KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Dozi is GROOT

Carel Alberts

My vorige ervarings van Dozi se musiek was op ’n tydstip in my lewe wat ten beste onder “E” vir “Ervaring” geliasseer kan word. My herinneringe van Sunnyside in die vroeŽ negentigs lÍ nou nog soos ’n Zantac in my keelgat.

Maar ten spyte van die dowwe mislikheid van die tyd — die meeste daarvan op die verwarrende buzz van whisky en koffie op Day & Nite Grill se stoep, in die geselskap van gewapende bouncers en afbreektrok-drywers — onthou ek ’n ontsaglike talent. Een wat onder die Hoofstad se voorkeur vir Don McLean-covers geblom en spruit het.

Op die Kunstefees het ek dieselfde talent teŽgekom, iets behoorlik skokkend as jy ’n kunstenaar is wat al ’n idee gevorm het van eiewaarde en dan met so iets gekonfronteer word.

Dozi — gee aandag — is GROOT. En hy groei. Hy is enige dag so groot soos enigeen van die huidige stoffasie Afrikaners wat in ons tyd — al hoe meer selfversekerd en veelvormig — na vore tree en hulle idee-ryke diep en breed aan ons bekendmaak.

Die KKNK was op geen ander plek so grootbek-feestelik soos by die gratis amfiteatervertoning daardie Dinsdagaand nie, die aand toe ons amper vertrap is as oortollige gaste van die ATKV. Die gehoor was baldadig, Dozi was ’n onthulling, en die ATKV self het amper jonk gelyk, blinkoog van trots en opwinding.

Dozi se opvoering was deel van ’n bekendstellingsveldtog van sy tweede CD, Op Aanvraag. Diť vrystelling, moet ek nou al waarsku, is taamlik bedees teenoor sy hees en hartstogtelike bulder en weeklaag op die verhoog, maar dis nietemin die tipe ding wat jy koop, op band sit ter heugenis, en met sagteware van MP3.com van die CD afstroop (hei, vir eie gebruik) om op jou rekenaar te speel sonder om die skyf te moet saampiekel.

Ek het myne vir my ma gegee, wat in elk geval heeltemal te veel vrae na my sin gehad het oor my toevallige ontmoeting vroeŽr die dag met Dozi. Hoe lyk hy van naderby? Watter kleur is sy oŽ? Is hy regtig so groot soos wat hulle sÍ?

Soos sy eerste CD (Mercy) het baie van die melodieŽ ’n Afrikaans-tradisionele inslag, met diť nuwigheid dat baie daarvan in Zoeloe vertaal is — meteen ’n insigtelike bemarkingset en ’n passievolle stelling vir verbreding van Afrikanerkultuur.

Ek dink nie “Ryperd” (’n Oudtshoorn-gunsteling) van Chris Blignaut het die behandeling ontvang nie, maar Anton Goosen se “Jantjie” (Dozi sÍ “Djainkie”) en “Op My Ou Ramkietjie” (Leipoldt s'n) het wel. Soos ander Afrikaners wat huil vir ’n Danie Gerber-drie of ’n mooi song, het ek maar in my hande getjank — ek kon nie anders nie — vir die smartvolle sang van die skaremeester op:

    Ooop my oauuuwww ramkietjie
    Met nog net een snaar
    Speul ek un die maaaaanskyn
    Deurmekaaaar  ...

En gewonder oor die siel waar sulke woorde gebeur.

Sy stem, eens ’n rieterige, rotsvaste kreet nŠ aan “Pavlov's Dog”, is nou ’n blaasbalk of ’n meernotige mishoring, na gelang van die sangersinterpretasie van die skrywersbui of -sin. Sy vertolkings, soms Marianne Faithful, ander kere Eddie Vedder, is onweerstaanbaar ongetemper en emosioneel.

Ek moes tot my verdere ontsteltenis besef dat ek niks aan Dozi wil verander nie, of aan dit wat hy verteenwoordig nie. ’n Mens huiwer om klaarblyklike grootsheid aan te hang, want heersende middelmatigheid was al die oorsaak van die ontydige uittrede van baie groot kunstenaars. En ’n ooraanbod bederf die verbruiker vir keuses — lekker is net ’n luister lank, en dan verpak kunstenaars maar hulle stuff in formules en ander bekendhede.

Die ondraaglike ligtheid van populÍre kultuur en die markverskuiwing na ongevormde jeugvoorkeure sal moontlik ook nog sorg vir die verplettering van baie talent, maar ek skat dat dit in hierdie geval alreeds te laat is. Dozi se gevolg bestaan lank nie meer net uit ’n groeiende groep Jakarandablom-trappers wat hom aanmoedig om sy eie goed te skryf nie (en hy doen dit deesdae wel). Die kultus het gegroei soos ’n kanker op die sielloosheid van pop, en die koeŽl is deur die kerk. Al wat Dozi nou kan stop is Dozi of Pokťmon.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.