KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Redelik oop vir interpretasie

Riana Wiechers

“Daar’s nog steeds mense wat voel ons as band maak die reëls, en die kinders wat na ons luister volg dit na. Maar die laaities voel ‘n fok vir wat ons sê, man. Hulle almal het lankal hulle eie minds opgemaak.”

Rock se rakleeftyd in ‘n slak soos Suid-Afrika. Die verskil tussen ‘n single en ‘n EP. Wie kans gesien het vir Herman Giliomee se Die Afrikaners en die rede agter hulle onverwagse skuif na politieke kommentaar. Riana Wiechers het by nuwe Kaapstadsjape, Fokofpolisiekar, gaan draai en antwoorde op ‘n paar kwelvrae gekry


Julle was veronderstel om ‘n vollengte-album in Februarie op te neem, maar het toe die EP, Brand Suid-Afrika, met 4 snitte op, in Mei uitgegee. Hoekom het julle van plan verander?

Wynand: Ons was te besig gewees aan die einde van laasjaar en het nie kans gekry om nuwe materiaal te skryf nie. Ons het toe studio-tyd gebook vir Februarie, maar teen daai tyd het ons nog net agt tracks gereed gehad. Toe record ons maar anyway, maar met die intention om half die single ding te doen. Toe’t daar so baie goed gebeur. Jaco het sy arm gebreek. Net voor ons studio toe is, het ons ‘n ander drummer gekry. En toe ons daar was, was daar ander faktore wat ‘n rol gespeel het in hoe ons voel oor shit, jy weet.

Watse ander faktore?

Wynand: Ag, jy weet, dit was mos maar ‘n weird tyd gewees. Kunstefeesprobleme en so aan …

Julle het iets op julle website geskryf oor die sinchronisme tussen die songs wat julle toe besig was om op te neem, en die kontroversie wat losgebars het …

Francois: Ja, maar die songs waaroor ons dit geskryf het, is nog nie uit nie.

Hunter: En Brand Suid-Afrika is actually ‘n single. Dis nie ‘n EP nie.

Wat’s die verskil?

Wynand: Dis maar basically net die aantal songs.

Johnny: Op ‘n single het jy die een song wat die single is, en dan is die twee of drie tracks wat bykom, die B-sides.

Wynand: B-sides is songs wat ons uitgooi uit daardie spesifieke sessie. Songs wat ons nooit weer gaan gebruik nie.

Die song “Klipgooi Glashuis” – in die persvrystelling wat uitgekom het saam met die …

Wynand: Single!

Hunter: Brand Suid-Afrika!

… het dit gesê dit gaan oor die transisie van ‘n voorstedelike lewe na ‘n stadsbestaan. Hoe ervaar julle dinge in die stad?

Francois: Wel, ek het in die stad gebly drie jaar terug, en toe teruggetrek Bellville toe, toe ons die band begin het. Ek wou altyd nog teruggekom het town toe.

Wynand: Johnny en Snake en Hunter het daai tyd in Bellville gebly. So dit het meer sense vir ons gemaak om soontoe te trek en die band afgekick te kry. Maar die idee was altyd om weer terug te kom stad toe.

Francois: Ons het gedink dit sou dinge makliker maak om hier te wees, definitief.

Vir besigheid?

Wynand: Ja, dit was bietjie van ‘n mission om in die oggende deur te ry van Bellville af vir meetings in die stad en so aan. En toe het ons ‘n rehearsal spot hier in die stad gekry wat geskik was vir ons gear. En Johnny en Snake was ook gereed om aan te move. Ons hele infrastruktuur het ook half gechange. Ons het nou meer van ‘n business structure, mense vir wie ons salarisse betaal. So om stad toe te trek het net meer sense gemaak.

Maar as daar ‘n song geskryf is oor die stad versus die suburbs?

Francois: Ek dink Hunter kan meer daaroor praat.

Hunter: Huh?

Snake: Ja, snaaks genoeg bly hy die meeste van die tyd nie hierso nie.

Hunter: Ek hou nie rêrig van die stad nie. Ek sal eerder in Bellville bly.

Wynand: Maar dis obviously baie anders om daar te bly. Dis amper half ‘n kluisenaarsbestaan, jy sien niemand nie, jy kan nie interact met mense nie.

Snake: Of jy sien heeltyd dieselfde mense. Hier in die stad kan jy enige tyd van die dag uitgaan en interact en nuwe mense ontmoet.

Maar as die hele ervaring ‘n song of ‘n lyric geïnspireer het?

Francois: Uhm, die gedeelte van die song wat ek geskryf het, ek dink nie dit het nie rêrig iets daarmee uit te waai nie.

Hunter: Daai “vasgepleister in woonkamers” is seker maar die suburbs teenoor die stad. Maar dis nie noodwendig die een teen die ander nie, dis maar net hoe ons gevoel het op daai tydstip, toe ons besig was om te trek.

Snake: Die gras is altyd groener.

Weerspieël julle lirieke hoe julle as band voel, of is dit meer Hunter se opinies en observasies? Wat gebeur as daar lirieke geskep word waarmee almal in die band nie identifiseer nie?

Snake: Dit het nog nie rêrig gebeur nie.

Hunter: Ons praat maar net oor goed, jy weet. Dis ‘n natuurlike proses. Maar baie keer skryf ek lirieke met opset meer abstrak, sodat mense dit hulle eie kan maak. Ek dink jy bereik ‘n groter gehoor as jy dit so doen.

Baie mense was verras oor die tematiese wending in julle musiek. Was daar ‘n spesifieke keerpunt wat daartoe gelei het?

Hunter: Ek dink ons almal het half meer polities bewus geraak die afgelope ruk. Maar ek en Francois het My Traitor’s Heart van Rian Malan gelees. En toe het ek Die Afrikaners van ou Herman Giliomee gelees en net meer probeer uitvind van hoekom ons hier is, en waar ons vandaan kom. Om ‘n groter raamwerk te kry. Dit was nie beplan nie. Dis nie asof ons gedink het: “Ja, vir hierdie CD moet ons meer polities bewus raak nie.”

Wat onthou julle van apartheid?

Hunter: Die klein details. Ons het grootgeword met apartheid, maar ons het nie geweet van goed soos – wat’s nou weer daai fokken wet waar mense nie kon gaan waar hulle wou nie?

Die paswet?

Hunter: Ja, of soos daai wet dat mense op ‘n ander plek moes gaan bly het …

Groepsgebiede?

Hunter: Ja, dit. Ons was gebore lank nadat hierdie goed ingestel is, en obviously kan mens dit nie question op so ‘n jong ouderdom, of vir jouself dink of dit reg of verkeerd is nie.

Hoe het die idee vir die musiekvideo van Hemel Op Die Platteland ontstaan?

Wynand: Ons het actually fokol te doen gehad met hoe die ding aanmekaar gesit is.

Francois: Ons is net bly dit lyk befok.

Was dit weer deur Johan Nel?

Wynand: Nee, dit was Johan Beukes, actually. Hy’s ‘n dude van Pretoria, ‘n vryskut-kameraman. Hy het ons approach met die idee en hy het vir ons visual references gebring wat befok gelyk het …

Francois: Ek dink ook hy het net half die vibe gevang …

Hunter: Dis die music video wat ons dink, tot dusver, die beste die vibe van een van ons liedjies gecapture het. Of selfs van ons as band. En ons het nog altyd gehou van die idee van ‘n 8 mm-tipe look. Ons het ‘n klomp ou apartheid imagery-tipe footage gesource en ‘n klomp nuwe stuff met ‘n 8 mm-kamera afgeneem.

Wynand: Interessant is dat Johan Nel ‘n boks vol ou 8 mm reels gehad het, footage van hom en sy familie toe hy ‘n laaitie was. En toe’t dit so uitgedraai dat omtrent die helfte van die beelde wat jy in die eindproduk sien, van Johan Nel en sy familie is.

Johnny: Jy sien vir Johan Nel rondhol op die video!

Politieke kommentaar was vir lank ongehoord van op Suid-Afrika se rock scene …

Hunter: Ja, dit was vir ‘n lang tyd nie cool om enigsins polities ingestel te wees nie. (Aan die ander) Dink julle nie so nie? Kunstenaars, skrywers, niemand wou daar gaan nie …

Snake: Baie punk bands, veral in Kaapstad, het net aangegaan oor Amerikaanse politiek. Dit is darem die grootste klomp kak. Anti-Bush statements en so aan.

Francois: Ja, dit was bullshit. Gelukkig kry jy dit nie meer so erg nie. Die punk scene is nou bietjie flouer.

Wynand: Maar ek dink nie ons is in elk geval vreeslik politically ingestel nie.

Hunter: Hierdie drie liedjies op Brand Suid-Afrika is die enigste politiese stuff wat ons sal uitsit …

Daar is al gesê dat dit braaf was om iets soos Brand Suid-Afrika te maak …

Hunter: Ek dink nie so nie. Ek dink nie ons musiek maak spesifieke standpunte nie … (lag) behalwe dat jy Suid-Afrika moet afbrand. Behalwe vir dit, is dit redelik oop vir interpretasie.

Hoekom, as julle vantevore huiwerig was om politieke kommentaar te lewer, doen julle dit nou?

Hunter: Ek dink dis maar net daai boek, hei.

Ken julle vir Rian Malan?

Hunter: Ek ken hom nie. Wynand-hulle het hom al ontmoet. Maar ek weet nie hoe cool hy sal dink ons songs is nie. Maar jis, ek dink daai boek moet ‘n voorgeskrewe boek wees.

‘n Konstante tema in julle musiek is dié van vervreemding. Waar sien julle julself inpas in ons land se breër sosiopolitiese spektrum?

Wynand: Ek hoop ek verstaan jou reg, maar ons het actually die band begin uit ‘n heavy vibe van vervreemding. Ons het half gevoel ons pas nie ‘n fok enige plek regtig in nie en ons wou half geskree en geraas het, ons wou gehoor geword het. En dis hoe As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand ontstaan het. Ons wou maar net iets create het vir onsself en dis hoekom ons die band begin het. En dis hoekom ons dit drie jaar later nog steeds doen, jy weet.


As ‘n mens op julle unofficial fan site rondkyk, is dit opvallend hoe passievol daai outjies aanklank vind by wat julle te sê het …

Snake: Noem jy ons ‘n voice piece vir ‘n generasie?


Ek sou versigtig wees om dit te doen.

Francois: Moenie worry nie, mense het dit al vir ons try sê.

Hunter: Maar … miskien, in ons diepste gedagtes, toe ons begin het, wou ons graag ‘n stem vir iéts gewees het …

Wynand: Definitief, maar nie vir ‘n generasie nie. Ten minste net vir onsself. Maar toe ons begin het, het die ding ‘n immediate ripple effect gehad. Ons het ‘n groep mense om ons gehad wat ons gehelp het. Daar was producers en fotograwe en designers, en almal het aanklank gevind by wat ons gedoen het. Want die ding was baie personal, you know? Dit was vir ons en ons close vriende. Maar deesdae het ons vriende van dokters tot prokureurs tot boekhouers tot whatever. In die begin sou dit vir my onmoontlik gevoel het om te connect met sulke mense. Deesdae is daar meer unity tussen ‘n groter groep mense wat meer diversely oor goed dink as ‘n tyd terug.

Snake: Ek dink Hunter skryf sy songs baie introspektief, sodat, as mense strip deur al die layers, dan sien almal maar eintlik iets van hulleself daarin. Dit unite mense so half.

Wynand: Ons het aanvanklik gesien daar is ‘n gap vir wat ons wou doen, nie soseer sosiaal nie, maar musikaal. Later, dink ek, het ons ‘n gap begin fill, in terme van betekenis, vir ‘n klomp mense. Wat nie noodwendig dieselfde as ons is nie, maar miskien uit dieselfde generasie uit kom.

Snake: Nou moet hulle maar net nog, uhm, al hulle geld in ons bankrekening inbetaal.

Wynand: Wat nie gaan gebeur nie!


So julle’s nog nie ryk nie?

Wynand: Hoe baie wit rock bands ken jy wat ‘n five-piece is wat musiek full-time doen wat ryk is? Daar’s geen. Maar daar’s baie solo artists wat ryk is.

Snake: Ons maak geld, maar alles gaan net so weer terug in produksie in.


Het julle darem geld vir petrol en kos?

Snake: Ja, vir daai goed kan mens altyd geld leen.

Wynand: Vir petrol en kos?

Francois: Daar’s nie eintlik eers geld vir petrol en kos nie!

Wynand: Ek dink, eens op ‘n tyd, in ons uneducated minds, was daar die gedagte aan die moontlikheid van goeie geld maak. Of nie eens goeie geld maak nie, net geld maak. Maar drie jaar later besef ons dat Suid-Afrika so klein is, dat vir ‘n band soos ons om regtig geld te maak, is amper like … onmoontlik, if you know what I mean. So dit boil maar down to, ek dink, jy doen dit maar definitief nié vir die geld nie. Ek dink nie een van ons doen dit vir die geld nie.

Francois: Wel, ons het nog nooit enige geld gesien nie!

Hunter: Ja maar, jis ou, ons doen nou darem beter, hoor. Compared to ons like net begin het.

Wynand: Ons spandeer baie geld aan hoe ons shows lyk en klink. Omdat ons half probeer om op ‘n internasionale vlak te kompeteer. Maar dit beteken jy’t nooit geld nie. Jy doen dit vir die jol. Ek suppose daar is meer scope, as mens nou regtig wil mission en internasionaal wil neuk, kan mens seker by ‘n groter mark inbreek …


Wat sal dit beteken?

Wynand: Dit sal beteken om die drie jaar wat ons nou net agter die rug het, weer van voor af te hê.

 

In ‘n ander land?

Wynand: Ander land, ander omstandighede …

Hunter: Maar rock ‘n roll oor die algemeen is going down. Dink ek.

Wynand: Ja, ons dink rock is op pad uit.

Johnny: Dis darem pessimisties!


Waar gaan dit heen?

Hunter: Dit gaan dieselfde pad as jazz.

Francois: Kyk, rockmusiek gaan altyd somehow daar bly, dit gaan net verander. In Suid-Afrika is dit nog groot.

Wynand: Hier gaan rock nog ‘n tydjie kan aanhou.

Snake: So about four years nog.

Hunter: Ek scheme so twee.

Johnny: Suid-Afrika is mos maar ‘n slak.

Snake: Suid-Afrika is altyd so vier jaar agter die res van die wêreld.

Johnny: Suid-Afrika is ‘n slak en Amerika is ‘n tier!

Wynand: Toe ons die band begin het, het Suid-Afrika net begin aancatch op die huge rock wave wat Amerika en Europa gestrike het. En ons het dit pretty much gery tot nou toe. Maar ek dink internasionaal begin dit nou bietjie van ‘n drop vang.

Francois: Kwaito. Kwaito en Afrikaanse pop. Dis die enigste musiek waarmee jy gaan geld maak in hierdie land.

Hunter: Maar, as ons kinders kinders gaan kry, as ons ouer ouers? gaan wees, kan ek nie dink dat iets soos Steve Hofmeyr nog gaan verkoop nie.

Johnny: Wel, hy gaan nie meer bestaan nie!

Francois: Maar Afrikaanse house gaan altyd daar wees.

Hunter: Daar bestaan nie iets soos Afrikaanse house nie.

Francois: Ja, maar dis wat hulle dit noem. Soos Nicholis Louw en so. Dit gaan altyd daar wees.

Snake: En dit gaan altyd kak wees.

Wynand: Maar Hunter, ek stem saam met jou. Daai goed moet uitsterf.

Francois: Maar dan gaan daar nuwe goeters kom en dit gaan net so kak agterlik bly.

Johnny: Die produksiegehalte gaan waarskynlik opgaan, maar dit gaan nog steeds kak songs wees.

Wynand: Hópelik gaan die produksiegehalte op.

Johnny: Dit móét.

Snake: Dis interessant hoe min daar oorgebly het van local 90s bands soos Lithium en Squeal. Daar’t niks daarvan agtergebly, soos in artefacts of so nie. Maar noudat MK89 daar is, ek dink oor tien jaar of so gaan daar baie stuff wees om na terug te kyk. Ou video’s van goed wat nou around is.

Francois: As MK89 dan nog gaan bestaan.

Snake: Ek dink dit sal.

Wynand: Ja, MK89 het ‘n goeie vooruitsig. Daar’s ‘n doosklomp mense wat dit kyk. Soos daai dude in Durban … (aan die ander) onthou julle? Daai Engelse dude? Hy’t gesê hulle kyk dit die heeltyd.

Hunter: Ja, maar hulle kyk dit om te lag.

Wynand: Wel, dis nie ‘n bad reason om dit kyk nie. En hy sê elke nou en dan vang hy iets wat hy appreciate.


Wat is julle opinie oor die KKNK as kultuurverskynsel?

Hunter: Wat het nou weer nou daar gebeur? Ek het so ‘n poster gesien – iets van “KKNK verloor sy baas”.

Johnny: Ja, sy’s nie meer daar nie.

Wynand: Wat? Is Karen Meiring weg by die KKNK?

Johnny: Sy’s nog steeds betrokke, maar sy’s nie meer die baas nie.

Wynand: Ek dink ook hierdie jaar het haar gat … ons het ‘n bietjie ge … ons het nou bietjie van ‘n inside look gehad na hoe sy gesuffer het en alles, you know. Wat was die vraag nou weer?


Hoe voel julle oor die KKNK as kultuurverskynsel?

Hunter: Ek dink nie rêrig dis ‘n kunstefees nie. Dis meer soos ‘n craft-fees. Miskien was dit nie altyd so nie.

Wynand: Ek dink die mense wat soos ons voel … ag, “voel” is nou miskien ‘n weird ding om te sê … maar ek dink die jonger generasie – mense so oud en jonger as ons – ek dink as die fees nie binnekort sy face ‘n bietjie verander nie, dan gaan dit definitief nie vir vreeslik lank vreeslik populêr wees nie.

Snake: Die KKNK cater hoofsaaklik net vir ‘n sekere mark, wat dit ‘n bietjie kak maak.

Hunter: Ja, maar ek dink die KKNK verteenwoordig daardie mark goed, demografies gesproke. Want 80, 90 persent van die mense voel ‘n fok vir vorentoe beweeg. So dit werk uit.

Snake: Ja, die meeste mense daar wil sakkie-sakkie hoor. Of “Ou Ryperd”.

Francois: Ek sou sê die sensuur-element by die KKNK is meer die Oudtshoorn community as die feesbestuur.

Wynand: Die bestuur cater ook maar vir ‘n sekere mark, en ek dink dis wat hulle gaan aanhou om te doen, totdat daardie mark nie meer bestaan nie.

Snake: En hulle moet obviously ook probeer om die mense met die geld gelukkig te hou. Of ten minste, die mense wat die geld daar uitgee.

Hunter: Maar as dit nie vinnig opskerp nie … Ek meen, dit kan seker nog vir ‘n paar jaar so aangaan, maar …

Snake: Ek dink dit sal beter wees as hulle like ’n klomp komiteetjies kry wat almal verskillende goed behartig.

Wynand: Of hulle moet verskillende mense hê wat cater vir verskillende aspekte van die fees, soos hulle moet iemand hê wat kyk na die jeug, iemand wat kyk na …

Snake: Ja, hulle kan ‘n blomtuin exhibition hê vir die ou mense, waterkaskenades vir die tjokkertjies …

Hoe was julle gig by Kaktus Oppie Vlaktes?

Wynand: Dit was ‘n fokken weird setup. Gewoonlik het hulle een groot stage, maar hierdie keer was daar ‘n klomp kleiner stages op dieselfde venue, soos: die Huisgenoot-verhoog was op dieselfde terrein as die Kaktus Oppie Vlaktes-verhoë. Die setup vir Kaktus, dit was half ‘n nagmerrie.

Francois: Daar was drie stages waar daar gewoonlik net een was.

Wynand: En klomp afbakeninge. Jy moes deur doolhowe loop om by die verskillende stages uit te kom.

Hunter: Ek weet nie rêrig wat die kunstefees kan doen om cooler te raak nie. Die mense kan obviously nie verander nie.

Die dramaturg Mike van Graan het in sy stuk “Freedom of expression and the KKNK” omvattend na julle verwys, en ander kunstenaars gekritiseer vir hulle gebrek aan ondersteuning vir julle reg op vryheid van spraak. Het julle dit ook so ervaar?

Hunter: Oor die algemeen het niemand ons geback nie. Press, fans, ander artists …

Francois: Karin Zoid het. En sy is ‘n Christen. Real friend.

Wynand: Om musiek te speel is ook maar ‘n besigheid. So jy kan nie rêrig verwag dat ‘n ander ou nou sy hele besigheid in die moeilikheid moet sit om jou te back nie. Oor iets wat jý gesê het nie.

Francois: Soos wat met Prophet gebeur het.

Hunter: Ja, shit.

Francois: Radio Tygerberg het mos gesê hulle gaan nie meer hulle tunes speel nie.

Wat is die positiewe wat julle gekry het uit die hele fiasko?

Hunter: Ek dink op ‘n manier sal ons kyk na wat ons sê. Van nou af. Dis wat ek geleer het.

Wynand: Ja, en uit ‘n band point of view, dink ek mens besef dat die wêreld baie klein is. Ons lewe in ons eie wêreldjie, en as ons dan rond travel na ander plekke, maak jy die fout en jy dink dis maar oral dieselfde.

Snake: Mens moet maar leer om bietjie politically correct te raak in daai opsig.

Hunter: Ek dink ons het ook besef hoe groot … of nie “groot” nie … maar hoe baie mense van ons bestaan bewus is. Hoe fokken kwaad mense geraak het, hoe ‘n moerse bedreiging hierdie mense dink ons is …

Wynand: Dis presies soos die environment waarin ons grootgeword het. Mense is bang, hulle dink jy skryf vir ander voor. Daar’s nog steeds mense wat voel ons as band maak die reëls, en die kinders wat na ons luister volg dit na. Maar die laaities voel ‘n fok vir wat ons sê, man. Hulle almal het lankal hulle eie minds opgemaak.

Hunter: Maar ek dink hierdie ding … dit moes een of ander tyd gebeur het …

Wynand: Vandat ons die band begin het, het ons onsself opgeset vir daardie dag.

Hunter: Daai was definitief vir my soos die einde van ‘n era. Van ‘n complete charismatiese Christen tot die heel teenoorgestelde.

As julle kon teruggaan en dinge verander, sou julle dit anders gesê of gedoen het?

Francois: Nee. Ons was gesuip en dit het gebeur. Maar ons het baie daaruit geleer.

Klanksgewys was Brand Suid-Afrika baie anders as Monoloog in Stereo. Hoe gaan julle volgende album klink?

Francois: Die helfte van die songs vir die volgende album is al geskryf en gerecord. En dit is more or less dieselfde tipe styl as die goeters op Brand Suid-Afrika. Dit varieer miskien net bietjie in tempo en so.

Johnny: Dit sal seker maar klink soos Brand Suid-Afrika se vibe, in terme van kitare en dromme en so. In daai rigting. Lirieksgewys weet ek nie regtig nie.

Francois: More or less dieselfde, maar nog baie wyer tipe goed wat aangeraak word. Maar nie so political nie.

Wynand: Ek scheme Monoloog was half ‘n spesiale projek vir ons band gewees. Ons het nog altyd gevoel ons wil iets akoesties uitbring, en dit was reg gewees vir daai tyd. Maar ons bly ‘n rock band. Dis maar ‘n natuurlike-progressie-ding. Maar ons wil ook in die toekoms meer geformuleerde … vorm …

Johnny: Struktuur.

Wynand: … ja, structured goed doen. Soos byvoorbeeld, die string section in die akoestiese weergawe van Hemel Op Die Platteland, daardie rigting. Ons spandeer baie tyd aan production, ons record die goed voor die tyd, sit voor ‘n computer en luister na wat werk of nie. Ons het half die idee van ‘n producer geskip en besluit ons wil dit van nou af eerder self doen.

Ek sien Johnny het Brand Suid-Afrika gecoproduce

Francois: Johnny is die beste in daai opsig …

Johnny: Ek sou nie sê die beste nie, maar ek hou daarvan.

Snake: Maar hy weet die meeste van musiek af van ons almal. En hy’s al drie jaar lank in hierdie band, so hy’t ‘n goeie idee van hoe goed moet klink.

Johnny: Maar ons moet nou nog ses songs skryf en record, en dit kan dalk weer heeltemal anders klink as ons vorige goed. Daar’t so baie tyd verbygegaan since die laaste recordings …

Wynand: Ek weet nie hoe ander bands werk nie, maar ek kry die gevoel ander bands skryf konstant aan nuwe materiaal. Ons werk anders. Ons sit ‘n sekere tydperk uit om te skryf, soos: “Ons gaan nou begin en in die volgende twee maande gaan ons die ander ses songs skryf.” Obviously gaan dit dan verskil van die goed wat klaar gerecord is. So daar gaan waarskynlik verskillende style op een album inkom. Maar dit bly Fokofpolisiekar. Dit sal maar altyd soos ons klink.




LitNet: 29 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.