KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Naked boys singing

Coenraad Walters

Met: Clifford Hughes, Coenraad Rall, Alby Michaels, Bruce J Little, Riaan Norval, Harald Richter, Stefan du Toit.
Regie: Cole Cameron.
Choreografie: Deon Bisschoff.
Musiekregie: Clifford Cooper en Jeremy Quickfall.

In die Warehouse, Groenpunt, Kaapstad.


Jy kan dié span kaalseuns (beslis nie vaalseuns nie) geensins beskuldig van vals reklame nie. Ofskoon hul Adamsgewade nie die enigste kostuums is nie, is dit wat die gehoor meestal sien. Voorts ken die skeppers van dié stuk (reeds ’n Broadway-treffer, eweneens in ’n kleinerige teater op die planke) hul gehore: hulle weet waarna die mense kom kyk. En sale vol kom kyk hier in Kaapstad, ses dae per week, twee vertonings per dag.

Die stuk is net oor ’n uur lank en verloop sonder pouse. Die liedjies is almal oorspronklik en is meestal vrolik en soms snydend-snaaks. Nie almal het naaktheid nodig nie, maar almal word (ironies?) “opgehelder” deur die karige / ontbrekende kledy.

Soos my buurman tereg opgemerk het: “Wie sou ooit kon dink ons sou in Suid-Afrika kon kom kyk na ’n kaalbas-show?” En ’n hele paar van die liedjies speel met die feit dat jy alles kan sien van die sangers.

Die openingsnommer beloof dit waarvoor die gehoor daar is: “Gratuitous nudity”. “Jack’s song” werk met die refrein “I beat my meat” en toon letterlike, visueel spitsvondige “tegnieke”. Twee interessante karakters wat ten tonele gevoer word, is die “Naked maid” (Alby Michaels - kyk jy, Jamie Oliver?!) en die “Perky little porn star” uit Illinois (Riaan Norval). “The bliss of a bris” beklemtoon die sentrale aktiwiteit van ’n Joodse besnydenis, terwyl “Members only” musiek maak van Engelse slengterme vir die manlike roede. Enigeen wat al ongemaklik was met die verwagting dat mans saam stort sonder privaatheid, sal eina-lekkerkry met “Fight the urge”.

Twee ernstige liedere verleen afwisseling aan die program: “Window to window” stel twee mans aan die woord wat mekaar vanuit hul onderskeie storte beloer, maar nooit probeer om die aangetrokkenheid op te volg nie. Dit het my sterk herinner aan ’n toneel uit Armistead Maupin se Tales of the city-reeks, tussen ’n man en ’n vrou: hierdie kan dus ’n universele situasie wees, nie slegs ’n gay een nie.

So ook die tema van “Kris, look what you’ve missed”. Die spreker spreek ’n afwesige geliefde aan. Waarom die geliefde weg is, word nie duidelik nie: Verbreekte verhouding? Dood? Vigs? Is die liedjie so sentimenteel soos die oorspronklike liefde? Werk die omgekeerde ontkleedans? Hoekom soveel vrae?!

Hierdie treffende lied word gesing deur Harald Richter; hy is ook een van die twee stortendes. ’n Goeie keuse: hy het moontlik die beste stem van die groep, en behoort genomineer te word as die groep se beste “all-rounder” (!).

Dié sewestuks is eenders, want hulle is almal manlik en blank. Tog demonstreer hulle dat gelykheid, of liewers: eendersheid, nie realiteit is nie. Hulle sing almal (ook hierop kan ’n mens nie die titel as vals afmaak nie), maar party sing beslis beter as ander. Voorts sal ’n mens ook nie al sewe afneem vir ’n prikkelkalender nie, en of grootte nou tel of nie, variasie is daar beslis. Dit lyk asof party die manewales op die verhoog meer geniet as ander, en ek dink ook nie almal was ewe dapper om dié stuk aan te pak nie. (Tog bewonder ek hulle; ek wil nie by hul geledere aansluit nie! Soos Mark Addy in The full monty vra: “Who wants to see this dance?”)

As jy voedsel vir die gees soek, soek elders. As jy perfeksie soek (musikaal, voorkoms, ens), mag jy teleurgesteld wees. Maar as jy (effe gewaagde - maar baie effe) vermaak soek, mag hierdie vrolike menere jou dalk net tevrede stel!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.