KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Simfoniekonsert deur die Amateur Kamermusiekspelers — 15 Desember 2001

Milton Webber

Orchestra 2001 met die Amateur Kamermusiekspelers het op Saterdagaand 15 Desember 2001 in die Kaapstadse Stadsaal ’n program met werke van Smetena, Bruck en Dvorák uitgevoer. Die solis was die bekroonde Zoë Beyers en voor die orkes was die entoesiastiese Fergus Sheil van Ierland.

Die Suid-Afrikaanse been van die Amateur Kamermusiekspelers is in 1998 gestig met die doel om aan amateurmusici die geleentheid te gee om op ’n gereelde basis saam kamermusiek te maak. Een keer per jaar kry hulle die geleentheid om as orkes ’n uitvoering te gee. Werke wat vantevore uitgevoer is, sluit in Moessorgski se “Nag op ’n Kaal Berg”, Beethoven se vierde klavierkonsert en Tsjaikowski se “Variasies op ’n Rococo-tema”.

Die eerste werk op die program Saterdagaand was drie danse uit “Die Verkoopte Bruid” van Smetena. Met die eerste aanhoor kon ’n mens amper hoor hoe die senuwees knaag en het dit gevoel of die orkes soms ietwat versigtig speel, maar Fergus Sheil se entoesiasme het naderhand die oorhand gekry en gesorg vir suiwer luisterryke spel. Wat veral opgeval het, is hoe die amateurs (waaronder jong kinders) die vinnige passasies met soveel gemak speel. Wat egter gehinder het, was die perkussie-afdeling wat nie altyd die maat gehou het nie.

Die hoofwerk op die program was die bekende Vioolkonsert in g mineur van Bruch met Zoë Beyers as solis. Dit is moeilik om hierdie werk aan te hoor en te glo dat die amateurorkes maar net ’n week gehad het om hierdie werk in te studeer. Zoë het haar, soos verwag, uitstekend van haar taak gekwyt en die orkes het haar goed ondersteun. Deurentyd was daar goeie kommunikasie tussen die solis, orkes en die gehoor. Dit is egter jammer oor die paar onjuiste invalle van die Franse horings, en hier en daar was die balans nie altyd so bevredigend nie; maar origens ’n prysenswaardige uitvoering.

Na die pouse was Dvorák se agste simfonie aan die beurt. Hier het die orkes werklik geskitter en bewys dat hulle met gemak by enige ander orkes kan kers vashou.

Dankie, Orchestra 2001, vir ’n genotvolle, luisterryke simfoniekonsert. Na ’n aand soos vanaand kan ’n mens amper nie wag om te sien wat volgende jaar sal inhou nie.

Dit is egter jammer dat daar geen Afrikaanse notas in die program was nie, ten spyte daarvan dat daar heelwat Afrikaanssprekendes in die gehoor was.

Milton Webber is ’n vryskutproefleser en -vertaler (milton.webber@myiafrica).

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.