KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Karin Hougaard na die lae lande

Persvrystelling

Afstand brings soms mense nader en dis beslis die geval met Karin Hougaard en Herman van Veen se samewerking oor kontinente heen. Hougaard kollaboreer die afgelope 4 jaar reeds saam met Herman van Veen aan produksies soos The First Lady in 2002/2003 en Karin Hougaard sings Queen (2003).

Herman van Veen het min bekendstelling nodig - sy eerste digbundel sien in 1969 die lig en sy eerste boek Alfred Jodocus Kwak verskyn in 1979 en word in 20 tale vertaal. Hy het reeds 132 CDs, 6 DVDs en ongeveer 60 ander boeke gepubliseer waaronder ook die rolprente Uit Elkaar, Nachtvlinder, en die musiek teaterproduksie The First Lady.

Karin Hougaard is reeds die afgelope 25 jaar 'n huishoudelike naam en is bekend vir ondermeer trefferalbums soos Eerste Afspraak, Bly en Metamorph. Laasgenoemde album se verhoogproduksie in 1999/ 2000 is geloof as "grensverskuiwend" en het by beide die KKNK sowel Aardklop met die toekennings as beste produksie weggeloop. Beide The First Lady sowel as Karin Hougaard sings Queen was met groot welslae aangebied by dieselfde kunstefeeste en was beide gelys onder die top 5 produksies op die fees.

Vanjaar word die samewerking tussen Nederland se Van Veen en Suid-Afrika se Hougaard voortgesit met 'n uitnodiging in Februarie na Leeuwarden, Friesland om 'n nuwe Herman van Veen produksie oor die lewe van Mata Hari te werkwinkel. Asook 'n uitnodiging om in Antwerpen, Belgie op te tree in Maart tydens die Nekka Nacht en Herman se 60e verjaarsdag feesvieringe. Hougaard is die enigste Suid-Afrikaner wat genooi is om op te tree - 'n geweldige voorreg en eer.

Hougaard is tans besig om te werk aan HARTSTUKKE haar eerste uitsluitlik Afrikaanse album in meer as 'n dekade. Die album sal in die handel beskikbaar wees teen die tweede helfde van die jaar.



LitNet: 02 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.