KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Freshlyground dié naweek by Armchair in Obs


Die Kaapstadse groep Freshlyground het platinumstatus bereik met hul album Nomvula en die nou reeds bekende treffer “Doo Bee Doo”.

Met die dinamiese Zolani Mahola as voorsanger was die groep se suksesresep nog altyd hul openbare optredes. Slegs dan kan ‘n mens die talente waardeer van die ervare Peter Cohen op tromme, baskitaarspeler Josh Hawks, kitaarmeester Julio Sigauque en keyboard-speler Aron Turest-Swartz. Ongewone kombinasies van instrumente soos die fluit, mbira, saksofoon en mondfluitjie deur Simon Attwell en die viool deur Kyla Rose Smith maak ‘n aand in die geselskap van Freshlyground ‘n besonderse ondervinding. Al die musikante, van verskillende musikale en geografiese agtergronde, maak reeds sedert 2002 unieke, aansteeklike musiek.

Met plaaslike sukses verseker, gaan die groep binnekort weer hul magiese klanke op internasionale gehore toets. Japan, Duitsland, België (vir die Pukkelpop-fees), Tanzanië en Mauritius is reeds die afgelope jaar verower. Maar dit beteken nie dat plaaslike gehore afgeskeep gaan word nie.

Op Vrydag 21 en Saterdag 22 Oktober tree Freshlyground op waar alles begin het – die Independent Armchair Theatre in Observatory. Slegs 250 kaartjies is elke aand beskikbaar, teen R50 elk. Die deure swaai om 9 nm oop en sluit eers weer wanneer DJ Twoshoes in die vroeë oggendure besluit dis genoeg.

Sien jou daar! Bel 072 222 6543 vir nadere besonderhede. Of besoek Freshlyground se webtuiste.


LitNet: 19 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.