KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Jan Blohm verras by GMT 2005

Uitgereik deur Honeybell Brand Communications

Blues-musikant Jan Blohm het gisteraand die kollig gesteel by GMT 2005 toe hy te midde van sterk kompetisie met drie van die vernaamste toekennings weggestap het. Die GMT is 'n SABC 2-inisiatief en word as die belangrikste seremonie vir die Afrikaanse musiekbedryf beskou. Dit het plaasgevind by Circus Maximus by Caesars Gauteng.

Blohm het Album van die Jaar vir sy wonderlike debuut Melkstraat Confessions gewen sowel as Liedjie van die Jaar vir "Breyten se Brief" van dieselfde album af. Hy is ook as Beste Nuweling aangewys. Volgens Dirk Jordaan, bekende musiekresensent en GMT-beoordelaar, het Blohm dalk talle mense verras met die belangrike toekennings wat hy gewen het. "Maar die beoordelaars was, net soos sy gehore, duidelik aangegryp deur die rou eerlikheid van sy musiek. Hy is 'n opwindende nuwe naam wat elke akkolade verdien," het Jordaan gesê.

Ander veelvoudige wenners was André Swiegers in die kategorieë Beste Volwasse Kontemporêre Album en Beste Vervaardiger van 'n Afrikaanse Album vir Die Sirkels van Tyd, en Steve Hofmeyr vir Gewildste Liedjie van die Jaar vir "Pampoen" en Beste Verkoper vir Toeka.

"Die lys wenners bevat 'n buitengewone verskeidenheid kunstenaars," het Aletta Alberts, hoof van SABC 2, gesê. "Die kategorieë het grotendeels unieke wenners en dit weerspieël die groot talent en kwaliteitmusiek wat tydens die afgelope 18 maande deur die bedryf gelewer is."

Coenie de Villiers het die toekenning vir Beste Liedjieskrywer vir Handgemaak ontvang, Fokofpolisiekar het Beste Rock Album vir Lugsteuring gewen, Kurt Darren se Staan Op! was Beste Pop Album, Riku Lätti is as die Beste Manlike Solokunstenaar aangewys vir sy album Aan't Sterre Tel, terwyl Helena Hettema die Beste Vroulike Solokunstenaar gekry het vir haar album Divided Heart.

Die toekenning vir Beste Versamelalbum is aan Laurika Rauch toegeken vir Die Nuwe Trefferalbum, Beste Hip-Hop Album is deur Kallitz gewen, en Beste Groep of Duo het aan DNA Strings vir El Nino gegaan. Die Beste Klassieke Musiek Album is gewen deur Carel Henn vir Appasionato, en Beste Optrede van die Jaar het aan ddisselblom ook 'n toekenning besorg.

David Kramer is vereer vir Lewenslange Bydrae tot Musiek en Randall Wicomb se Hie Langes My het die toekenning vir Beste Gospelalbum gekry. Nuweling MD Greyling het die RSGroentjie-toekenning gewen vir sy demo Eenvoudig en hy kry sodoende ook 'n opnamekontrak van R100 000 by Sting Musiek. Die Grafsteensangers het die Beste Humoristiese Album-kategorie gewen en Potchefstroom se Aardklop is benoem as die Beste Afrikaanse Musiekgebeurtenis van die Jaar.

SABC 2-kykers kan uitsien na 'n 90-minuut lange uitsending van hierdie glansryke geleentheid, aangebied deur Nina Swart en Alvin Bruinders van Pitstop. Die uitsending is op Donderdag, 10 Maart 2005 om 21:00.

'n Opwindende lys kunstenaars het by vanjaar se geleentheid opgetree, insluitende die baie gewilde Nicholis Louw, Jan Blohm, Fokofpolisiekar en Kallitz. 'n Verrassende duet deur Sibongile Mngoma en Kurt Darren en 'n optrede deur diva Amanda Strydom was ook op die spyskaart.

Kategorie-wenners by GMT 2005:

1. Album van die jaar

  • Jan Blohm - Melkstraat Confessions

    2. Beste volwasse kontemporêre album

  • André Swiegers - Die sirkels van tyd

    3. Beste Rock album

  • Fokofpolisiekar - Lugsteuring

    4. Beste klassieke musiek album

  • Carel Henn - Appassionato

    5. Beste duo of groep

  • DNA Strings - El Nino

    6. Beste Solo kunstenaar - Manlik

  • Riku Lätti - Aan't sterre tel

    7. Beste Solo kunstenaar - Vroulik

  • Helene Hettema - Divided Heart

    8. Beste Pop album

  • Kurt Darren - Staan op!

    9. Beste Pop Boeremusiek album

  • Piet van Blerk - Droomland

    10. Beste Gospel album

  • Randall Wicomb - Hie langes my

    11. Beste liedjieskrywer

  • Coenie de Villiers - Handgemaak

    12. Beste nuweling

  • Jan Blohm - Melkstraat Confessions

    13. Beste klankingenieur

  • Jake Odendaal - Alles deur Zander

    14. Beste vervaardiger van 'n Afrikaanse album

  • André Swiegers - Die sirkels van tyd

    15. Beste musiekvideo

  • Danie Bester - HI-5 se Kinders van die wind

    16. Beste Hip-hop/R&B album

  • Kallitz - Die ding ruk mal

    17. Beste versamelalbum

  • Laurika Rauch - Die nuwe trefferalbum

    18. Beste humoristiese album

  • Die Grafsteensangers - Ek sal jou nooit vergeet nie

    19. RSGroentjie kategorie - Beste "demo" inskrywing

  • MD Greyling - Eenvoudig

    20. Beste omslagontwerp

  • Matt Edwards - Lugsteuring

    21. Lewenslange bydrae tot musiek

  • David Kramer

    22. Beste verkoper

  • Steve Hofmeyr - Toeka 2

    23. Beste Suid-Afrikaanse musiekgebeurtenis

  • Aardklop

    24. Gewildste liedjie van die jaar

  • Steve Hofmeyr - "Pampoen"

    25. Liedjie van die jaar

  • Jan Blohm - "Breyten se brief"

    26. Beste optrede van die jaar

  • ddisselblom



    LitNet: 8 Maart 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

     

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.