KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Openbaringe aan ’n ‘koppi-ganger’

Christo Lombaard

Oor Oppikoppi moet jy nie romantiese idees h nie. As jy drome koester van ’n naweek van skone natuur, skoon mense en wonderskone musiek, sal die laaste twee bakens voor die afdraai Oppikoppi-plaas toe jou dalk aarde toe bring. Die voorlaaste baken is die bordjie na die supermark, wat heet “Good Luck”! Dit is al ’n waarskuwing  Die laaste baken is die bruggies oor, nou ja, die Bierrivier.

Kom mens drie-uur die Vrydagmiddag daar aan, is jy al amper te laat. Naby kampeerplek kry jy nie. Die grapkaste is reeds daar. Op pad musiekmaakplek toe sien jy die oudste en lelikste tent denkbaar, maar buite pryk ’n advertensiebordjie wat die eienaar rens vasgel het: “Sold by Sotheby’s”.

Soos die naweek vorder, raak die roete tussen die tentedorp en die musiekverho al hoe interessanter: blikkies en bottels wat Hoveldse doringstruike tot amperse Krismisbome versier; diverse ondergewade wat aan ander plante hang. In beide gevalle, raai ek, word die een of ander telling gehou ...

Die stalletjies is vol pret. By ’n tipiese kerkbasaar-pannekoektent is ’n klein nota opgeplak: “Net kaneelsuiker. G’n ander vulsels nie. Di’s nie vetkoek nie!” ’n Paar tree verder bied twee dames hulle dienste aan, om jou handpalm te lees. Maar hulle sal nie baie geld maak totdat die Oppikoppi-stortgeriewe verbeter nie: my hande is so bemodder-en-bebraaivleisvet dat die sigeunerin haar van argeologiese werktuie sal moet bedien om m lewenslyn na te speur. Aan die ander punt van die opslaanmark is selfs seksie metaalbeslane leerklere, vir gebruik agter geslote (tent-?) deure, te koop. Saterdagaand net na agt al maak die Chipstix-waentjie toe: hulle 250 tienkilogram-aartappelsakke is leeg gebraai! En almal dog Oppikoppi-gangers drink net 

Die mense wat Oppikoppi bywoon, is nie eintlik van di soort wat omgee wat ander van hulle kleredrag dink nie. Alles tussen kakie kortbroek met vellies en Gothic met dosyne neusbelle kom voor. Een popsie wat di Bosveldplaas in haai polfaais kom aandurf het, moes teen Vrydagnag al haar skoene wegmaak.

Daar’s van alle ouderdomme en kulture. Sommiges daag op met net hulle klere aan en geld in die sak. Ander is rgeorganiseer, met ’n mikrogolfoond, of ’n “date” van die internet af wat jou Saterdagaand om elf ontmoet 

Die eintlike ding waarvoor almal daar is, is die musiek. Of s sal hulle bely, met ’n drankie in die een hand, die ander arm om ’n sluwe lyf geslaan, en met iets in die mond wat rook. Di wat regtig daar is vir ’n klankfees, kan nie kla nie. Musiek word opgevoer op drie verho, 18 uur per dag. Maak die een groep op die een verhoog klaar, het jy ’n minuut om oor te skuif na die ander toe waar die volgende groep begin musiek maak. Teen ’n steilte op, waarteen mense met koelkaste tussen hulle swaardra-al-aan-die-een-kant opsukkel, is ’n kleiner verhoog. Dis dr waar jy Andries akoesties kan sien, sonder die res van die Brixton Moord en Rowers, of vir Ollie Viljoen op sy trekklavier saam met ander musikante, soos Albert Frost, kitaarspeler van formaat. Groot boeremusiek-aanhangers sou maar suur daar weggegaan het, want oom Ollie is die lewendelywe-bewys dat boeremusiek en jazz baie naby familie van mekaar is.

Ook by die boonste verhoog kry jy die mees eksperimentele musiek, waarvoor nie almal kans sien nie, maar wat die weg baan na wat in ons musikale mre l. Met heel bedaarde, selfs romantiese liedjies sien jy ’n orkeslid met draaitafel en plate — van die soort, uit die dae vr CD’s — wat ritmies krap-skuif-krap-skuif-krap. In my jong dae was ek in die sop as ek dit met my ma se My Fair Lady-plate probeer het. Vandag maak ’n mens geld so. n eksperimenteer met deuntjies 

Terug ondertoe, by die groot musiekverho, word die naweek se mees lojale uitsprake oor die Afrikaanse taal gemaak deur ’n reggae-orkes waarvan geen lid wit is nie. Hulle sing “Lekka dans”, en mk ook so, op Karibiese ritme. Stop dan skielik. “Afrikaans is mooi!” gil die kitaarspeler in blou overalls. “Jaaaaa!” brul die gehoor terug. (Die voorskreeuer uit die skare is ’n massiewe groot man — verbeel ek my, of is die nuwe geslag Afrikaanses almal reuse? — wat ’n hemp laat maak het uit ’n ou Suid-Afrikaanse vlag. Nietemin, ver bo dit alles wapper die nuwe Suid-Afrikaanse “Y-fronts”. Waarom ht ons dan nasionalisme altyd so nodig ?) Die ritme begin weer. “Lekka dans,” sing almal nou saam.

Die meeste jong groepe rukkenrol in Ingels, en probeer omtrent algar na Nirvana klink, met hier en daar ’n U2-nabootsing, viool en al. Selfs ’n treurige -Void-namaakpoging — die ‘80’s is mos weer mode.

Oppikoppi is lankal nie meer ’n Afrikaanse affre nie — dis te s, as jy na die musiek luister en nie na die voertaal nie. Verder domineer mans di musiekwreld. Interessant is ook die rol wat Tukkies se radiostasie deesdae speel in die aanmoediging van jong plaaslike talent. TuksFM is al ’n ruk lank die beste plaaslike rockmusiekstasie. Nou bevorder hulle aktief nuwe rukkenrollers. Op Oppikoppi kondig hulle die wenner van hulle “rock idols”-kompetisie aan: Walt. Daarmee slaan di trio ’n CD-kontrak los. Kom ons hoop maar net dat, tn die tendense van al wat “idols”-kompetisie is in, ons ’n paar oorspronklike klanke op di CD gaan hoor.

Kobus! is waarskynlik die mees vernuwende van die hoofstroom-rockgroepe by Oppikoppi, met ’n elektriese kitaar en klankrekenaar wat allerlei bekende-maar-vreemde klanke uitkryt. “Hoenderman” is sy groot treffer op die oomblik; my eie teorie is dat hulle eers die hoenderklanke op die rekenaar ontdek het en toe ’n musiekie daarrondom opgebou het. Maar die dronk lummel hier neffens my spreek die onkunde van baie ‘koppi-gangers uit as hy — te gekoring om so waardig te klink as wat hy wil — sy opinie lug: “Di song is goed!”

Dis eintlik hartseer as ’n mens agterkom hoe goed party van die Oppikoppi-musikante is, en jy kan die ure en jare se oefening sn, maar baie van die gehoor is daar bloot vir “die bier en die beat”. Karen Zoid s sommer reguit haar gehoor sleg: dat sy meer geld kan maak deur nder mense se liedjies maar net wr te sing, as wat eie kreatiewe werk inbring. Dan trek sy weg met Antie Anneli se “Ek lewe” van weleer, en wragtig — asof die gehoor Zoid se punt wl bewys — die lot sing sm. Hulle hr nie dat sy hulle slegs nie. Want sien, Karen is die koningin van Afrikaanse rock, en sy kan maak wat sy wl.

Van die manne skree-vra dat Zoid “strip”: hulle is net daar om te kyk watter deel van haar lyf sy di keer dalk gaan ontbloot. Een vent noem haar vet, en vroulief dam die arme ou net daar by. Ek onthou nog goed ’n parallelle geval in die 80’s, toe Lucas Maree — nog voor sy “Ek kan doen met ’n miljoen”-suksesdae — by RAU se Jool-wyntuin opgetree het. Een van die koshuis-rugbymanne het ons sy deurdagte musikologiese mening meegedeel: “Di ou kan nie sing nie; kyk net hoe lyk hy dan ” Soortgelyk redeneer di Oppikoppi-vent anderhalfdekade later: sy ikon van verlede jaar het effe lyf gekry. Nou’s sy nie meer “cool” genoeg nie. Volgende keer sal hy dalk maar sy bek hou oor sulke goed, want ’n petite vroutjie agter hom gaan hom dalkies net weer bykom

Intussen vaar Zoid op die verhoog uit teen iemand wat haar op haar webblad van plagiaat aankla. Zoid kondig haar verlowing aan. Maar bowenal, en beter as almal: Zoid rock! As haar hare en lyf die dromslag na-ruk, en haar aanstaande die kitaar laat skrou van die lekkerkry, dan vl jy hier binnekant jou hoe die musiek lewe. Die musiektradisie uit die Volvry-dae is lankal nie meer alternatief nie. Dis nou hoofstroom. En as jy ’n hart vir rockmusiek het, gaan sit dit in jou bloedstroom.

Terug aan di kant van die Bierrivier het ek ook ’n belydenis, Karen. Al is baie van die ander Afrikaners te plesierig om jou en jou medekunstenaars te waardr, Baby, ek’s nog lief vir jou 

Volgende jaar sien julle my weer.

Naskrif. Geagte SABC2 Nuus om 7 van Sondagaand 10 Augustus 2003: Neem GROOT SAMBLIEF tog kennis dat Oppiekoffie ’n restaurant in ’n TV-sepie is, en nie ’n musiekfees nie. Tw keer het julle dit verkeerd gekry. Die naam van die naweek-musiekjol naby Northam het nie twee f’s in nie, anders as die term waarmee ek julle oor di dubbeldoorblaps trekpas wou gee.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.