KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Al l die berge nog so blues ...

Erns Grundling

Dinsdag was my 23ste verjaarsdag. Ek het die middag by ’n vriend in Pinelands ’n hoender gaan eet en in sy agterplaas ’n mean krieketgame gespeel.

Op die N2 terug na Stellenbosch rank Janis Joplin se “Summertime” soos ’n wingerd teen my nekhare op. Hoendervleis.

Net so duskant Spier is daar ’n amazing windpomp wat in die middel van ’n dam draai asof die aarde se voortbestaan daarvan afhang.

Reg oorkant die dam is egter nog ’n windpomp — my gunsteling-een op aarde. Hoog en droog en eensaam en verlate soos in daai kinderkransliedjie destyds. Met die woord “CLIMAX” groot in rooi geverf. Ek noem dit altyd my Johnny K-windpomp, want in een van sy beautiful songs, “Wanhoop in die Vrystaat”, sing hy “die windpomp draai besete in die veld, hy sou ’n climax pomp, maar helaas ...”

Ek onthou skielik om vir Johannes te bel om ’n onderhoud te rel vir my minitesis, by hom te hoor of hy nie vir ’n week LitNet se daaglikse gedagtes wil verskaf nie. Wil ook uiteindelik ’n draai gaan maak by sy kleinhoewe langs die Eersterivier. Maar ek sal hom later bel — eers klaar verjaar, eksamen skryf ens.

So drie drankies later loop ek in my kamer rond op soek na my Axe Wild Spice-deodorant. Die Nokia bliep ’n SMS van ’n onbekende nommer. Dalk nog iemand wat gelukwens?

Goeie fok, wat staan hier? “Johannes Kerkorrel was ’n ware profeet. RIP.” Ek reply onmiddellik met “Wat bedoel jy?” Die foon lui kort daarna. Dis Roof Bezuidenhout van Brixton Moord en Roof Orkes. “Het jy gehoor Johannes Kerkorrel het selfmoord gepleeg?” Ek bel gou vir Jan-Jan Joubert by Beeld. Ja, dis waar. Vanmiddag by Kleinmond. Aan ’n boom opgehang.

Alles word soos ’n Super Sport slomo stadige aksie — nes ’n Muttiah Muralitharan off-break wat net een pad ken. My balkies tuimel grond toe.

Ek bel my ouers op Uitenhage en stuur verwoed ’n paar SMS’e. My ma — amongst other things ’n vryskut-orrelis van formaat — bel hoogs ontsteld. Sy was hoeka op pad kerk toe om te gaan orrel oefen. Nogal ironies. Die Nokia begin weer brom, die denial skop in en ek sit dit af. (No pun intended.)

Net voor middernag sit ek en ’n vriendin in my Chico en luister na ’n paar Johnny K songs. “Ewig ontwykende beminde” met lirieke: “Ek het die gode hoor fluister: jy sal geen rus ken tot jy my eendag vind nie, my ewig ontwykende beminde.”

Die CD spring tydens “Vermiste mense” op die Koos du Plessis-huldeblykalbum, maar raak weer mamba met “Hillbrow” se trekklavier. Toe ek wil ry, stap die car guard al singende nader, en ek krap rond op soek na sente, drome ... ’n toekoms vol gate.

By die huis bliep die Nokia nes ’n besete wekker. 11 Boodskappe. 11 Doodskappe. Die woord is uit. Selfs denial ken sy perke.
Daar is die laaste dag of twee al baie geskryf oor Johannes Kerkorrel se invloed, en SNet kreun behoorlik onder die huldeblyke. Dit is wonderlik om te sien hoe diep hy mense geraak het, hulle laat dink, lag n huil het.

As st 5-outjie het ek destyds op Jeffreysbaai die eerste keer vir Kerkorrel hoor sing. ’n Vriendin het vir my die Eet Kreef-kasset gespeel. Hier was iemand wat sing oor PW en BMW’s en ’n rock en roll Ossewa van alle dinge! En dit ROCK! Dit was soos om deur die Stargate te loop, of vir die van julle wat vir He-Man onthou, daai geel diamant wat mens na ’n ander wreld vat. (Noem dit maar die ander kant.)

Want dit is presies wat Kerkorrel saam met Koos Kombuis en Bernoldus Niemand in die Volvry-dae begin doen het: hulle het ’n hele generasie met hulle op en wakker musiek en vlymskerp lirieke toegerus om vir hulself te dink en te begin vrae vra. Die kitare het die strydbyle vervang, bloedvergieting het plek gemaak vir gatskop-rock.

Die Volvry-toer het indirek die weg gebaan vir ons — die geslag wat nog veilig albaster gespeel het in die tagtigs, terwyl die land aan die brand was — om die toekoms sonder die kettings, beklemming en angs van die verlede aan te pak. Behalwe vir Suid-Afrika het Kerkorrel natuurlik ook die Lae Lande verower en ’n groot klomp aanhangers in Europa gehad.

Nou sit ons weer met die vrae, maar die antwoorde sal vir ewig ontwyk. Soos met al die groot ikone wat sterf, sal ons altyd wonder. Oor die Cyanide in the Beefcake-omslag wat lees: “Who killed Johannes Kerkorrel?” En nou — selfs meer ontstellend — gee die aanhaling in ge-trans-for-meer, reg aan die begin van die song “Ewig Jonk”, mens koue rillings: “ons oorlewing hang af van die bome.”

En ja, soos met alle legendes was daar ook ’n wolk van omstredenheid rondom Kerkorrel. Maar dit is nie nou die tyd of plek om al die Koos Prinsloo-stories, bekgevegte (waarvan baie hier op LitNet te lese is) en wilde gerugte onder die mat uit te krap nie. Kom ons los dit vir die biografie.

Die feit bly staan dat Kerkorrel ’n briljante kunstenaar was, en hoewel van sy getroue aanhangers hom meer in ’n rock-hoedanigheid wou sien, kan mens hom nooit daarvan beskuldig dat hy nie gereeld nuwe terreine met sy musiek probeer verken het nie. Sy innoverende musiekvideo’s, veral di saam met die Cyanide in the Beefcake-album, was ook jare voor hul tyd en iets nuut in Afrikaans.

Die eerste keer wat ek vir Kerkorrel ontmoet het, was in 1997 in Birdstraat, Port Elizabeth. Ek het belaglik gelyk met verbande en ’n gespalkte neus — dit was amper neusie verby na ’n losskrum tydens ’n rugby-oefening vroer die week. Nou voel dit sommer of my neus van vooraf gebreek het.

Met my betrokkenheid in die media sou daar later heelwat meer ontmoetings wees. Hy was die eerste kunstenaar met wie ek ’n onderhoud gevoer het toe ek einde 2000 by Die Burger Oos-Kaap in Port Elizabeth gewerk het. Ek het stil-stil onder my nuusredakteur se neus verdwyn en vir Kerkorrel ontmoet by ’n gastehuis in Heughstraat, Walmer. Dimitri was ook daar en het naarstiglik deur die geelbladsye geblaai en na ’n gimnasium gesoek; ons het lekker daaroor gelag. Die onderhoud self was wonderlik — gesellig maar ook rustig.

Op ’n ander geleentheid was ek droomverlore oor ’n girl. Die muse het in my oor gefluister dat Kerkorrel se “Hoe ek voel” ’n goeie manier sal wees om dinge bietjie te kick-start. Ek het hom die middag ge-SMS, en toe hy die aand teen die einde van die vertoning met “Hoe ek voel” lostrek — net met stem en klavier — het ek wragtig gebeam soos ’n disco-lig uit die tagtigs.

Kerkorrel het dit ook geniet om op LitNet rond te loer en was baie in sy skik toe ’n LitNet-T-hemp by sy huis opdaag.

En wie van julle het hom sien toneel speel in Marthinus Basson en Breyten Breytenbach se Johnny Cockroach — A lament for our times by die Grahamstad-kunstefees in 1999?

Dit was nou einde September by die Aardklop-kunstefees wat ek hom die laaste keer gesien het. Hy het langs my in die Beeld-kantoor sit en tik aan ’n storie oor Kaapstad, wat daarna in Die Burger en op LitNet verskyn het. Hy was besonder rustig. Op een stadium was daar ’n helse kragonderbreking, en terwyl van die gesoute joernaliste begin rondtrippel het, het hy rustig teruggesit en gesels. Hy was baie opgewonde oor sy nuwe vertoning — Die hart is ’n eensame jagter — en die CD wat in Januarie sou verskyn.
Ek is nou so spyt dat ek nie by ’n vertoning op Aardklop uitgekom het nie, maar soos ’n wyse man een keer ges het: “Hindsight is like foresight without a future.”

By die kantoor se deur het drie tannies op hom afgestorm en wou inderhaas weet of daar nog kaartjies vir sy vertonings is. Hulle het hom behoorlik oorrompel, maar hy het vriendelik hul name gevra en ges hy sal vir hulle kaartjies by die deur los. Dit is een ding van Kerkorrel — in die openbaar het hy altyd tyd vir sy ondersteuners gehad.

En nou is dit alles oor. Daar is nou skielik geen. Maar jou musiek n legende sal bly voortleef in derduisende harte. Ek sal altyd aan jou, Stef Bos en Tandie Klaasen se “Awuwa” dink as ’n free-spirit-meisie in my midde is. Of “BMW” spontaan begin neurie in verkeersknope.

Maar ek sal jaarliks saam met die ekstra kersie op die koek wonder waarom jy ons op so ’n tragiese manier verlaat het. Veral met die woorde van jou hauntingly beautiful “Oe, die Kaap” in gedagte:

Ek weet nog steeds nie
wat is die sin van die lewe nie
want soms is dit hemel
en soms is dit hel
en so nou en dan
is dit nog orraait

la vie est belle oui tres charmant la vie est belle, tres bon vivant — oui, surtout, lorsqu’on considere l’alternative (die lewe is mooi, veral as jy dink aan die alternatief).

Ek hoop vir jou n my en al die ander medesterwende swerwers se onthalwe dat die Styx die ultimate “River of Love” is. En dat die berge aan die ander kant net so blou l soos hier.

En dat jou ewig ontwykende beminde vir jou — die eensame jagter — met ope arms en emmersvol rus sal verwelkom.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.