KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Zoid verdryf koue met draadloos-kragtoer

Erns Grundling

Levi's Original MusicLitNet het in samewerking met Levi's 'n promosie vir bekendes by Karen Zoid Unplugged in die Baxter aangebied. LitNet se gaste - Christina Storm, James Small, Antjie Krog, Jackie Nagtegaal, Francois Toerien, Nicole Holm en Sonia Cabano - het die vertoning saam met ons geniet. Klik op die foto vir 'n vergroting en volledige onderskrif.

Zoid en haar band

Zoid: Sit dit af!

Zoid en Flat Stanley


Zani, Mike Joubert en Zoid


Etienne, Antjie en Erns


Deon en Sonia Cabano

Juliemaand is op sy laaste bene. Die Kaapse dokter se diagnose is winter; ren word voorgeskryf. Dis 20:15 en ek jaag verwoed op die M3 wat al om Tafelberg en Duiwelspiek krul.

Ek het pas by die Waterfront na Jehane Noujaim se skitterende dokumentre film Control Room oor die Al Jazeera-satellietkanaal gekyk - 'n ontnugterende blik op die konflik in Irak en die media as propagandamonster. Mens kan nie anders as om met die weerlose inwoners van Bagdad te simpatiseer nie. Die film eindig waar al die verskillende media wat oorlogdekking gebied het, hul tassies pak - terwyl 'n renbui uitbreek oor die woestyn ...

Op die CD-speler sing Jack Hammer "Wish you were here", van hul nuwe dubbel-cd Live at the Nile. My gedagtes maal tussen verlore siele in visbakke, Amerikaanse bomwerpers ... en of Christina Storm en James Small gaan opdaag as deel van LitNet en Levi's se celebrity-promosie by Karen Zoid Unplugged in die Baxter (sien ons fotogalery vir die gunstige antwoord).

Parkering is problematies; vanaand lei alle paaie na die Baxter. Dit lyk darem of die celebrities almal hier is, sug ek met verligting en sak neer in my stoel.

Eerste op die spyskaart: Flat Stanley.

Flat Stanley Onthou hierdie naam, liewe leser. As jy hulle nog nie gehoor het nie, is jou ore in vir 'n surprise. Clinton Gahwiler (akoestiese kitaar), Neil Potgieter (akoestiese kitaar) en Clive Pringle (tjello) open die verrigtinge met 'n melodie wat jou sorge met elke nuwe noot laat wegdryf. Dan maak Andrew MacPherson sy verskyning. Ek kan hom slegs soos volg beskryf: 'n kolos van 'n mens, 'n Pavarotti met 'n poniestert, geklee in Levi's en gesen met 'n stem wat Bono van U2 se wenkbroue sal laat rek.

Hy neem stelling in agter die mikrofoon en trek los met "Be there":

Do you remember when
we used to lie
slipping through the backstreets
of each others' minds

Na die eerste snit bars die gehoor uit in applous. "That was fuckin' unbelievable" fluister iemand in die ry reg agter my.

Flat Stanley doen dit in Levi'sFlat Stanley - een van die groepe in die Levi's Original Music-stal - is besig om vinnig opgang te maak. Hulle song "Feel the heat" (wat saam met die kwaito-ster Andy Magazz opgevoer word) is onlangs aangewys as die amptelike temalied vir die Suid-Afrikaanse Olimpiese span. Die afgelope twee maande is hulle druk besig om hul debuutalbum op te neem, met Theo Crous (Springbok Nude Girls, Kobus!) wat dit vervaardig.

Flat Stanley se handvol songs in die Baxter was 'n heerlike aptytwekker vir die komende cd. Loer gerus na hulle webwerf by www.flatstanley.co.za. Dis net 'n kwessie van tyd voor Flat Stanley die Baxter op eie stoom volpak ... Watch this space.

"Hallo Kaapstad," groet Karen Zoid die gehoor. Almal jubel en juig; vir 'n oomblik voel dit meer Rhema as Baxter. Haar twee skitterende flanke is Llewellyn John (baskitaar) en manlief Don Reinecke met 'n akoestiese kitaar wat spreek van wafferse ingenieursvernuf.

Karen Zoid doen dit in Levi'sKaren Zoid het presies 'n jaar gelede ook in die Baxter opgetree. Daardie aand was sy met haar volle band op die verhoog. Ek onthou hoe sy rondgespring het en selfs 'n paar laps om die verhoog gehardloop het. Dit was ook die begin van haar samewerking met Levi's, 'n musiekinisiatief wat deur die besturende direkteur, Mike Joubert, van stapel gestuur is en binne 'n jaar ongelooflike geleenthede aan gevestigde sowel as opkomende kunstenaars gebied het. (Klik hier om die program vir Augustus se Levi's Original Blues-sessies in Kaapstad te sien.) Karen se unplugged-vertoning dien dus ook as gepaste eerste verjaarsdagviering vir 'n opwindende projek wat nog diep spore in plaaslike musiek gaan trap.

Anders as verlede jaar se charismatiese verhoogmanewales, was Zoid se vertoning die afgelope Saterdagaand meer intiem, in 'n formaat wat losweg gebaseer is op die gewilde MTV Unplugged-sessies.

Sy het self spottenderwys opgemerk dat hulle ekstra hard moes oefen, aangesien die tromme nie op die verhoog is om foutiewe of dowwe kitaardrukke te verdoesel nie. Sy en haar twee musikante is dus van meet af aan meer blootgestel en bied aan die gehoor 'n spesiale geleentheid om 'n meer intieme (en betrokke) blik op die verrigtinge te h.

"maak nie regtig saak nie" is eerste op die set list. Reeds in die vooraf-solo was dit duidelik dat die gehoor vanaand bederf gaan word. Die puik kitaarspel het my laat dink aan al die regte bestanddele wat met mekaar "trou", soos in Andries Krogmann se Maak 'n Las-disse.

Twee kitare en 'n bosveldvuur wat brand
hou my lief vir hierdie lewe
hou my lief vir hierdie land
goeie vriende, vriende aan jou kant
help jou steier teen die wind
teen die bloed en teen die sand
en dit maak nie regtig saak nie.

Ek wil met Karen verskil: dit maak regtig donners baie saak dat sy aanhou met wat sy doen. Die gehoor het na die eerste song verbete gefluit en vir die res van die aand uit haar hand geet. (Dankie aan die anonieme persoon aan my linkerkant wat my oortrom met haar wolwefluit-entoesiasme laat skud het.)

"Oh my love" was volgende aan die beurt, wat Karen aan haar groot vriend Valiant Swart opgedra het. ("The song is about being in a kak place with cool people ..."). Wat veral verfrissend was van die vertoning, was die verwerkings en solo's voor en tydens die songs. Kort-kort het ander bekende songs opgeduik voor sy met die ware Jakob begin het. ("Wish you were here", "Amazing Grace", en die tagtigs-treffer "Love changes everything".)

"Engel", een van die groot treffers van haar debuutalbum Poles apart, het groot dele van die gehoor lustig laat saamsing:

Ek raak benoud wanneer jy luister
net soos wanneer mense fluister
ek wonder of jy sal kan onthou
dat jou woorde aan my klou
as jy my insluk
sonder om te kou

En ek skreeu 'n song vir jou my lief
bly nog 'n rukkie asseblief
want as ek sing dan sing ons saam
in 'n droom roep ek jou naam.

"Yuppie scum" dateer ook uit die dae toe Karen maar bra platsak was en op straathoeke gebusk het terwyl haar yuppie-vriende doen wat hulle doen.

Na hierdie twee songs het Don almal verras met een van sy eie instrumentele komposisies. Magtig, moerskont, hierdie ou mag maar kitaar speel!

Karen hou daarvan om draak te steek met ander kunstenaars. 'n Jaar gelede het Anneli van Rooyen deurgeloop met 'n cover van "Ek lewe". Saterdagaand was dit tyd vir 'n Kurt Darren-oomblik tydens "Taxi", en die gehoor het la die Huisgenoot-verhoog saamgespeel met bypassende gebare en geluide. Maar alles word darem in goeie gees gedoen, so Kurt hoef hom nie onnodig te ontstel nie. ;)

Tydens "Taxi" het Karen satiriese kommentaar gelewer op 'n denkbeeldige gesin wat op 'n Woensdagaand om 18:30 in hul voorstedelike hemel (of hel?) sit en stry oor die tipe musiek waarna geluister word. 'n Konkoksie van 7de Laan, Metallica en The Simpsons se kenwysie het die gehoor laat skater. Mens kan maklik so 'n tipe medley-cum-narratief oor stereotipes opneuk as jy nie jou storie ken nie, maar Karen het dit afgepull soos net sy kan.

Die laaste paar songs was afkomstig van haar mees onlangse album, Chasing the Sun. "Suburbs", "Dinosaur" (waar sy Carike Keuzenkamp lekker bykom oor haar Kinderland-projekte) en die briljante "Deurmekaar" het die vertoning gepas afgesluit. En as toegif het Karen die gehoor trakteer met haar weergawe van Johannes Kerkorrel se "Sit dit af!". Hier het sy vir die eerste keer die aand van haar stoel opgestaan en gerock-'n-roll, en mens kon dadelik voel hoe die energie deur die Baxter spoel.

Die vertoning was uitstekend, hoewel mens graag meer songs wou hoor. Ek wil nou nie gulsig klink nie, maar as ek reg onthou was daar verlede jaar 'n pouse en was die vertoning redelik langer.

Daar is ook fluisteringe van 'n nuwe album wat in die komende maande die lig gaan sien, so dit sou ook nogal nice gewees het om iets nuuts uit Karen se pen te hoor. Die beligting en veral rookmasjien was effens verdag by tye, en selfs Karen het opgemerk dat die verhoog "voel soos 'n standerd 8-badkamer" met al die rook.

En terwyl ek nou op 'n roll is, wil ek ook graag 'n goedbedoelde "Fok jou!" aan die Baxter-usher toewens wat telkemale sy patetiese flitsie in my gesig gedruk en kwaai gegrom het wanneer ek 'n foto wou neem. (Sien paparazzi-agtige camera shake op live foto's in die galery vir ongewenste resultaat.)

Maar wat 'n wonderlike voorreg om 'n ware superster in aksie te sien, veral wanneer sy en haar musikante goed geolie en op hul beste is. Vir 'n uur of wat kon mens ontsnap van konflikte, oorlo en kwellings - en voel hoe Zoid en kie die koue met 'n draadloos-kragtoer verdryf.



LitNet: 5 Augustus 2004

back    /     to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.