KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Er komen andere tijden


Rachelle Conradie

Times have certainly changed. The genuine voice, if it survives at all, still speaks out. Bob Dylan’s does. — Michael Grey

    Ahoy, ingang; arena, vloer rij 35, stoel 59, Rotterdam, Wo 27-09-2000 20.00 uur BOB DYLAN and his band kaartnummer 14722335062315 Mojo Concerts HYPERLINK http://www.mojo.nl

Op byna elke treinstasie in Nederland kry jy ’n GWK (geldwisselkantoor). By die GWK kan jy ook vir komende bands in die Popladder kyk en daar en dan jou kaartjies aanskaf.

Nouja, anders kon dit nie: ek is die dag daar uit, ten spyte van die Waterboys en Elton John wat ook binnekort kom, met twee Bob Dylan kaartjies.

Die geluk tref my toe, net nadat ek die vorige aand Koos Kombuis se Seks, Drugs en Boeremusiek hier in Amsterdam klaar gelees het. Die boek het my weer laat besef hoe ver Koos se bewondering vir die popmusiekvader strek. Ek begin wonder of vandag se jongmense werklik verstaan waar die bewondering vandaan kom. Is Bob Dylan se tyd nie verby nie? En waarom vir Dylan nomineer vir die Nobelprys vir letterkunde? Hierdie gedagtes moes eers ’n Nederlands / Afrikaanse draai met my loop voor ek Bob Dylan se diep spore begryp het.

VroeŽr vanjaar het ek by die Afrikaanse biblioteek in Amsterdam op Keizersgracht ’n cd ontvang van Boudewijn de Groot — die sogenaamde Nederlandse Bob Dylan. Waarom ek na hierdie kÍrel moes luister, was nie vir my duidelik nie. Toe, een Sondagmiddag met jazz in die son naby die Albert Kuyp mark, lees ek dit in Koos se boek raak: die eerste gedagtes oor Afrikaanse popmusiek deur Koos en Kosie:

    Dit was Kosie wat my my eerste kitaarlesse gegee het toe ek ’n tweedehandse kitaar vir vier rand by Nabbas in die onderdorp gekoop het. En dit was Kosie wat op hierdie spesifieke aand vir my Boudewijn de Groot se Vlaamse (sic) vertaling van “The Times They Are A-Changin’” deur Bob Dylan gespeel het.

    Wow.

    Hierdie liedjie sou inderdaad die tye vir my verander.

    Ek onthou dat ek diť aand vir Kosie gesÍ het: “As ’n mens popmusiek in Vlaams kan maak, sal jy dit mos in Afrikaans ook kan doen.”

    Kosie was te sprakeloos om te antwoord. Die blote idee van so iets, verstaan nou mooi, was in die Suid-Afrika van die early seventies meer verregaande as die idee van ’n swart president. (Seks, Drugs en Boeremusiek, bl. 190)

Dadelik hierna luister ek toe weer aandagtig na Boudewijn se gerym:

    Er komen andere tijden

    Kom mensen en luister en houd nu je bek ...
    Er komen andere tijden

    Kom schrijvers geallieerden profeten op papier ...
    Er komen andere tijden

    Kom heren regeerders partij jongens kom ...
    Er komen andere tijden

    Kom vaders en moeders kom hier en hoor toe ...
    Er komen andere tijden

    De streep is getrokken de vloek is gelegd
    Op alles wat vals is en krom en onecht
    Jullie mooie verleden was bloedig en laks
    Wij zullen die fouten vermijden
    En de man boven aan is de laagste van straks want
    Er komen andere tijden.

        (B. Dylan / L. Nigh, Special Rider Music: 1965 — The Times They Are A-Changing)

Juis: Nou is die “man boven” van Apartheid die laagste, en die tweede swart president is reeds aan bewind.

Met hierdie gedagtes en verwondering oor die “tijden” ry ek en my minnaar, Johan, na die Ahoy (met Best of Bob natuurlik “pumping” in die kar, sodat ons in die stemming kan kom). Goed, ek moet toegee, ons was nie propvol verwagting nie, want die vernuwende “musiek van nou” (bedoelende tegnologiese dj-menging, soos diť van Cafť del Mar en Buddha-bar) klink in vergelyking met diť ou songs van Bob darem radikaal anders. Maar wat ’n geleentheid om live te hoor waar serious pop eintlik vandaan kom. Skrikwekkend om te dink wat popmusiek vandag sou gewees het as dit nie vir Bob Dylan was nie.

Die Bob Dylan kenner Michael Grey beweer egter in sy nuwe boek, Song & Dance Man III. The Art of Bob Dylan, dat Dylan nie net ’n tyd van verandering merk nie, maar vandag ’n verteenwoordiger van verandering self is:

    Dylan’s work has that clear integrity capable of “representing the age” and is competent, therefore, to go beyond it — to clarify by focusing, with a vital intelligence, on its special confusions and so to place it soberly inside the wider continuum.

So was dit dan ook die aand van sy konsert in Rotterdam: classic ťn cool. Bob en sy band se klanke was net verbysterend by. Ek het selfs gewonder waar die ou eenvoudige “one-man” songs met kitaar en bekfluitjie heen is. Ek leen iemand langs my se opera-verkyker om seker te maak dit is hy. Voorwaar, Bob se kreukel-oŽ kyk rustig oor die skare. ’n Geel lig van voor gooi majestueus ’n skadu van sy band -tromme, kontrabas en kitare — op die massiewe doek agter hom. “Bob het hulle gemaak; hy het popmusiek serious gemaak,” moes ek dink. Bob sÍ mos in ’n onderhoud in 1985: “There was nothing serious happening in music when I started.” (Grey).

Dylan se lirieke word ernstig opgeneem, en nie alleen vanweŽ die kritiese en opstandige inhoud daarvan nie. Sy lirieke word naamlik ook as poŽsie beskou. Bob Dylan verwys juis in die eerste plek na homself as digter: “I live like a poet and I’ll die like a poet.” Vandaar ook die Nobelprys nominasie vir letterkunde. Dylan se Nobelprys kandidaatskap is in Nederland breed ondersteun. De Groene Amsterdammer (23 September 2000, bl.19) wys daarop dat diegene wat dink dat dit wat uit popkultuur voortkom, nie waardig genoeg is vir literatuur nie, is agter die tyd. Die 1992 Nobelprys wenner vir literatuur het immers gesÍ dat Bob Marley sy werk deurslaggewend beÔnvloed het en dat literatuur en popmusiek al lank een is.

Dylan se lirieke het volgens Gordon Ball van die Nobelprys jurie die noue verbintenis tussen poŽsie en musiek versterk. Hy is van mening dat Dylan die prys verdien, omdat hy “’n byna onbeperkend artistieke universum geskep het, wat globaal versprei is en die geskiedenis van die wÍreld werklik verander het.” Kritici van Dylan se Nobelprys kandidaatskap meen egter dat die nominasie uit niks anders as jeugsentiment of nostalgie spruit nie en dat sy verbintenis met literatuur onsin is (Van Erkelens en Van Casteren, De Groene Amsterdammer, 23 September 2000, bl. 23).

Nobelprys of nie, Bob Dylan het begin om kritiek deur sy musiek te uit te spreek: hy was die een wat veroorsaak het dat popmusiek ernstig opgeneem word. Dit is Dylan wat byvoorbeeld begin sing het oor rasse-ongelykheid en vryheid. Die eerste verwysing hierna was in die satiriese verse in “I Shall Be Free” wat oorspronklik in Desember 1962 opgeneem is en op The Freewheelin’ Bob Dylan verskyn.

    ... a can a-black paint it fell on my head.
    I went down to scrub and rub
    But I had to sit in the back of the tub.

Ek gee die operaverkyker terug en glimlag as ek om my kyk na al Bob se volgelinge. My lag kon ek egter nie meer hou nie toe Johan my aandag vestig op ’n hele boel ernstige Bob fans wat presies gelyk, rasta-agtig, hulle grys koppe voorwaarts knik. Dit was fantasties om so ’n uitgebreide ouderdomsgroep te sien dans en laat skiet. Ek wonder altyd waarom daar nou juis so ’n groot verskil tussen tannies en ooms en jong mense moet wees in Afrikanergemeenskappe. Lyk my oud-en-jonk-gesellighede word onder Afrikaners beperk tot familiegeleenthede. Dis immers nie normaal om saam met jou ouers in ’n kroeg te kuier soos in Nederland nie.

Een groepie gryses regs van ons trek my aandag. Ek skat hulle minstens oor die sewentig. Absoluut ernstig woes begin hulle sů dans dat dit my vir oomblikke meer boei as dit wat op die verhoog gebeur.

Dit is eers aan die einde van die lied dat dit my opval wat Bob sing: “And the times ... they are a-changin’,” want links van ons dans twee tieners met regte raversdrag en boots. Hulle is ge-make-up en gaan soos mal goed te kere. “Bob is nog net so hip,” moes ek dink.

Toe iemand se selfoon iewers begin lui, was ek geÔrriteerd oortuig sy’s ’n fake: Jy’t definitief geen respek vir die legend as jy nie eers jou sel afsit nie, mejuffrou. En toe skielik, in filmiese slo-mo, begin ek werklik kyk en luister en antwoord:

    Sy swaai haar selfoon in die lug
    tussen massas
    oud en jonk

(Ek visualiseer myself in ’n Vodacom advertensie)

    Almal kyk -
    Duisende koppe knik ritmies na die podium.

    Sy is ’n tiener van die een en twintigste eeu.

“Ag, jou selfoon beÔndruk niemand nie,” dink ek onaangeraak.

Totdat ek werklik begin luister na die woorde: “Hoor jij ... hoor jij,” irriteer haar stem die omringende massas.

Kan sy nie buite gaan raas nie? Sy pla die wat wil hoor.

OngeŽrgerd lig sy weer haar foon in die lug terwyl Bob Dylan sing: “The answer my friend ... is blowing in the wind.”

  • Aanhalings waarvan die bronne nie elders vermeld word nie, kom van http://www.bobdylan.com/etc/songanddanceman.html

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.