KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Dagga-Dirk Uys, destyds organiseerder van die VoŽlvry-toer, het ’n interessante brief wat Johannes Kerkorrel in 1990 aan hom geskryf het, aan LitNet beskikbaar gestel.






Posbus 17993
Hillbrow 2038
Sondag 29 Julie 90

Beste Dirk, my broer, (en daar is min wat ek nog so noem) hier sit ek op die Sondagmiddag, rusteloos.

Vanmiddag hou hulle die SAKP se launch-rally hier oorkant by Soccer City, en kort-kort hoor ek ’n “Viva!” weerklink, hier oor die swart gebrande grasvlaktes. Nelson en Joe Slovo praat. Ondenkbaar twee jaar terug toe ons begin kak aanjaag het.

Ek is die afgelope 3 dae, sedert jy hier was nogal upset. Ek weet nie eintlik wat dit is nie, maar dinge voel nie vir my reg nie. Ek is geworried dat dit nie met jou so goed gaan as wat dit moet nie.

Ek was tense nou die aand, dit was ’n baie lang tyd sedert ek jou gesien het, en ek kry al meer die gevoel dat ons uitmekaar dryf, dat ons skaars nog vriende is, en ek weet nie hoe om by jou uit te kom nie.

Nou luister ek na die Eagles: “Its another tequila sunrise, this old world still looks the same.” Het jy nog ore om te luister, dit wil sÍ, as jy nie na my body language kyk en jouself kak lag nie?

Die VoŽlvry-toer is verby, die GBB is verby, die glory days van Letoit en Kerkorrel in die Black Sun is verby, en niks daarvan is moontlik gewees sonder jou nie. Besef dit asseblief, dit was befokte tye, en jy het ’n reuse aandeel gehad, soos jyself weet. The future is calling.

Ek het in ’n groot mate vrede gemaak daarmee, en ek leef saam met die memory, en die memories is meestal joy. ’n Mens moet die goeie tye onthou, dit help nie om die bad goed die heeltyd op te roep nie.

Ek weet jy het uitgefok op die VoŽlvry-toer, maar was ook ’n miljoen keer wat jy dit NIE gedoen het nie. Onthou jy dit? Dit is belangrik vir jou eie siel se vrede dat jy dit wel doen. Ons eindig almal op met as in die hande na ’n sekere tyd, that’s just the way of the world.

Maar dan is ons ook almal anders as voor die tyd, want ons het iets deurgemaak wat baie min mense die kans kry om te doen.

Op die VoŽlvry-toer het ek ook uitgefok, basies liggaam en siel aanmekaar gehou en probeer cope. Maar dit was, in kille perspektief, ’n befokte experience. Europa is ’n terrible plek vir naÔewe jong boerseuns, including myself.

Ek het nog nooit in my lewe so ’n gevoel van die dood ervaar nie — maar ek dink ook dat dit ’n gemeenskap is wat veels te depressing is, selfs vir die Europeane. Of is dit EuropeŽrs — ek voel fokol. Ek stel nie belang om daar te bly nie.

En hier? Ek dink ons staan nog ’n kans hier, want driekwart van die mense hier is so dooslik dat ’n mens hulle al 3 myl ver sien aankom met hulle stront.

Dirk, jy moet onthou, jy moet jouself waardeer. Jy is special — jy is nie die gewone nie, jy is special. Maar ons voel basies nooit goed genoeg nie — ons voel altyd inadequate, ons voel klein, half-mens, half doos.

Ons leef in ’n wÍreld wat mal is. Ons is nie mal nie, as ons begin glo dat ons mal is, dan laat ons hulle destruction toe om te naby aan ons te kom.

Ek dink jy het lankal ’n pad gekies om te loop, en glo my, dit is ’n pad — met ’n rigting wat sin maak. Vir elkeen is dit sy eie, maar daar is ooreenkomste met ander mense, hoewel nooit presies dieselfde nie. Daarom glo ek daar is iets soos ’n brotherhood, en daarom skryf ek vir jou hierdie brief.

Dit is nie vir my nodig om elke aspek van jou lewe hoef goed te keur nie, ek weet dit want dit is ’n basic knowledge en vice versa.

There are no heroes, but we all have moments of greatness. Luister man, spoeg op hulle! Die dose, bedoel ek nou. Vir jou eie sanity moet jy dit doen, maar nie op jouself nie, dit is ’n pointless exercise.

Ek het al hoeveel keer probeer om jou te laat verstaan wat jy vir my beteken het — ek dink bv die GBB sou nooit ooit gebeur het sonder jou nie, want ek is nie ’n groep-mens nie, en ek is ook teruggetrokke op my manier. Ons is heroes vir die volk en vir baie mense en ons sal vir jare lank dit nog bly.

Jy moet asseblief besef ek gee om, ook vir die movement, ek weet nou dit is ’n wÍreldwye ding. In Grahamstad het ek gedink — daar was nog nooit soveel Afrikaanse groepe nie, en nog nooit was daar soveel mense wat musiek gemaak het op so ’n manier nie.

Ons mag dink dit is verby — maar die harde feite weerspreek dit. Dis ’n situasie wat reg is vir ’n tweede Alternatiewe Afrikaanse Fees, maar dan moet dit deur die regte mense georganiseer word — dit beteken jy — want anders stel ek nie daarin belang nie.

Ek het nog steeds al my talente, ek is nog steeds ek, ek weet dit. Jy ook. Ek wag totdat jy so verveeld is dat jy můťt. Dit voel vir my of ons nie kan verder kom met hierdie ding voordat ons verhouding nie uitgesort is nie.

Ek wens ek kon jou weer positief sien en lus om kak aan te jaag. Die Afrikaners is nog steeds dieselfde en dit is ’n fight wat mens vir die res van jou lewe kan fight. Maak alles interessanter. Ek wil nie hÍ dit moet so taai wees tussen ons nie. Ek dink ek moet volgende keer liewers dronk word as jy kom kuier — ek is ’n baie pleasant mens as ek dronk is.

Vir myself is daar ’n pad om terug te loop tot alles OK is, en ek sal dit loop. Ons hoef nie op mekaar te pis in die proses nie, want dan raak ons deel van die destruktiewe siniese SA vibe.

Viva, TanzaniŽ, ek weet die swart ouens se struggle is hulle eie, en eendag sal dit seker ook uitsort op dit se eie manier.

Wat kan ek nog sÍ? Ek hoop nie ek gooi my woorde op die water nie, ek hoop die lewe behandel jou goed, en ek hoop jy kan die kind wees met jouself. Ek gaan nou vanmiddag lekker dronk word, en ’n lekker tyd hÍ. Eendag skryf ek vir jou ’n song.

Ja, Uys. Jy is die Kommandant. Alles is nie verlore nie, in fact!

Go well

Ralph


Brief effe verkort — Uitvoerende redakteur

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.