KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



In die kop van Die Kat

Riana Wiechers

Sy is bekend om die tipe musiekskrywes wat jou wegpluk voor jou rekenaarskerm, neerplonk voor 'n verhoog Írens in die land en oordonner met haar ekstrasintuiglike ervarings van gatskop-voetkieliejolle of hartkrampende mooi vertonings.

Maar van waar diť eiesoortige, katagtige fenomeen? Wie is sy, hierdie hoŽpriesteres van local-musiek-entoesiaste en skrywer van toorwoorde wie se nege lewens almal om musiek draai? Waar is haar territorium? Wat laat haar purrr? En hoe kry sy dit reg om weeksaande tot laat op die maat van plaaslike musiek op tafels te dans en soggens betyds vir werk op haar pote te land?

Dit was 'n hou in my maag Ö Ek't die volgende dag met my dikwielfiets deur die strate gery en vergeet van my Suzi Quatro-kortspeler: "She's in love with you, that's all she wants to do Ö" Pleks daarvan het ek gesing van 'n spook wat met haar duim in die lug staan op die pad buite Uniondale.


Klik op die foto vir 'n vergroting en volledige onderskrif.


   

Waar het jou love affair met musiek begin?

Kleintyd het my pa my leer orrel speel. Dit was 'n Lowrey en na ek vir so 'n jaar klavierlesse geneem het, raak ek te lui om note te lees en het goed uit my kop begin tokkel. In Suidwes was daar mos vir jare nie TV nie. Toe luister ek radio en die enigste note was internasionaal - soos ELO, Boney M en Foreigner - maar Ballyhoo het reeds geluide gemaak en ek het vroeg regop gesit vir Miriam Stockley se stem. Hiert, ek't nog steeds my Perry Como- en Roy Petersen-plate. Haha, dan's daar nog Harry Belafonte (kyk maar of jy kan stilstaan terwyl hy "Calypso" sing). Ek meen nou maar net. Swaai jou sarong en wikkel jou gat vir "Jump in the line, rock your body in time, OK, I believe you - Senora she's a sensation, the reason for aviation Ö she's a hurricane in all kinds of weather!"

My ma het honderde vinielplate gehad. Tussen Neil Diamond, Andy Williams, Gus Whyburd, Jim Reeves, Tom Jones en Demis Roussos was daar al die ou Afrikaanse trefferplate - Gť (hoe moes ek weet soveel van die liedjies was vertaal?), Sonja met Anton se liedjies, Jan de Wet se "Kosliedjie", ou Rudi Neitz en Gert van Tonder. Die Acapella Koor. Nico Carstens. Die Claude Larsson-sangers was heeltyd in my kop en Groep Twee was nie te ver agter nie. Lekker huispartytjies gehad met Herbie en Spence se "Vanaand Gaan die Poppe Dans", dieselfde tyd toe Abba se "Does Your Mother Know?" my ore getref het. Ek het verlief geraak op David Essex se oŽ en die silwer motorfiets in Silver Dream Racer, het Abba se The Visitors vrot geluister en male sonder tal my kussing nat verlang met hulle futiele "The Day Before You Came".

Maar toe kom die dag in Okahandja toe Anton Goosen en sy orkes in die laerskoolsaal begin klippe bergaf rol. Ek en Mariana Breedt was in standerd sewe in Windhoek en ons was nuuskierig oor hierdie sogenaamde musiek op 'n verhoog. Dit was 'n hou in my maag. "Jan-jan-jan, die bielie van die Bosveld Ö" En die aansteeklike "Jy's 'n bondeltjie liefde as ons donkiekar ry Ö" Ek't die volgende dag met my dikwielfiets deur die strate gery en vergeet van my Suzi Quatro-kortspeler: "She's in love with you, that's all she wants to do Ö" Pleks daarvan het ek gesing van 'n spook wat met haar duim in die lug staan op die pad buite Uniondale.

Daar het dit begin.

Toe, op die PUK, wroeg ons met Frank Duval, Meatloaf - dis die mense en musiek in An Officer and a Gentleman, Flashdance, Footloose - die minder bekende Streets of Fire, die alewige etterse Jim Steinman-oordondering. As ek vandag nog een keer vir Bonnie Tyler in daardie staalwolstem moet hoor kerm "I need a HERO!!!", grawe ek my oordromme met 'n houtlepel uit.

Toe word alles spookasem.

Pink Floyd en Roger Waters breek 'n muur af en kom fok met my kop. Ek luister met my deur toe na The Wall, The Final Cut. Kyk die video oor en oor. Sien kunsflieks. Jonathan Livingston Seagull. The Rocky Horror Picture Show word "ontban" en ek gaan kyk die ding sewe keer terwyl almal langsaan in Kine 2 sit en huil vir Sophie's Choice.

Ek hoor opera vir die eerste keer omdat La Traviata in fliekvorm by Potch aankom. Die beeldskone "Prelude" na die eerste doodstil 14 minute van die prent. Liewe fok. Hoe mense in Italiaans liefhÍ en doodgaan. En ek ry met my fiets musiekbiblioteek toe om weer die musiek te hoor en die storie te leer ken. Violetta wat luister hoe Alfredo buite die venster vir haar sing: "Misterioso, misterioso altero, croze, croze delizia, croce delizia - delizia al cor."

Toe is dit Mozart en dit danksy Amadeus. Ek het dit sewentien keer gesien. Vreemde woorde geproe en in my kop gesien. Requiem. Dies Irae. Rex Tremendae Majestatis. Lacrymosa. Hoe Salieri nie binne Mozart se musiek kon sien nie. Die verskillende lae wat saamwerk om jou te toor. Die musiek wou my net nie los nie.

Die plaaslike artieste het net tydens die PUK-karnaval kans gekry om hulle stemme te gebruik. Pierre de Charmoy, Ballyhoo, Working Girls, Hotline, Steve Kekana. Maar die musiek wat die meeste beÔndruk het, was Ella Mental - moerkierie, maar Heather Mac en Tim Parr was 'n bedonnerd-goeie vennootskap - onthou "Wet Washing" Ö

Dan was daar Juluka, Lesley Rae Dowling en soveel ander artieste in die rye en rye kassette in Pro Rege-boekwinkel op Die Bult. Ek het Anton Goosen en Koos du Plessis gekoop, die klankbane van Midnight Express, Under Fire, The Mission, Ipi Tombi, Chess, High Society (ja, met Grace Kelly, Frank Sinatra en Bing Crosby), Jungle Book, The Big Chill, The Killing Fields, Platoon.

Ek kon nooit David Lean se A Passage to India opspoor nie. Maar in High Society kry jy die ougatste beskrywing van jazz onder die son. Dis oom Bing wat so tip-tippetie-tip met die vingers begin tik:

Now when you take some strings, jazz begins - take a bass, steady pace, take a box, one that rocks, take a blue horn, new Orleans-born, take a stick with a lick, take a bone, Dixie-grown, take a spot, cool and hot, now you have jazz, jazz, jazz, jazz, jazz!

Toe, in 1982, kry ek David Kramer se Kwaai. Die verskriklike donkerte in "O Moeder". Toe reeds word Afrikaans nie met versiersuiker en stroop vir jou gegee nie. Se moer.

O Moeder my mond is 'n gat vol wind, dis 'n donker kol teen die maan - en my bloed sypel weg, 'n rooi tak in die sand Ö

Dis moeilik om David so ernstig te hoor. Maar jy vergeet dit nie. Jy kan nie Ö

En vergeet maar gerus van die vlag op my kis en die leuens wat ons almal glo.

Ja, dan gee hy weer so 'n sprongetjie in die lug met die lawwe geskoffel in "Stoksielalleen" en "Volstruis Foxtrot". Dan, net daarna, die seer in "Piet Soek Vrou". Die ding van alleen wees:

Die berge frommel om my, my koue klipkomberse - ek trek die donker nader nes 'n kamer sonder kerse.

Dan is daar al die goed wat hy binne "Die Troue" sit:

So ek vreet maar die vleispasteitjies en ek drink my warm bier, en ek vroetel met die goue mosselskulpies wat die tafels so mooi versier Ö

Ek het nog David se "Ek Praat die Flaai" as 'n voorbeeld van dialek in my Afrikaans-Nederlands III-vraestel gebruik.

Tussen David se Kwaai en Anton se Liedjieboer en Coenie se Die Reisiger het ek bietjie vergeet van Albert Hammond, Peter Sarstedt se bevrore lemoensap en "Take off your clothes, let me see what it is that you're hiding Ö", Fleetwood Mac se Rumours, Mike Oldfield se Tubular Bells, Chris de Burgh se Man On The Line met daardie lieflike "The Head and The Heart", Mike Batt se eksotiese "Road to Agadir", Julian Lennon, en selfs Chris Rea se On The Beach.

Wat het jy gestudeer?

BA Ed. Ek wou gaan Engels gee in Suidwes. Toe druip ek my finale jaar, probeer weer, druip weer. Toe skop ek op. Vyf jaar later maak ek dit toe klaar op PUK se Vanderbijl-kampus as 'n BA met Afrikaans-Nederlands en so 'n skeut Paranormale Sielkunde. Dit was 'n terapeutiese skoot water in die gesig om weer vir Hans du Plessis voor in die klas te sien praat met hande en kwaai wenkbroue.

Wanneer en hoekom het jy oor musiek begin skryf?

Die ding het begin groei soos ek dit vertel in Buls in die Bosveld (Katvrou se eerste hygstorie op LÍNet). Sien, daardie oggend op pad Northam toe het ek vir Piet Botha die eerste keer hoor sing. 'n Jaar na daardie Oppikoppi in 2000 het ek Jan Skopgraaf gaan soek - by Look & Listen in Atterbury, Pretoria-Oos. Ek kon nie die album kry nie, en die mannetjie by die toonbank sÍ toe: "Well, why don't you go ask that tall dude over there, he plays in the band." So ontmoet ek daardie middag vir Tertius du Plessis, Piet Botha se enigmatiese basspeler. Tertius raai my toe op die plek aan om hulle optrede by Maloney's in Hatfield later die week by te woon, waar ek Jan Skopgraaf kan koop.

Maloney's was nie baie vol daardie aand nie. Piet Botha het begin met "Staan saam burgers", Johnathan Martin het sy mond oopgemaak en gesing en gesing tot my ribbes pyn - en ek was getoor. Met hulle eerste ruskans het ek gewaag om buite na Piet toe te loop en vir hom te vra of hulle "Boomstraat" gaan speel. "Maar natuurlik," was die antwoord. En dit was dit.

Van daar af was dit 'n Akkedis-optrede by Steak & Ale, en ek't 'n kort stukkie daaroor vir die destydse webwerf www.local-is-lekker.co.za gestuur. Natuurlik, toe ek eers begin, kon ek nie ophou nie. Daar was net nuwe dinge, elke dag nuwe note en nuwe woorde om oor te skryf. Die groot ontploffing was daardie aand in Steak & Ale toe Anton Goosen, Frosted Orange, Piet Botha, Valiant Swart, Gian Groen, Diff-Olie en Karen Zoid die verhoog gevat het.

Ek het 'n paragraaf geskryf diť aand nadat ek vir sewentien minute op die tafel gedans en aan die houtbalke bo my kop gehang het. Valiant het gesÍ ons mag maar. En daar het ek die eerste keer Mystic Boer tot in my rugstring gevoel. Marius Appelgryn het die tromme gebliksem tot hy kolle voor sy oŽ begin sien het. Gian Groen en Karen Zoid het voor my op die punt van die tafel gedans en die sweet en whisky het gespat.

Is daar enige musiek waarvan jy nie hou nie?

Vervelige resepmusiek is tydmors. Ek skryf nie daaroor nie. Watwou dit nog bywoon. As dit nie in my kop klim en vir dae daar bly dwaal nie, kan ek nie weer daarna luister nie.

Gunstelinge?

Daar's baie. Dis soos 'n groentesop met alles in. Alles wat nie pap word of uitmekaarval wanneer dit lank kook nie:

* Vusi Mahlasela *Alta Joubert * Kallitz * Wonderboom * Anton Goosen * Fuzi Gish * Diesel Whores * Kelvin Declined * Koos Kombuis * Saving Silence * Klopjag * Springbok Nude Girls * Blomkrag * Anna Davel * Skallabrak * KOBUS! * Rooibaardt * Johnny Clegg * Juan Oosthuizen * Lesley Rae Dowling * The Rudimentals * Frosted Orange * Louis Mhlanga * Mikanic * New Porn * Richard en Lochner - Vuurklip * Dan Patlansky * Kaalkop Waarheid * Arbor * Lebo Mathosa * BOO! * Melk * Piet Botha/Jack Hammer * Beeskraal (die oorspronklike beeste) * Akkedis * Mauritz Lotz * Delta Blue * Bed On Bricks * Natalia da Rocha * Soil 7t7 * Lekgoa * Ricky Conn ("Stellenbosch se Spoke") * Tidal Waves * Diff-Olie * Hog Hoggidy Hog * Gian Groen * Albert Frost * Dave Owens * Coenie de Villiers * Miss September * Mynie Grovť * Liela Groenewald * Acoustic Kitchen * Trike * Bernoldus Niemand * Van der Want & Letcher * Plank * Brixton Moord en Roof Orkes * Abel Kraamsaal * Dolly Rockers * Karen Zoid * Zinkplaat * Gordon's Suitcase * Valiant Swart * Johann Erasmus * Duck & Cover * Jan Blohm * Ashton Nyte * Amanda Strydom * Luna * J & B (Johnny en Ben) * Lize Beekman * SpringCan * Bongo Maffin * Lize Swart * Randy Rambo * Fake Leather Blues Band * Bacchus Nel * Vuurkleur * SAM * Anika * Wayne Pauli * Kristoe Strauss * Sons of Trout * Pieter vd Lugt ("VoŽlvry")* David Kramer * Billygoat * Blk Sonshine * Sarah Theron * Liquid Sky * Ekstradik * Helen Desbois * Biff 'n Jethro * Ladysmith Black Mambazo * Die Radiators * Tim Parr * Gito Baloi * Jesse Jordan * Toxic Shame * Koos du Plessis * Mel Botes * Boulevard Blues Band * Andrť Swiegers * Kaal * Laurinda Hofmeyr * Tonia Selley * Southern Gypsey Queen * Gert Vlok Nel * Airship Orange * AD - Albert de Vos * Piet Planter * The Soundfields * Wilde Als * Brasse Vannie Kaap * Parlotones * Riku Lštti * VoŽl * Johnathan Crossley * Scicoustic * Ddisselblom * Buckfever Underground * Wickhead * Die Naaimasjiene * Martin Rocka and the Sick Shop * Ollie Viljoen * Prime Circle * Frank Opperman (vir Blomkrag en Serial Boyfriend) * Sugardrive * Richard van der Westhuizen * Freshlyground * Fokofpolisiekar * Battery 9 * Godessa * Hoeterkop * Johannes Kerkorrel * Reana Nel * Barry van Zijl en Nibs van der Spuy * State Far Better.

Wat is jou day job?

Ek is 'n taalversorger/woordwoeler vir 'n marknavorsingsmaatskappy. Die gewone dinge soos vertaal van vraelyste (Engels na Afrikaans), proeflees, maak lomp dokumente reg. Ek is kort voor lank aangesÍ om die maatskappy se nuusbrief, The Mad Hatter, te skryf, in Adobe InDesign te bou en te publiseer. Ek vermoed dit het iets te doen met die styl van my sporadiese e-posse aan die maatskappy.

Wat doen jy wanneer jy nie werk nie?

Ek kry my alie by die lewende musiekoptredes. En wanneer daar niks in my area of in Pretoria gebeur nie, speel ek met my vier poeste, skryf oor albums, luister na die nuwes wat Bowline vir my stuur, werk aan my webwerf, maak foto's kleiner vir plasing of pak my kaste reg terwyl Wonderboom moer hard in die luidsprekers raas.

Waar bly jy, en saam met wie?

Ek bly nou al drie jaar hier in Melville. My vier poeste deel die woonstel met my. Ons stresvlakke is belaglik laag.

Hoe het dit gekom dat jy in Melville bly?

Ek moes net wegkom uit die ingenieursmaatskappy in Lynnwood waar ek op daardie stadium besig was om van ellende te vergaan. Toe begin soek ek werk buite Pretoria. En beland hier by 'n maatskappy in Sewendelaan, net twee strate ver van die woonstel.

Melville is 'n klein gemeenskap. Ja, daar's die boemelaars en hoere, drankwalms in die oggend, perverte, dagga en kokaÔen, maar tussenin is daar die winkeleienaars en inwoners wat mekaar elke oggend groet, wat kyk dat niemand aan mekaar se deure, vensters of kinders vroetel nie - mense wat omgee wat met mekaar gebeur. Fred, die barbier van Scala, kyk gewoonlik na daardie vier poeste wanneer ek Oppikoppi of Up The Creek toe gaan. Dis nou wanneer my buurman Wentzel nie kan nie. Wentzel sit altyd in die sitkamer en teken groot sketse van my katte terwyl hulle om hom speel en slaap en vreet.

Ek bly lekker in Melville. Die beste kos vir vegetariŽrs is in Soi, die Thai-eetplek. Warmkos is volop in Sahib, reg onderkant my woonstelgebou, en natuurlik ook by Amigo's langsaan met sy migraine-oranje muur. Eintlik sal jy sukkel om 'n regtig zef eetplek te kry - elkeen het 'n karakter van sy eie, van die hiperkalm Xai-Xai langs Linden Kafee in Sewendestraat, tot by Spiro's en Local Grill vir die ernstige karnivore, naby die boetiek en Brendon se haarsnyplek. En Trance Sky lyk befok in die aand met sy vreemde liggies en muurgepleisterde dekor. Daar is baie skemerkelkieplekke en jy kan elke aand 'n ander plek op die proef stel. Bly net weg van die oranje Ratz Poison by Ratz, en Buzz 9 se pynappeldaquiri is afskuwelik. Of vee alles weg met 'n Absinthe en laat die polisie jou kom wegvat.

Waar het jy voorheen gebly?

Suidwes is vir altyd onder my vel. Pretoria en Johannesburg - dis bloot stede op 'n kaart.

Vertel my van jou katte - diť wat jy nou het en diť uit jou verlede.

Ek wil nie meer dink aan die lieflike katte wat ek gehad het nie. Het al genoeg liters trane oor hulle gehuil.

Die vier poeste by wie ek nou bly, is Mystic, Katryn, Mojo en Miss Mandy. Hulle name het gekom soos die katte, uit nÍrens en uit die koppe van goeie vriende, en dis duidelik my katte word maller by die dag.

Mystic vreet oorpluisies en hou daarvan om skaduwees teen die mure te jaag. Hy klim graag snags onder die duvet in om teen my maag te slaap. Mojo is bang vir alles en dink almal wil hom eet. Dis die wildekatsindroom. Hy het verraderlike skerp katkloue en ek speel nie sommer met hom onder 'n dun kombers nie. Hy miaau nie. En hy dink Mystic is sy ma. Skuur-skuur alte liefies teen Mystic se kop, met 'n gespin wat 'n trekkerenjin laat skaamkry, waarop Mystic hom gewoonlik 'n snotklap toedien en verder slaap. Katryn is 'n produk van Friends of the Cat en sy hou van vry, maar net wanneer sy in die bui is. Sy sit soos 'n papegaai op die sandbak se rand en pie baie fyntjies reg op die kolletjie wat sy oopgekrap het. Sy is slank, senuagtig en sensitief, en het die mooiste pienk snoetjie. Miss Mandy is 'n kruising tussen wildehond, sebra, hiŽna en dalk ook vlermuis. Sy is beeldskoon en sy sing graag kort sarsies uit onbekende arias wanneer sy sien ek gooi melk in my koffie. Miss Mandy staar graag na die duiwe wat onder die balkon op Sahib se dak loop en kan 'n vlieg met een voorpoot uit die lug uit klap. Wat sy dan daarna smaaklik en in elegante fyn happies op die mat verslind.

My poeste is my pelle. Hulle slaap elf uur van die dag en hang aan die boomstompe op die balkon. En ek mag my gesig in hulle pensies druk en die sagte pels besnuif - maar net wanneer hulle vaak is.

Eendag sal ek hulle moet groet, maar ek wil nie nou daaraan dink nie.

Vertel my van jou kinderjare.

Walvisbaai, Oshakati en Windhoek was vir agtien jaar my lewe. Ons was vier kinders, twee broers en twee susters. Ons het baklei dat die spoeg spat. My ma was 'n langbeenrooikop en my pa was erg jaloers op haar. Hy't vir die Spoorweg gewerk, so ons het baie trein gery van Windhoek af Walvisbaai toe. Vakansie gehou by my ouma, en baie mossels gebraai op Dolfynstrand terwyl die son die kak uit ons brand. Duin Sewe was die lekkerste klimplek onder die son en my oom Theunis se mak muishond Spekkies was 'n legende in Walvisbaai. Wel, ten minste in hulle huis, dan.

My pa is dood toe ek 14 was, terwyl hy op 'n visvangkuier was saam met my oupa - iewers by JakkalspŁtz of Paaltjies. Akute arteriosklerose / hoŽ cholesterol en al daardie dinge. Hy was 42. My ma het Pretoria toe getrek toe ek in 1983 PUK toe is. Sy's 'n jaar later getroud, en twee jaar later het sy vir Eben en Pieter so dertien maande na mekaar verloor. Eben wou op 16 nie meer lewe nie en toe besluit om sy deur toe te maak. Pieter kon op 26 nie meer lewe nie. Sistiese fibrose was sy baas. Eben en Pieter is veras en by my pa begrawe. Ek wil ook eendag daar by hulle tussen die bougainvilleas en vaal klippe in Windhoek gaan lÍ.

Om in Suidwes (ekskuus, NamibiŽ) groot te word, is mooi soos die Welwitchia se groen krultonge. Die Spitzkoppe se bruinpers kuiwe op pad van Swakop af. 'n Sluk StrŲh-rum in die De Duine-hotel en ek bliksem nie van die stoel af nie. Die geduldige sit en kyk vir die TV tot die toetspatroon verander na Haas Das. Die see by Hentiesbaai se groen en grys op een dag, en ek wonder nog steeds of die Hererovroue regtig onder hulle rokke op die sypaadjie in Kaiserstraat sit en pie. En ek aanvaar nooit water as vanselfsprekend nie.

Wat is jou verhoudingstatus?

Twee keer getroud, twee keer geskei. Niks aangeteel nie, dankie tog. My ma bedank my gereeld. Ek's na elke egskeiding Binnelandse Sake toe om my nooiensvan op te eis. Ja, dan kan jy weer "mejuffrou" wees, maak nie saak hoeveel motgevrete bagasie jy met jou saamsleep nie.

Maar ek's nou besig om iemand gewoond te raak. Hy dink daaraan om saam met my Oppikoppi toe te kom. Ek vermoed sterk indien hy daardie vier dae in Maart oorleef sonder om heeldag dikbek in die tent te bly, sal hy straks my stert laat pof.

Wat vat dit om jou stert te laat pof?

Wanneer ek sy glimlag tot in sy oŽ kan sien.

Hoe voel jy oor kinders?

Kinders?? Hahahaha, nee, miljoen keer nee, ek's veels te lafhartig en selfsugtig daarvoor. Het plegtig op 33 'n sterilisasie versoek, want ek't altyd geweet - ag man, in skooltyd al - ma wees is nie vir my nie. Ek moes na 'n lang soektog 'n jong oopkopdokter vra om die daad te doen, want die ouer dokters wil mos hÍ jy moet eers 'n werpsel uit jou baarmoeder druk voor jy mag besluit om nie meer aan te teel nie. Gmf.

Die besluit om nie kinders te hÍ nie - was dit 'n instinktiewe ding, of 'n rasionele besluit?

Weet jy, dis net so min rasioneel as wat dit instinktief is. Dis net iets wat gedoen moes word. Kyk - ek huil vir maande oor 'n kat wat ek verloor. As ek 'n kind moet verloor Ö Nee wat. Ek's nie halfpad so sterk soos my ma nie.

Waarop in jou lewe is jy die trotsste?

Dat ek my graad kon kry terwyl dinge erg vieslik was daardie tyd in Hillbrow.

Wat was die omstandighede waarin jy moes graad vang?

Ek is twee keer per week in pisreŽn Vanderbijlpark toe gekarwei in 'n gewrakte geel Escort sonder 'n voorruit (wat ek uitgeskop het). Meestal in doodse stilte.

Wat sou jy verander omtrent jouself as jy kon?

Ek sou stadiger wou praat. En weer leer om te wil kook. Vegan wees maak my lui, want ek kap die meeste van my kos stukkend en vreet dit. Dis hoekom groente so lekker in restaurante proe.

Wat dink jy is jou sterkste persoonlikheidseienskap?

Ek het altyd gedink dis dat ek omgee, maar eintlik fok dit my op.

Hoe fok omgee jou op?

Ek voel klomp goed op 'n slag: die seer, die bly, die kwaad. Nie altyd 'n goeie ding nie.

Watse eienskappe is vir jou die belangrikste in mense of vriende?

Mense moenie lieg nie.

Die malste ding wat jy al ooit gedoen het?

Om te trou.

Ek was vas oortuig dat mens nie 'n troue twee weke voor die tyd kan afstel nie. Almal baklei mos voor die troue. Buitendien, die kaartjies is gestuur, die saal, spyseniering, alles is bespreek, deposito's is betaal Ö wat gaan die mense sÍ? Fok dit. Mens kan 'n troue afstel, maak nie saak wat klaar gereŽl is nie. Te veel tyd en geld word aan die troue bestee - en die huwelik suig aan die agterspeen.

Enigste ding wat naby daardie waansin kon kom, was om vir Francois Williams saam met 'n onbekende Chinese man te nooi om in my woonstel te kom oornag. Al het hy nie my katte geŽet nie, en al is hy nie regtig 'n doos nie. My ma sou my gat vir my geskop het.

Hoe is dit om iemand wat jy net "virtueel" geken het, in die vlees te ontmoet?

Ek het hom nie eintlik geken nie, en hoewel ek hom virtueel 'n "opperste anus" genoem het, was dit verblydend om te sien dat hy hom, selfs onder die invloed van die giftigste saki, binne perke kon gedra.

Moeilikste ding wat jy al ooit gedoen het?

Om na my boetie Eben in sy doodskis te kyk. Hulle het sy oŽ toegeplak. Sy wimpers was verskriklik lank. Soos spinnekoppote.

Hartseerste wat jy al ooit was?

Toe ek by die huis kom daardie oggend in Bronkhorstspruit nŠ Eben homself geskiet het. Daar was bloedstrepe oor die gangmat en met die trappe af deur die sitkamer soos die ambulanspersoneel hom uitgesleep het. Hulle kon hom nie eens fokken behoorlik optel en uitdra nie.

Hoe verwerk mens so 'n ding?

Ek was in my derde jaar, het toe privaat gebly in 'n ou gebou in Van Riebeeckstraat, gedoop Klooster. Dertig rand per maand vir 'n piepklein kamer. Ek onthou nog die doef-doef van die polisiemanne se swaar stewels op die houtvloer af met die lang gang tot by my deur. My ma het nie 'n nommer gehad waar sy my in die hande kon kry nie. Toe bel sy die polisie en hulle moes my die volgende oggend kom soek, en aansÍ: "Skakel asseblief u moeder by die huis; dit is in verband met u broer." Broer? Watter broer? Ek het twee, fok, watter broer?

Ek't die vorige aand nog ewe lekker my gat af gesokkie in die Impala. Eben het homself sesuur geskiet. Net voor aandete.

Dis hoekom die arme ou BA Ed toe nooit voltooi is nie. Dit was tydens die tweede druipjaar toe een of ander besorgde universiteitsbeampte my ma geskakel het om my asseblief tog te kom haal. Toe was ek 'n veerligte 43 kilogram. En hulle stop my in 'n hospitaalkamer vir vyf weke terwyl mense met wit jasse en notaboeke probeer uitpluis waarom ek nie wil eet nie. Die finale diagnose was dat die smart oor my boetie binnekant toe gevreet het. Hoera, eureka, daar's lig in die tonnel, en ek eet 'n ertjie. Toe kon ek maar huis toe gaan.

Ewenwel. Ek dink my ma het die hele ding veel beter hanteer.

As jy more die R20 miljoen lotto sou wen - wat sou jy eerste doen?

  • My tandarts bel en in sy oor skreeu: "DOKTER GRAY, KRY DIE KRONE, BOU NOG BRŘE, GAAN MAL!"
  • 'n Paar verbitterde krediteure gaan besoek.
  • Al die CD's koop wat ek drie jaar terug met die inbraak in Melville verloor het. Frosted Orange. Die Blues Broers se Cellar Tapes. Karen se Poles Apart.
  • 'n Nuwe huis koop vir die hele Rooibaardt-bende. Met lopende water en matte sonder groen goed wat onderuit groei. En 'n breŽband-internetlyn, want bestuurder Mario se rekenaar ontplof gewoonlik sodra jy een groterige foto van Denzl vir hom stuur.
  • Op Amanda Strydom se stoep 'n nuwe windklingel met blou glas, skulpe en ou bamboese wat snags buite haar venster vir haar in die taal van dolfyne sing.
  • Vir Bra Piet 'n befokte nuwe toerbus koop met lugversorging en 'n stoel wat sy rug vryf terwyl hy bestuur en met Tertius stry.
  • 'n Yskas vol kaas vir Francois Blom.
  • 'n Babastraatbrak vir my suster.
  • 'n Rekenaarkursus vir Thandi by Scala Veg and Fruit Garden.
  • Toegangskaartjies en Kulula/1Time -kaartjies vir my vriendin Irene - vir al die Jack Hammer-, KOBUS!-, Southern Gypsey Queen-, Rooibaardt-, Springbok Nude Girls- en Wonderboom-optredes, en vir elke Oppikoppi en Up The Creek-fees tot sy haarself later van ouderdom natpie.
  • 'n Assistent vir Rohan Strydom by Dorpstraat Teater. Die bra werk sy gat af om daardie pragplek aan die gang te hou.
  • 'n Nuwe enjin vir daardie ou groen trokkie op Bra Ant se plaas. En 'n toetsbord vir sy rekenaar waarop Sky die ougat Jack Russell kan trap, gly en slaap.
  • Die grootste mobiele privaat klankteater vir Theo Crous.
  • 'n Nuwe musiekplek oopmaak in Melville. Ek's te deur die kak om dit self te bestuur. Maar dit sal 'n befokte plek wees met die beste klankstelsel, die vreetbaarste, goedkoopste kos en die koudste bier. En daar sal groot ouens wees wat jou gaan uitsmyt as jy praat wanneer 'n liedjie op die verhoog stilte nodig het. Hou dus jou bek as Jan Blohm "Breyten se Brief" sing.
  • Vir my ma en haar man (my stiefpel) 'n hond wat nooit sal doodgaan nie.
  • Albums laat voltooi vir daardie musieklikes wat so min geld maar die wÍreld se talent het.
  • Die Jan Blohm-, Luna-, Anna Davel- en KOBUS!-albums wat my vriendin Amy verlede week met die inbraak buite Witbank verloor het. En sterker diefwering vir elke venster.
  • Die beste kothuis vir Jan Blohm en Zinta, sy beeldskone geliefde. Met doringbome en katjiepierings in die tuin.
  • 'n Krappaal met 'n moerse lang laptonnel vir my katte.
  • Die res van die geld gaan na die Bond Teen Wreedheid Teenoor Diere, die Feral Cat Foundation, Friends Of The Cat, die DBV, die Wet Nose Dieresentrum, elke moontlike dierevereniging - en vir Liz in Kaapstad wat elke dag die honderde katte by die Waterfront voer.

Gunsteling-ding wat jy al ooit geskryf het, en hoekom?

My boek Keelvol. Dis so oop soos my honger vir musiek. Maar ek weet nie of die verdomde ding ooit sal klaarkom nie.

Waaroor gaan Keelvol?

Ek het 'n Britse vriendin in die onderwÍreld van prostitusie verloor. Ons het in 1988 vir 'n lang ruk saam by Mike's Kitchen in Hillbrow gewerk. Sy het haarself toe reeds ingespuit, maar ek was heeltemal te naÔef om te besef wat aan die gang was. Baie maande later sou ek langs haar sit met 'n ewigheid se nagmerries, vrees, onttrekkingsimptome, hoerstories en posttrauma omdat sy haarself vir dwelms moes verkoop. Keelvol is vir Peta. Waar sy ook al is.

Kan jy vir my 'n gunstelingparagraaf of -frase gee?

Die brug het 'n diep koel skaduwee. Bokant haar kop is die motorbande op die teerpad 'n grys gedruis.

Sy loop in die koelte in.

Dit stink. 'n Anderse stink as Jezebel se drolle. Baie stukke koerantpapiere lÍ rond, sit hier en daar vas tussen plat bruin bolle, toegepak onder groen dikpensbrommers. Sy druk haar neus toe, tree agteruit. Teen die muur voor haar in groot rooi letters geverf: FRAANS HET NOG NET DONSIES. HŤ? Frans? Van Rieckmannstraat? Hy't nog nie eens 'n skeermes nie. Sy klap haar tong en draai om, terug spruit se kant toe. Donsies. Sal hom bietjie vra by mŰremiddag se Kinderkrans wat dit beteken.

Hoe ervaar jy die skryfproses?

Dit maak my bang, want dis moeilik. Dit val nie sommerso uit my uit nie. Maar dit herskep vir Peta in 'n droom, asof sy toe uiteindelik kon ontsnap. Nes Andries Bezuidenhout sÍ: "Die loon van die droom is die droom."

Beste ding wat jy al ooit gelees het?

Die een wat my die hardste geskop het, destyds toe ek nog tyd gehad het om te lees, was Andrť P Brink se Houd-Den-Bek. Dan ook al NataniŽl se kort stories. Roald Dahl. Asterix. En Kleinboer se Kontrei.

Ek lees op jou website van die Mosambiek-trips saam met Jack Hammer. Dit klink so lekker.

Vir drie dae is jy in 'n ander plek waar die palmbome buig in die wind om jou beter te kan sien. Daar's kitare wat langs 'n vuur vir jou sing en die stad is 'n miljoen jaar ver. Jy lÍ snags in jou tent en jy hoor die see. En Jack Hammer pleeg rock op dieselfde vloer as die befokte Southern Gypsey Queen, en jy raak elke uur van meet af jags vir die lewe.

Hoekom "Katvrou"? En hoe lank skryf jy al onder die naam?

Die oggend na daardie befokte aand in Steak & Ale - toe ek soos 'n dronk muskiet in Mystic Boer se veertig dae en nagte rondgeruk het - stuur ek 'n paragraaf daaroor na Valiant se webwerf. Plasticboer, nog 'n Bloubladskrywer en 'n bloubloeddigter, het my van die Bloublad vertel en ek het gaan kyk. Valiant het dit "die wÍreld se grootste vistenk" genoem. Ek sien toe die skrywers het allerhande vreemde name, soos Klou, Lem, Plasticboer, Walt the Wizard, Jemima, Ranť, Psyche, Die Afgetrede Hatfield Nagagent, Putu, Clonti, Anena, Albert van ArabiŽ, Die Gevleuelde Silwer Minter, Kris (uit BelgiŽ), Wildebees, Frances, Kabous, Abel Kraamsaal, Tony G (hÍ-hÍ), Lady A, Ontug, Rotser, Sofie Stoof, Liesie, Gustav, Insider.

Ek klim toe in as Katvrou, want ek is totaal tattie oor katte, is soos 'n kat in my kop, kastig afsydig maar vrek vir 'n vryfie; ek krap ook my kak toe, en spin sodra my stert pof Ö maar dis nie nou ter sake nie. Ek skryf toe onder ander name soos Rafiki, Mufasa, TussenGanger, Fantine, Die Ander Een Ö en so aan. Maar dit was lafhartig, hierdie reeks skuilname, en toe bly Katvrou klou soos klitsgras. Jemima het vir my geskryf: "Om jou woorde te lees is soos om tinfoelie te kou." Ek bloei toe vir so 'n paar uur, en gaan krap later 'n paar van my oormaat byvoeglike naamwoorde toe.

Deur die maande het nuwe name bygekom, soos Jinger, Phil J, Anna Vier, Uhm, Su'Sara, Anargis (hy was Lem, maar blykbaar het iemand sy naam gekaap), Brixton, Em, Fascistiese Pampoen, Kleinboer, Doringdraad, Kroegvlieg, Het, en Mr Bean. Dit was 'n hutspot. Baie peper en knoffel.

Ek het vroeg in 2000 begin skryf. Net voor my eerste en enigste besoek aan die KKNK.

Hoe kry jy dit reg om aand na aand jou musiekfix te kry en dit nog soggens betyds vir werk te maak?

Muhahahahahahahohohohehehehe, ek moet myself inhou om dit nie elke weeksaand te doen nie. Dis hondzef om moeg by die werk te wees, maar naweke is daar nie brieke nie. Irene en ek het vyf van die KOBUS!-gruwels bygewoon met hulle toer verlede week, dit was oppermain; vanaand's dit Albert Frost, Woensdag is dit Zoidie, Sondag 'n akoestiese Valiant, almal in Back2Basix - so ek spasieer die aande. En volgende week is dit Rooibaardt, Abel Kraamsaal, Anna Davel en Wonderboom. MAIN. En ek drink nie. In die eerste plek is ek te arm daarvoor en in die tweede plek raak ek te gou gevlerk. 'n Aangeklamte in die brein kan kwalik onderskei tussen befokte en vrot musiek, dus kom ek tuis al stinkend van die rook in my snorbaard tot in die punt van my stert, maar hoognugter en platgedans.

Tussenin, veral naweek-oggende, werk ek bietjie aan die webwerf en maak tyd om my geskribbelde notas te probeer ontsyfer sodat ek kan vertel hoe dit was.

Waar kan mens jou raaklees?

Die meeste van die musiekstories lÍ in my sandbak, www.katvrou.co.za, of op hierdie einste LitNet, en verder stuur ek stukke na www.samusic.co.za. Ek hoop om hierdie jaar 'n bietjie vryskutwerk vir Stage Magazine te kan doen.

Ek skryf oor wat ek sien en hoor by musiekfeeste en -optredes en probeer die leser oortuig om, pleks van geld te spandeer op 'n fliekkaartjie, belaglik-duur springmielies en lou gaskoeldrank, liefs na 'n lewende musiekoptrede te gaan kyk. Die plekke waar die mense wat hier bly, hulle kuns voor jou oopgooi. Die mense wat harde klippe kou, in die nag vloek, lag en huil, maar aanhou skryf en sing omdat dit soos 'n koors in hulle loop.

Hulle draai nie doekies om nie. Hulle hoef nie.

As jy moet lewe in 'n wÍreld sonder liefde dan sal jy selfs by die draak gaan lÍ Ö
                  ©Piet Botha



LitNet: 10 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.