KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Mooiweer en warm - in die reŽn

Erns Grundling

Dit het gevoel soos 'n Wimbledon-finaal se allerlaaste valbylpot. Of die seile wat desperaat oor 'n deurweekte Kingspark se kolfblad gespan word, met Pollock wat sy trane afvee terwyl die Sri Lankane grinnik en rooibostee bestel.

Want die weer het ons ge-Duckworth-Lewis by Amanda Strydom se Mooiweer en warm-vertoning (op 1 Desember) wat die Oude Libertas Somerprogram hier buite Stellenbosch afgeskop het.

Maar, anders as in krieket, was daar geen verloorders wat deur een of ander tegniese formule die aftog moes blaas nie. Dit was veel eerder 'n (noodgedwonge) verkorte vertoning wat die gehoor in ekstase gehad het.

So skuins na 20:00 het die reŽnwolke 'n losskrum bokant die atmosferiese (en stampvol) amfiteater begin vorm. Ons wou dit egter wegwens, wegdink. Mens kon die afwagting aanvoel - dis immers nie aldag dat Amanda Strydom 'n Kaapse draai maak nie. En dit nogal saam met van die land se voorste musikante. Die motreŽn het egter ander planne gehad en al hoe dringender begin val. Tevergeefse skietgebede - in die hoop dat die Skeidsregter sy fluitjie sou blaas om die losskrum te ontbind - is opwaarts gestuur.

Nog voor 'n enkele noot gespeel is, moes ons druipstert na die restaurant beweeg. Lammers ter slagting - met geskeurde kaartjies in die handsak of gebalde vuis - brom ons vir die elemente. Die dans van ons suster was lanklaas sů ongeleŽ ...

Gelukkig is daar gratis wyn en kort voor lank bespiegel almal wat volgende gaan gebeur. Selfaangestelde weerprofete loer sinies na bo en kom tot kitsgevolgtrekkings. Gaan die vertoning heeltemal gekanselleer word? Dalk skuif na die HB Thom? Hoe gevaarlik is dit in die reŽn vir die musikante en hul instrumente?

Tot almal se blydskap en verligting klaar dinge op en keer ons terug na die amfiteater. Die teater is steeds volgepak; niemand het huiswaarts gekeer nie. Amanda se orkes staan gereed op die verhoog: Juan (Floors) Oosthuizen (kitaar), Graeme Currie (baskitaar), Janine Neethling (klavier) en Vinnie Henrico (tromme). Met Karen Meiring, Bondina Osterhoff en Karen Wessels wat vir die agtergrondsang sorg.

Floors trek weg op kitaar terwyl Amanda in 'n glimmende oranje-rooi gewaad die verhoog betree. Die eerste song is die titelsnit van haar volgende album, "Mooiweer en warm".

Sů sit ons in die nattigheid en luister:

Vandag is dit mooiweer en warm
Vandag is die liefde 'n lied
Voel die son op jou skyn en laat die sorge verdwyn
Want dit is mooiweer en warm by ons.

Hoewel die reŽn weer begin drup-drup, voel dit wragtig mooiweer en warm. Amanda en haar musikante is op hulle stukke. Die reŽn skeel haar min - sy pas selfs haar lirieke aan om sů te klink:

'n Dagboek vol selfverwyt
en die weerburo met sy feite kwyt
          (ipv "'n rugsak met sy inhoud kwyt").

Die volgende song is Hennie Aucamp (of Meester Aucamp, soos sy hom noem) se pragtige, liriese vers "Somerdwaasheid". Sy het dit reeds opgeneem op die skitterende Vuur gevang in glas, maar dit klink sommer opnuut spiekeries met Floors en kie aan die noot.

In die lou aand in die blou aand
Met die somer op haar rug
in die steekgras, nee die kweekgras
En 'n halfmaan in die lug

Uit die bloute in die noute
Met ons woorde net 'n sug
Word die swoelte 'n gevoelte
En is liefde nie meer plig.

Daarna volg die erotiese "Ons kan laat lÍ" van haar mees onlangse album, Verspreide donderbuie. Sy beweeg soos 'n vlam oor die verhoog, flankeer selfs met Floris en hou almal se oŽ op haar gerig.

Die prieel hang vol druiwe
jasmyn in die lug
ons voer die duiwe
die wind is 'n sug.

Teen diť tyd raak die reŽn regtig onaangenaam, die musikante begin benoud lyk. Amanda herhaal weer een van die verse en roep uit: "Ek dink die Here hoor my!" Die Here weet, ons hoop dit ook. Onwillekeurig dink ek aan die urban legend van Anna Neethling-Pohl wat tydens een of ander gedenkfees glo na Bo gegil en die reŽn jou waarlik bedaar het! Gaan ons vanaand weer eens getuies van so iets wees?

Behalwe dat die instrumente - ter waarde van derduisende rande - permanente skade kan opdoen, is daar ook 'n wesenlike veiligheidsrisiko vir die musikante. Iemand gooi 'n lap op die verhoog. Dit begin onvermydelik voel, maar Amanda gaan voort met Aucamp se "Rit deur die lang Karoo". Dit is ook opgeneem op Vuur gevang in glas en gaan oor 'n blommetjie genaamd Eendagmooi wat slegs vir een dag blom in diť dorre landskap:

Eendagmooi wil dadelik weet, sy dag is haas vervloŽ
Oor vlaktes tyd in die Karoo toets hy my raaivermoŽ
"Gaan jy nog eendag alles sien?", kom uit 'n moeŽ kelk
Dan word dit aand oor die Karoo - 'n blomtuit hang verwelk

Waar is Bieblebom se berge en waar die Kamdebo
Die ronde ronde kommetjie Marico se mooi blommetjie
Waar begin in watter berge, die Sonderendrivier
Moet tog end kry in 'n ander of reguit see toe stuur

Waar begin in watter berge, die Sonderendrivier
Moet tog end kry.

Aucamp se rit word slim gevolg met Amanda se eie "Rit huistoe", van haar Hotel Royale-album. Sy sing van die pad tussen Johannesburg en Jeffreysbaai, waar haar ouers woon:

Al die ou bekende name groet my langs die pad
Bakens wat nog sterk staan, wat my altyd huistoe vat
Middleton, Alicedale, Somerset-Oos
Paterson, Jansenville, Kommadagga
Kinkelbos en Kirkwood, Sondagsrivier
Pearston, Colchester, Coega

Die wÍreld word nou groener, ek draai my venster oop
Ek ruik die see by Aloes, sit my voet neer en laat loop
En skielik sien ek water, ek voel die Baai se wind
En ek verbeel my ek hoor Pappa vra
"My vrou, waar bly die kind?"

Vuisvoos, maar gefokus
Vuisvoos teen die wind
Vuisvoos maar nog regop
Vuisvoos teen die wind

Ek onthou opeens gelate
En die engele lag saam
Daar was 'n naambord langs die grootpad
"Perseverance" was sy naam.

"Laat ons persevere!" sÍ sy met afloop van die song. Ongelukkig persevere die reŽn saam met ons. "Nou verstaan julle die betekenis van 'The show must go on!'" laat Amanda weer van haar hoor. Maar daar hang reeds 'n nat noodwendigheid in die lug.

"Silwer somer" volg van Verspreide Donderbuie en sy voer ons weg na sonnige strande en luilekker tye. Daarna sing sy 'n weergawe van Cat Stevens se "Moonshadow" wat mens hoendervleis gee.

Dis egter hier waar die reŽn een te veel raak. Die musikante skud die kop en verlaat die verhoog soos teleurgestelde veldwerkers nŠ 'n toets wat onbeslis eindig. Dit lyk of dit klaarpraat is vir die aand. Amanda bly egter voor die mikrofoon en trek los met 'n a capella-vertolking van die song wat sy in die middel-80's by hierdie einste amfiteater gesing het (op daardie spesifieke aand het sy voor Lesley-Rae Dowling opgetree).

Oh Lord, won't you buy me a Mercedes Benz?
My friends all drive Porsches, I must make amends.
Worked hard all my lifetime, no help from my friends,
So Lord, won't you buy me a Mercedes Benz?

Oh Lord, won't you buy me a colour TV?
Dialling For Dollars is trying to find me.
I wait for delivery each day until three,
So oh Lord, won't you buy me a colour TV?

Oh Lord, won't you buy me a night on the town?
I'm counting on you, Lord, please don't let me down.
Prove that you love me and buy the next round,
Oh Lord, won't you buy me a night on the town?

Alles en almal is sopnat, maar sit roerloos en luister, heeltemal meegevoer. Die gehoor bars uit in staande applous as Amanda die laaste note sing, blomme ontvang, die vuis bal en "Amandla!!!" brul.

Hoewel sy slegs sewe van die beplande veertien songs kon sing, sal hierdie vertoning my lank bybly.

Heelwat kunstenaars en musikante sou dit nie op die verhoog gewaag het onder sulke omstandighede nie. Maar nie Amanda nie. Sy het die benarde situasie uiters professioneel hanteer en ons gemoedere mooiweer en warm gesing. En dit wil gedoen wees - veral in die reŽn ... Viva Amandla!



LitNet: 6 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.