KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Die Ladysmith Black Mambazo in Dublin

Naomi Meyer

My diskleimer

Hulle s mens moet skryf oor iets waarvan jy kennis het.

Hulle s ook mens moenie skryf oor 'n onderwerp wat te na aan mens is nie. Jy kan jou dalk so vasstaar teen jou eie ooglede dat jy die mees voor die hand liggende inligting uitlos. Op die ou end gebeur daar geen storie nie, net jyself.

Ek's bevrees ek sal vandag albei hierdie raadgewinge moet ignoreer - ek sou graag verslag wou lewer oor die Ladysmith Black Mambazo se optrede die naweek in Dublin.

Het ek die nodige kennis? Nee.

Ek bied wel vioollesse aan, maar die musiek hier by 'n musiekskool in Ierland waar ek werk, val in 'n ander kategorie as die klanke wat die Ladysmith Black Mambazo maak. Dis 'n ander onderafdeling van musiek, 'n ander genre.

En my kennis omtrent die land waarvandaan die groep musikante kom? Ek weet bolangs iets van hulle omgewing: die intense kleure van die sonsondergange in Afrika, die smaak van sout op my lippe met die lug van die Strand op my vel - maar nie Natal nie, hierdie groep se plek van oorsprong. Ek ken die clich's van die kontinent met sy siektes en geweld en armoede en skoonheid en oplewing in die charismatiese spiritualiteit. Maar ek het nie grootgeword in townships en in myne nie. Die landskap in my kop verskil van hulle s'n.

Ek het nie die kennis aangaande die onderwerp nie.

Staan ek ver genoeg van die onderwerp waaroor ek wil skryf? Nee.

Hierdie groep musikante kom uit my geboorteland. Ek woon op die oomblik in Ierland, 'n nagreis ver van Suid-Afrika. En tog: Ek weet vooraf ek staan veels te naby aan hierdie onderwerp (die land waarvandaan die groep musikante kom; die land wat hulle musiek inspireer) om objektief te wees. Ek staan so naby aan Suid-Afrika dat die hele plek onder my vel intrek en sit soos Ierland se ren.

Hierdie "verslag" is dus net 'n storie. Ek bied dit aan as my eie fiksie, niks meer nie.

Op pad Dublin toe

Dis Vrydag, 10 Desember 2004.

Rondom ons styg die mis uit die gras op en word baie. Murasies van vervalle huise vr die Europese Unie se geld ingekom het, 'n klooster wat leeg staan in die verte. Hase, takbokke: di tyd, met skemer, kom hulle tot by die pad. Ek trek my o op skrefies en kyk na hul silhoette, want dis amper donker en die busvensters wasem toe van die asems hierbinne. Die bus stop vlugtig om 'n man met renstewels op te laai. Hy het lank voor die kroeg in die ren staan en wag en lyk amper nugter as hy opklim (water wat van sy haarwortels af oor sy gesig en oorpak stroom).

Die naweekverkeer Dublin toe raak druk. Rondom ons begin die motoriste hul ligte aanskakel. Dis skuins n vier in die middag.

Die bus stop in O'Connellstraat, ons trek ons winterbaadjies aan en klim uit tussen die skare wat Kersinkope doen.

Dan is ons by die Olympia Theatre - tussen die tierlantyntjies, die verf wat afdop soos ou grimering en die vervalle opgesmuktheid. Is ons dan die enigste teatergangers? Stel niemand in hierdie stad belang in 'n groepie sangers uit my geboorteland nie?

Daar is 'n afkondiging teen brandgevaar (ek kyk na die sigbare bedrading teen die dak) en 'n "Ladies and gentlemen, please take your seats as the show will commence shortly." Die volgende oomblik duik al my vooropgestelde idees oor my onbenullige landjie se ongewilde kunstenaars in die hek. Die deure gaan oop, soos die sluise van die hemel bo-oor die deurdrenkte Ierse grond, en die gehoor kom binne.

"Dis Ierland," s ons gelyk vir mekaar, ek en my lieflike man wat mekaar halfpad om die wreld vergesel. Ons bedoel: natrlik is dit Ierland. Vergeet sogenaamde Afrika-tyd. Op hierdie eiland is lmal altyd laat. Langs ons kom sit daar toevallig kollegas van my man.

"Verstaan julle wat die mense gaan sing? Hulle taal?" vra een van hulle nog, maar gelukkig word ons deur 'n vertoning gered. En bly hulle 'n antwoord skuldig.

"Real" entertainment

Die gaskunstenaar stap op die verhoog terwyl die helfte van die gehoor besig is om hulle plekke in te neem. Op 'n manier is die hele saal skielik vol - en dan onderbreek 'n paar lukrake akkoorde laatkommers se gesprekke.

"I am Emm Gryner: E-M-M G-R-Y-N-E-R," s die meisie op die verhoog en druk nog 'n paar ongergde note op die sleutelbord. "I am the guest singer before the 'real'" (sy vorm die aanhalingstekens met haar vingers) " entertainment starts."

Sy is verkeerd, di Emm Gryner.

Sy sing net 'n paar note, toe die gehoor reeds besef dat sy nie weet waarvan sy praat nie. Sy s inderdaad ook "real entertainment". Sy is ook wulps en maak met die sleutelbord soos met 'n geliefde. Haar stem vat mens vas en slinger jou iewers heen. Agterna kan ek nie lekker onthou wat sy alles gesing het nie, maar toe ek haar dagboek lees, herroep ek die atmosfeer van die oomblik.

Terselfdertyd, die onwillekeurige geknaag, ten spyte van die wete dat hierdie vrou maar mg sing.

[Miskien verower sy sale vol mense, miskien tref sy soms 'n amper KKNK-/Aardklop-randvertoning-gehoor: 'n skoolsaal met stoele wat soos raspers rondskuif, drie mense (en 'n huilende baba) in die gehoor ('n ou oom wat aan die slaap raak en hard snork, 'n tannie wat op die verkeerde plekke hande klap).]

Die lastige gedagte: haar stem is nie uniek genoeg vir 'n nismark nie. Sy is goed; sy is baie, baie goed. Sy is goed vir voor-af, sy is asemrowend goed. Sy is iets tussen Tori Amos en Pink. Sy het Japannese o en speel kitaar met die selfvertroue van iemand wat almal verseker sy is van Kanada en ne van die Verenigde State van Amerika ne. Die musiek maak haar geweldig aantreklik. Miskien klink sy soos kd lang. Daar is iets van Alanis Morissette in die manier waarop sy agter die kitaar staan.

Die een onvergeetlike lied in haar repetorium is - voorspelbaar genoeg? - nie haar eie musiek nie. Die ligte in die saal word intiem en rokerig-blou; sy sing die teerste weergawe van "Pour Some Sugar on Me", van Def Leppard. Wanneer sy die tweede keer "I'm hot, sticky sweet", sing, verskyn daar nog iemand op die verhoog. Dis sowaar Jo Elliot van Def Leppard. Hulle sing die lied klaar, hy vou haar vlugtig in sy arms toe en stap dan af.

Kort daarna is haar beurt verby.

Real entertainment

Die eerste wat my van die Ladysmith Black Mambazo opval is die wit tekkies. Die Madiba-hemde. Die baie energie: hulle hardloop die verhoog soos gechoreografeerde skoolseuns op.

As hulle Rain, Rain, Beautiful Rain sing, tref dit my die eerste keer waar ek is.

Buitekant, in Dublin, ren dit nie op die oomblik nie. My skoene is wel modderig van die water wat die grond deurdrenk. Iewers, in Khayamandi is die brande pas weer onder beheer. In die Vrystaat, vertel my ouers, is die wreld droog.

"Oh come to me, beautiful rain"

Voor ons, op die verhoog, maak die manne grappies oor waar hulle is: "Is hierdie plek Durban"? Hulle weet die stad se naam begin met 'n D. Dit klink so half bekend

"Dublin!" skree iemand, speels, uit die gehoor.

Hulle knik.

Hierdie is die plek waar die lied "Beautiful Rain" iets anders beteken as in daardie land waar ons almal gebore is.

Hulle sing "Hello My Baby" en gooi soene vir die gehoor wat dit gretig opslurp. Hier en daar is daar 'n wit hand wat in die lug vir die soene waai. Die Europer speel lekker saam met die manne van Afrika (kyk hoe ontvang ons julle, mense van die donker kontinent: ons gee geld vir Oxfam!).

"Homeless." My man vat my hand.

Hulle sing nou 'n liedjie met die volgende betekenis, verduidelik een van die groep: "If you have problems, don't worry - leave it for someone else to solve." As die gehoor se gelag bedaar het, gaan hy voort: "But don't let your heart deceive you."

Ek wil losse verbande l tussen Ierse legendes met hul oop eindes en hierdie eienaardige frase "don't let your heart deceive you".

Maar dis lomp en boonop uiters subjektief, soos my hele ervaring vanaand. En terwyl die volgende refrein herhaal en met diep basnote in my maag kom l, draai my kop by die verpakking van identiteite.

Verpak die identiteit, pak weg die identiteit

Wat wys ons almal vir mekaar, hier in die land waar dit ren en waar vir toeriste vertel word dit lyk alles soos Cadbury's sjokoladeverpakkings?

Hoe lyk m verpakking: ek, wit vrou uit Afrika (wat onwillekeurig 'n vertelling in Antjie Krog se Change of Tongue herroep: ek kn nie vanaand my pad as "Afrikaan" oopdans op hierdie verhoog nie, ek sal misluk)?

En die gaskunstenaar, wat in my kop herhaaldelik die aanhalingstekens aantoon: verpak sy haarself werklik, eerlikwaar, nie as die "real" entertainment nie?

Die Iere reg rondom my [wat na drank ruik, of laat kom, of interaktief met die swartmense op die verhoog reageer asof hul die oulikste diere in die dieretuin is ("I'm not no crocodile like the one in Dublin Zoo", sing Sinead O'Connor)]: hoe lyk hulle vertoonvenster na die wreld?

Ten slotte: Die mense op die verhoog, die Ladysmith Black Mambazo (wat die aksent in hulle Engels vermeng waarmee ek so vertroud is: die Afrika-Engels, wat hierdie spul Iere nooit sal kp nie): hoe verpak hulle Afrika vir Ierland, hou dit mooi uit soos 'n Kerspakkie vir die skares wat in Dublin se strate stap?

Wie is hierdie mense uit Afrika werklik, wat nou die mikrofoon na die gehoor hou om hulle te help Zulu-lirieke leer? Hoeveel kn ek van die land waar ek vandaan kom?

Ek wil graag wonder oor wie hulle is. Miskien wil ek selfs die antwoord op die vraag leer ken.

Is ons almal se verpakkings diskleimers vir die identiteit wat daaragter l? Hoe kom mens ooit by die waarheid uit as mens aanhou om jouself daarvan - van jouslf - te distansieer?

Sing, Emm Gryner! Jy s die entertainment.

Kom laat as julle wil laatkom, Iere. Maar net omdat julle moderne mense is met besige skedules en verkeersknope en nder dinge wat julle terughou as julle stereotipes. Gee gerus geld vir Oxfam of vir Concern hierdie Kersfees; maak julle harte oop omdat julle dit wl. Nie omdat julle dink die wreld verwag van j as bevoorregte Europer om 'n verskil te maak nie. Doen dit as die saak j beweeg.

En dans, wit vrou van Afrika, dans dan in jou kop. Privaat, waar niemand jou hoef te sien nie. Dans jou eie dans, weg van die openbare oog. Waar die ander witmense van jou land nie "verraaier" gaan skree nie. Waar die swartmense van jou land nie hul kop wegdraai omdat hulle dink jou motiewe is onsuiwer nie.

Op die verhoog, as die Ladysmith Black Mambazo weer begin dans, wissel hulle een-een af: telkens is iemand anders vr. Die voordanser skop hoog op en hardloop dan weer in 'n halwe sirkel om aan te sluit by die res van die groep. Die volgende persoon huppel dan vorentoe. En daar volg allesbehalwe 'n nabootsing. Dis of elkeen van die manne kyk wie die mees kreatiewe dansbewegings kan uitvoer. Veral: wie die hoogste kan skop. Die ander jou hom uit, klap hande of wag hul beurt ongeduldig af. Sou dit 'n kompetisie wees om manlikheid te bewys?

Ek sit tussen 'n spul Iere en kyk na mense van my land: Hoe lyk my sig van hier af?

Ek kan nie die aand vir myself hou nie.

Ek maak gewoon die deur van die Olympia Theatre oop en stap in Dublin uit, waar die naglug vermeng met die bier wat in die straatstene onder ons skoene invloei.


LitNet: 15 December 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.