KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Anton Goosen - Tyd se witbroodjie

Onderhoud en foto's: Riana Wiechers

Dis drie-uur op 'n Vrydagoggend. Ek is op pad terug Kaap toe n 'n Anton Goosen-vertoning in die Dorpstraatteater Caf in Stellenbosch. Wat het van die tyd geword? Ek het die show gekyk, agterna begin gesels. En skielik was dit halfdrie die oggend. En daar op die N1 tref dit my: di twee geniet 'n spesiale verhouding - Anton Goosen en Tyd. Sy liedjies? Tydloos. Sy shows? Altyd te kort. So het Tyd toe, daai Donderdagaand, beleefd vir 'n paar uur teruggestaan. En het Anton vertel van 'n 25-year career, die downside van wat hy doen en wat hy vir Kersfees wil h. En nog 'n paar ander goed.

Jy en jou musiek is al vir soveel jare uit soveel hoeke betrag. As jy 'n resensie oor jouself en jou musiek moes skryf, hoe sou die verkorte weergawe lui?

(Lag) Jislaaik. What a question. Verkorte weergawe? Sherbet. (Dink so bietjie.) Verkorte weergawe Van my hele career?

S maar van jou genre, of jou styl.

Ek is net 'n rhythmkitaarspeler. Wat 'n paar songs geskryf het. En hulle sing. En vir some reason het dit gewerk.

'n Baie modest rhythmkitaarspeler

Nee rrig.

Is dit rrig hoe jy voel oor jou werk en jou musiek? Bly 'n mens werklik onaangeraak na soveel jare en soveel erkenning?

Nnnnnnnnou, ja. (Dink so bietjie.) Maar aan die begin, ek meen, almal gaan deur die popstar-ding. En die bewondering. En mens begin dink jy kan op die water loop. En dan word jou kop groot, jy weet. Soos wat 'n hele paar mense se koppe op die oomblik groot is. En dan kom jy af grond toe en jy kom agter jy is eintik net 'n mens. Jy's net 'n mens en you had a lucky break. Maybe in another lifetime, of op 'n ander tyd, sou dit nie gewerk het vir my nie. Met my - die timing was reg. Jislaaik. Die grond was verskriklik vrugbaar vir iets nuuts in '79. Met die Afrikaanse musiekrewolusie.

Was dit 'n conscious ding van jou kant af?

Nee. Dit was nie conscious nie. Glad nie. Ons het een vergadering gehou

Wie's "ons"?

Die Musiek-en-liriek-beweging was ek en Laurika, Koos du Plessis en Jannie du Toit. David Kramer het so 'n jaar later bygekom. Maar ons het nooit rrig gaan sit en s "Kyk, ons gaan nou 'n ding doen" nie. Dis 'n ding wat vanself gebeur het. Merwede van der Merwe het 'n reeks gedoen op TV met die naam Musiek en Liriek. My ding met Sonja (Heroldt) en songwriting het toe al gebeur. En Merwede het met die idee gekom dat Mynie en Laurika 'n klomp songs moet sing in hierdie reeks, en sy het my nadergehark as 'n songwriter en as music advisor.

Op daai stadium het ek nog nie my eie liedjies gesing nie nie. Maar terselfdertyd het my publisher daai tyd vir my ges dis tyd vir die eerste Afrikaanse singer/songwriter-album. Hy't ges "Kom ons doen so halwe Donovan-trip-ding." Toe s ek vir hom "ok". Daai tyd het Carike net "Byeboerwa" opgeneem. En Sonja het ek toe al "Harlekyn" voor gegee. En toe ek "Blommetjie Gedenk aan My" ook vir haar wil gee, toe s my publisher vir my "Nee. You keep that for yourself." En "Boy van die Suburbs" was toe al klaar geskryf vir die Musiek en Liriek-reeks. Maar toe foeter ek bietjie aan hom. En toe doen ons my eerste album. En toe werk dit. Nice problem! En nou, 25 years later sit ek hier en chat met jou; ek hoef nog steeds nie te werk nie. Speel net my kitaar en mense klap hande. Wonderful.

Ek lees jy bring binnekort 'n songbook uit?

Ja, hulle wag nou net vir my.

Om dit te edit?

Ja well, te edit - maar eintlik wag hulle dat ek die chords moet bysit! Daar kom ook foto's by en hopefully sal dit net 'n nice boek wees.

Het die boek al 'n naam?

Ek dink Tagtig Songs. Tagtig Songs van die Liedjieboer! Wat nog? Ek skryf op die oomblik aan nog 'n album. Maar ek skryf stadig. Ek het nog net twee en 'n halwe songs klaar.

Jy het al met verskriklik baie musicians saamgewerk. Hoe gaan jy te werk in jou collaborations?

Ek gee hulle 'n free hand. As ek saam met fantastiese muso's werk, s maar soos Barrie van Zyl, of Schalk Joubert, wat "Vis innie Bos" arrange het, gee ek hulle 'n total free hand, want ek wil intap in hlle talent. Ek wil nie h hulle moet doen wat ek in my kop hoor hulle speel nie. Al wat jy doen is jy book the best. Jy book die beste studio, jy book die beste producer, die beste engineer en die beste musicians. Jy book mense omdat hulle talent het. Toe ons Bushrock - die Engelse album - gedoen het, het ek Isaac Mtshali gebruik wat ook op Paul Simon se Graceland gewerk het. En Isaac het vir my ges: "Kom sit hier op die vloer by my, my bra, en speel jou kitaar so that we can hook into your roots." Daai level. En ek het die acoustic kitaar gejol. En hy het met sekere goed wat hy gehoor het, ge-identify, en begin invul rondom wat hy gehoor het. En that's the secret. Dit is hoe jy iets nuuts skep. Dit help nie ek daag daar op met preconceived ideas nie. Dis nie volgens my hoe interaction werk met muso's nie. Veral nie as jy met top musicians werk nie.

Dis duidelik dat jy lief is vir wat jy doen. As jy die downside moet uitwys, wat sou dit wees?

Van my career?

Net van dit wat jy doen. Om 'n performing artist te wees.

Ian Lawrence het my 'n sin geleer: "Dogs on bicycles perform, madam. I, I enterTAIN ." (Lag.) Uhhhmm. Die downside van performance? It's a very lonely world. Janis Joplin het ges: "What's the point of making love to 20 000 people every night when you go to your hotel room alone?"

Ervaar jy dit so?

Nou nie letterlik nie. Maar dis eintlik maar waarop dit neerkom. Jy gaan na jou kamer toe. Jy gaan kiep. Al die mense gaan huis toe. En jy word wakker die volgende oggend, en jy's just one of everybody else. All just the same. Daai kontras moet jy leer verwerk. En as jy dit eers verwerk het, dan is dit baie cool.

So jy sou s die downside is die kontras tussen celebrity en net 'n doodnormale mens wees?

Ja. Dis hoekom ek woon waar ek woon. Ek bly op 'n plaas langs 'n rivier, wat baie wonderful is. Ek het daar ingesettle, en ek love die solitude. Daar maak jy pelle met die natuur. So dis 'n very nice balance tussen in die Bosveld bly, en dan gaan jy clubs toe. En dan drie-uur die nag kom jy terug huis toe, en jy is in jou safe environment. Die honde, die vols, en as ek lucky is, kry ek 'n eland of twee op pad huis toe, daai tipe vibe. Dis nie 'n ongoing ding soos die Rolling Stones of Marianne Faithful nie. Maar ek neem aan hulle het maar dieselfde problems. Groter, selfs.

As jy kon kies wat jy in 'n volgende lewe wou wees of wou doen, en jy kon nie weer musiek of skryf kies nie - wat sou dit wees?

Heng, dis nou jammer jy't ges ek mag nie weer musiek kies nie, want ek sou graag 'n lead guitarist wou wees in 'n volgende lewe! OK, as ek nie musiek mag doen nie - ek dink dan sou ek graag 'n cartoonist wou wees. As ek iets soos Asterix kon uitdink

Is dit nie maar skryf nie?

Nee. Dis uitdink. Jy dink Asterix uit. Of The Little Prince. Dan hoef jy niks ooit weer daarna te doen nie. Maar die anner ding is ook - jy weet, ek kon nou vir jou ges het "Eugne Marais". Daai hele "suffer for your art" thing. Maar The Little Prince - wat ek van dit weet - en ek weet niks van die skrywer af nie - hel, dis vir my perfect. Less is more. Dis nogals 'n nice statement in music ook. Maar in songwriting het jy drie minute om jou storie te vertel. Jy skryf nie 'n novel nie. Dis nie Lord of the Rings nie. Weet jy, ek het nooit die [Lord of The Rings] boeke gelees nie. Maar almal het ges dis 'n meesterstuk. En toe gaan check ek die eerste movie. En whoaw, dis nogals lank vir 'n travelling montage! Want daai dudes gaan van hier af sooooontoe. En aan die einde kom hulle nog steeds nie daar uit nie! (Lag.)

As 'n mens luister na songs wat jy geskryf het vroeg in die 80's - songs soos "Die Liedjieboerblues" en "Afrika" en 'n hele paar songs van die album Liedjieboer af - dis baie revolusionr. En dit het jy in 1980 geskryf - soveel jare voor, s maar, iets soos die Volvry-beweging. En soveel jare voor demokrasie. So al daai jare tussenin, vandat jy protest songs begin skryf het tot en met demokrasie - hoe was daai tydperk van jou lewe, persoonlik en as kunstenaar? Wat is jou herinneringe?

Weet jy, Liedjieboer was my derde album. Die eerste album was Boy van die Suburbs - daar is 90 000 van verkoop.

90 000?!

Die tweede album was 2e Laan 58 - dit was my home address. Dit was baie meer introspektief - en dit was rock. Half 'n biography in rock.

Hoe sou jy jou eerste album beskryf?

Die eerste album was vol songs wat ek tot op daai punt nog 'n hele leeftyd in my kop rondgedra het. Idees, I suppose. Goeters wat ek gesien en ervaar het. Ek het daai hele leeftyd gehad om materiaal uit te ontgin en om 'n 12-cut album van te maak. Die tweede album, die volgende ene, het jy skielik 'n jaar tyd. Miskien twee jaar. Maar jy het nie weer daai hele leeftyd nie. Nou moet jy f oorskiet vat en dit verwerk, f nuwe goeters explore. So my tweede album het toe in 'n baie meer persoonlike rigting gegaan. Maar my derde album, Liedjieboer, was indulgent. Dit was 'n baie low time in my personal life. In my psige. Daai hele popstar-ding wou ek glad nie h nie. Ek was like "Take this away, please take this away. Ek is nie 'n donkie nie, moenie aan my ore trek nie, ek gaan nie sing as jy my stert trek nie, ek gaan nie vir julle 'n skoollied skryf nie" - jy weet? Daai hele fokken ding. Ek sien Bob Dylan het in sy (outobiografiese) Chronicles dieselfde ding ges. Ek meen, hy het aspris begin kak musiek maak sodat mense hom net sou uitlos. Daai album Froggy Went a-Courting, en ek dink nog twee ander albums. Hy was like "Please go away. Los my uit." Liedjieboer was nie noodwendig "Los my uit" nie, maar dit was baie introspektief. Waar 2e Laan persoonlik was, was Liedjieboer ultrapersoonlik, I suppose. Al daai mense en situasies waaroor ek geskryf het in Liedjieboer bestaan almal. Ek dink nie rrig goed uit nie.

"Brief vir Simone" is een van my gunsteling songs.

Ek het die naam Simone gekies omdat ek 'n fliek gesien het waarin dit die vroulike hoofkarakter se naam was, en dit was vir my 'n mooi naam. Maar alles in daai song is die waarheid. Daai vrou bestaan, die sit op die Hillbrow-toring, al die plekke - dis alles werklik, alles werklike ondervindings en gebeure. Ek was op 'n baie vulnerable plek in my persoonlike lewe op daardie stadium - dit was net na my divorce.

Daar is 'n reference na jou eksvrou in daardie song

Daar is 'n klomp!

En die political stuff op Liedjieboer? Ek het vanaand weer daarna geluister voor ek na jou show kom kyk het, en ek was van vooraf struck oor hoe kontroversieel daai onderwerpe daardie tyd moes gewees het.

Die producer en arranger van Liedjieboer was baie geworried oor die "Nkosi Sikilele" chorus in die song "Afrika". Jy weet, die Banning Committee van die SAUK het "Begrafnistyd in Zeerust" destyds verban. En die song is eintlik maar net 'n onskuldige kykie na begrafnisse. Dis nie twee minute n die begrafnis nie, dan's dit 'n gepaartie. Dan sien die gaste die weduwee en hulle's vreeslik hartseer. Dan sien iemand 'n pel en dis "Hei, hoegaanitmejou!" Dit is maar eintlik 'n paartie, of jy dit nou wil weet of nie.

Dis eintlik beautiful.

Ja, dis cool, man. Die lewe gaan aan. Nou daai ding is verbied deur die SAUK.

Het jy ooit uitgevind hoekom?

Ek suppose dit was offensive. Oneerbiedig. En snaaks genoeg, "Afrika" was nie verbied nie. Daar was rels gewees daai dae. Goed soos seks, politics, brand naming, swak smaak - dit was alles verbode.

Swak smaak?

Ja - that covers everything! En religion. Daai vyf goeters mag jy nie oor geskryf het nie.

Het hulle jou uitgelos?

Hulle het my ni uitgelos nie! "Kruidjie-roer-my-nie", die original opname, het gespot met Pretoria en die staatsamptenare - die mense met hulle voete op die tafels wat maak of hulle werk. Selfde as nou. (Lag.) Presies dieselfde as nou! Ek weet nie hoe lank dit was na die song uitgereik is nie, of dit nou een dag of twee dae was nie, toe bel 'n ministersvrou die SAUK se Banning Committee en maak 'n klagte. Omdat ek kwansuis 'n joke maak van die staatsdiens en die regering en al daai goed. En toe ban hulle dit. Ek het actually die brief in my scrapbook. Dis op my website ook. "Nie geskik vir uitsending nie." Gesign. En toe gaan ons terug na die studio en ek skryf 'n straight lyric. "Donkiekar". "Ek en jy". "Speel vir jou konsertina". "Jy's my liefling". Met net 'n paar klein digs, soos onder meer die verwysing na Waterkloof. Maar dit is toe nou cool. Dit werk toe vir hulle. So dit is vir my waar die politieke game begin het. Ek het die heeltyd 'n game met hierdie mense gespeel. En dis hoe ek hulle met daai ene gebeat het. "Boy van die Suburbs" - die song was onder embargo omdat ons mixed language gebruik het. Vier dae na die embargo ingestel is, toe gaan ek en die producer in na die SAUK en s maar this is too much. "Begrafnis" en "Boy" kan nie albei geban wees nie. Toe los hulle "Boy" se ban, maar "Begrafnis" se ban bly. Toe s ons dis orraait. Ban dan maar vir "Begrafnis", maar "Boy" moet hardloop! Daai dae was die Broederbond powerful. Baie powerful.

Het die veiligheidspolisie jou uitgelos?

Wag, dis nou eers vir later. (Dink.) Ja, die Broederbond. Ek het 'n game met hulle begin speel. Ek het 'n song geskryf met die naam "Majat". My guitarist at the time het baie gerook, en ons het eendag op 'n koppie gesit en gewonder hoeveel name daar vir joints is. (Lag.) Dit was iets soos 17! En toe noem hy vir my die woord majat, wat ek nie geken het nie. Hy vertel toe vir my maar dis 'n naam vir cheap dagga. Die woord het vir my 'n mooi klank gehad en toe besluit ek maar nou skryf ek 'n liefdesliedjie. Die ou se naam is Majat. En hy verlang na die mooiste meisie. En hy speel sy konsertina. Die aand by die Saries (toekennings) was "Majat" genominate, asook 'n ander song van my genaamd "Dik Zol". Nou imagine - hulle lees die titles uit en die helfte van die mense lag hulle gatte af, en die ander helfte vang dit nie. Anyway. Nie een van die twee het Liedjie Van Die Jaar gewen nie! 'n Ruk later het ek 'n traditional song verwerk - "Weskusliedjie" - wat gaan oor hierdie vrou op die hawe. Op Houtbaai se hawe is daar rens geskryf: "Jou ma is 'n Jinta". Nou, die Jinta was 'n skip wat ladies gebring het, want die ouens het vrouens nodig gehad. En van toe af dan die uitdrukking van "jou ma is 'n hoer". En toe skryf ek hierdie song met woorde wat s "die Jinta staan op die waterkant" - want ek het gedink dit maak 'n baie sterk beeld, hierdie vrou wat ook 'n huis en kinders het. Daai song het 'n storie vertel oor die kleurgrens. Maar omdat die Banning Committee nie die woord Jinta geken het nie, soos met "Majat", het die song deurgeslip.

Sing jy nog enige van daai political songs as jy optree?

Daai goed het te veel woorde om te onthou, hei. Ek sal my woorde voor my in 'n boek op 'n stand moet h om dit te perform. En dit wil ek nie rrig doen nie!

Waarvan hou jy die meeste en die minste omtrent jouself?

(Lang stilte.) Jissis. Waar't jy aan dt gekom? Die meeste en die minste (Nog 'n stilte.) Well, die minste is swak punte. Almal het swak punte. Ek is nie 'n goeie boekhouer nie. Ek weet van min artists wat is. Behalwe Steve, maybe! Maar ek meen, die ou kn sing. En ek dink hy het al 'n paar goeie songs geskryf en hy is nogal goed op stage en in wat hy doen. Ek verstaan net nie sy aggressie en narcissisme nie. En die hele ego trip. Ek voel dis onnodig, want dis nie waaroor dit gaan nie. Daar is nie wenstrepies in hierdie besigheid nie. Dis nie 'n kwessie van Picasso wat voor hardloop en hy beat die ander ou wat nog oor die vorige heuwel aangehardloop kom met twee minute nie. Maar om terug te kom na jou vraag - miskien sou ek daarvan gehou het om aan te hou met onderwys gee, jy weet, die Rot-op-die-wieletjie ding. Ek dink daar is baie security in doing the same thing every day, every day, every day.

Maar sou dit jou fulfil het?

Nee, dit het nie. Want jy het die fire inside, soos die Bob Seger song gaan. Daai fire inside. Jy moet dit volg

En di wat dit nie volg nie, of nie kan volg nie, is die sogenaamde "tortured artists"?

Oe eina lekker!

Ek bedoel nie jy nie - maar kyk maar na Van Gogh!

Hit me with your rhythm stick! Jaaaaa. Eina lekker. Nee, daai's 'n pot kak. Jy moet jouself uitsort. Jy. Moet. Jouself. Uitsort.

Ok maar hang on. Jy't nog nie ges waarvan jy die meeste omtrent jouself hou nie.

Die feit dat ek myself uitgesort het! (Lag.) Ek hardloop nie meer afkop in die sonneblomlande rond nie!

Waar op aarde is jy die gelukkigste, en hoekom?

Waar op aarde? Ek hou van vreeslik baie plekke.

As jy een plek moet kies?

(Skud sy kop.) Hu-uh. Nee. Ek kan nie kies nie. Vir die laaste agtien jaar is dit my huis. Dis op 'n rivier se wal, dis in die Bosveld, dis baie beautiful, my hond is daar. So obviously is dit een van my favourite plekke. Maar buite daai environment? Ek hou van baie plekke. Jy kan nie Stellenbosch vergelyk met George nie. Of Wildernis. Wat is daai plek bokant Wildernis nou weer? Hoekwil. Jy't so 'n 360 shot van alles om jou, die vleie, die see, die bos. Dis baie beautiful. Maar dan, Lake Malawi is ook nie lelik nie. Ek het eenmaal die volmaan daar oor die Lake sien opkom, en toe weer die son die volgende oggend sien opkom. Ek het die sneeu bo-op Kilimandjaro net vir twee minute gesien, dit het dit baie meer special gemaak - ek meen, hierdie ding staan op die ewenaar, daar's kameeldoringbome, kameelperde, al daai stuff. En dan's hier sneeu. Dis magical. Jy voel die presence. Ek het dieselfde gevoel gekry by die Victoria Falls. Jy voel hier is iets baie, baie groot wat met jou wese praat. En jy moet net check en gape. Die Swamps - die Okavango - dis 'n paradys. En dis nou maar net die onderste deel van Afrika. So ek kan nie net een plek kies nie. Daar's te veel.

Waarop, in jou lewe of loopbaan, is jy die trotsste?

Ek dink vyf en twintig jaar in hierdie game is OK. Dis lekker lank. Dis lekker lank, want dit kon net een of twee of drie jare gewees het. Ek onthou toe hierdie hele trip begin happen het, het ek raad gevra by my producer. Ek het hom gevra wat moet ek doen. Toe s hy vir my daar is twee roetes wat ek kan volg. "You can go for a hit-and-run - take the money and run - or you can go for a long career." En toe kies ek die lang ene. So maklik soos dit.

Waar dink jy kom jou talent vir observasie, en die interpretasie daarvan, vandaan?

Ek wonder. My ouers het baie gereis. So ek was van kleins af gewoond aan reis na ander plekke toe. En aan stilhou langs die pad. Jy tel klippe op, jy maak piekniek, daai hele nommer. You take your time. En dit het baie gehelp, veral met die praktiese sy van wat ek doen. Die toer bit. Maar in daai proses leer jy observe. My ma het 'n baie nice sin vir humor gehad. Ek meen, sy't rugby toe gegaan saam met my pa, simply om vir die mense te lag.

Jy, weet, daai ding van "Check wat vang hierdie ou nou weer aan!" Maar in deernis. Altyd in deernis. So ek dink dit het my weer gehelp. Jy weet, my ma en pa kom uit total different spektrums uit. My ma was die dogter van 'n prokureur (wat saam met Fagan die eerste regsfirma in die ou Suidwes begin het en die parlement verteenwoordig het), en my ouma, sy vrou, het waargeneem by die Stellenbosch-konservatorium as professor in musiek. Die ander kant van die saak was oupa Goosen, wat 'n pastoor was wat gepreek het oor mense wat bowls speel op Sondae. En my pa het gekom uit hierdie arm familie van vier kinders, en hy het vir die Poskantoor gewerk. Maar somehow het hierdie twee mense connect. Maar dit was rrigwaar twee opposite pole. Nou deur hierdie hele proses, deur my kinderjare, het ek 'n baie wye glimpse into baie uiteenlopende wrelde gekry.

Hoe het hulle ontmoet?

My pa het in die poskantoor in Okahandja gewerk, my ma het ingestap om pos te gaan haal, they gave each other one look! (Lag lekker.) Dit was vreeslik nice! En hulle het op die jetty in Swakop verloof geraak. Daai yster-jetty. Vreeslik romanties.

Is dit waar jy grootgeword het?

Nee. Ek het op Kroonstad grootgeword. Ek is gebore in die Oos-Kaap, het grootliks op Kroonstad grootgeword, matriek in Welkom geskryf en toe's ek Transvaal toe. Gauteng. Onderwys geswot.

Vir hoe lank het jy onderwys gegee?

Vir sewe jaar. Die laaste vier jaar was nice; ek was by 'n private school en ek was die Afrikaans-onderwyser. Die skool hoef nie by die destydse Nasionale Leerplan in te geval het nie - a fate worse than death! So ek kon dit vir die ouens lekker maak om Afrikaans te leer.

Jy moes 'n nice onderwyser gewees het.

Ja, ons het 'n band gestig - die St Stithian's Minstrels. Met teabox basses en goeters - nice. En dan sing die kids in Afrikaans. Toe ek daar begin het, het hulle hierdie handboek gehad - Vlot Afrikaans. Toe besluit hulle hulle verander al die l'e in die boek na r'e toe. Vrot Afrikaans, you know. Maar dit was net drie maande toe s die skoolhoof (wat Engels gegee het) vir my hy verstaan nie wat aangaan nie, maar die laaste tien minute van sy klas dan begin die kinders opwarm vir my Afrikaans-klas en hy kan nie met hulle huishou nie. As hy vir hulle vra hoekom hulle so excited is dan s hulle "It's Afrikaans next, Sir!" Ons het groepe van so ses of sewe gemaak, en die kinders moes hulle eie plays skryf en opvoer. Hulle moes hulle eie kostuums saambring, en dan het ons afgesit na so 'n forest waarin ons 'n clearing gemaak het - soos 'n Shakespearean theatre. Dan voer hulle hulle stukke vir mekaar op - alles in Afrikaans. Met spelling het ons krieket gespeel. Een ou bat, die ander ou boul. Ja, dit het lekker gewerk. Maar ek het kak opgetel. My sokkerspan het van die veld afgestap oor 'n refereeing decision. Ek het vir hulle ges hulle moet dit doen. Dit was 'n groot game teen Waterkloof House. And it just wasn't done. My span het vir twee weke hulle bekke gehou en my beskerm. En toe vind die hoof uit.

En toe's dit die einde?

Ja, toe word ek gefire. (Lag.)

Het jy nog kontak met enige van jou studente?

Ja. Ek het vir John Leyden van Mango Groove skool gehou. Hy s ek was 'n lekker teacher. Weet jy, nog 'n rede hoekom ek gefire was, was oor begripstoetse. Dit het eintlik alles op dieselfde tyd tot 'n punt gekom. Lang hare. Speel in pubs oor naweke. Sokkerspan het van die veld afgestap. En toe, in die eindeksamen, gee ek vir hulle begripstoetse oor Cat Stevens, Gilbert and Sullivan en so aan. En for some reason het die ouens in charge gedink dis weird!

Kan jy die kick beskryf wat jy kry as jy op die verhoog is?

Ek staan daar en dink aan al die geld wat ek gaan kry! (Lag lank en lekker.) Die CD's. Die ballonne. Kondome. My gesig op kussingslope. Nat lakens wat jy aan die mense kan verkoop! OK, nee, seriously - hierdie kleinteater-ding soos by die Dorpstraat Theatre Caf is verskriklik nice, die interaction met jou audience. Want jy kan klein goedjies wat normaalweg verlore sou gaan, drop, en iemand sal optel daarop. Aan die ander kant weer, groot gehore soos met die show in die Staatsteater is self ook baie nice. Duisende mense. Dis 'n ander gevoel. Toe ek nou onlangs by die Rittelfees was, toe die gehoor die veiligheidsbarrier platstoot en hulle kom tot heel voor die verhoog - it's something. En dit maak nie saak of dit 400 en of dit 20 000 mense was nie - dis die feit dat dit gebeur het, en die feit dat dit met j gebeur het. Dit voel lekker.

Vertel my van jou kinders.

Moya speel drums. Sy het onlangs Tama drums uit Japan uit gekry wat nou in my eksvrou se huis staan. (Lag.) Maar sy mag net practice as haar ma nie daar is nie! En verder is sy net heavy into die Afrikaanse musiek scene - sy's by al die shows - Klopjag en ddisselblom en so aan. Sy't my vroer vanaand gebel en vir my 'n song gespeel. Sy maak volgende jaar klaar met skool, en dan moet sy hiernatoe kom. Varsity toe.

En jou ander dogter?

Sy is getroud en gesettle in Jo'burg. Sy is alright. En dis al wat mens eintlik wil h. Dat jou kinders OK moet wees. Dat jy gesond is, genoeg kos het - gewone mens-goeters. Jy wil h jou blyplek moet orraait wees, jou vriende moet orraait wees. Jy wil nie issues h nie. Oorlog maak is OK - maar nie full-time nie. Ek dink dis OK om, as jy 'n ding sien waarmee jy nie saamstem nie, te s "Maar dis verkeerd." Soos hierdie hele backtracks-issue. Die hoof-plate-opsteller by RSG het gisteraand vir my ges: "Juanita du Plessis het onlangs 'n DVD gemaak en sy het dit gedoen met 'n live band. Sy't gesuffer, sy't gerehearse, and she did it." En hy voel sy het dalk net haar besluit gemaak as gevolg van hierdie hele backtracks versus live debat. So dis baie nice om te hoor. Maar mens wil ook nie aanhoudend fight en fight nie. My probleem met Steve is nie persoonlik nie. Syne met my is. Hy is nogals aggressief. Soos in sy brief vandag op SNet waarin hy vir Gerrit Rautenbach s hy (Gerrit) het die gras gerook waarop 'n stel dromme gel het. En op 'n stadium gebruik hy die woord jags. Dis nie 'n goeie rigting om in te slaan nie. Dit lees nie goed nie. Ek dink hy moet bietjie chill. As jy hom vergelyk met iemand soos Piet Botha Piet is seker die antipool. Piet is nie op die top van commercial success nie, maar hel, as jy iemand soek wat true is aan homself dan is dit Piet Botha.

Ons het vroer gepraat oor "Ken jy tant Mossie". Ek het 'n Engelse vriend wat altyd gedink het die woorde is "Ken jy daai moffie?"

(Lag lekker.) In '79 sou "Ken jy daai moffie?" beslis geban gewees het! Tant Mossie het my gebel laas jaar. Sy's nou 79 en in die ouetehuis. Sy was baie chuffed met die song at the time. Maar toe dit net uitgekom het, het sy my gebel en reggewys - sy het ges dit was 'n baie deftige dans - daar was nie 'n sleepwa involved nie!

Ons het van onderwerp verander nog voor jy by die Veiligheidspolisie kon uitkom.

O ja. Dit het met Houtstok gebeur in 1990. Daar was 'n bomb scare die middag en daar was baie political ondertone regdeur die hele duration van die konsert, ook met die konsert daarna. N Houtstok was my foon afgeluister, jy kon die afluisteraars hoor praat oor die lyn! By sommige van my shows was daar doodsdreigemente - een in Welkom het ek gecancel, en toe ons een aand in Picadilly gejol het, was daar 'n major politiese voorval. Daar was ouens met guns by die Jakaranda-show op Kerkplein.

Waaroor het jy gesing op daai tydstip?

Well, onder andere "Wit Kaffers"! (Lag lekker.) En "Winde van Verandering". So dit was baie in-your-face stuff. Voorheen het ek baie meer subtly geskryf. Ek het, na baie commercial albums, 'n album gemaak met die naam van Liedjieboer in die city/stad. Dit het baie uitbeeldings gehad van differences, of eerder, perceived differences. Die tema was baie wit en swart. Die stad, wit universiteit/swart universiteit, ensovoorts. Dit het baie kommentaar gelewer op die wanbalans in ons samelewing at the time. 'n Ou van die KP het my kom sien op my plaas. Hy't vir my ges hy kan sien ek is "hier en daar so bietjie van die pad af" met my uitlatings soos "16 Junie vier hulle hulle Geloftefees". Baie mense het in daai tyd vir my ges "Moenie nou waves maak nie, hulle gaan jou water en ligte afsny" en so aan. 'n Jaar of twee daarna toe maak ek Winde van Verandering saam met Die Kommissie van Ondersoek. Ek het net besluit dit is nou all out. Dit help nie om nou meer subtly te werk soos op City/Stad nie. Nou moet dit all out wees. Winde van Verandering - jy kan nie verby dit kyk nie. Daar was 'n song op, "Huis toe met 'n waitress", wat 'n lang ballad was wat geindig het met 'n beskrywing van die regse kandidaat wat opeindig in hierdie bed wat op vier bakstene staan. Apartheid is dood, lank lewe apartheid - daai hele begrip. Maar dis 'n ou ding in Suid Afrika. Toe ek op college was, was daar 'n song wat 'n Witsie geskryf het op die wysie van die traditional song "Foggy Foggy Dew". Hierdie song was "Jolly Vrystaat Boer", en dit het gegaan oor die sogenaamde "Sondagsport in die Vrystaat". Seks oor die kleurgrens en die gepaardgaande skynheiligheid.

Wat wil jy die graagste vir Kersfees h?

Jissus - for Christmas just to go away! Ek glo nie rrig aan Kersfees nie. Ek sal vir jou die antwoord gee wat Francois van Fokofpolisiekar vir Moya gegee het. Hy het vir haar gevra wat wil sy uit die lewe h, en sy het vir hom hierdie lang, existential antwoord gegee. Sy vra toe vir hom maar wat wil h uit die lewe h, en hy s "Fokol". So dis wat ek vir Kersfees wil h. (Dink so bietjie.) Kan ek vir jou 'n clich gee?

Sure.

Ek sal nie mind vir peace on earth en al daai stuff nie

Niks fout daarmee nie.

Nee, niks fout nie.

Dit herinner my - ek wou jou nog vra - wat is jou gedagtes oor die uitslag van die onlangse Amerikaanse verkiesing?

Jaaaa. Ek het snaaks genoeg ook nou net aan Bush gedink. Ja. Ek wonder waar die volgende oorlog gaan wees. Toe ek nou hoor hy's in. Want he's covered a lot of ground now. Hy en sy pa. Iemand het vanaand gemention dat Afrika volgende gaan wees. Ek het aan Korea gedink. Maar actually, I couldn't give a shit. Watse verskil gaan my denke aan die ding maak? The whole world hates America. En Amerika self - ek meen, dis absurd. As jy dink hoe word 'n leier gekies. Dis Mammon in first gear. Amper soos die Rittelfees. Maar a BIG ONE! (Lag.) Kapitalisme. Toe ons terugry van die Rittelfees af, dan kyk jy so by die venster uit, en soos ons deur die dorpies ry - en daar sien jy 'n beautiful ou gebou - 'n historiese monument - en oorkant die pad staan 'n plakkerskamp. Die resultaat van kapitalisme. Maar mense loop met oogklappe rond. Die volstruis-effek.

As jy kon teruggaan in tyd en iets oordoen of anders doen, wat sou dit wees?

Ek gaan presies dieselfde s as wat Fanus Rautenbach geantwoord het toe ek hom daai selfde vraag (as musiekjoernalis) gevra het. Ek sou ALLES dieselfde gedoen het, maar ek sou net next time beter beplan het! Want in hindsight wt jy mos nou. Jy weet wat gaan gebeur, so jy dodge net 'n paar goed. Ek is baie happy. My kids is cool. Ek ry lekker in my Jeep rond. Kry my drinks for free. Ek het 'n good time.





Foto deur Jean Meeran
Riana Wiechers is 'n vryskut-musiekjoernalis, redakteur van Musica se interne tydskrif, Sussed, en skryf ook vir die Musica-webwerf, www.musica.co.za.




LitNet: 26 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.