KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Vol se nuwe boom

"'n Vinnige entrance en 'n vinnige exit - nes 'n duif wat in 'n skoolsaal invlieg en wonder waarheen is die blou lug." - Werner Carstens
In die Kaap woon vier ouens wat musiek maak en bekend staan as Vol. Katvrou het haar stert gewas, naels ingetrek en hulle nes gaan uitsnuffel.

Dit was hierdie vreemde liedjie, weggepak tussen Piet Botha se "Staan Saam Burgers" en Koos Kombuis se "Bar op De Aar" - die twee albums wat onderskeidelik as Alternatief 1 en Alternatief 2 bekend gestaan het. Een album was so 'n galgeel en die ander een was swart. En daar kon jy vir Vol raakloop. 'n Paar ongewone liedjies in 'n stem wat in dieselfde asem jonk en stokoud klink. Dan klink dit nog skoon ook, soos nuwe longe in 'n tabakwinkel. Die stem het jou vertel van Sara wat haar agterent afvee aan wat mense van haar dink, en van die engel wat in sy wasbak bly.

Daar's 'n engel in my wasbak
wat sit en wag om my gesig te was
met nuwe seep en pikante room
om my te wys dis orraait om weer te droom

Die album is gedoop 34 Suid. Werner Carstens het dit geskep en uitgevoer saam met Morne Joubert, Riaan van Wyk, Seth Winkler en David Michael - die ouens bekend as Vol. 'n Paar van ons wat selfsugtig oor die album gekoer het, kon nie genoeg kry van "Vliegtuig oor die see" nie, en bliksem, die ding gedoop "Langs die N2".

Niemand het regtig geweet wie Werner Carstens is nie. In elk geval, nie een van ons frenetiese Johannesburgbewoners nie.

En mre in die oggendgloed
sal die engel daar wag om vir my te groet
met 'n skeermes en buds vir my oor
om die aanpaksels van gister te verloor.

Tot nou die dag. Iemand het die koue blou lug bokant die stad bekyk en gevra: "Wat het van Vol geword???" En toe nie een van ons patete weet nie, het daar sulke voelers uit Johannesburg begin loop al die pad Kaap toe. En toe ons weer so kyk, kom daar allerhande snawels aan 't pik uit die Kaap uit.

Ek stel graag vir Werner Carstens aan die woord.

"Snaaks dat jy my juis hierdie tyd moes kontak. Ek het die laaste ruk baie gedink oor veranderinge wat ek wil aanbring ten opsigte van musiek - en my benadering tot musiek. Hierdie is dalk 'n baie goeie geleentheid om die kop skoon te kry."

Kom, jy, kry jou koffie. Hierdie ou gaan in jou kop inklim.

"Ek glo 'n song is net die verpakking. As jy eers die lint losgemaak het en die geskenkpapier afgetrek het, kom jy by die eintlike waarheid wat die skrywer laat skryf het. Dit mag dalk nie jou waarheid wees nie, of selfs nie eers die waarheid per se nie, maar dit was waarheid genoeg vir die skrywer om te verewig op die medium van sy keuse. As jy die waarheid mis wat tot die song gelei het, dan mis jy die hele song. Party mense skryf hulle waarheid op 'n rugbybal, ander op 'n rekenaarprogram, party op 'n wetboek en ander op 'n stetoskoop. Van nature skryf ek en elke musikant saam met my dit op 'n melodie. Elkeen moet sy skryfblok ontdek en begin skryf! Ek het vir 'n lang ruk gevoel dat my bladsy vol en my ink op is, daarom het daar nie baie in die Volnes gebeur nie."

Ek dink weer aan daardie Sara.

Sara dra 'n botterblom wat sy plak net soos gom
reg agter haar linkeroor en die meeste mense dink dit lyk goor
maar Sara sy's min gepla, want sy't niemand vir 'n opinie gevra.
Uit: "Sara" - 34 Suid

Werner vertel verder:

"In Julie 1999 het ek 'n paar musikante bymekaar gekry en ses van my liedjies opgeneem. Ek het die demo CD na 'n hele paar platemaatskappye gestuur vir terugvoering en elkeen se reaksie was dat ons nie bekend is nie en dat hulle net bekende kunstenaars opneem. So het Johann Kotze van Afrimusik (gesend is die man) die demo in die hande gekry en besluit om ons 'n kans te gee. Ons het toe in Januarie 2000 nog ses liedjies gaan opneem sodat ons 'n vollengte-album kon uitgee.

"Vol se debuut-CD, 34 Suid, het in Maart 2000 die lig gesien. Ek het op daardie stadium my kop elke aand in Knysna neergel en aangesien die meeste van die songs daar geskryf was - Knysna l op die 34ste breedtegraad - was die naam van die CD vir my vanselfsprekend. Die 12 liedjies op 34 Suid is 'n blik op 12 ervarings van 'n hopelik "normale" Afrikaanssprekende man in 'n klein kusdorpie. Ek skryf oor ervarings, punt. Ek het nog altyd gesukkel om oor die een of ander "issue" te skryf. Ek voel dat daar genoeg mense is wat baklei vir almal en alles se regte. Daar is 'n plek daarvoor, want die walvis moet beskerm word en verkeerde ideologie moet bevraagteken word, maar ek het myself nog nooit gesien as die een of ander profeet wat alles moet kom regmaak en sondaars moet veroordeel nie.

Al waaroor ek kan skryf, is dit wat ek ervaar. Skrikwekkend om te sien hoe ek myself ontbloot, maar dit is die vloek van skryf. Om te s: "Jy weet nie hoe ek kwyn as jou nommerplaat oor die bult verdwyn" en "Jy weet nog nie eers wat's my grootste vrees" - dit stel jou bloot op maniere wat nie verdedig kan word nie. 'Hello julle, dit is wat ek voel. Ek kry ook seer, ek verlang ook, ek is bang jy vat jou goed en loop, ek droom nog ten spyte van al die sterre wat lamppale geword het en verantwoordelik is vir die blou kolle op my kop en die duike in my siel.' Dis hoekom dit 'n vloek is. Ek laat my mal papegaaie los deur liedjies te skryf, maar die papegaaie kan deur iemand anders gevang en in jou gesig teruggegooi word."

Ek het alweer gearriveer waar ek verbyster staan
in my onvermo om 'n besluit te neem
Uit: "Skoen" - 34 Suid

"Vol het 34 Suid in die jaar 2000 by die KKNK bekendgestel. Op daardie stadium was ons vyf ouens - ek, Morn Joubert, Riaan van Wyk, Seth Winkler en David Michael. Morn, Riaan en Seth het later almal vir Boomslang gespeel. Hulle musiek was regtig uniek en ek dink Suid-Afrika bietjie vooruit. Daarna het ons 'n vinnige draai in Stellenbosch gemaak en 'n paar optredes gedoen om die CD te bemark. Riaan het toe 'n paar toutjies getrek en ons by Oppikoppi 2000 ingekry. Op pad na Oppikoppi het die destydse Geraas vir ons 'n video geskiet van "Engel in my wasbak". Die engel in die video was 'n model wat hulle rens gekry het en alles was geskiet in die produksiebestuurder se huis. Ons het net ges: 'Ja oom, dankie oom ' en dit was ons volle bydrae tot die video.

"By Oppikoppi het 'n klomp omstandighede saamgeloop en so het ons op die hoofverhoog beland as die enigste Afrikaanse groep. Dit was nogal kwaai en 'n baie groot voorreg.

"Daardie aand het ek en Valiant vir ure lank oor die musiekbedryf gesels. Hy het gepraat en ek het geluister. Dit was 'n goeie besluit om net my bek te hou, anders sou ek dalk baie wyshede misgehoor het. Dit is belangrik om na ander se ervarings te luister. (Thanks Valiant. Jy onthou dit nie, maar dit was nice vir my.)

"Op pad terug van Oppikoppi na Knysna het ons in Bloem by die Mystic Boer 'n draai gaan maak. Die optrede was lekker, maar die klank afskuwelik. Ek het vyf jaar lank in Bloemfontein gestudeer en gewerk, dus was die plek gepak met al die ou kennisse wat kom ondersteun het. Ongelukkig moes die klankman daardie aand kies om my opgewondenheidsgogga met Doom te spuit. All part of the show, I guess. Ek weet nie of die hele groep dalk daardie aand met Doom gespuit was nie, want dit sou ook Vol se laaste gig wees.

"S spat ons toe uitmekaar. Na net sewe optredes stop Vol so vinnig soos dit opgestyg het. Vir diegene wat een van die sewe optredes gesien het, dankie. Vir diegene wat nog meer wou sien, jammer.

"Op Afrimusik se webwerf was daar verskeie vrae oor waar in die wreld Vol is. Wel, die lewe het met elkeen van ons ander draaie begin loop. Party ouens het werkaanbiedings gekry wat hulle nie kon los nie. Ander het besluit om oorsee te gaan. Mense kan nooit teruggehou word as hulle wil groei nie - veral nie musikante nie. Om die ouens te vervang wat saam met my gespeel het, was onmoontlik op daardie stadium.

"Daarmee was 'n hoofstuk afgesluit. 'n Vinnige entrance en 'n vinnige exit - nes 'n duif wat in 'n skoolsaal invlieg en wonder waarheen is die blou lug."

Ek voel 'n lelike kouete so oor my rugstring trek.

jy het dit laat gaan
wat jy geglo het jou vrede sal gee
dit was alles te veel gevra
om jou heeltemal in yster te verloor
Uit: "speld in jou mat" - 34 Suid

Werner is weer aan die woord:

"Van Knysna af is ek toe sak en pak na Wellington. Die skuif was goed, want ek kon toe baie meer op my eie in musiek betrokke raak sonder 'n groep. Ek het vir 'n ruk vir Gian Groen gespeel, destyds nog Spinnekop. Ons het een aand in Grey Skies in Pretoria 'n mal live rehearsal gehad. Ek het die aand van Bloemfontein af in Pretoria ingery (ek't heeltyd gebid, want in Knysna is daar nie dubbelbane nie) en onmiddellik voor die gehoor, sonder 'n vooraf oefening, saam met die ouens begin speel. Die rede was dat ons die volgende dag 'n lewende opname moes doen vir Draadloos en dit die enigste oefenkans was wat ons sou h. Tertius en Paul van Piet Botha het nog saam met ons in daardie opname gespeel.

"Wat net vir my ongelooflik was en seker nog steeds is, is hoe die liedjies op 34 Suid op hulle eie begin voortleef het. Een oggend kry ek 'n oproep van Johrn van ddisselblom (ons ken mekaar al van my jare as student in Bloem) om te hoor of hulle "Kaktus in my Vistenk" kan opneem op hulle nuwe CD. Ek het onmiddellik ingestem en toe ek dit die eerste keer hoor, het ek geweet hoekom - hulle weergawe was uitstekend.


Werner Carstens & Voël
"So teen die einde van 2003 het ek my kop bymekaar gekry. Ander kunstenaars was baie meer suksesvol met my liedjies as wat ek self was. Net daar het ek besluit om weer 'n groep bymekaar te kry. Ek het die groep met een lid verklein en 'n vierstuk saamgeslaan. Die oorspronklike grys CD-titelblad is uitgegooi en 'n nuwe een is ontwerp met my gesiggie voorop. Ja, die mense wou weet hoe ek lyk. Oor die foon het die fotograaf my belowe dat hy my soos Brad Pitt kan laat lyk, maar toe ons mekaar ontmoet, was dit ewe skielik 'n probleem. Ons kon gelukkig die misverstandjie in 'n gemoedslafeniswinkel (my woord vir 'n 'coffee shop') uitklaar. 'n Ou leer maar sulke terugslae hanteer. Die album is toe heruitgereik in die begin van 2004, maar di keer as Werner Carstens & Vol - 34 Suid.

"En nou sit ek aan die begin van 2005 met 'n kontrak voor my om te speel in Oktober by die Stokkiesdraai-fees in Wellington. Ons het die speelbeurt net voor Valiant.

"Vandag klink Vol baie anders as vyf jaar gelede. Daar is nuwe ouens in die groep met nuwe invloede wat die ou liedjies op ander maniere speel. Ek het nou vir Charl Stapelberg op bas, Wikus Lourens op tromme en Craig Stott op akoestiese kitaar. Ons speel ook van Craig en Charl se liedjies. Die een groot verskil tussen vyf jaar terug en nou is dat ons dalk 'n bietjie sagter op die oor geword het. Glo my, die kitare gil nog steeds en die riwwe bly prominent, maar die siel floreer op balans. Dit sou baie aangenaam wees om 'n nuwe CD te kon uitreik soos ons nou klink, want 34 Suid verteenwoordig net een dimensie van die huidige groep. Ek is nog steeds baie trots op die album, maar daar is baie ander dimensies wat ook verewig moet word.

"Daar is baie nuwe idees, nuwe liedjies, nuwe gedagtes en nuwe insigte. Ek het weer ink in my pen en 'n nuwe skryfblok sonder lyne. Die belangrikste ding is egter om die infrastruktuur in jou kop en die wit streep op die pad reg te kry."

Die eerste keer toe ek die verraderlike "Vliegtuig oor die See" gehoor het, was by 'n ongeneeslike musiekverslaafde - ene Gustav Franzsen - se beknopte kaia in die Kaap. Ek't my amper bepie toe hy die volume so in een draai tot teen die plafon klap. En hy praat steeds met eerbied van daardie ding: "Daai song bly een van die local songs wat ek vir mense speel om hulle onkant te vang en te impress. Dis lekker, brooding rock met heerlike 70's-styl, die hardklaende kitaarwerk deur einste Werner Carstens - en ek hou van die laaang instrumental inleiding voor die song skop!"

Die album se lys lyk s:

  1. onder engele verniel
  2. sara
  3. langs die n2
  4. dis net vir jou
  5. skoen wat hardloop na my visioen
  6. engel in my wasbak
  7. gedig in blou
  8. kaktus in my vistenk
  9. jou woorde
  10. kraters op die maan
  11. speld in jou mat
  12. vliegtuig oor die see.

Stuur 'n e-pos na wcarsten@pioneerfoods.co.za indien jy in die Wes-Kaap bly en jy hulle graag te hore wil kry. Die ouens se snawels sit tot sover nog net in daardie geweste se kant vas.

Nietemin.

'n Erg goeie stuk is "Skoen wat hardloop na my visioen". Daar werk Werner mooi sag met jou, streel-streel so oor jou voorkoppie met sy regterhand, maar eintlik is hy besig om met die linkerhand jou derms stuk vir stuk om te dop en tussen jou ribbes terug te druk. Dis nou na die vliegtuig in nommer 12 deur jou brein kom vlieg het. Daardie een moet jy mooi bekruip. Anders sien jy jou gat.



LitNet: 08 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.