KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Opera ’n onredbaar Eurosentriese kunsvorm?

Herman Wasserman

Wie die pas afgelope aanbieding van Kaapstad Opera se oorrompelende aanbieding van die Verdi-opera Macbeth gaan kyk het, sal net met groot moedswilligheid kan verklaar dat opera as ’n kunsvorm ’n Eurosentriese of elitistiese besigheid is wat nie in Afrika kan tuiskom nie. Diť aanpassing van Verdi se opera, geregisseer deur die dramaturg Brett Bailey en musikaal aangepas deur die Kaapstadse komponis Pťter Louis van Dijk, is allermins ’n vorm van vermaak wat gehore se aannames oor die kunsvorm onuitgedaag laat. Trouens, die verhoogopset is sodanig dat selfs die rol van toeskouer nie ’n gemaklike of afstandelike een is nie.

Operagangers word met ’n gangetjie die verhoog opgelei en neem op stellasies op die verhoog plaas eerder as op die sagte saalstoele. Voordat die opera formeel begin, is daar reeds bedrywigheid op die verhoog: mense sit rondom vure, beweeg in die halfdonker rond. Die skeiding tussen gehoor en spelers is opgehef, en die gehoor bevind hulle in die milieu van postkoloniale Afrika (Bailey het in ’n onderhoud Sierra Leone genoem) waarin die opera gesitueer is.

Shakespeare se dramatiese gegewe van magsug en verraad het in diť opera betrekking op die onstuimige politieke toneel van ’n militÍre regering. Die karakters dra masjiengewere, Lady Macbeth ontvang ’n SMS-boodskap op haar selfoon van haar eggenoot, beelde van geweld word op ’n skerm vertoon waaragter die koor sit, ensovoorts.

Die visuele inkleding is verbluffend en vernuftig. Maar dat operas aangepas word wat betref inkleding of rekwisiete om iets te kenne te gee van die konteks waarin dit opgevoer word, is niks nuuts nie. ’n Paar jaar gelede, byvoorbeeld, het Kruik ’n Il Trovatore aangebied waarin ’n halssnoermoord uitgebeeld is, en vroeŽr vanjaar was daar in Gauteng ’n modernisering van Rigoletto waaroor baie gepraat is. Maar diť Macbeth is meer ingrypend verander as net kosmeties: die opera is verkort tot sowat 90 minute en volgens Bailey — wat in die programnotas sy en Van Dijk se veranderinge grappenderwys vergelyk met die Macbeths se slagtings — is daar gefokus op die dramatiese.

Bailey en Van Dijk het dus op eg postkoloniale wyse teruggeskryf na die Europese metropool deur die hoŽ kuns van opera te approprieer en aan te pas (te verwring, sal die suur puriste dalk sÍ). Sů is daar van die gedeeltes herskryf vir alt-saksofoon, en Afrika-perkussie soos jembe en marimba is bygevoeg.

’n Mens sou seker vrae kon opper oor waar die grens lÍ tussen ’n uitbeelding van die politieke chaos in postkoloniale Afrika nŠ die vertrek van die gryplustige EuropeŽrs en die bevestiging van stereotipes oor die “donker” vasteland. Maar in diť aanpassing van Macbeth, minder so as in Bailey se onlangse Big Dada, word Afrikane nie juis as koddig of kinderlik uitgebeeld nie. Dit is eerder die Europese tradisie wat ondermyn word in wat Mary Louise Pratt in haar boek Imperial Eyes genoem het die transkulturering in ’n koloniale kontaksone.

VroeŽr vanjaar het Kaapstad Opera ook sy Afrika-wortels getoon toe die waagmoedige Michael Williams Zakes Mda se roman Ways of Dying verwerk het tot die jazz-opera Love and Green Onions. (Hy het voorheen Suid-Afrikaanse operas soos Enoch, Prophet of God, Sacred Bones en Buchuland op die planke gebring).

Dit was met Macbeth ook opvallend dat die rolverdeling byna uitsluitlik swart was. Daar is nog baie werk wat betref die oorbrugging van die verlede se nalatenskap om groter getalle mense uit die townships by uitvoerings te kry, maar wie kan sÍ Kaapstad Opera probeer nie?

Vir liefhebbers van tradisie bied die Verdi-fees darem ook nog Un Ballo in Maschera, Rigoletto en die Requiem.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.