en gedissiplineerde hardwerkendheid, en sy veelsydigheid waaruit ’n bereidwilligheid blyk om deur ander se musikaliteit beÔnvloed te word sonder om sy eie styl in te boet.

Inderdaad het Suid-Afrikaanse luisteraars, kykers, gehore en medemusikante sedert 2000 beter met Isak Roux kennis gemaak in ’n hele paar onderhoude en gereelde konsertoptredes.

’n Paar opmerkings is sedert 2000 plaaslik oor sy werk gepubliseer.

Sů het Willem Bester, met verwysing na Roux se optrede tydens die KKNK-hooffees van 2001, in Krit gesÍ: “Sy meesterlike hantering van jazz-klavierspel is duidelik. Hy word egter nooit so esoteries dat hy sy gehoor iewers langs die wapad verloor nie: daar brand altyd die lig van ‘ons eie’ musiek”.

Johan Cromhout merk laasjaar Augustus oor Stasies in die Volksblad op: “Stasies is ’n eg Afrika-geÔnspireerde weergawe van Jesus se lydensweg. Dit het wonderlike improvisatoriese elemente, wat beslis nie in almal se smaak val nie, maar Roux slaag daarin om met minimalistiese gebruik van stem en instrumente ’n komposisie met ’n eiesoortige trefkrag te skep.”

Miskien vat Paul Boekkooi in Beeld oor Roux se optrede saam met wyle Jake Lerole in laasjaar se Afrika-Erfeniskonsert in Johannesburg iets van die essensiŽle Roux saam: “En Roux se enkele solo is eintlik slegs ’n voorsmakie van ’n Afrika-mens wat dit in ’n universele musiekwÍreld met trots mŠŠk.”

En jy wonder: Wat vorentoe?

’n VoŽltjie het gefluit dat Piano Afrika 3 opgeneem gaan word en dat dit Alleluia gaan heet. ’n Ander voŽltjie het gefluit dat ’n grootskaalse Suid-Afrikaans veeltalige werk vir gemengde koor, solostemme en musiek vir einde 2004 beplan word. Dalk die “ReŽnboog-kantate”, om die nuwe Republiek se eerste dekade te gedenk - wie weet?

Isak Roux is inderdaad die wÍreld se musiekseun, maar dan die een met ’n ongekompliseerde musikale geworteldheid in Afrika, met ’n heerlike openheid teenoor Suid-Afrika se mense en kulture en met ’n onverbloemde deelname aan die Afrika-Renaissance-droom. Dalk tog ’n Boerseun.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.