KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Chris Chameleon: "Om hier te bly en nooit dieselfde te bly nie"

Erns Grundling

Klik op omslae om te bestel by kalahari.net!
Wen 'n Ingrid Jonker-geskenkpakkie!!!
Drie gelukkige LitNet-lesers kan elk 'n geskenkpakkie bestaande uit Ingrid Jonker se Versamelde werke (Human & Rousseau) en Chris Chameleon se CD Ek herhaal jou (Rhythm Records) wen! Al wat julle moet doen is om 'n haastige e-pos te stuur na sharon@litnet.co.za en vir ons een voorstel vir 'n LitNet-artikel te maak. Die kompetisie sluit op 30 Junie, maar skryf sommer nou in en kom solank in aanmerking!
Bestel nou by kalahari.net
Bestel nou by kalahari.net

Die nuus dat Chris Chameleon - voormalige voorbok van BOO! - 14 gedigte van Ingrid Jonker getoonset het, het joernaliste, resensente en die breŽ publiek se verbeelding aangegryp. Twee van hierdie gedigte is onlangs opgevoer tydens 'n episode van 7de Laan.

Chris stel op Sondag 19 Junie sy CD Ek herhaal jou in die Independent Armchair Teater in Observatory, Kaapstad bekend. Bel (021) 447 1514 vir meer inligting.

Diegene wat nie die Armchair-vertoning kan bywoon nie, kan vir Chris op 1 Julie sien optree by die Dorpstraat Teaterkafee op Stellenbosch. Kaartjies kos R65 per persoon en die vertoning begin om 20:00. Bel (021) 886 6107 vir meer inligting.

Klik hier vir INSIG se webwerf!Erns Grundling het 'n e-pos-onderhoud met Chris gedoen vir die tydskrif INSIG se Junie-uitgawe. Weens die beperkte spasie (en die gebruik van twee skitterende foto's deur Lisa Skinner) kon slegs 'n paar uittreksels van die onderhoud van meer as 3 000 woorde in dié tydskrif verskyn.

Om LitNetters te bederf het ons besluit om 'n volledige weergawe van die onderhoud op KlankKas te publiseer. Geniet dit!

Erns: Vertel in breŽ trekke hoe jou lewe verloop het sedert jy jou skooljare in die HoŽrskool Linden geslyp het.

Chris: Ek is reguit weermag toe om te leer hoe om mense dood te maak. Maar my dierbare vriendin Louise van Niekerk, die skryfster, het met haar vlymskerp intelligensie en 'n sÍ-ding soos: jy's dalk 'n generaal, maar dis die direkteur-generaal (van die SAUK) wat hom nou opkommandeer!

Ja, so is ek toe na vyf weke van moord (op my, so het dit gevoel) op wonderbaarlike wyse uit 4 SAI-bataljon gered om my eerste TV-rol as die dom, sterk ou ('n geweldige toneelspeluitdaging, aangesien ek geeneen van die twee is nie), Kleintoon (ook nie waar nie) te speel in die TV-reeks Meester. Ek het die rol gekry op grond van my eerste plek in die nasionale toneelkompetisie die vorige jaar.

Daarna was dit vyf jaar van sex, drugs en acting in onder andere reekse soos Sonkring, Konings, Wenners, Uninvited guest, Egoli (ek is na twee dae gefire), Bridges, Angels (waar ek die eerste homo-soen op SATV gedoen het). Toe is ek oorsee om eers vir 'n toneelgroep in Nederland te werk. Maar die Hollanders werk gans te hard vir my Afrika-beat, en ek is toe Engeland toe vir 'n loopbaan meer geskik vir my - gradering van aartappels en daarna bome. Ek brei oor hierdie ervarings uit in my boek, tans onder konstruksie, wat begin volgende jaar die lig sal sien.

Terug van Engeland het ek eers my kar verloor, toe my huis, toe my meisie en toe my selfrespek as gevolg van die wyse waarop ek met die terugslae omgegaan het. Die vervaardiger Ben Nomoyi kom toe tot my redding deur my as 'n koffiemaker op 'n stel van een van sy TV-reekse aan te stel. Daar het ek al die vuil werk gedoen, selfs eendag die rol van 'n verkragter (dit was 'n polisiereeks) gespeel toe die akteur nie opgedaag het nie. Dit was goed om van heel onder af te begin - daar is min dinge so bevrydend soos die verlies van alles wat jy het; die geleentheid om weer te begin. Dis soos twee lewens in een! So het ek 'n paar jaar agter die skerms gewerk en ek kon kwalik iets beters doen vir my toneelspeelvermoŽns. Mens doen dinge soveel beter as jy eers mooi verstaan wat alles om jou aangaan.

Toe eendag, eensklaps, neem ek die besluit om weer te gaan toneelspeel. OŽnskynlik was my argelose houding in die industrie vergete en het ek weer begin rolle kry in reekse soos Netwerk, Egoli (aha! terug as 'n vrou!) en 'n paar ander. Intussen het ek my orkes BOO! in die lewe gebring. Stadigaan het die musiek al meer van my tyd in beslag geneem.

Die volgende groot rubikon was toe ek my eerste internasionale hoofrol in 'n rolprent Kin vertolk het, maar omtrent my hele fooi moes spandeer op privaat vlugte vanuit die Namibiese woestyn na Suid-Afrika om in BOO!-optredes te speel. Na hierdie wonderlike ervaring het ek besluit om maar tog voltyds op die musiek te konsentreer. 'n Slegte finansiŽle besluit kan dikwels 'n puik lewensbesluit wees.

In die sewe jaar met BOO! het ek in 800 optredes in 17 lande op vier kontinente gespeel. Maar dit is 'n harde lewe en het verlede jaar vir my kollegas te veel geword en hulle het bedank. So is ek gedwing in my volgende lewe in. En dis waarmee ek nou besig is.

Erns: Het jy ooit jare gelede gedink dat BOO! sů 'n fenomeen met 'n reuse-aanhang sou word?

Chris: Ek het nooit 'n enkele oomblik daaraan getwyfel nie. Ek sou nie die opofferings gemaak het as ek nie vas oortuig was nie. Mens meet dikwels 'n ding se waarde aan wat jy moet prysgee daarvoor. Ek het 'n winkende internasionale akteursloopbaan daarvoor opgeoffer sonder om twee keer te dink.

Erns: Jy het hier ťn veral in Europa groot sukses met BOO! behaal. Was daar 'n verskil in die ontvangs van jul musiek op die onderskeie kontinente?

Chris: Inderdaad. Ek glo vas in fenomene soos 'n nasionale karakter. Elke ou volkie het sy eie manier van dankie of hoera skree. Die Belge is bedees. Sit in absolute stilte dit en waardeer. (Dit kom jy eers agter as jy weer daar speel en hulle pak die saal vol en jy vra jou ou boerehart af hoekom is julle terug as dit laas so kak was?) Die waarheid is, hulle (laaikitsaailentlie) Duitsers is alles gewoond; met hulle moet jy hard werk. Italianers is 'n jollie patrollie en doen vrolik mee. Die Hollanders is ook lekker uitbundig en is mal oor "booo!" Skree. Amerikaners hou van enigiets wat van ver kom (hulle kry daarbinne nie veel buitestimulasie nie) en waardeer 'n gpo (generally positive attitude). Engelse is so in hul klassisteem vasgevang dat as jy hulle probeer please, dink hulle jy's van 'n laer klas en behandel jou ook so, terwyl as jy op die verhoog klim en hulle eers goed uitkak voor jy begin, dan dink hulle jy's bakgat (glo my, ek moes dit ook na 'n paar leerskote hard leer!). Switsers sit en suig jou soos 'n hoesbonbon - stil, met 'n verligte glimlag. Van alle EuropeŽrs is die Slovene en Kroate die meeste soos ons. Ek is mal oor hulle!

Erns: Vertel meer oor Chris Chameleon se kleurvolle bestaan Ö

Chris: Gebore in Jhb, getoŽ op 'n landbouskool in Magaliesburg. Het al alles probeer (wettig al dan nie) en wil die res ook nog probeer. Ek dink die lewe is soos 'n geweer: goed of sleg, afhangende van die houding van die eienaar. My grootste en mees kosbare talent is belangstelling, dis 'n groot gawe. Die wonderlike ding van die lewe is dat mens hier foute kan maak. Van hier af gaan mens hemel toe waar alles uitgesort is en goed werk. Om te lewe is soos om 'n Switser te wees en op vakansie te gaan in Afrika, jou aan die chaos te vergryp, die feilbaarheid te omarm! Ek dink nie ek verstaan regtig hierdie breŽ vraag nie.

Erns: Hoe het die idee van BOO! se Monki-punk destyds by jou ontstaan? Hoe sou jy Monki-punk aan die oningewyde leser beskryf?

Chris: Die meeste musikante is uit hoofde van hul opleiding geneig om in terme van spesifieke grense te dink en te handel. Ek het by wyse van my onkunde en selfingenomenheid gedoen net wat ek wil in my musiek. So het daar 'n nuwe styl ontstaan. Almal het gesÍ dit kan nie werk nie, jy moet 'n kitaar hÍ! Of dŠŠr moet jy by dŠŠrdie akkoordstruktuur hou. Of jy kan nie nou 'n vierbeat met 'n vyf afwissel nie.

Vir al daai het ek een antwoord: Hoekom nie? Daar bestaan eintlik soveel genres as wat daar mense op aarde is. As elke ou honderd persent getrou aan sy eie styl sal wees, sal daar nie eintlik genres wees nie, of hulle sal soos kulturele verskille voorkom of persoonlikheidstipes. Genres word gesien as 'n aanduiding van struktuur en dissipline binne musikale grense, maar is inderwaarheid monumente van verkramptheid.

Erns: Wat het jou laat besluit om BOO! te beŽindig en 'n nuwe musiekrigting in te slaan?

Chris: Ek het BOO! nie beŽindig nie. Ek het die beŽindiging daarvan heftig teengestaan. Maar na sewe jaar het Ampie en Leon krake begin vertoon, en uiteindelik, op 19 september, hul uittrede aangekondig na afloop van die toer waarmee ons toe besig was. Ek het die laaste drie jaar van BOO! kwansuis spandeer om hulle uit mekaar te hou en hul wedersydse aggressie te laat kwyn. Die einde was 'n lelike affÍre en dit het baie seergemaak. Maar die Here laat alles ten goede meewerk vir diť wat hom liefhet - so kom ek deesdae vinnig agter. Ek dink ek sal binnekort emosioneel in staat daartoe wees om vir hulle elkeen 'n bos blomme te koop en te bedank vir hul bedanking en verskoning te vra vir my hardkoppige teenkanting.

Erns: Van Monki-punk na Ingrid Jonker - sekerlik 'n radikale skuif in enigeen se boekies. Wat behels hierdie nuwe, meer ernstige benadering?

Chris: Ek het nie my naam gekies nie, hy't hom baas van my kom maak. Vir my is dit hoegenaamd nie 'n radikale skuif nie. Dis so natuurlik soos sheba-sous oor my mieliepap. Ek dink jy sou kon hoor as ek nie tuis in die nuwe omgewing is nie. Mens val mos nou nie van die wa af as jy van wyn na vis op 'n dinee gaan nie. Die een word gedrink, die ander geŽet. Die een is suur en die ander sout, maar hulle komplementeer mekaar. My werk is: emosiesmous! As daar emosie is, of dit jonker of punk of klassiek of kook of toneel is, dis my vak!

Erns: BOO! was gekenmerk deur 'n speelse benadering en lawwe verhoogmanewales. Hoe het jy die kreatiewe proses ervaar met hierdie nuwe projek?

Chris: Die ondertoon van BOO! se manewales was altyd ernstig. Die manewales het eintlik bestaan in hul hoedanigheid as teenstelling van die onderliggende bui. So sou ek in 'n rok vrolik luidkeels uitjubel: "Trust in the dark to reveal who you really are", of angstig-treurig: "I'm so happy to be myself, I would not rather be somebody else!" In hierdie projek was die kreatiewe proses een van die eerlikstes wat ek nog ooit deurgemaak het. Elke gedig het 'n mantra wat in die woordorde en -klank verraai word. Ek moes net inskakel op daai aspek van die gedig en dit dan weergee. Dis byvoorbeeld waarom ek nie "Die kind is nie dood nie" gedoen het nie, want ek kon nie inskakel om die musiek van die gedig nie, en as ek gekierang het, sou dit baie opvallend gewees het, veral omdat dit so 'n belangrike gedig is en ook in teenstelling met die ander. Dit was 'n baie maklike proses, want in plaas van probeer iets doen, moes ek net so min moontlik doen en my laat lei deur die gedig. Ek is vas oortuig dat Ingrid 'n intens musikale vrou was: haar gedigte lyk soos lirieke, en haar klankspel is voortreflik. John Lennon sit seker nou in die hemel en wens dat hy Afrikaans geken het en vir Ingrid in sy band gehad het. Wat praat ek! Hulle sit seker nou en jam!

Erns: Kan jy onthou waar en wanneer jy die eerste keer Ingrid Jonker se gedigte ontdek het?

Chris: Nee. Want my eerste ontmoeting met haar was op skool, en die establishment het haar sodanig aan my opgedis het dat ek haar uit beginsel vermy het. Ai, die onnoselheid van die jeug. Die volgende keer was in Nederland op 'n dokkie; toe is ek behoorlik aangegryp en het dae daarna (nes die dae na ek Dancer in the dark gekyk het) soos 'n dwaas gewandel, verslae, verslaaf, seergemaak, verwonderd, klein.

Erns: Watter gedig het jy vir die ,7de Laan-episode getoonset? Is dit waar alles begin het?

Chris: Ja, dit het begin met hul versoek dat ek 'n Afrikaanse gedig toonset. Ek en Louis van Rensburg en Glenda Bosman en 'n Idols-ou sou elke aand vir 'n week ons ding respektiewelik doen. Daarna het dit my opgeval hoe maklik dit tot my kom en ek kon nie genoeg kry nie. Nog steeds nie, daar is genoeg vir twee plate, maar mens moet Írens 'n lyn trek! Ek het "Lied van die lappop" en "Jy't my gekierang" vir hulle gedoen.

Erns: Hoe het jy te werk gegaan met die uitsoek en kies van die gedigte? Hoe meld 'n wysie of melodie by jou aan?

Chris: Skakel in op die mantra. Ek het 'n wysie vir alles in die lewe. Koffie maak, verkeersopeenhopings, swem, naai. Alles vibreer, maak dus musiek. In die all-time greatest hits is daar 'n merkwaardige voorkoms van hierdie feit. Dat sekere begrippe en woorde slegs hul eie spesifieke wysie kan hÍ. Die sukses van immergroen songs is die feit dat hulle honderd persent eerlik, opreg, eie aan hulself is. Daar's 'n wonderlike toneel in Peggy Sue got married waarin die ou teruggaan in die verlede en vir een loser musikant, van wie hy tog hou, sÍ: "Ek het 'n geskenk vir jou, dis 'n song en dit gaan so en as jy dit opneem sal jy yslik groot word. Die tune is 'She love's you, yeah yeah yeah!'". Die ou sÍ "Baie dankie, ja, dit klink hiper-cool." En so teen die einde van die fliek kom hierdie musikant terug en sÍ: "Ek het nagedink oor daai song wat jy my gegee het, en ek dink dis great, maar ek voel tog dit moet meer so gaan: 'She love's you ooh ooh ooh ...'"

Erns: Vertel meer oor die mantras wat jy in elke song ontdek het.

Chris: Ingrid kon toor met klank. Sy kan 'n op-die-oog-af-vrolike gedig skryf maar die klanke daarin so rangskik dat dit jou na die lees daarvan hondkak laat voel. So kon sy ook vreugde skep in die oŽnskynlik morbiede. Sy was 'n vrou wat vermaak geput het uit die dubbelsinnighede en teenstellings in die lewe, en in daardie sin is ek haar skadumaat. Skree "BOO!" as jy jou waardering aan my wil toon! Sy was 'n baie logiese denker en het logika as sy grootste vyand teen homself aangewend om wetenskap aan skerwe te verbrysel sodat die gevoel soos soetmelk daaruit bloei.

Erns: Die toongesette verse is verfrissend en plek-plek verbasend energiek, ongeag die onderliggende "swaar" temas. Was dit 'n doelbewuste benadering? (Ek dink byvoorbeeld hier aan die "opgewekte", amper up-beat akkoorde van "Ontvlugting".)

Chris: Korrek. Ek het besef dat as ek my oorgee aan die opvallende stemming van elke gedig, ek 'n redelik morbiede plaat sou maak. Daarom het ek met sekere gedigte my deur die klank laat lei, asof die woorde geen sin maak nie. Maak my kop doof vir die betekenis, maak my ore oop vir die klank. Dit het dan ook bepaal watter van die gedigte die teenstellende musiekgeaardheid sou hÍ. So voel ek het ek tog kunseg, jonkergetrou gebly, selfs in hierdie afwykings. Ek is oortuig dat dit so ook haar bedoeling was. Woorde soos korreltjie en klippie en klein en plat is, as jy hulle isoleer, buite konteks, eintlik wonderlik vrolike woorde! In sommige gevalle, soos in "Ontvlugting", is die idee van vry wees uit die "gevangenis" genoeg motivering vir my om bly te wees. Die song se naam is nie "Gevangenis" nie, al is gevangenis so 'n groot voorwaarde vir ontvlugting. Nes om te sterf en dood te maak onvermydelike voorwaardes van die lewe self is.

Erns: Het jy na enige ander toonsettings van Jonker en ander digters se verse (byvoorbeeld die werk van Laurinda Hofmeyr) geluister terwyl jy aan die album gewerk het?

Chris: Nee. Ek luister min na musiek, en veral nie wanneer ek werk nie. Een van die redes is dat ek nooit kan stilsit en dit geniet nie, dis my job! 'n Joernalis kom tog sekerlik nie na 'n harde dag tuis en slaan 'n koerant oop nie? En die ander rede is dat ek nogals beskermend oor my oorspronklikheid is, en bang is vir invloed. Invloed kan jou verryk, maar ook jou ware potensiaal onderdruk. Dinge gaan goed vir my, ek het geen gebrek aan inspirasie nie, so ek bly maar uit die invloed game uit ter wille van die kind in my.

Erns: Wat was vir jou die grootste uitdaging van die nuwe album?

Chris: Ek bedoel dit opreg as ek vir jou sÍ dit was nie 'n uitdaging nie. Dit was 'n gemaklike voorreg. Ek hoef haar net te herhaal het. Papegaaiwerk as 't ware.

Erns: Op "Bitterbessie dagbreek" het jy die lirieke effens verander na "'n spieŽl het gebreek tussen my en haar". Wat het jou laat besluit om dit te verander?

Chris: Ek wou, ter wille van my vokale vertolking, die woorde opreg bedoel. Met "Ek herhaal jou", "As jy slaap" en "Bitterbessie dagbreek" het ek in seksuele verbasteringskwessies vasgeloop, wat die oorgawe van my vertolking sou vertroebel het. Die oplossing was eenvoudig: in my hoedanigheid as akteur het ek gedoen asof ek dit vir Ingrid sing. Gee die gedig vir haar terug! Dis wat in my kop omgegaan het voor die mikrofoon in die intimiteit van die ateljee.

Erns: Wie het saam met jou gewerk aan die opname?

Chris: Theo Crous van Springbok Nude Girls-faam het hom as 'n puik, sensitiewe en uiters musikale vervaardiger gebesig, en Jasper Williams, wat die klankvermenging van die bes klinkende BOO! plaat tntlc behartig het, was 'n natuurlike, en uiteindelik ideale keuse vir my. Die meisies op backing vocals is my persoonlikhede b,c, en d.

Erns: Hoop jy dat hierdie album weer opnuut 'n waardering vir Jonker se poŽsie (en die Afrikaanse poŽsie in die algemeen) onder 'n jonger geslag sal veroorsaak?

Chris: Meer as dit, ek bŪd dit!

Erns: Wat is jou planne met hierdie album? Waar wil jy orals optree? Dink jy daaraan om jou Jonker-toonsettings in Amsterdam te perform?

Chris: Ek het al eksemplare na Hollanders gestuur en sal hoor wat hulle sÍ. Ek hoop dit vind aanklank daar. Ons het baie gemeen met hulle en ons tale en taalverenigings kan mekaar versterk. Daar bestaan beslis 'n Chris Chameleon-mark in Holland; dit sal goed wees as daar ook 'n Afrikaanse mark kan wees. My planne is nie veel nie. Ek is nie 'n baie berekenende (wat 'n ritmiese woord!) persoon in hierdie opsig nie. Maar ek is vol bedoelings, en my bedoeling is dat hierdie plaat 'n waardering vir Afrikaans sal ontlok, 'n nuwe generasie sal interesseer, dalk as 'n medium in opvoedkundige instansies kan dien as inleiding tot Afrikaans. Dis die beste manier om 'n taal te verkoop - by wysie (sic) van musiek. Kyk maar na Engels!

Erns: Hoe ontvang jou BOO!-aanhangers die nuwe Ingrid Jonker-optredes? Uiteraard het jy heelwat Engelssprekende ondersteuners - wat dink hulle van die Afrikaanse digkuns?

Chris: Ek weet nie, maar dink ek gaan binnekort uitvind. Hoe dit ook al sy, ek is vir hulle nie verlore nie. Chris Chameleon is hier om te bly en nooit dieselfde te bly nie.

Erns: Watter Afrikaanse (en Suid-Afrikaanse) kunstenaars/groepe maak jou deesdae opgewonde, en hoekom?

Chris: Ek was die afgelope vyf jaar gemiddeld slegs 'n paar maande per jaar in SA ek het geen idee van wat hier aangaan nie, maar leer gretig en vinnig. Soos ek reeds gesÍ het, luister ek weinig (= bitter min!) musiek. Maar wat ek wel kan merk, is groter bewegings in die hoofstroom en ek dink dat Afrikaanse musiek in 'n baie gesonde toestand is deur die kele van Karen en Fokof en Riku en Kobus!, om net 'n paar te noem.

Erns: Raak jy soms gefrustreerd met die kommersiŽle rigting wat plaaslike sangers en kunstenaars inslaan? Watter probleme sien jy raak in die plaaslike industrie?

Chris: Ek dink dat die Afrikaans in Afrikaanse musiek in baie opsigte gesonder is as die musiek in Afrikaanse musiek. KommersiŽle muiek is soos McDonalds. Ek skat dit neem sowat twee jaar om 'n McDonalds-burger te maak. Die koei se ouers moet naai, die koei word gebore, word groot, word geslag, en intussen groei die koring vir die rolletjie en die komkommertjies en blaarslaai ook. Maar ons kry hom in twee minute reg en weg. En net so het ons twee honderd jaar gelede weke en honderde kilometers gery deur die sneeu en woude om vir Mozart live in Wenen te sien. Dan het ons gaan sit en luister na drie ure se musiek uit die rakke wat so die boonste is dat hul bo die vuurmaakplek hang. Maar nou soek ons 'n "don't bore us get to the chorus"-refrein binne dertig sekondes. Moderne musiek is simptomaties van hierdie fenomeen. Die enigste probleem is dat ons duidelik kan sien wat 'n dieet van McDonalds aan jou liggaam doen, en daar dus 'n bietjie dissipline toepas, maar ongelukkig is ons baie minder konsensieus oor wat by ons ore ingaan en ons siele vertroebel. Enigiets wat met geld gekoop kan word, is niks werd nie.

Erns: Hoekom het jy op "Ek herhaal jou" as titel besluit? Sinspeel dit op die feit dat jy Jonker se verse "herhaal", dus op 'n manier aan haar opdra?

Chris: Ja.



LitNet: 14 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.