KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Bacchus Nel se nuwe album ‘n belowende rock-debuut

Jacques Coetzee

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Klik op CD om te bestel by kalahari.net!
In die arms van die nag
Bacchus Nel
Wolmer Records
Formaat: CD
Prys: R88.95

Ek het al hier by die tweede snit begin saamneurie met hierdie CD, en dis altyd ‘n goeie teken. Alhoewel Nel nie ‘n besonder groot omvang het nie, gebruik hy sy stem om atmosfeer te skep – ‘n teer maar uitdagende basklank. Aanvanklik klink die lirieke raaiselagtig maar sjarmant: “Raam dit met die Son” het ‘n soort nostalgie vir onskuld wat ‘n mens kan herken, en “Oppie Plaas” besing die soort boheemse lewenstyl wat mens by rock ‘n rollers verwag.

Maar geleidelik begin mens dieper luister: die reëls wat Nel sing, spreek van ‘n ervaring van verlies. Selfs die titelsnit speel af in ‘n wêreld waar skoppensboere hulle harte verloor en hofnarre hulle hande in die lug gooi. En wanneer hy in “Oppie Plaas” ‘n seksuele ervaring beskryf en afsluit met die verdoemende woorde:

Jy is op soek na liefde
Maar lus sal alles opfok

dan besef die luisteraar: “This is no fun and games any more.”

En dis ‘n besef wat by mens groei soos wat jy hierdie album leer ken. “Treine”, ten spyte van ‘n nogal “upbeat” elektriese-kitaar-begeleiding, is ‘n besinning oor hoe moeilik en vol risiko’s verhoudings is. In “Rooiwynwinter”, ‘n lekker verleidelike lied wat seker nog vele harte vinniger sal laat klop, beskryf hy ‘n uitgetrapte wynroete na sy hart. Hierdie is liedere wat mens uitdaag om die lewe ten volle te ervaar, om dit in te drink en jouself daaraan oor te gee, al word jy rondgespoel en uitgespoeg soos die minnaar in “Rooiwynwinter.” Die karakters oor wie hy sing, soek vervulling – merendeels beskryf in terme van wyn, die vrou en die lied. En hulle is nie bang om die prys te betaal nie.

Maar dit is “Herfsman” wat waarskynlik die verrassende hoogtepunt van die album vorm. In hierdie lied word die refrein, “Daar’s ‘n man met ‘n besem wat die herfs opvee”, meedoënloos herhaal totdat dit vir die luisteraar soos ‘n dringende probleem begin voel.

Daar is ander leidrade wat aandui dat Nel sy huiswerk goed gedoen het: hy bring hulde aan Johannes Kerkorrel (Johnny K) wat gesê het” “Sit af jou TV”; hy verwys na Cohen, aan wie se dreunende basklaagliedere hy soms herinner. Maar hierdie is in die eerste plek ‘n oorspronklike album. “Sunny Side” word met humor en medelye besing – ek dink veral aan beelde soos:

’n Straatkind op ‘n muurtjie praat
Met sy deurskynende maat
En ek dink ek soek ook een van daai
Vir al daai lonely dae.

Teen die tyd wat mens die CD klaar geluister het, kry jy die gevoel dat jy iemand beter leer ken het, iemand wat loop met “sidewalk poems” en ‘n bokskitaar, wat, soos hy self sing, bly “saam met my vriende en die tien plae”. Hoeveel hierdie persoon op die regte Nel lyk, kan ons nie weet nie, maar dit maak nie saak nie. Ons het lanklaas soveel rede vir opwinding gehad oor ‘n debuutalbum in Afrikaans, en dit gee mens sommer hoop vir ‘n toekoms met so ‘n sanger en liedjieskrywer.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!




LitNet: 1 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.