KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Fokofpolisiekar
BRAND SUID-AFRIKA

Persvrystelling

Brand Suid-Afrika“Jy kla oor die toestand van ons land, wel … doen iets daaromtrent. Brand Suid-Afrika”

Brand Suid-Afrika bestaan uit 4 snitte, sowel as die video van die akoestiese weergawe van “Hemel op die platteland”.

Die titelsnit “Brand Suid-Afrika is konstruktiewe anargie. Dit lewer kommentaar op die universele jeug wat steeds hoor dat dinge nie meer is soos in die goeie ou dae nie. En dit terwyl Suid-Afrika brand agter toe ooglede.

Brand Suid-Afrika bevat nog `n vurige sarsie van sosio-politieke kommentaar in die tradisie van vorige Fokofpolisiekar suksesse. Met ‘n vars aanslag en simfoniese rock-kitaar verwerkings, is hierdie album ‘n duidelike aanwyser van die groep se musikale groei en momentum sedert die vorige drie albums.

Snit 1, “Tiener Aksie Einde skets die oorgang van puberteit na yuppie-naïwiteit.

Klipgooi Glashuisis gesamentlik geskryf deur Hunter Kennedy en Francois van Coke. In hierdie liedjie vergelyk hulle hul huidige lewens in die stad met hulle vorige voorstedelike lewe in Bellville. Niks raak ooit beter nie. Dinge verander net. En ons sit steeds in glashuise en gooi klippe na die wêreld.

Snit 4, die akoestiese weergawe van die 5fm-treffer “Hemel op die Platteland”,  het oorspronklik in 2005 verskyn op Levi`s Original Music CD4

Die nuwe video van die akoestiese “Hemel op die platteland” bevat treffende 8mm “home movie”-materiaal wat die kyker anachronisties terugverplaas na die dae vóór televisie toe pa se 8mm projektor nog die  Hollywood-venster op ons eie realiteit was. Grootword op die platteland: rugby, kerk, skool, trompoppies, grensoorlog, Zulus, voorstede en  vervelige Sondae.

Brand Suid-Afrika is opgeneem by B-Sharp studios in Boksburg en is vervaardig deur Johnny de Ridder en Jean-Paul de Stefani.

Brand Suid-Afrika is uitgereik deur Rhythm Records



LitNet: 13 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.