KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Afrikaanse Dansmusiek (3): Die Begin van die Begin

Jakobus Stephanus Botha

Oftewel Kobie

My Afrikaanse Dansmusiek-artikels fok voort met 'n nuwe styl en 'n nuwe fly vibe. Laat my weet hoe julle dit laaik.

Die ou formaat :

- Plaas sinnelose beginstelling hier.
- Plaas intellektuele stelling(s) hier.
- Plaas kreatiewe inhoud hier.
- Plaas opinie(s) hier.
- Plaas sinnelose tog treffende eindstelling hier.

Die nuwe formaat:

- elbim reviews
- disko's
- kunstenaars
- websaaits
- platejoggiedigitaalopnemings
- waarde vir geld.

Die kakpraat is verby. Stry op die internet is nutteloos. Actions speak louder than words. Last but not least, clichés rock my world. Laat die dansmusiek ruk.

----------------------------

So verlde week Vrydag cruise ek by die LitNet-kantoor in en Erns hoek my op met 'n laserskyf deur die kunstenaar MoShang. Jean Marais, oftewel MoShang, kom oorspronklik van Bellville af, lewe nou sy lewe uit in Taiwan, en maak musiek uit sy ondervindings in die Ooste. Hy stap rond met sy MiniDisk permanent gereed vir aksie en neem klanke af wat hom inspireer - dan gebruik hy die opnames in sy ateljee.

MoShang se nuwe 13-lied-LP genoem Made in Taiwan is 'n kleurvolle kunsstuk - die tipe wat mens baie selde raakloop. Dit sien mens dadelik raak met die helder geel/blou/rooi patrone op die elbim se buitebekleding ... baie nice. As ek dit in 'n musiekgroep moes klassifiseer, sou dit seker "Omringend Elektronies" wees. Die musiekstruktuur self is heel buitegenwoon vir elektroniese musiek, wat baie verfrissend en genotvol is. Die langste lied op die LP is 4:52, wat korter is as die standaard sewe-minuut-lied op klassieke dansmusiek-LPs, en dit hou dinge interessant.

Moshang se musiek raak mens se siel en gee insig in sy wêreld - 'n wêreld vol inspirasie, verrassings, emosie, energie en 'n gesonde tafellepel weirdness. Vanaf die die jazzy "Street Song" na die up-tempo "Under My Skin" kry MoShang dit reg om 'n genuine Ooste-tema regdeur die hele elbim te skep. Volpunte! Alles is beskikbaar op sy site www.soundclick.com/moshang en jy kan hom kontak by moshangmusic@yahoo.com.

Vrydag word Saterdagmiddag en ek swaai om by die CY Cowboys se plek en kry 'n kopie van hulle splinternuwe Wasdag-EP - wat 'n plesier. Hierdie musiek, vol kwaai tunes en met kwaai kunswerk, is 'n kwaliteit stuk musiek. Die eerste nommer, "Hoe sal jy dit laaik?" is 'n aggressiewe, donker tune wat die idee van empatie ondersoek. Tweede is daar die kontroversiële "Cherries" met 'n elektro vibe en snaakse rhymes. "Cherries" laat koppe draai op die underground. Track 3, "Groenmasker", het 'n lekker Jungle/Drum&Bass vibe met 'n bassline wat jou subwoofer sal laat skud met lae frekwensies. Die lirieke pak regte hedendaagse kwessies aan (niks van hierdie "I want milkshake"-kak nie). Die vierde lied, "Nag vannie Stock Trader (playa hater)", is 'n maniese kokaïen blues-nommer wat sterk beelde skep. Laastens het ons die tegniese wonderwerk "Freestyle" (MFU se 3 wiel bike remix) met die MFU se industriële donker Jungle-klanke. Hardcore.

Die beste ding van die CY Cowboys is die manier hoe hulle die meeste mense se vals beelde stukkend skiet en dinge sê soos dit is. Hulle musiek lok altyd reaksie, ek smaak dit! Hou die CY Cowboys dop by www.cheaptricks.co.za.

Saterdagmiddag word toe Saterdagaand en dit was tyd vir my om 'n paar tunes vir die Homegrown by Mercury Live te drop, dit was nou 'n fokken tight partytjie ... my donner. Die skare (shouts Taryn en Zani!) was KOKEND en die DJ's was stout. Die bass was vet en het die dak afgeruk. Ons het eers 5 am daar uitgestap ...

Tyd Vir 'n Paar Gebeurtenisse. Op 24 November gaan ek op UCT Radio my plate speel tussen 8 en 10 nm op 104.5 FM, daarna skiet ek deur Babbeloos toe in Tableview vir die relaunch van die "Phase" drum&bass-aande vir die middernag set. Babbeloos is 'n classy venue slegs vyf minute van die see af met binne- en buite-dele, heavy klank, goedkoop drank, mooi meisies en Nigerians wat R5-spliff in die parkeerarea verkoop. Wat kan mens moontlik meer soek?

Raait wel, ek gaan eers 'n boemelaar se sokkie in my bek druk totdat die eksamen verby is ... Vir dié van julle wat skryf - sterkte ... En vir dié van julle wat nie skryf nie - kak met julle.

O ja, amper vergeet ek - ek het onlangs 'n nuwe ateljee-"mix" afgeneem wat beskryf kan word as 50 minute van eksperimentele na epiese Drum&Bass.

Gryp hom hier en beskou die tracklisting hier.

Jy't WinZip of iets soortgelyk nodig om hom oop te maak. Geniet hom.

Ciao

Kobie



LitNet: 13 November 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.