KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



huistoe: Ruik die Karoo

Erns Grundling

Bestel nou by kalahari.net!

Resensie: huistoe, deur David Kramer
Blik Musiek, 2004
(Klik op omslag om te bestel by kalahari.net!)

As jy al ooit ’n goeie rede gesoek het om ’n cd-speler in jou kar te installeer, en ten spyte van die stygende petrolprys die Route 62 daar verby Montagu en Barrydale aan te durf, is David Kramer se huistoe die antwoord. Want hierdie is musiek vir die langpad. Maar nie slegs deur die landskap van die ongenaakbare Karoo nie, maar ook vir daai langpad deur die hart.

Min dinge maak my so rasend van opgewondenheid soos die vooruitsig van ’n nuwe cd deur David Kramer. Terselfdertyd wonder mens half onrustig: waarmee gaan hy di keer vorendag kom? En gaan dit nie dalk sleg afsteek teen ’n merkwaardige oeuvre wat reeds oor twee dekades strek nie? Gelukkig worry ek altyd verniet ...

Mens kry altyd opnuut respek vir David Kramer. Hy het destyds in die vroe tagtigs met songs soos “Blokkies Joubert” en “Royal Hotel” die publiek uit sy hand laat eet. Veral met die kenmerkende rooi velskoene, dikwiel bicycle en Volkswagen-advertensies ... Mindere geeste sou hierdie “veilige omgewing” uitgebuit het vir elke sent wat daar te maak is. Maar nie David Kramer nie.

Reeds met Bakgat in 1981 (waarvan die meeste snitte deur die SAUK verbied was) het hy die publiek uitgedaag met satire en vlymskerp sosiale kommentaar. Of dit nou op die verhoog, met ’n musiekblyspel of waar ook al is, slaag hy altyd daarin om nuwe standaarde aan kunstenaarskap te stel.

huistoe is ’n voortsetting van sy baanbrekerswerk met die musikante van Karoo Kitaar Blues. Hy het vir daardie reeks vertonings die land deurkruis en mense soos Koos Lof, Tokas Lodewyk en Siena Mouers in die hartjie van die Karoo gaan haal (as ’t ware “ontdek”) en hulle na die KKNK, Baxter en ander groot verho gebring.

David Kramer en die Karoo-musikante van Klein Karoo Blues

Bestel nou by kalahari.net!Die musiek self is ook in die uitbundige styl van sy vorige cd — Karoo Kitaar Blues — wat hy saam met die Karoo-musikante in die Baxter opgeneem het. Koos Lof (trekklavier), Dawid van Rooi (viool), Jan Willems (blikviool) en die Sonskynsusters (Ruth Marley, Elsbeth Davids, Heidi Grootman) het saam opgeneem, en tree ook op in die vertonings wat die album bekendstel. Stanton Meiring (klawerborde) en Piet de Beer (viool) was ook saam in die ateljee.

Kramer het verder kragte saamgespan met sy gereelde staatmakers — Gammie Lakay (kitaar), Howard Links (baskitaar) en Danny Petersen (dromme en perkussie).

Die Karoo, die langpad en die lot van plaaswerkers l vir Kramer na aan die hart. Veral omdat heelwat van ons Afrikaanse musiek se wortels by hulle te vinde is. In huistoe word hierdie plaaswerkers se lief en leed tot op die been ondersoek. En Kramer — ’n storieverteller van formaat — doen dit met die grootste deernis denkbaar. Dit word lewensgetrou uitgebeeld, in die dialek van die karakters wie hy vertolk. (Die lirieke se spelling in die CD-omslag stem ook ooreen met die dialek.)

Maar moenie ’n fout maak nie: hierdie is geen swaarmoedige album nie. Dis oorwegend ’n jolige viering van die Karoo en die besonderse mense wat daar woon. Terselfdertyd kan almal daarmee identifiseer, want die songs gaan oor die basiese menslike versugtings wat in ons almal skuil ...

Terloops: As jy huistoe voor jou oë wil sien gebeur, moet jy sekerlik ’n draai maak by David Kramer se vertonings van 7 tot 9 Julie in die Aula Teater in Pretoria (bespreek hier), of in die Callie Human by die Volksblad-kunstefees, Bloemfontein, op 15 en 16 Julie (bespreek hier).

huistoe: die omslag

David durf die grondpad aan, stoksielalleen. Met lang swart jas, hoed en kitaar onder die arm. (Geen rooi velskoene of blikkitaar hierdie keer nie.) Hy stap in die rigting van die horison, waar wolke onheilspellend saampak. Links loer ’n volstruis heel astrant, regs wieg ’n windpomp (in plaas van “CLIMAX” is “DK” vernuftig ingevoeg op die windpomp se stert). In die verte wag die berge hom in ... dalk di berge waarvan David sing in die snit “ek k huistoe”?

die berge frommel om my
my koue klip komberse
ek trek die donker nader
nes ’n kamer sonder kerse.1

Ek weet nie of dit doelbewus gedoen is nie, maar die omslag toon vir my verskeie ooreenkomste (n verskille) met ’n vorige Kramer-plaat in die 80’s, Hanepootpad (1983). Besluit maar self ...

Huistoe (2004)  Hanepootpad (1983)

Lys van snitte op huistoe:

weeskind
karo
onnerwater
dans mettie dood
die pad
katie
die donnerweer brom
dikwiel bicycle
klipspringer
bitterswaar
stoomtrein
ek k huistoe

“Huis” en die “pad” is in verskeie gedaantes aanwesig in elke snit. Tematies sluit dit aan by die gesoleerde landskap van die Kamiesberge, die Koue Bokkeveld en Namakwaland. Dit maak van huistoe ’n uiters geslaagde konsepalbum2.

Ek gaan die snitte nou kortliks uitlig:

Die cd skop af met “weeskind”. Koos Lof se trekklavier maak die mooiste geluide denkbaar. Die ontnugtering en hulpeloosheid van weeskind wees word soos volg verwoord:

almal het dan iets te s en dit oor my
almal het dan iets te s en dit oor my
ek hettie mama nie ek hettie papa nie
swaar om ’n weeskind te wees.

Maar moenie dat die onskynlike eenvoud van die lirieke jou flous nie. Kyk waar gaan haal Kramer vergissings oor die wel en wee van die waarheid in die laaste strofe:

die waarheid vang jou asem
slat jou sommer stom
die waarheid is so mooi
al is jy oud en krom
almal die wat slim is
hul kop is in hul dinges
kannie waarheid koop’ie
dit vat jare te bekom.

’n Pad is daar om geloop te word. In “kairo” is ’n wyse man aan die woord, wat al baie gesien en beleef het.

daar loop ’n pad, verby my deur
dit was ’n grondpad ma nou’sie pad geteer
’n duisend mense en motors ry verby
geluk of liefde watter een soek jy?

“kairo” bevat twee fassinerende staaltjies (waarvan die een skreeusnaaks is!), wat ek eerder nie hier wil weggee nie. Ten einde laas is daar ’n weemoedigheid by die verteller te bespeur:

skink vir my ’n bier met ’n brannewyn daarby
sing vir my ’n song, dan issie pyn verby

onnerwater” is ’n lieflike beskrywing van die oeroue Karoo-landskap. Die opgewekte ritme is aansteeklik. Kramer sing oor die dae toe akkedisse nog visse was, die eerste inwoners (“handjies teenie rotse / musiekmaak vir die maan”) en die Westerse beskawing se verskyning (“hulle kom mettie swart bybel / mettie brandewyn en bier”). En die liefde wat alles oorwin:

assie son ’aa oor ’ie pramberg kom
sallie nuwejaar begin
klippe kan ek liefh
ma vir jou sal ek bemin

dans mettie dood” is my gunsteling, wat lirieke n melodie betref. ’n Weemoedige bekfluitjie en sagte kitaarbegeleiding ... dan volg die viool en David wat sing:

’n vyfrandstuk het ek weggesteek
almal hier wil vir my net preek
ek staan heel maand en wag virrie ren se reuk
want sonner water sallie veld’ie blommie
sonner blomme sallie geld’ie kommie
sonner geld wil almal vir almal neuk.

Tydens sy vertoning by die afgelope KKNK het David vertel dat hy di song se inspirasie gekry het by Tokas Lodewyk, een van die legendariese Karoo-musikante. (Dit is terloops my beskeie mening dat geen mens ten volle geleef het as hy/sy nog nie vir Tokas ’n wafferse riel op die verhoog gesien kap het nie ...)

Kramer se mees hartroerende songs is wanneer hy self pens en pootjies binne die karakters klim, soos in “Botteltjie Blou” en “Dawid Ryk”. “dans mettie dood” is ’n voortsetting hiervan.

Die le beloftes van politici word ook aan die kaak gestel:

hier’t ’n man gekom vannie gowwerment
in sy slangvel skoene loop hy penorent
hy belowe ons die baksteen en sement
niemand glo meer daai ou storie
ons het nooit weer van hom gehoor’ie.

Dan is hierdie strofe sekerlik die mooiste stukkie melankolie waarop ek in ’n lang tyd afgekom het:

ek trek ’n skuif en ek drink ’n bier
ek soek jou lyf vir my plesier
hoeners pik die bitter grond
kinners hardloop kaalgat rond
ek dans mettie dood
die lewe bly maar duur.

Om van hierdie nie eens te praat nie:

innie donkernag hoor ek die teerpad brom
sy roep my naam nooi my om saam te kom
op my ou matras bid ek vir wonderwerke
jy hou my vas my engel sonder vlerke.

In “die pad” stel Kramer ons bekend aan die karakter Willem Hond. Willem kan ’n skaap skeer, en hy skrik vir geen koue pampoen nie. Hy stap in sy verweerde klere langs sy vrou op die langpad en is bereid om te betaal vir petrolgeld:

ennie pad loop op
ennie pad loop af
en ons word geskop
en ons word gestraf.

Die bottom line is dit: “di kant daai kant, opdraand afdraand, ek moet gat waar die pad my vat ...”

(Probeer gerus by ’n lewende vertoning van Kramer uitkom waar hy “die pad” sing ... just do it.)

katie” is ’n op en wakker lovesong, vol interessante nabetragtings oor politici, die waarheid, “soekers na die hemel”, ens.

almal bid vir vrede
almal soek net geld
elke politician op sy eie mission
verbeel hom hy’s nou die held.

die donnerweer brom” is donker, somber en gelaai met onheil. Beslis nie ’n snit vir sissies nie. Hierdie song sal by mens bly spook. Jy sal n die luister hiervan twee maal dink voor jy jou man/vrou verneuk ...

die kerkklok slaan
’n jakkals huil
die dorp is donker
elke brak wil skuil
dit raak nou laat
hy moet huis toe kom
die hemel kraak
en die donderweer brom.

Ek was aanvanklik nie juis bendruk met “dikwiel bicycle” nie. Dit het vir my te kommersieel geklink, met te veel herhaling in die koortjie. Dis nie een van huistoe se hoogtepunte nie, maar dit groei vinnig op mens ...

ek ry ’n bicycle met ’n dik dik wiel
hy’t ’n klein blink spiel
maa’ hy’t ’n dik dik wiel
ek ry hom op en af verby die hond wat blaf
daai hond bly blaf maa’ ek ry op en af.

klipspringer” is opgewek en vol verlange na die berge en die ooptes. Kyk hoe maak Kramer di landskap lewendig in mens se geestesoog:

tussen die katbos en die boegoebossiegeur
loop ek in my drome die ou klowe deur
ek ken elke paadjie elke draaitjie elke kuil
my o is droog is net my hart wat huil.

bitterswaar” handel oor ’n weeskind en sluit goed aan by die openingsnit. Veral die Sonskynsusters beïndruk met hul sang op hierdie snit. Die karakter hou voorraadopname van sy karige besittings, maar is nie gepla met die dag van môre nie:

ek staan hie oppie stasie
en ek tokkel my kitaar
hulle gooi my ’n paar sente
en ek maak ’it bymekaar
ek het net my drie chords
ek het net my krag
ek worry nie van mre nie
mre is ’n anner dag

Wat is die Karoo sonder ’n treinspoor? Of ’n stoomtrein? In “stoomtrein” verlang die karakter na sy beminde, terwyl hy langs ’n spoorlyn wag. Dit is ’n opgewekte en nostalgiese versugting (“mre assie son skyn / vang ek aai stoomtrein / terug na jou”).

Die album sluit af — en bereik volsirkel — met die jolige “ek k huistoe”. Eers word Montagu en Barrydale pragtig beskryf, gevolg deur die karakter in die song se ontnugtering met die “liggies innie stad”. Daar bly net een plek oor om na te gaan: huistoe.

ek k huistoe
ek k huistoe
jy sal my terugvat het jy ges
ek k huistoe
ek k huistoe
ek wil kaalgat met jou lepel l.

Angola Badprop het in sy Krit-resensie by die afgelope KKNK die volgende oor Kramer ges: “Pas hom op. Hy’s precious.” David Kramer is in ’n klas van sy eie, en sy bydrae mag nooit onderskat word nie.

Laastens, ’n wenk: Gaan koop die cd onmiddellik (sommer hier by kalahari.net). Luister dit deur van hoek tot kant, verkieslik met oorfone.

Maak toe jou o, ruik die Karoo ...

En sien die stofwolke van ’n ondermaanse riel.


David Kramer kom huistoe

Notas
1. Duik hierdie strofe nie op in ’n vorige teks van Kramer nie? Lank gelede, by die Grahamstad-fees, het ’n begeesterde (en aanvallige) skilder van Hermanus dit vir my agter op ’n voubiljet geskryf ... dit was vir jare teen my muur opgeplak. Kan iemand dalk help? Mail gerus.

2. Ek is nie seker of konsepalbum die regte woord is nie, maar dit het te doen met ’n deurlopende tema wat deur al die songs vloei. Dit verskil dus van kompilasies, “best hits”, of ’n aantal snitte wat onwillekeurig gekies word om ’n CD vol te maak. Ander voorbeelde van uitstekende konsepalbums is Valiant Swart se Deur die donker vallei en Amanda Strydom se Verspreide Donderbuie.



LitNet: 8 Junie

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.